Verbaas? Moenie wees nie.Charles de Gaulle het China gehelp om die atoombom te bou. Gevra waarom, het De Gaulle geantwoord dat hy presies gedoen het wat Napoleon gedoen het, naamlik om een vyand te versterk met ‘n strategiese doelwit teen ‘n ander, sterker vyand in die oog. Toe Frankryk tydens die Koue Oorlog met ‘n vyand, Rusland, gekonfronteer is, het De Gaulle se gee van die bom aan China vir die Russe as’t ware ‘n tweede kopseer, buiten die Weste, veroorsaak.
Op hierdie stadium is daar twee partypolitieke vyande van die blanke en veral Afrikaners, waarvan die gevaarliker een die DA is. Die DA is nie sterker in terme van die aantal stemme wat hy kry nie, maar wel gevaarliker agv die skade wat die valse verwagtinge wat die DA skep, Afrikaners se saak berokken. Soos onder andere Dan Roodt anderdag geskryf het, is daar in terme van beleid en ideologie min te kies tussen die DA en ANC. Inteendeel; die DA is nie eens die ANC Lite nie, hy is sommer die ANC Concentrated. Die DA en ANC val byvoorbeeld oor mekaar om sogenaamde helde van die sogenaamde struggle vir hulself toe te eien. Wie weet; miskien word die tans werklose sogenaamde struggle-held Robert McBride nog die DA se verkeershoof in Midvaal, indien nie sommer burgemeester nie.
Waarom die DA egter baie meer skadelik is as die ANC, is dat selfs die mees oningeligte blanke kieser baie goed verstaan waarmee hy te make het in die ANC. Julius en Jimmy maak geen geheim van hulle anti-blanke gevoelens nie. Die DA, daarenteen, is ‘n paaimiddel en fopspeen vir die blanke potpaddas, aan wie daar vertel word: “Julle kan – stem net DA!” Die meerderheid blanke kiesers wat vir die DA stem, het egter geen benul van die ware feite oor die DA se ideologie nie. Voer gerus die volgende eksperiment uit, as julle my nie glo nie: Wanneer jy en jou bure volgende keer om die braai staan en mor oor sportkwotas of regstellende aksie, vra vir hulle wie het vir die DA gestem. As jy dapper voel, noem dan dat die DA-stemmers logieserwys nie mag kla nie, siende dat hulle vir ‘n party gestem het wat regstellende aksie ondersteun en dat hulle self regstreeks skuldig is aan anti-blanke diskriminasie en rassisme.
Meeste blankes het veral nie enige begrip vir die demografiese realiteite van Suid-Afrika nie, om nie te praat van die stempatrone onder Afrikane nie. Robert Mugabe word nie slegs verkies omdat hy verkiesings bekook nie. Baie Sjonas in Zimbabwe stem steeds vrywillig vir hom. Negentig persent van swartes het onbeskaamd vir Obama gestem in die VSA. Swartes, anders as blankes, het geen gewetenswroeginge daaroor om vir hul eie ras te stem nie. Die links-liberale media (is daar enige ander soort in SA?) het dus die DA se blatante leuens baie suksesvol aan blanke Afrikaners oorgedra, wat gelui het dat die DA kwansuis Pretoria en Johannesburg, asook byvoorbeeld Potchefstroom, sou kon beheer, as alle blankes net sou saamstaan. Indien nie met 2011 se verkiesing nie, dan in 2014. Dit was en bly loutere snert, en kom neer op die doelbewuste misleiding van die blanke kieser.
Die werklikheid oor die pas afgelope verkiesing is bloot dat die DA kleiner partye met sy doelbewuste veldtog van waninformasie gekannibaliseer het en dat Manyi se uitlatings bykans al die bruin kiesers in die DA se kraal gejaag het, maar nie hond haaraf kon maak in die noorde van die land waar die groot meerderheid blankes en Afrikaners woon nie. Daar is geen salf te smeer aan ‘n 85 tot 95% swart meerderheid in baie gebiede in die noorde van die land nie, en ook nie aan Afrikane se stempatrone nie. Die DA kan slegs wen waar blankes plus bruines ongeveer dieselfde aantal of meer kiesers het as wat daar swartes is, dws meestal in die Weskaap. Selfs die DA se oorwinning in Soweto, waarop die DA so trots is, was in ‘n kieswyk wat deels in ‘n kleurlinggebied was. Om dit in perspektief te stel: Selfs al het ál die VF+ se 150 000 kiesers van 2009 na Pretoria verhuis, en almal DA gestem, sou die ANC steeds in Pretoria gewen het. Die waarskuwings téén kleiner partye was kennelik effektief as politieke strategie om kiesers te mislei om vir die DA te stem, maar het op dees aarde niks aan die lot van blanke kiesers in Pretoria, Johannesburg, op die Oos- of Wesrand, in Durban, Potchefstroom, Bloemfontein of bykans elke ander plek buite die Weskaap gedoen nie, ook nie eens in Port Elizabeth nie, die DA se propaganda ten spyt. Die DA kan ook nie op nasionale vlak wen nie, want tagtig persent van die nasionale kieserskorps is swart.
Soos die Nazi’s egter baie effektief getoon het, word ‘n leuen wat oor en oor herhaal word, byvoorbeeld dat die DA binne jou of my leeftyd die land sal regeer, mettertyd vir die waarheid aangesien. Sodoende word die blanke die valse versekering gegee dat, as hy net lank genoeg vasbyt, daar hoop is vir hom as blanke op ‘n beter toekoms. Dis eenvoudig nie waar nie. Die DA gaan nie binne ons leeftyd ‘n verkiesing wen nie, selfs al maak hy een van sy sogenaamde struggle-helde (Robert McBride?) die leier. Die DA sal moontlik elke keer ‘n paar persentasiepunte steun kry, of miskien effens krimp soos wat die bruines van Manyi se beledigings vergeet, maar die fopspeen van “Ja, ons kan, volgende keer!” gaan telkens in die blanke kieser se mond gestop word om hom te paai.
Bostaande is presies waarom ek volgende keer, as ek gaan stem, eerder vir die ANC sal stem. Dit sal my klein, eenman- strategiese bydrae wees om blankes van hulle wanopvattings oor die demografiese en politieke realiteit van Suid-Afrikaanse te genees en om ‘n bietjie broodnodige skokterapie toe te pas.

Ek was ‘n jong seuntjie in 1976 toe die Soweto-onluste losgebars het. My pa-hulle se skok en bekommernis oor die onluste het nietemin ‘n indruk op my gemaak. Dit was vir my pa-hulle se geslag ‘n kultuurskok, die gedagte dat die eens magtige vorige bedeling so openlik uitgedaag kon word. In ‘n geweldige stuk ironie was Hector Pietersen se dood egter ook vir die ANC ‘n skok. In 1976 was die ANC geneutraliseer en bykans irrelevant. Die vorige regering se sekerheidsmagte was gedissiplineerd en effektief, anders as vandag se misdadige, korrupte polisie. 
Die volgende onverkwiklike storie is al te bekend vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler: ‘n Swart, linkse voormalige politieke aktivis, bekend vir sy uitspattige lewenswyse, word die burgemeester van ‘n groot stad. Wanbestuur en korrupsie word onafwendbaar endemies in sy stad. Die burgemeester se volslae onbevoegdheid en inderdaad onnoselheid word legendaries. Hy het self ‘n blouligkonvooi wat groter is as die president s’n was, gehad. Toe hy aangevat word daaroor, kon dit net sowel ‘n ANC-politikus aan die woord gewees het: “People have criticized me because my security detail is larger than the president’s. But you must ask yourself: are there more people who want to kill me than who want to kill the president? I can assure you there are.”
In Augustus 2005 het Orkaan Katrina die stad New Orleans getref. In ‘n katastrofe wat baie aan die onlangse tsoenami in Japan herinner, het ‘n vloedgolf die stad vinnig oorstroom en derduisende mense ontwortel en dakloos gelaat. Sowat negentig persent van die inwoners is ontruim en baie van hulle is in ‘n voetbalstadion, die Louisiana Superdome, gehuisves. In Japan is daar eweneens meer as 170,000 mense ontruim agv die aardbewing, oorstromings en vrese oor ‘n kern-ramp, en is die Japannese ook in gemeenskapssale en sportfasiliteite gehuisves.
In ‘n absurde stuk hoogheilige politiekery het u, minister Trevor Manuel, in ‘n ope brief kwansuis luidkeels protes aangeteken teen die ou-ou rassisme van die ANC-regime, wat bloot opnuut na die oppervlak gekom het met die aartsrassis, Jimmy Manyi, se gewraakte uitlatings teenoor bruines. Ek kan dié belaglike uitlatings in u skrywe verwoord egter hoegenaamd nie ernstig opneem nie.
Daardie bemoeisieke, selfaangestelde Ierse heilige wie se formidabele intellek (al dan nie) hom genoop het om homself na ‘n hondekos-maak te vernoem, Bono, meen dat dit aanvaarbaar is om onder sekere omstandighede Kill the Boer te sing. Einstein Bono meen dat dit van die konteks afhang waarbinne dit gesing word.
Die “sakeman”, of in ieder geval iemand wat deesdae vir die ware Jakob in Suid-Afrika deurgaan, mnr Kenny Kunene, het weer sy soesji-foefie uitgehaal. Dié keer was dit in Kaapstad. Kunene het ‘n nuwe nagklub in Kaapstad oopgemaak, bekend as die ZAR-klub. (Is dit vernoem na die Zuid-Afrikaansche Republiek? Sekerlik nie!) Hy het toe opnuut soesji van ‘n vrou se maag gevreet, en let op ek gebruik die woord vreet, omdat dit by ‘n trogvark soos Kunene pas.