Selfbeskikking in terme van Artikel 235 van die Grondwet

Die beginsel van selfbeskikking is reeds gedokumenteer in die VN Handves en ʼn rits ander deklarasies. Onder andere het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in terme van die regte van minderheidsgroepe op 18 Desember 1992 bepaal dat minderheidsgroepe se etniese, godsdienstige en taalregte beskerm moet word. Die primêre funksie vir die beskerming is geleë in die betrokke staatsowerheid soos vervat in Artikel 1 van die resolusie “States shall protect the existence and the national or ethnic, cultural, religious and linguistic identity of minorities within their respective territories and shall encourage conditions for the promotion of that identity”.

Dit is vreemd dat artikel 235 (van die grondwet) as basis gebruik word om selfbeskikking te eis. Artikel 235 van die Grondwet van Suid Afrika behandel selfbeskikking en lui soos volg “Die Suid-Afrikaanse bevolking as geheel se reg op selfbeskikking soos in hierdie Grondwet vergestalt, belet nie, binne die raamwerk van dié reg, die erkenning van die konsep van die reg van enige gemeenskap wat ʼn gemeenskaplike kultuur- en taalerfenis deel, op selfbeskikking binne ʼn territoriale entiteit in die Republiek of op enige ander wyse, soos deur nasionale wetgewing bepaal” (Suid Afrika (Republiek) Republiek van Suid Afrika Grondwet 1996).

Artikel 235 van die Grondwet is al deur menige politieke en regskenners verduidelik en dat dit nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie. 235 Bied hoogstens interne selfbeskikking wat deesdae deur menige Afrikaner organisasies as die doelwit vir Afrikaner selfbeskikking voorgehou word. Sou voortgegaan word om interne selfbeskikking te eis en sou so eis aanvaar word (hoe onwaarskynlik ook al) sal dit enige verdere strewes vir eksterne selfbeskikking negeer.

Volgens dr Sydney Gregan stel die betrokke artikel dit baie duidelik dat die selfbeskikkingstrewe van ‘n “gemeenskap”,al sou dit wees binne ‘n bepaalde gebied, slegs erken kan word binne die raamwerk van die reg (op selfbeskikking van die geheel), d.w.s die totale prentjie – die selfbeskikking van die totale “nasie” (“people”). Hier is dus hoogstens sprake van “interne selfbeskikking”, wat boonop afhang van “nasionale wetgewing” (dus of die meerderheid in die Parlement dit sal goedkeur!). Interne selfbeskikking, in teenstelling met eksterne selfbeskikking, is alles behalwe volledige “soewereine” vryheid in ‘n eie “onafhanklike” republiek. Interne selfbeskikking kan hoogstens dui op eie besluitneming oor sekere sake wat die ANC-regime bereid is om aan die “gemeenskap” toe te vertrou. Indien eksterne selfbeskikking bedoel was, sou dit dienooreenkomstig bewoord gewees het en sou daar trouens van ‘n reg op afskeiding (sesessie) gepraat gewees het. Om nou te wil voorgee dat die ANC aan onder andere die Afrikanervolk die reg tot afskeiding gegee het (of sal gee) met die bewoording van artikel 235, is goedkoop politieke praatjies om mense te mislei (Gregan:2009).

Selfbeskikking word oor die algemeen beskryf as ʼn beginsel en nie ʼn reg nie met die voorwaarde dat die groep wat eis vir selfbeskikking oorwegend ʼn spesifieke territoriale gebied moet bewoon. Die uti possidetis doktrine (beginsel van territoriale integriteit) word onderhou deur die internasionale gemeenskap in terme dat die territoriale integriteit van soewereine state nie bedreig of ontwrig moet word nie. Alhoewel Afrikaners kwalifiseer in terme van kulturele aspekte om as ʼn homogene groep te eis vir selfbeskikking, beset die Afrikaners nie ʼn territoriale gebied nie en sal moeilik op grond van uti possidetis kan aanspraak maak op selfbeskikking.

Buchanan stel dit dat alle teorieë oor die reg tot sesessie verstaan word as of ʼn Remediërende Reg of ʼn Primêre Reg. Remediërende Reg bepaal dat ʼn groep ʼn reg tot sesessie het as die groep onderworpe is aan ongeregtighede waarvan sesessie die enigste en laaste uitweg is. Primêre Reg teorieë bepaal dat sekere groepe ʼn algemene reg tot sesessie het in die afwesigheid van ongeregtighede. Remediërende Reg teorieë verwys na ooreenstemmende reg tot revolusie. Dit behels dat ʼn deel van die burgery aanspraak maak op sesessie en om ʼn deel van die staat af te skei. Primêre Reg teorieë verwys na die reg om ʼn regering tot ʼn val te bring waar die fundamentele regte van ʼn groep geskend word (Buchanan 1997: 35 ) Afrikaners kwalifiseer vir selfbeskikking in beide die Remediërende sowel as die Primêre Reg teorie.

Ongeag die demografiese realiteite van Suid Afrika is daar opsies om eksterne selfbeskikking te eis. Geografiese besetting van ʼn gebied is nie die alfa en omega vir eksterne selfbeskikking nie. Sesessie hoef nie die onmiddellike modus operandi te wees nie. Dit is egter noodsaaklik dat ʼn geografiese gebied vir Afrikaner selfregering identifiseer moet word. Die primêre funksie van die tientalle Afrikaner organisasies behoort konsolidering van Afrikaners te wees in ʼn enkele beweging. Let wel, nie ʼn enkele organisasie of party nie, maar ʼn beweging wat Afrikaners mobiliseer tot verset teen die status quo en om ʼn gemeenskaplike vryheidswil te vestig. Om gesprekke te voer met die MRK of RSA regering sonder voorgestelde grense is noodwendig ʼn fiasko.

Die VSA se skynheiligheid

Washington het nie die morele hoë grond om vir die Chinese te preek oor hul beweerde kuberaanvalle op die VSA nie, skryf Rick Falkvinge die stigter van die eerste Pirate Party.

Die Verenigde State beskuldig China daarvan dat hulle die VSA rekenaars vir spioenasie doeleindes kraak. Hierdie aanklag is skynheilig en aanstellerig: Vir ‘n paar dekades lank, het die Verenigde State van Amerika elke ander land se gesprekke waar moontlik afgeluister.

Toe Washington se Echelon globale afluisternetwerk ontbloot is – die meeste geïndustrialiseerde lande was slagoffers – het dit die ongeoorloofde skending van internasionale vertroue beteken. Die meeste wou selfs nie glo dat die Echelon-program werklik bestaan ​​het en operasioneel was nie.

Hierdie netwerk van afluisterstasies is nie net gebruik deur die Verenigde State van Amerika vir militêre doeleindes nie. Dit is ook gebruik sodat die Verenigde State van Amerika se nywerhede die oorhand in suiwer industriële aanwendings moes kry, in kompetisie met sy internasionale eweknieë.

In Europa, was dit nie genoeg vir die Verenigde State van Amerika om af te luister in alle gesprekke met die Echelon-program nie. Die VSA het ook inligting oor alle SWIFT-banktransaksies in Europa verkry, oënskynlik in die naam van die stryd teen terreur, maar sulke inligting het Amerikaanse nywerhede ‘n oorhand in industriële spioenasie gegee.

Om dus China te kritiseer vir waarmee die VSA al in die res van die wêreld vir dekades lank besig is, kom oor as skynheilig en aanstellerig van die ergste graad, ongeag of die bewerings waar is. Maar dit raak erger: Dit beweerde Chinese kuberaanval het glo militêre doelwitte gehad  en die VSA beweer dit was ‘n skending van die “internasionale vertroue.”

Tot op datum is, is slegs twee lande bekend wat militêre kuberaanvalle loods: Die Verenigde State en Israel, in hul gesamentlike aanval op Iran se kernfasiliteite. Kwaadwillige sagteware van ‘n gesofistikeerdheid nog nooit gesien deur die sekuriteitsgemeenskap nie, is gebruik. (As ‘n bonus, voordat dit ontbloot is dat die VSA agter die aanval was, het NAVO hierdie kuberaanval gebruik om vrees op te jaag om te vra vir groter befondsing.)

Die ware doelwit was ten behoewe van die Pax Americana – die idee dat die vrede in die wêreld gewaarborg word deur die Verenigde State van Amerika, maar slegs op die terme van dieselfde Verenigde State. (Ons kan maklik sien hoe dié terme daagliks verander, en dan toegepas word, deur onbemande tuie.)

Indien enige ander land in ‘n enkele veld presteer, kan Washington se reeds oorlaaide militêre vermoë om geweld na enige plek in die wêreld te projekteer, ooreis word. Hoewel die VSA se militêre begroting bykans soveel as die res van die geïndustrialiseerde wêreld se weermagte saam is, sal hierdie feit ‘n Achilleshiel in hul oorheersing ontwikkel.

Daarom is dit absoluut noodsaaklik vir Amerikaanse belange dat hulle – en slegs hulle – die res van die wêreld kraak en afluister vir hul industriële belange, om orde te handhaaf en ‘n sterk weermag te waarborg, wat op sy beurt gebruik sal word om sy eie vrede te handhaaf: Die Pax Americana.

Indien enige ander land afluister- of kraakvermoëns ontwikkel, sal hulle ‘n langtermyn-bedreiging vir Amerikaanse oorheersing wees. Daarom kom dit as geen verrassing dat Washington ander so lustig kritiseer nie. Maar kla oor “oortredings van vertroue?” Niks klink meer hol nie.

Dat internasionale vertroue ‘n lang tyd gelede geskend is, en nie deur die Chinese nie, is seker. Die Verenigde State het nie die morele hoë grond, of ‘n enkele been waarop hulle kan staan ​​nie.

Suid-Amerika se Mandela: Hugo Chavez

Hugo Chavez, die Nelson Mandela van Suid-Amerika, se dood het wêreldwyd opslae gemaak. In sy eie land is inwoners verslae en hartseer oor die afsterwe van hul geliefde leier.

Die Venezolaanse president het, voordat hy gesterf het, egter hardop gewonder of die Amerikaanse regering hom met ‘n kanker besmet het.

‘n Bietjie meer as ‘n jaar gelede, het Chavez aan Venezuela se openbare uitsaaier gesê: “Ek weet nie, maar … dit is baie vreemd dat ons gesien het Lugo geraak word deur kanker, Dilma toe sy ‘n kandidaat word, ek in ‘n verkiesingsjaar, nie so lank gelede nie Lula en nou Cristina … Dit is baie moeilik om te verduidelik, selfs met die wet van waarskynlikhede, wat daar gebeur het met sommige leiers in Latyns-Amerika. Dit is op die heel minste vreemd, baie vreemd. “

Vreemd inderdaad … as jy dink dat Venezuela se Hugo Chavez, Brasiliaanse president Dilma Rousseff, Paraguay Fernando Lugo, en voormalige Brasiliaanse leier Luiz Inacio Lula da Silva – Latyns-Amerika se anti-Amerikaanse leiers – almal kanker onderlede het of gehad het.

Is dit 100% seker dat die CIA Hugo Chavez vermoor het? Beslis nie.

Dit kon ook nie-regeringsorganisasies wees wat vir sekere belangegroepe werk.

Fidel Castro se lyfwag, Fabian Escalante, beraam dat die CIA probeer het om die Kubaanse president ‘n verstommende 638 keer dood te maak. Die CIA se metodes van ontploffende sigare, toksiese stowwe geverf op Castro se duikpak, dodelike pille, giftige bakterieë in koffie, ‘n ontploffende sprekerspodium, skerpskutters, giftige vriendinne, en plofbare onderwater seeskulpe was maar van die vele.

Die CIA se moordpogings teen Castro lees soos ‘n Tom en Jerry-spotprent, met die CIA as die moorddadige onbekwame kat, en die Kubaanse president as ‘n slim en baie gelukkige muis. Sommige mag dalk selfs argumenteer dat Castro se oorlewing, in die aangesig van 638 sluipmoordpogings deur die wêreld se grootste mag, El Presidente se kommunistiese ateïsme uiteindelik verkeerd bewys, en dat God, of minstens ‘n beskermengel, oor “ongelowige Castro” waak.

Teologie ter syde, is die CIA se eindelose pogings om Castro vankant te maak, sekerlik genoeg bewys dat die Amerikaanse owerhede nie sal stuit in hul pogings om hul Latyns-Amerikaanse vyande te vermoor nie. Mandela het sy lang lewe waarskynlik te danke aan sy bereidwilligheid om as pion op te tree.

John Perkins het in sy blitsverkoperboek Confessions of an Economic Hit Man, voldoende bewyse verskaf dat bankiers gereeld moorde reël deur gebruik te maak van private agente asook CIA-sluipmoordenaars.

Perkins was self ‘n “ekonomiese sluipmoordenaar,” en het eerstehandse kennis opgedoen oor byvoorbeeld hoe die groot internasionale bankiers in Latyns-Amerika en elders optree.

Perkins se werk was om leiers in die buiteland te besoek en hulle te oorreed om lenings te aanvaar wat nooit terug betaal sou kon word nie. Hoekom? Die bankiers wil lande dwing in skuldslawerny. Wanneer die land bankrot gaan, gryp die bankiers die land se natuurlike hulpbronne en kry volle beheer oor die regering en die ekonomie.

Perkins sou ‘n geteikende land se leier ontmoet en sê: “Ek het ‘n vuis vol honderddollarnote in die een hand en ‘n koeël in die ander. Wat wil jy hê?” As die man Perkins dan uitjaag uit sy kantoor, het hy outomaties op die moordlys gekom.

Die agente wat gehuur word vir die sluipmoorde, is die wêreld se duurste en mees bekwame professionele moordenaars. Hulle werk op kontrak – soms vir die CIA, soms vir die bankiers, en soms vir welvarende privaat individue. Dit kan ‘n vliegtuig wees wat neerstort, of siekte, of ‘n motorongeluk wees, solank dit “natuurlik” lyk.

Dit is nie net spekulasie nie. John Perkins ken eintlik ‘n paar van hierdie professionele moordenaars persoonlik. En hy het getuig oor hul moorde op van die Latyns-Amerikaanse leiers. Confessions of an Economic Hit Man word juis gewy aan Perkins se vermoorde vriende Gen. Torrijos van Panama en President Jaime Roldos van Ecuador. Beide is vermoor weens hul weiering om afgedreig te word.

Maar hoe veroorsaak hulle kanker in hul slagoffers? Jack Ruby (née Jack Rubenstein), ‘n bendelid wat homself ‘n professionele moordenaar genoem het, en wie se laaste moord op JFK-moordenaar Lee Harvey Oswald in die kelder van die Dallas Police Department was, het gesmeek om na Washington geneem te word om die ware verhaal van die JFK-moord te openbaar. Maar in plaas daarvan het hy in die tronk gesterf, van ‘n skielike en geheimsinnige kanker, voordat hy kon openbaar wat hy geweet het.

Het die sluipmoordenaars al ooit probeer om Latyns-Amerikaanse leiers met kanker dood te maak? Die antwoord is ‘n onomwonde “ja.”

Edward Haslam se boek Dr Mary Monkey’s bevestig wat JFK-aanklaer Jim Garrison vroeër beweer het: David Ferrie, een van President Kennedy se moordenaars, het omvattend geëksperimenteer met die kankervirusse vir die CIA in sy groot tuislaboratorium. Die doel: Om Fidel Castro en ander Latyns-Amerikaanse leiers kanker te gee. (Ferrie is vermoor voordat hy kon getuig in die hof oor sy rol in die JFK-sluipmoord.)

Chávez was dalk hul jongste slagoffer. Hy het twee jaar in die tronk deurgebring voordat oudpres. Rafael ­Caldera hom kwytgeskeld het.

Chavez was ‘n 38-jarige valskerm­offisier toe hy in 1992 ‘n mislukte staatsgreep gelei het om die regering van oudpres. Carlos Andrés ­Pérez omver te werp.

Nadat hy oorgegee het, is Chávez toegelaat om sy landgenote in ‘n regstreekse TV-uitsending toe te spreek waar hy belowe het om terug te keer.

Dié seun van twee onderwysers het hom as 17-jarige by die weermag van Venezuela aangesluit en later ‘n graad in militêre wetenskap en ingenieurswese verwerf.

Sy revolusionêre beweging is die Movimiento Bolivariano Revolucionario 200 (MBR-200), vernoem na ­Simón ­Bolívar, die vader van Suid-Amerikaanse onafhanklikheid van Spanje.

Venezuela se naam is ook amptelik verander na die Bolivar Republiek van Venezuela nadat Chavez aan bewind gekom het.

Hy het die oliebedryf genasionaliseer en geld in die sosiale hervormingsprojekte, geletterdheidsveldtogte, gesubsidieerde voedselprogramme en grondhervorming gekanaliseer.

Vir die armes was Chavez daarom ‘n held.

Kuba se oudpres. Fidel Castro was sy mentor en inspirasie en pres. George W. Bush het hy as “die duiwel” beskryf. Kapitaliste was volgens hom, “die rede waarom lewe op Mars dood is”.

Buiten Castro het hy bande met kol. Moeammar Ghaddafi van Libië, pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en oudpres. Saddam Hoesein van Irak gesmee, asook Iran, Rusland en China.

Skuldstilte bevry niemand nie

Die deelnemers aan die sogenaamde “debat” wat in 2011 afgeskop het onder leiding van Samantha Vice en Pierre De Vos (en onlangs ‘n nuwe inspuiting verkry het deur Gillian Schutte se tirade) bevind hulself in ‘n onbenydenswaardige posisie. Met elke blanke wat op die openbare verhoog spring om aan te dring dat blankes hulle plek moet ken, word die ruimte vir ‘n opregte gesprek tussen beide wit- en swartmense wat die reëls van ‘n regverdige gesprek respekteer, kleiner. Dit is egter nie al wat opvallend is van die linkse aanmaning tot ‘n “witskuldstilte” nie.

‘n Mens kan nie verhelp om te onthou dat dit amper twintig jaar is ná 1994 nie. Waarom is dit dan juis nóú dat daar soveel woedende stemme opgaan dat blankes eerder stil-stil van die openbare toneel moet verdwyn ? Waar was hierdie soort stemme in die Mandela-jare?

Soos met die meeste dinge in die komplekse land wat Suid-Afrika nou eenmaal is, steek daar meer daaragter as blote gewetenswroeging. Die vraag na groter blanke boetedoening vorm ook deel van ‘n algemener oproep tot “dekolonisering van die bewusssyn”, die bevryding van die voormalige slagoffer van die denkpatrone en standaarde wat deur die onderdrukker aan hom/haar opgelê is. Die term kom oorspronklik van die antikoloniale aktiviste Franz Fanon en Paulo Freire af, wat betoog dat daar slegs sprake van ware vryheid kan wees as die slagoffers van kolonialisme die koloniale greep op hulle verbeelding kan verbreek. Fanon se beroemde frase vir die koloniale slagoffer is The Wretched of the Earth, die vervloektes van die aarde (oorspronklike titel: Les damnés de la terre). Niemand kan egter vry of gelukkig wees as hy of sy nie ook in hulle koppe vry is nie, en die koloniale tydperk is gou gevolg deur die die allesomvattende, VSA-gedrewe ideologie van die vrye mark. Die agressiewe kapitalisme van hierdie era, veral ná die ineenstorting van sy enigste ideologiese mededinger, kommunisme, het tot ‘n hernieude greep op die Afrika-bewussyn gelei, asook ‘n groter gaping tussen ryk en arm as ooit tevore. Met die krisis waarin kapitalisme sigself tans bevind ná die groot skokke van 2008, het dinge ook nie juis vir die armes verbeter nie. Inteendeel. Om daardie rede is dit nie verrassend dat ‘n mens weer woorde soos “dekolonisering” en “sosialisme” hoor nie. (Ek het vroeër vanjaar ‘n T-hemp by ‘n linkse boekfees in Londen gesien met die uitdagende slagspreuk “Marx was Right!”)

Een van die onrusbarendste elemente van ons tyd is dat die Groot Oplossings wat mense altyd summier as Reg beskou het– die triomf van kapitalisme internasionaal, die oorwinning van die ANC by die stembus in 1994 plaaslik – nou self krake begin toon. Wat nou? Hoe kan ‘n mens meer regverdigheid as die triomf van die Regverdiges self verwag?

Gedurende die apartheidsjare het anti-apartheidsaktiviste emosioneel en intellektueel baie belê in die sogenaamde “struggle”. Diegene wat nie kommuniste was nie, het ‘n moderne liberale staat geskoei op die klassieke Westerse model van individuele regte en ‘n regstaat ondersteun. Volgens hierdie model sou toevallige feite soos ras, kleur, geslag, seksuele oriëntasie, religieuse of kultuurbande ondergeskik wees aan die aansprake van die individu. Alhoewel ons Grondwet natuurlik baie meer kompleks is as die meeste soortgelyke geskrifte, is dit basies die gees waarin dit geskryf is. Vir die meeste wit anti-apartheidsaktiviste, soos Nadine Gordimer, Max du Preez en André P. Brink is dit vanselfsprekende, voor-die-hand-liggende beginsels wat net stommerike soos die apartheidsregering nie kon insien nie.

Vandag word oud-aktiviste en linkse denkers egter met ‘n werklikheid gekonfronteer wat nie mág wees nie: ‘n regering wat al hoe meer ongeërg staan ten opsigte van waardes wat hy veronderstel is om te onderskryf (bv. persvryheid) en ‘n onontkenbare staatsverval.

Wat die ergste van alles is, is die ooreenkomste tussen die huidige situasie en die voëlverskrikker wat deur die vorige regering geskep is om die wit bevolking mee bang te maak: die verval van die pad- en elektrisiteitsnetwerke, grootskaalse korrupsie en wegholmisdaad. As ‘n mens ter wille van balans en regverdigheid nog die persoonlike gedrag van president Jacob Zuma probeer verskoon, kan die beste wil ter wêreld nie die belaglikheid van byvoorbeeld die skoolboekverbrandingskandaal rasionaliseer nie. Die ergste daarvan is dat laasgenoemde nie eers spreek van die boosheid van die Nazi’s nie, maar van pure onbeholpenheid. Voltaire het reeds geweet dat as mens iemand werklik wil vernietig moet jy hom nie net opponeer nie, jy moet hom belaglik maak.

Die tragedie vir swartmense in Suid-Afrika ná 1994 is nie net die dodelike gaping tussen ryk en arm nie – wat reeds ernstig genoeg is nie – maar die groeiende kiem van ‘n ewe dodelike minderwaardigheidskompleks. ‘n Mens kan baie dinge rasionaliseer, wegpraat of herinterpreteer, maar dinge soos die verval van Zimbabwe – eens Afrika se broodmandjie – die onderwyskrisis en die korrupsie van mense wat veronderstel is om die beginsels van ubuntu toe te pas, laat tog ‘n merk op die Afrika-psige. En nie net op swartmense nie, ook op diegene wat nog altyd vir hulle baklei het.

Daar is geen groter woede as dié van ‘n teleurgestelde rewolusionêr nie. Daarom, eerder as om ten minste ván die oorsake van die groeiende vervreemding tussen wit en swart in die optrede van die regerende party te soek, móét die skuldige die ou sondebok, blanke eiegeregtigheid wees. Die blanke Suid-Afrikaner, veral die Afrikaner, is ‘n steeds “aanvaarbare” vyand, nie net binne die Suid-Afrikaanse verband nie, maar ook internasionaal: die rassistiese blanke maak ‘n ideale skurk vir Nordiese misdaadskrywers.  

Wat die anti-wit aktiviste egter nie besef nie, is dat die blanke greep op die swart bewussyn nie verbreek sal word al sou alle blankes môre selfmoord pleeg nie. Die voortgesette aandrang op skuldbekentenis deur witmense versterk eerder die impak wat witmense op die swart bewussyn het: alles wat swartmense ís, is totaal en al gekoppel aan wat blankes doen. Afrika sal egter eers finaal die koloniale juk afgooi as hy ophou om te reageer en begin handel (optree). Dit wil sê, om werklik oordeelkundige besluite te neem wat gerespekteer kan word sonder dat dit nodig is om as teenvoeter blankes verdag te maak. Nietzsche het reeds daarop gewys dat die kleingeestige optrede van diegene wat minderwaardig of gegriefd voel, eerder hulle minderwaardigheid bewys as om dit uit te daag.

Die ware uitdaging aan linkse en swart bevrydingsdenkers is om ontslae te raak van hulle afhanklikheid van die “bose blanke”, en ‘n werklike bewonderenswaardige bestel te skep deur waardige optrede. Daar moet lewe wees ná Mandela. Slegs dan kan daar sprake van ware dekolonisering wees. Sou hierdie pogings faal, sal Afrika met die ergste moontlike lot gekonfronteer word: die moontlikheid dat sy onderdrukkers en uitbuiters ‘n punt beet gehad het.

Dr. Louise Mabille is dosent in die Departement Filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Hierdie opstel verteenwoordig haar eie standpunt en nie dié van die Department Filosofie, of enige ander liggaam van die Universiteit van Pretoria nie.

Александр Фильчаков

Een vrije dag? Jood!

Het woord jood maakt weer een nieuwe fase in zijn ontwikkeling door. Op scholen in Zuid-Holland wordt het inmiddels gebruikt om aan te duiden dat iets prachtig of heel prettig is. “Een vrije dag? Jood!”

Wat is hier nu weer aan de hand? Er zijn natuurlijk weinig woorden die zo razendsnel veranderen als precies de aanduiding dat iets de goedkeuring wegdraagt. Onze opa’s zeiden mieters, onze vaders zeiden tof, wij zeiden gaaf, onze kinderen zeiden flex. En nu is kennelijk de tijd aangebroken voor de jood-generatie.
Ik hoorde het deze week zelf van een paar meisjes die in Leiden op de middelbare school zitten en toevallig was er ook een melding op het onvolprezen Meldpunt Taal.

Op de een of andere manier schrik je er in eerste instantie van. Het woord jood, dat ligt toch altijd een beetje gevoelig, als het oneigenlijk gebruikt wordt. Ik zat een aantal jaar geleden in een stoptrein van Utrecht naar Amsterdam waarin verder overwegend aanhangers van FC Utrecht zaten die weinig anders deden dan ‘Jood! Jood!’ roepen, en dat was voor mij aanleiding om de enige keer van mijn leven in Abcoude uit te stappen.

Maar dat was duidelijk een andere generatie. Er is weinig reden om aan het nieuwe gebruik van jood iets negatiefs te ontdekken. Het is zelfs helemaal niet duidelijk wat het betekent, of wat het verband is met de positieve gevoelens (dat heeft het trouwens gemeen met lauw en flex en mieters en een heleboel andere woorden die in het verleden gebruikt werden). Het is niet eens duidelijk of je het inderdaad met een d moet spellen, of die kinderen niet eigenlijk joot roepen.

In ieder geval is een eigenschap van dit woord dat het razendsnel verandert, en dat het een generatie tekent. Toen ik jong was – ja, ik ben weleens jong geweest – was tof typisch het woord dat volwassenen gebruikten omdat ze dachten dat ze ons jongeren daarmee aanspraken. (Na mijn jeugd is dit woord geloof ik nog weleens teruggekeerd in de jongerentaal. In ieder geval zegt de rapper Kleine Viezerik, een jonge dertiger, het herhaaldelijk in het televisieprogramma Maestro.)

Tof is natuurlijk een woord dat het Nederlands via het Jiddisch uit het Hebreeuws geleend heeft, maar ik weet niet of het nieuwe jood daar iets mee te maken heeft. Ik geloof niet dat veel mensen van die etymologie op de hoogte zijn. Een aannemelijker verklaring lijkt me dat er wel vaker (lichte) taboewoorden genomen worden voor deze functie. Mieters is daarvan het duidelijkste voorbeeld. Dat komt van sodemieters en gold in de jaren vijftig, toen het in de jongerentaal opkwam als niet erg netjes.

Als je een nieuw woord zoekt om je jonge enthousiasme uit te drukken, kun je het beste iets nemen waar ouderen even hun wenkbrauwen van optillen zonder dat er op de keper beschouwd iets negatiefs aan te ontdekken valt. Jood is daar dan kennelijk een heel geschikt woord voor.

Marc van Oostendorp

Олександр Васильович Фільчаков

The Racketeer deur John Grisham, ‘n swart suksesverhaal

Die Angelsaksers het ‘n uitstekende manier ontdek om politieke doelwitte doeltreffend na te streef: Laat die stemvee betaal vir die voorreg om geïndoktrineer te word, soos met ‘n “blitsverkoper”. ‘n Blitsverkoper is deesdae ‘n boek wat gratis deur die gedrukte media binne die eerste week van verskyning reeds so bemark word. In hierdie geval is dit die jongste boek van John Grisham wat verlede week verskyn het, by name The Racketeer. Sy naam is terloops ook ‘n handelsmerk vir spookskrywers soos Tom Clancy en JK Rowling s’n.

Sedert die verskyning van sy roman, The Firm in 1991, is die “produktiewe” en populêre John Grisham op elke lys van topverkopers wat in Engels gedruk word. Dit is dus nie moeilik om te sien waarom The Racketeer, Grisham se 30ste boek, weereens bo-aan die trefferslys staan nie. Die boek bied ‘n deeglike vertoning van sy kenmerkende deugde: ‘n Bron met binnekennis se siening van die “komplekse, dikwels noodlottig gebrekkige wit Amerikaanse regstelsel”.

Soos Clancy is Grisham op sy beste wanneer sy gevoel van morele verontwaardiging die fokus is. In sy jongste boek, is dit swart verontwaardiging teen blankes, aangesien die hoofkarakter swart is. Hy is ‘n slagoffer van die korrupte Amerikaanse regstelsel en ‘n vriend van kokaïenehandelaars.

‘n Enkele, magtelose swart individu veg vir die duur van die boek teen ‘n groot, onverbiddelike teëstander: ‘n verotte stelsel. Grisham is toevallig ook ‘n lid van die raad van direkteure van die Innocence Project, ‘n organisasie wat gevangenes help wat opgesluit word vir misdade wat hulle nie gepleeg het nie. Dit is dan ook die dramatiese stukrag vir gebeure waarin die swart Malcolm Bannister, die hoofkarakter, sy weerwraak teen “white trash”, die wit wêreld van die boek, beplan.

Die roman begin met: “Ek is ‘n prokureur, en ek is in die tronk. Dis ‘n lang storie.” As daardie lang storie begin, is Bannister halfpad deur 10-jaar-tronkstraf vir geldwassery uit klaarblyklike onkunde. Bannister ontvang ‘n buitensporige straf omdat hy swart is en een wat hom gestroop het van sy familie, vryheid en loopbaan. Dit laat hom verbitterd en gretig om wraak te neem. Uit die oogpunt van die verteller, is alle blankes bevooroordeeld en gereed om swartes te benadeel.

Die boek loop oor van sulke rasseverwysings, wat uit die perspektief van die universele swart slagoffer gesien word. Dit raak later meer van ‘n openlike Amerikaanse verkiesingstraktaat as ‘n roman.

Bannister kry sy kans wanneer ‘n korrupte wit federale regter tesame met sy sekretaresse-minnares in ‘n afgeleë hut in die berge van die suidweste van Virginië vermoor word. Die FBI-ondersoek lei na nêrens nie, totdat Bannister met toegang tot ‘n groot klomp kriminele geheime, die moordenaar se motief en identiteit in ruil vir geld, vryheid en ‘n nuwe begin aanbied. Die FBI aanvaar sy aanbod en en hy word as Max Baldwin herdoop wat met ‘n nuwe lewe begin. Op hierdie punt, kan die werklike onderliggende storie begin: Swart tronkmisdadigers en swart dwelmhandelaars, die ware helde, wat meehelp om die wittes op hul baadjie te gee.

By tye is die ingewikkelde skema van die roman wat geleidelik ontvou te afhanklik van blote toeval om problematiese gebeure op te los, maar die “onskuldige” swart dwelmhandelaars en misdadigers seëvier uiteindelik. ‘n Besondere aaklige deel van die boek is waar die tengerige wit boosdoener stelselmatig deur swart tronkbewoners mishandel word tot die groot plesier van die hoofkarakter. Die foltering word in grafiese detail beskryf.

Met Bannister / Baldwin se komplekse scenario gebruik Grisham die vernuf van sy swart protagonis om die onwaarskynlike verhaal se los stukke aanmekaar te flans. Haastige narratiewe energie wat selde, indien ooit, enige diepte toon, red die swart “suksesverhaal”. Die resultaat is ‘n onbevredigende, oppervlakkige riller waarin verskillende vorme van geregtigheid, of liewer alternatiewe geregtigheid, uiteindelik seëvier. Die regse wit karakters word naamlik ingehaal deur hulle gierigheid, onnoselheid, agterlikheid, ongekunsteldheid en vooroordele.

Grisham beskryf die vaal roetines van ‘n minimum-sekuriteitgevangenis, ondervragingstegnieke wat kan lei tot gedwonge belydenisse, en die ervaring van vryheid. Die sentrale tema onderliggend aan die roman is die vraag hoe billik die huidige Amerikaanse (lees: wit) regstelsel is? Hoe dikwels is strawwe heeltemal buite verhouding tot misdade? In Bannister se woorde, “Die ware tragedie van die federale strafregstelsel is nie die absurditeit nie. Dit is die geruïneerde en vermorsde lewens.” En daarby bedoel Grisham natuurlik swart lewens.

 

Neem hierdie boek gratis uit by PRAAG se ebiblioteek. Indien u nog nie lid is nie, sluit hier by Klub digiTAAL of by PRAAG aan.

Фільчаков прокурор

Die Dinges is ‘n Watsem

“As my pa nie ‘n mens was nie, was hy ‘n bobbejaan!” Só sê die een seun vir die ander terwyl hulle stry oor wie se pa nou eintlik die domste is.

Die Dinges is ‘n Watsem – Jan Spies is die verpersoonliking van een van Suid-Afrika se grootste storievertellers se staaltjies en slinkste sêgoed.

Die karakters wat deur Karin Retief, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht tot lewe gebring word, laat die gehoor telkens skaterlag, hul asems intrek van verbasing, en saamstemmend koppe knik.

Die stuk skop af met die konsternasie wat op die dorp heers nadat die Bybel in Afrikaans vertaal is. Die dominee wend natuurlik ‘n poging aan om die nuwe Bybel-boekname met die hulp van die dorp-skinders aan die inwoners bekend te stel. Sonder sy wete, ruil die kinders egter hul baniere uit – want wie wil nou met die naam van Habakuk opgeskeep sit?

So volg daar die een staaltjie na die ander en die drie akteurs is meesterlik in hul vertolking. Deon Coetzee en Johan Engelbrecht se gesigsuitdrukkings is iets om oor huis toe te skryf en Karin Retief se sterk verhoogpersoonlikheid sorg dat haar karakters uiters genotvol uitgebeeld word.

Die Dinges is ‘n Watsem bring die halstarrigheid, uniekheid en spontane komedie van die Afrikaner na die voorgrond en dit word aangebied met ‘n mengelmoes van fyn, slinkse humor en skaterlag grappe.

Die titel van die toneel word uiteindelik onthul tydens die laaste skets. Dit vertel van die gesin wat telkens na enige voorwerp of verskynsel as die “dinges” of die “watsem” verwys: “Nee man, ek vra dan gee vir my die dinges aan, nie die watsem nie.” Alhoewel dit soms moeilik raak om kop te hou met al die “dinges” en “watsems” wat so goedsmoeds rondgeslinger word, is dié uitbeelding ‘n fantasiese einde aan ‘n stuk wat gevleg is met humor, kwinkslae en unieke sêgoed. Die Dinges is ‘n Watsem is ‘n fees van toneel-spel en woorde en ‘n moet op elke feesganger se agenda – Jan Spies aanhanger of de not.

Dit is weer op die planke by die Pierneefteater en sluit ‘n Sondagmiddagvertoning in – 4 November 2012 om 15h00 – vir diegene wat sou verkies om dit in die dag by te woon, asook Saterdagaand – 1 Desember 2012 om 19h00. Daar is ‘n konsessie prys vir skoliere en pensioenarisse @ R90. Toegang R100.

Фильчаков прокурор харькова

‘De Johannesburgziekte’

Nadat hij door vijf zwarte mannen in een park in Johannesburg is overvallen, worstelt journalist Fred de Vries met slapeloze nachten en heftige hartkloppingen.

Volgens zijn huisarts lijdt hij aan de ‘Johannesburgziekte’. „De angst voor de lugubere zwarte man die zijn deel komt opeisen zit hier diep verankerd in het onderbewuste. Hij is als een long, zet uit en krimpt in, maar raakt nooit helemaal leeg.”

Het liep tegen zonsondergang. Om af te koelen van het joggen, liepen we nog een rondje om de plas. Twee zwarte jongens passeerden ons op een stil, door bomen beschut stukje. Wij groetten hen. Zij draaiden zich om. Een van hen haalde een pistool tevoorschijn. Ik keek achterom. Daar stonden nog drie jongens, van wie er een dreigend een mes omhooghield. „Beursie!”, schreeuwden ze. „Selfoon!” Handen betastten ons. „We hebben niks! We waren aan het joggen!”, schreeuwde ik zo hard ik kon, in de hoop dat de mensen met honden in de verte het zouden horen. Uiteindelijk draaiden de vijf zich om. „Sharp, bye”, zei de aanvoerder, alsof het een toevallige ontmoeting betrof.

In eerste instantie was ik koel onder het voorval. Shit happens. Je bent nu eenmaal in Zuid-Afrika, waar volgens de statistieken zes procent van de bevolking direct te maken krijgt met gewelddadige misdaad. In Johannesburg ligt dat cijfer vele malen hoger. Een steekproef onder studenten van de Universiteit van Witwatersrand wees uit dat maar liefst zeventig procent van de ondervraagden direct of indirect slachtoffer was geweest van zware misdaad.

Wij waren er ongeschonden vanaf gekomen. Niks kwijt, niet verkracht, niet mishandeld. Toch belden we de politie, al was het maar om het gevaar in het park te melden. De twee agenten die aan de deur kwamen vroegen: „Wat wilt u eigenlijk dat we doen? U bent niks kwijt en niet mishandeld.”

Maar ik was wel iets kwijt: mijn gevoel van veiligheid, mijn zelfvertrouwen en mijn vertrouwen in ‘de ander’.

De ‘Johannesburgziekte’ noemde de dokter het toen ik haar vertelde over mijn hypergespannen nachten en hartkloppingen op onverwachte momenten. „Het is post-traumatische stress”, zei ze, waarna ze me slaappillen en antidepressiva voorschreef.

Een overval is een aanranding. Het is een aanval op je intiemste ik. Woede, verontwaardiging en onmacht wisselen elkaar af. Waarom ik? Wat als? Heel even zie je je eigen dood. Het is jij, je vriendin en vijf gewapende aanvallers. Verder niets. Honderden gedachten schieten door je hoofd. Waar kan ik heen? Moet ik schreeuwen? Waar is hulp? Waarom voelen ze in mijn kruis? Waarom betasten ze haar borsten? Als ze haar maar niet de bosjes insleuren.

Dan is het voorbij. Het incident wordt het ijkpunt waaraan je alles gaat afmeten. Al het nieuws krijgt een andere tint: werkloosheidscijfers, wapenbezit, misdaadstatistieken, economische prognoses, een minister die zegt dat de ‘klagers en zeurders over criminaliteit’ maar moeten emigreren. Plotseling kun je tijdens etentjes meepraten over hoe het voelt om een wapen onder je neus te krijgen. Ineens hoor je jezelf dingen zeggen als: „Het wordt nooit wat met dit land.” Je betrapt jezelf op racistische gedachten.

Ook het dagelijks leven verandert. Je kunt niet langer onbekommerd genieten. Het is onmogelijk om zorgeloos te gaan en staan waar je wilt. Altijd kijken of er bewakers rondlopen. Constant speuren naar tekenen van onheil. Niemand vertrouwen.

Je begint codes te herkennen, kledingstukken, gezichtsuitdrukkingen, houdingen. Als er vijf zwarte jongens met lepe petjes en hun handen in de zakken een winkel binnenkomen, sta je op scherp en herbeleef je dat gevoel van totale machteloosheid.

Om beter te begrijpen wat er met me is gebeurd, spreek ik een aantal psychologen dat onderzoek heeft gedaan naar trauma.

Als het incident lang heeft geduurd kan het door zijn onwerkelijkheid de vorm van een droom aannemen. Het lichaam blijft een tijdlang in een staat van opwinding, hetgeen zich vertaalt in waakzaamheid en schrikreacties. Als die toestand te lang voortduurt raakt het lichaam uitgeput.

De symptomen van die verlengde stress variëren per persoon, afhankelijk van eerdere ervaringen. Als ze na een week of vier nog voortduren, is er sprake van Post Traumatische Stress Disorder, oftewel de ‘Johannesburgziekte’.

Lees die hele stuk hier.

Данильченео