Gerwel leef nog

Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media 24 en verskeie maatskappye en opvoedkundige trusts, is in ‘n kritieke toestand ná ‘n hartoperasie, het sy familie Maandag gesê.

Die Nelson Mandela-gedenksentrum het ‘n verklaring namens die familie uitgereik.

“Ná mediaberigte dat professor Jakes Gerwel gesterf het, wil die Gerwel-familie bekend maak dat hy in ‘n kritieke toestand is ná ‘n hartoperasie in Kaapstad; die gerugte van sy dood is vals.

“Soos en wanneer dit nodig is, sal verdere inligting bekend gemaak word.”

Gerwel is in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal.

Gerugte het Maandag op Twitter versprei dat Gerwel weens ‘n beroerte gesterf het en huldeblyke is op die sosiale netwerk geplaas.

Daar is egter later bekend gemaak dat Gerwel nie oorlede is nie.

topcargo

Maak 'n opvolg-bydrae