praag.co.za

Uitnodiging aan die VVK-genomineerdes

Written by

in

Na aanleiding van Hein Zaayman se artikel oor die belangrikheid van die VVK se verkiesing, wil ek ‘n voorstel maak oor die VVK se genomineerdes. In die kommentare wat op Hein se brief gevolg het, is die aantyging gemaak dat die VVK met relatiewe geheimhouding bedryf word. Te oordeel aan skrywes wat ek en ander aan die VVK gerig het, en waarop hetsy geen reaksie, hetsy ‘n vae, sarkastiese of onbevredigende reaksie ontvang is, asook die gebrek aan opdaterings en detail op die VVK se werf, lyk dit of daar iewers ‘n vuurtjie brand. In ‘n onlangse brief aan die Praagwerf het iemand byvoorbeeld beweer dat die registrasieproses glo redelik traag verloop. Ek kan egter geen melding op die VVK se werf vind van die stand van registrasies tot op hede nie.

Een van die probleme, meen ek, wat lei tot die skeptisisme en trae registrasies, is dat ek en baie ander mense min weet van die genomineerdes, buiten vir die enkele bekendes. Ek weet veral min van hulle visies vir die toekoms van Afrikaners. In enige ander verkiesing publiseer die kandidate of dan minstens hul partye ‘n verkiesings-handves, waarin hulle beleid en visie uitgestip word. ‘n Indrukwekkende CV, soos waaroor sommige van die kandidate beskik, is een ding, maar ‘n uitvoerbare visie en planne is ‘n perd van heeltemal ‘n ander kleur. Hoe kan enige iemand immers vir ‘n persoon wil stem as jy hoegenaamd niks weet van sy toekomsvisie nie? Vir al wat ek weet kan Kandidaat A ‘n Afrikaner-Taliban op ons wil afdwing, teenoor Kandidaat B wat die Broederbond en ANC se geheime insurgent by die VVK se verkiesing is.

Vir my klink dit dus logies dat elke kandidaat van die VVK se verkiesing vir ons sy toekomsvisie en planne om selfbeskikking te behaal, behoort uit te stip. Ek sou graag ‘n kort stuk van elkeen, iets soos 500 woorde of minder, wou sien, wat in eenvoudige Afrikaans vir my vertel waarom ons vir hom moet stem. Hierdie stukke moet spesifiek wees, en nie vae, algemene stellings maak nie. Iets soos: “Ek staan ‘n geografiese volkstaat in die Noordkaap met Orania as sy kern voor, en om dit te bereik moet ons Afrikaners aanmoedig om soontoe te migreer, met die volgende taktieke…” is vir my baie meer betekenisvol as ‘n niksseggende, algemene stelling soos: “Ek is ten gunste van selfbeskikking.” Natuurlik wil geen politikus homself regtig so bind aan ‘n spesifieke visie of praktiese planne nie, maar andersyds verwag kiesers dit van hulle.

Ek is helaas nie vreeslik optimisties dat die VVK sulke verkiesings-handveste op sy werf sou publiseer nie. Dis miskien verstaanbaar. Die VVK sien himself as die ekwivalent van Suid-Afrika se OVK, en die OVK sal ook nie sommer die DA se handves publiseer nie. Daarom wil ek voorstel dat Praag ‘n skriftelike uitnodiging rig aan elke genomineerde in die verkiesing om ‘n 500-woord brief aan die Praagwerf te stuur (briewe@praag.co.za) , wat as elkeen se verkiesings-handves op die Praagwerf gepubliseer sal word. Dis heel moontlik dat nie almal so sou wou maak nie, wat uiteraard vir die kiesers ook iets oor diegene wat nie wil nie, sou vertel. 

Om te beaam: Ek sou verwag dat ‘n handves kort, bondig en duidelik moet wees. Dit moet ‘n spesifieke planne en visie uitstip, sonder om in vae veralgemenings te verval. Ek sou veral verwag dat die visie-dokumente onveranderd, sonder enige redigering, op die Praagwerf geplaas moet word.

справка 086 у купитьФильчаков прокуратура харьков

Comments

Leave a Reply