Maar dié stap is beskryf as “kinderagtig” deur die Vryheidsfront Plus.
Gister het Mokabhe Maziya, ‘n lid van die parlement se portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane, bevestig dat geen openbare insette nodig is om die verandering te maak nie en het gesê die gebruik van die ou vlag, veral op ‘n staatsgebou, is “nie in die gees van die nuwe bedeling” nie.
Komiteelid Nomfunelo Mabedla was die eerste om kommer oor die ou vlag op die kasteel uit te spreek, en daar is ooreengekom dat dit moet waai, by wyse van spreke.
“Dit vereis nie openbare kommentaar om die ou Suid-Afrikaanse vlag te verwyder nie. Dit is normale praktyk dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verwyder word en dat die vlag die nuwe Suid-Afrikaanse vlag moet wees – die vlag wat reeds aangeneem is deur almal,” sê Maziya.
“Daar is geen debat nodig nie en daar is … geen openbare deelname [op] of die vlag vertoon moet word nie.”
Oor die gebrek aan openbare insette, het Pieter Mulder gesê: “Dit is ‘n groot fout en hulle [Maziya] maak presies dieselfde foute as vorige regerings wat nie die publiek in die neem van besluite geraadpleeg het nie.
“Hierdie tipe gedrag kan lei tot onrus Hierdie manier van dink lei tot onstabiliteit.”
