Dit volg nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, die minister daaraan skuldig bevind het dat sy die uitvoerende gesag se die etiese kode oortree het.
Madonsela het bevind dat Joemat-Pettersson vliegtuigkaartjies van Swede af na Suid-Afrika vir haar twee kinders met staatsgeld betaal het.
Jacaranda FM berig die minister en haar kinders het ook in duur hotelle gebly sonder dat sy haarself vergewis het van die besprekingsfooie.
Madonsela het voorgestel dat die president die minister berispe. Sy het ook aanbeveel dat Joemat-Pettersson die meer as R150 000 wat sy vir die vliegkaartjies betaal het, aan die departement terugbetaal.
Dr Pieter Mulder, leier van die VF+, dien as adjunkminister in Joemat-Pettersson se departement.
