praag.co.za

DA-wensdenkery

Written by

in

Die volgende onverkwiklike storie is al te bekend vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler: ‘n Swart, linkse voormalige politieke aktivis, bekend vir sy uitspattige lewenswyse, word die burgemeester van ‘n groot stad. Wanbestuur en korrupsie word onafwendbaar endemies in sy stad. Die burgemeester se volslae onbevoegdheid en inderdaad onnoselheid word legendaries. Hy het self ‘n blouligkonvooi wat groter is as die president s’n was, gehad. Toe hy aangevat word daaroor, kon dit net sowel ‘n ANC-politikus aan die woord gewees het: “People have criticized me because my security detail is larger than the president’s. But you must ask yourself: are there more people who want to kill me than who want to kill the president? I can assure you there are.”

Hy word tydens sy ampstermyn in hegtenis geneem vir die besit van onwettige dwelms en word vir ses maande tronk toe gestuur. Sy reaksie, soos ons nou al almal kon voorspel, is om die rassekaart te speel: “The laws in this city are clearly racist. All laws are racist. The law of gravity is racist.”

Bostaande skobbejak kon enige African National Corruption-ampsdraer wees, maar eintlik was hy die burgemeester van Washington, DC, Marion Barry. Sy onbekwaamheid, korrupsie en arrogansie word daagliks duisende keer dwarsoor die aardbol herhaal, vanaf Haïti tot in Pretoria.

Die punt wat ek wil maak is egter nie oor swart regering nie, want dis ou nuus vir Praag se lesers. Ons word daagliks deur die deprimerende nagevolge van ‘n terroristiese, korrupte, onbekwame swart regime (is daar enige ander soort?) gekonfronteer. Dit gaan eerder oor die ongegronde optimisme van die DA en sy ondersteuners oor dié party se vooruitsigte in die komende verkiesing. Byna elke dag groei hierdie optimisme. Botoxzilla meen byvoorbeeld dat die Noordkaap binne bereik is van die DA. Enkele dae gelede basuin The Star uit dat die DA Johannesburg kan wen. Tim du Plessis, ‘n naïewe baba in politieke terme, meen dat die swartes vir die DA sal begin stem omdat hulle van Botoxzilla se eenvrou-Kaapse Klopse gedansery hou, bid jou aan! Die koerante is vol briewe van DA-lofprysers wat meen dat die DA ‘n goeie kans staan, omdat die swartes sien hoe bekwaam die DA Kaapstad regeer en in hulle massas vir die DA sal stem.

Met al hierdie ongegronde optimisme vlieg die werklikhede van die land se demografie by die agterdeur uit. Aarde aan die DA: Julle gaan nié, herhaal nié, hetsy Johannesburg, hetsy Pretoria in die verkiesing op 18 Mei verower nie. Die DA se steun het inteendeel in die vorige twee verkiesings in Pretoria gedaal van 30% na 26%. Julle gaan hoogstens effens beter doen in gebiede met groot hoeveelhede bruines, byvoorbeeld Eersterus of Eldorado Park nav my gimnasium-vriend Jimmy Manyi se gewraakte uitlatings, maar verkiesings in SA sedert 1994 is en bly rasse-sensusse.

Gevolglik het die DA per definisie ‘n boonste limiet aan die aantal stemme wat hy ooit nasionaal sal kan verower, en dis ‘n funksie van die aantal bruin en blankes in die land. Ja, enkele verdwaalde swartes sal vir die DA stem, nes daar ook blanke kalkoene is wat vir ‘n ANC-Kersfees stem. Dus: In sy huidige vorm, met ‘n kliek van Engelse Jingo’s aan die hoof van die DA, sal die DA permanent ‘n opposisieparty met hoogstens 20% van die nasionale steun bly.

Teen hierdie tyd kook die DA-gesinde leser se bloed al. Nee, sal hy sê, die DA is nie net ‘n wit en bruin (cappuccino?) party nie. Hy is die mees diverse party in die land, sal meneer die DA-ondersteuner argumenteer. Die DA-ondersteuner glo vas dat swartes in rasionele eiebelang sal optree, en dat die swart kiesers sal kyk na die DA se rekord in Kaapstad van goeie dienslewering. Helaas is die realiteit anders; daardie einste klipgooier wat die biblioteek in Standerton afgebrand het, gaan op 18 Mei weer ANC stem. Diegene wat meen die swart kieser tree in rasionele eiebelang op nie, maak so vanuit ‘n Westerse oogpunt. Dit spreek van ‘n wanbegrip van die Afrika-psige, iets wat ek kennelik ook nie verstaan nie. Wat vir my as Westerling rasioneel is, soos om vir iemand anders te stem as ek ontevrede is met dienslewering, is klaarblyklik nie vir die Afrikaan logies nie. Ek verstaan byvoorbeeld ook nie waarom jy, wanneer jou trein laat is, die waens aan die brand steek nie, en sodoende sorg dat daar vir die volgende paar dae ook nie treine gaan wees nie. Soos ek in ‘n vorige rubriek uitgewys het, stem die swart stemvee moontlik vir die ANC omdat die ANC homself omvorm het van ‘n terreur-beweging na ‘n reuse, misdadige personeelagentskap.

Kom ons veronderstel egter die DA slaag daarin om homself in ‘n meerderheid-swart party te verander. Dis immers die openlike doel van die DA. Hoe gaan dit in jou as blanke se belang wees? Vir die DA om swart steun te kry, sal hy beleidsrigtings moet aanneem wat lynreg teen jou as blanke se belange is, byvoorbeeld regstellende aksie. Die DA ondersteun inderdaad reeds die rassisme bekend as regstellende aksie en transformasie. Waar was die DA by die saak teen die SAPD gevoer deur kaptein Renate Barnard en Solidariteit? Gaan ‘n meerderheid-swart DA nie bloot meer effektief wees daarmee om rassisme teen jou as blanke te pleeg nie?

Goedkoop anti-Afrikaner optrede soos naamveranderinge is gewild onder die swart kiesers, en dus het die DA gevolglik ook so begin optree. Om swart steun te werf, het die DA gegaan en Afrikaanse straatname in Kaapstad etnies gereinig, maar terselfdertyd sy lojaliteit aan die Britte verklap deur Engelse, koloniale name net so onveranderd te laat. Tot vandag toe weier die DA om teen die naamverandering van Pretoria na Aapstat te stem, weer eens om na swart steun te vry. Kortom: Vir die DA om sy eie droom te verwesentlik, sal hy homself moet transformeer in ‘n rassistiese, anti-blanke, “lite” weergawe van die ANC, wat presies dieselfde rassistiese maar gewilde beleidsrigtings as die ANC sal moet aanneem. Iemand moet tog vir my verduidelik hoe dit my as blanke tot voordeel sal strek as die weliswaar-doeltreffende bestuur van Kaapstad omgesit word in veel meer doeltreffende rassistiese transformasie, regstellende aksie en die veel meer effektiewe moord op Afrikaans. Bogenoemde effektiwiteit sal egter gou uitgewis word deur al die nadele wat inherent deel is van ‘n swart regering.

Wanneer die DA getransformeer is na net nog ‘n swart party, wat maak ons enigsins dink ‘n swart DA-regering sal anders wees as Marion Barry se regering in Washington, DC, die Zanu-PF of die ANC?

bridal head accessoriesДанильченко Юрий отзывы

Comments

Leave a Reply