Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het daarop gewys dat meer kinders op ‘n vroeë ouderdom met hul skoolloopbane begin, maar dat minder dit voltooi.
Die Instituut sê volgens Sensus 2011 is daar sedert 1996 ‘n 81 persent toename in vyf-jariges wat skool toe gaan.
Daar was egter die afgelope 19 jaar ‘n nege persent afname in leerders wat skool voltooi.
‘n Navorser by die instituut Jonathan Snyman sê die toename in die getal leerders wat uitsak het erge gevolge vir vaardigheidsontwikkeling in die land. Hy sê mense sonder opleiding word uit die formele ekonomie gesluit en kan nie werklik ‘n bydrae lewer nie.
