Voorbereidings vir die Trek

Die meeste van die ongeveer 10 000 Afrikaners wat getrek het, was van die distrikte Graaff-Reinet, Uitenhage, Somerset en Cradock, enkeles uit Swellendam, Beaufort-Wes en Grahamstad, en ‘n paar gesinne uit Colesberg. Die meeste trekkers het uit vrees vir maatreëls van die Britse bewind in die geheim vertrek. Plase en huisraad is op vendusies verkoop, maar omdat soveel grond tegelyk op die mark gekom het, was die pryse belaglik laag. Spekulateurs het boere soms aangemoedig om te trek sodat hulle goeie grond goedkoop in die hande kon kry.

Volgens Op Trek (deur J. Celestine Pretorius, redakteur, André Malan, Alana Bailey, Sandra Saayman, H.S. (Tia) Hugo en J.F. (Joey) Wilmans) was die ossewaens 3,6 tot 4,5 meter lank, en 80 tot 100 cm. breed. Omdat die waens hout-asse gehad het, was die gemiddelde vrag van 1600 tot 1800 kg.

Die onderdele kon onafhanklik van mekaar beweeg, wat verhoed het dat die wa breek as dit oor ‘n groot rots of miershoop gery of in ‘n diep gat beland het. Die waens kon ook uitmekaar gehaal word om oor ‘n hoë berg of groot rivier te vervoer. Om die houtwerk te beskerm, is die waens geverf — buite gewoonlik donkergroen, binne dikwels blou.

Kenmerkend van die wa was verder die kakebeenvorm, die wiele in kommetjievorm (omdat hulle sterker was as die gewone regaf wiel) en die kaptent van bamboesstokke of bondels latte waaroor ‘n seildoek geplaas is wat met byewas of olie behandel is om dit waterdig te maak. Wanneer deur digte bosse of doringbome getrek is, is wildsvelle oor die tentkap vasgemaak om skeure te voorkom. Die wakis op die buikplank was sit- én bêreplek.

Weens die min plek is baie goed in die Kolonie agtergelaat. Gewoonlik is ‘n katel op die wa oorkruis met rieme gespan en voorrade en opvoubare meubels rondom gerangskik. Op die waens was verder klere, komberse en ander beddegoed, meel en onbederfbare kos soos biltong, beskuit en droë vrugte, daarby seep, kerse, leerware soos skoene en swepe, ekstra onderdele vir die waens, en lood en kruit om mee te skiet.

Die meeste het met meer as 135 kg kruit die reis aangepak. Omdat die Britse regering die Trekkers nie wou toelaat om met skietgoed die land te verlaat nie, en Engelse patrollies die waens tot by die Oranje laat visenteer het, moes smokkelplanne bedink word. Waens het soms twee buikplanke gehad. Die boonste was 15 cm. bokant die onderste, en tussen die twee is lood en kruit weggesteek.

Soms is die ammunisie, in bokvelsakke toegewerk, met ‘n betroubare persoon vooruit gestuur, wat dit langs die pad begrawe het. Een keer het ‘n vrou ‘n patrollie bemerk, hul sak kruit tot by die kampvuur gesleep, ‘n velkombers oorgegooi en bo-op gaan sit. So het sy die kruit gered, hoewel dit maklik kon ontplof.

Saam met die waens was vrygestelde slawe, maar sommige het weggeloop. Die oud-slawe was dikwels saam met die wit mense slagoffers van aanvalle. Verder het die trekkers hul diere saamgeneem — nie net beeste, bokke en skape nie, maar ook honde, katte, hoenders en eende. Die Tregardts is soggens deur hanegekraai gewek. Hans de Lange het ‘n mak bobbejaan gehad wat volgens oorlewering selfs kon toulei! Die versorging van die diere was ‘n belangrike deel van die dagtaak. Verliese is soms gely weens allerlei siektes en veldbrande.

onlineЛобановский Харьков

Swart migrasies in Suider-Afrika

MzilikaziDie Groot Trek is makliker gemaak deur ‘n reeks massiewe volksverhuisings wat aan die gang gesit is deur die Zoeloeleier Shaka nadat hy omstreeks 1816 opperhoof geword het. Al sy swart bure moes swig vir sy gedissiplineerde krygers met hul steek-asgaaie. Diegene wat nie gedood of in die Zoeloeryk ingelyf is nie, het na die noorde, weste en suide uitgewyk. Dit het ingewikkelde volksbewegings meegebring. Toe een van Shaka se aanvoerders, Mzilikazi, oor die Drakensberge padgee om ‘n eie ryk te bou, het hy tot in die Kalahari migrasies aan die gang gesit.

Een van die gevolge van die volksbewegings was die ontvolking van uitgestrekte dele van Suider-Afrika. Aan die een kant was daar meer onbewoonde grond vir die wit emigrante beskikbaar, maar aan die ander kant kon die nuwe Zoeloe- en Matebele-despote makliker weerstand bied teen hul koms. ‘n Tweede gevolg van die verhuisings was dat lede van verbrokkelde stamme die Kaapse grensdistrikte ingestroom en die lewe verder ontwrig het.

Onder die talle stamme wat die meeste gely het onder die opkoms van die Zoeloeryk op die Hoëveld het die migrasie as die Difaqane bekend geraak. Dit was nie alleen ‘n massaverhuising nie, maar ook ‘n revolusie, sê C.F.J. Muller.

In enkele jare is die binneland oor tienduisende vierkante kilometer onherkenbaar verander. ‘n Onberekenbare aantal stamme, klein en groot, is uitgemoor. Tienduisende vlugtelinge wat nie buitengewone skuilplekke kon uitsoek of buitengewone afstande, soos dié na die Kaapkolonie kon aflê nie, moes onder die blote hemel rondswerf. Verwilderde, desperate mense het soms uit nood, later uit voorkeur, begin om saam met roofdiere mense te jag. Van hulle het versot geraak op mensvleis.

Maar veral die groter roofdiere soos leeus en luiperds het gefloreer deur die jag op relatief onbeskermde vlugtelinge. In Wes-Transvaal het verkenningsekspedisies swart mense aangetref wat in groot bome en op pale vaste skuilplekke opgerig het.

Oor hoeveel mense dood is, is daar verskil van mening. Een historikus meen dat sowat 300 000 deur ander opgeëet is. Die historikus G.M. Theal skat die totale lewensverlies op nader aan twee as een miljoen. Die getalle in roofdiere en wild het toegeneem en vir wit en swart jagters het dit ‘n paradys geword. In ieder geval het die getalsterkte van die swartes afgeneem.

C.F.J. Muller skryf in Die oorsprong van die Groot Trek: “Jagters, ontdekkingsreisigers, handelaars, trekboere en sendelinge se wawiele het soms krakend oor mensegeraamtes gerol. […] Blankes, Griekwas, Korannas, Basters en sterker Bantoegroepe wat na hierdie streke aangetrek is, is dikwels deur die gedemoraliseerde mensereste as beskermers verwelkom. […] Vreesbevange vlugtelinge het ‘n paar mans te perd met vuurwapens as potensiële beskermhere aangesien. Baie Nie-blankes was bereid om met trekboere en Voortrekkers om beskerming te onderhandel. Bloot om beskerming, met vleis en graan, sou baie bereid wees om tydelik in hul diens te tree. In hierdie jare van revolusie was baie swartmense soos klei in die hande van Blankes, Griekwas, Basters en Bantoeleiers wat sekuriteit belowe het.”

play demo rouletteДанильченко Юрий Брониславович компромат

Ou kerke

Die berig in Vrystaat oor mense wat so disrespekvol vuur maak teen die Anglikaanse Kerk in Bethlehem, ‘n sandsteengebou van meer as ‘n honderd jaar oud en wat ‘n nasionale gedenkwaardigheid is, laat Herrie se gedagtes na ou kerke sommer ver teruggevoer word.

Jare gelede was Herrie bevoorreg om deel van ‘n kulturele uitruilspan te wees wat Nederland besoek het. ‘n Uitvoering van ‘n simfoniekonsert in ‘n eertydse Gotiese Katedraal en nou ‘n museum / deeltyds periodiek Gereformeerde kerk (na die Beeldenstorm), was ‘n besliste hoogtepunt.

Daar sit ons op ons gestoeltes op ‘n vloer wat grootliks bestaan uit die grafstene van lank reeds afgestorwenes. Toe die katedraal gebou is, was daar natuurlik nog nie luidsprekers nie, en die akoestiek moes net wonderlik ontwerp word sodat die priester deur die hele gebou gehoor kom word. Nou gaan sit nou ‘n orkes – as Herrie reg onthou die Konsergebou-orkes – in daardie gebou en dit voel kompleet of ‘n mens in die middel van die orkes sit.

En dan was dit nog ‘n mooi stuk musiek ook – Herrie kan om de dood nie onthou wat nie maar dit kon die derde deel van Bach se Brandenburg Concerto gewees het – maar die hoendervleis het gehardloop, en by tye het dit kompleet gevoel ‘n mens word uit die stoel gelig en sweef – baai as’t ware in die musiek.

‘n Dag later is ons terug, en word onder meer in ‘n oneindige stel trappies tot by in die dak van die gebou geneem. Ideale vlermuiswêreld, maar daarvan was daar niks te sien nie. Silwerskoon. “Ideale moederskamer,” brom Herrie gedagtig aan Suid-Afrikaanse “baby boomer”-gemeentes se gereelde gespook om plek hiervoor te kry, en amper gooi die dames Herrie daar van bo af op daai grafsteenvloer.

Maar ook Suid-Afrikaanse kerke moes vroeër sonder luidsprekers klaarkom.

Ma-Johanna het as jong onderwyseres op Tweespruit by die destydse huishoudkundeskool skoolgehou. Dié predikant het eerder as knaldemper as luidspreker nodig gehad.

Een Sondag, so met die uitstap uit die kerk, sê die een oom: “Nee, dié dominee preek darem te hard.” Vroulief stamp aan hom, en hy let Mev. Dominee kom reg agter hom uit die kerk uit…”Hy sal mos sy stem seermaak,” vervat die oom.

Van die ou kerke het die mooiste kandelaarligte.

By geleentheid erf dominee ‘n ou haelgeweer, maar dis erg verinnewoes. Hy gee dit vir ‘n diaken wat bekend is dat hy knap met sy hande is, om te kyk of hy dit nie weer soos ‘n haelgeweer kan laat lyk nie.

Een Sondag, net voor die diens, stop die diaken die blinkgemaakte skietding in dominee se hande. Dominee kan net vlugtig loer, en prop dit opgewonde onder sy toga in, en bestyg die kansel.

Hier kan hy nie gou genoeg die gemeente aan ‘n lied help nie, en sak agter die preekstoel weg om die blink skietding mooi te bekyk. Hy trek selfs die sneller.

“Kaboem!” en die een kandelaarlig bars in nog kleiner stukkies en begin op die gemeente neersif, wat desperaat almal gelyk by die deur probeer uit.

Die dominee steier verdwaas regop, en uit verbouereerdheid knak hy die geweer asof om te kyk of dit werklik gelaai kon wees.

Dis mooi net toe Pietie, wat saam met sy pa vir die deur skrum, omkyk.

“Stoot pa!” gil die mannetjie buite homself. “Die d*&% laai al weer!”

купить детский ремень для мальчикалобановский александр отзывы

Tagtigjarige oorlog tussen Spanje en Nederland

In die aanloop tot die sokker-wêreldbekereindstryd tussen Spanje en Nederland word gereeld verwys na die tagtigjarige oorlog tussen Nederland en Spanje.

Nederland het in wese eers in 1648 as ‘n deel van die vrede van Münster formele onafhanklikheid gekry, slegs enkele jare voor Jan van Riebeeck na die Kaap sou vertrek.

Maar hoe het dit gekom dat Nederland in die eerste plek ‘n Spaanse “kolonie” geword het?

Op die hoogtepunt van Europese monargie het troonopvolging en huwelike dikwels tot vreemde situasies gelei. So is die Britse koningshuis, bekend as die Huis van Windsor, eintlik die Huis van Hanover, ‘n Duitse koningshuis. Dit is in 1917 verander toe die Britte en die Duitsers haaks geraak het.

Die Spaans-Nederlandse oorlog kan teruggevoer word na die Huis van Habsburg. Hierdie koningshuis word sedert 1438 geassosieer met die keisers van die Heilige Romeinse Ryk. Hoewel dié huis oorspronklik uit Switserland stam, is dit later ten nouste met Oostenryk geassosieer.

Nederland het, soos Hongarye en talle ander dele van Europa deel van hierdie ryk uitgemaak. Deur erfopvolging het Spanje ook deel van dié ryk geword, maar in die 16de eeu het die Huis van Habsburg (met sy swaartepunt in Spanje) in ‘n Spaanse Huis van Habsburg en ‘n Oostenrykse Huis van Habsburg verdeel geraak.

Nederland het deel van die Spaanse Habsburg geword. Keiser Karel V van 1555 verskeie van die krone waaroor hy beskik het geabdikeer, en sy seun, Philip, is as opperheer van Nederland aangewys. Anders as sy pa, wat via Nederlandse adelliede soos die Prins van Oranje,  Philip de Montmorency, Hertog van Hoorn, en Lamoral, Hertog van Egmont oor die “Lae Lande” regeer het, het Philip Spaanse heersers aangewys, en ook ‘n Spaanse goewerneur-generaal aangewys om in sy permanente afwesigheid te regeer.

Weens Philip se ander monargie-verpligtinge – hy het sy pa intussen as koning van Spanje opgevolg – was hy was in verskeie oorloë betrokke, en Nederlanders moes die rekening betaal. Die oorsaak van die bevrydingsoorlog is met ‘n slagspreuk, Geen belasting sonder verteenwoordiging, ingelei. Terselfdertyd het Protestantisme en ana-Baptisme na Nederland versprei, wat as ‘n bedreiging vir die Rooms-Katolieke Spaanse troon beskou is. In 1566 het die “Beeldenstorm” plaasgevind wat die Rooms-Katolieke troon in Spanje ontstel het.

Die oorlog, wat van 1568–1648 geduur het, het formeel ontbrand toe die Hertoë van Egmont en Hoorn op die stadsplein van Brussel (deel van die Nederlande) opgehang is. Die Spanjaarde het ook Willem (die Swyger), prins van Oranje, se bloed gesoek, maar dié – eens ‘n vertroueling aan die hof van Karel V – het die Spaanse regeerstyl geken en ontvlug tot hy later deur ‘n spioen vermoor is.

Met die Vrede van Münster het slegs die noordelike provinsies onafhanklik geword. Die suidelike Nederlande, België en Luxumburg, het onder Spaanse bewind gebly.

Uit die tagtigerjare dateer ook die lied van Piet Hein wat die Spaanse Silwervloot in 1629 verower het. Die waarde van die silwer aan boord was glo in vandag se terme sowat een en ‘n half miljard euro’s werd. Die silwer was van Potosi met sy “berg van silwer” uit hedendaagse Bolivia afkomstig.

справка в бассейнОлександр Фільчаков прокурор

Die Stem roep!

“Die Afrikaner-hart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers

Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in  die konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner: die wete dat ons voorvaders soortgelyke uitdagings die hoof gebied het en daarin geslaag het om ons pragtige kultuur, taal en tradisies behoue te laat bly.

Daar bestaan egter ook sg. Afrikaanses vandag soos o.a. Jan-Jan Joubert, Marthinus van Schalkwyk, Leon Wessels, Max du Preez, Carl Niehaus en Antjie Krog wat nie kan aanspraak maak op ‘n Afrikaner-hart nie. Hul aksies het reeds bepaal hoe hulle deur die nageslag onthou sal word. Trouens, indien hulle enigsins onthou gaan word dan sal dit wees in skrille kontras met hoe ons vandag Celliers, Steyn, Langenhoven, Opperman, Hertzog, Malan en van Wyk Louw eerbiedig. Die lyn is getrek en daar is ‘n groeiende Afrikaner- kultuurpolitieke weerstand teen die verraad en galbrakery van die Jan-Jan Jouberts. Hul dae is sowaar getel.

Die Afrikaner-hater en die gif wat hy versprei is nietemin ‘n kenmerkende eienskap van die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat my gedagtes dwaal oor wat presies die Nuwe Suid-Afrika dan in werklikheid is. Wees verseker, die land waarin ons vandag woon is hoegenaamd nie dieselfde land waarvoor ons voorvaders geveg het nie. Daardie beloofde land is lankal van ons ontneem, beroof deur die kommunis en sy Afrikaner-haterbondgenote.

Nie net is die Afrikaner se Republiek vernietig nie en die volk óók verraai en vermoor nie maar hierdie sameswering teen ons woed vandag sterker as ooit tevore voort. Die aanvalle op ons, gereeld in ons eie taal, op ons eie mense en op ons kultuur, taal en bestaansreg was nog nooit so groot soos wat dit tans in die Nuwe Suid-Afrika is nie.

Die fantasie van ‘n nie-rassige samelewing waar almal reënboogkinders is word met mening in die jong Afrikaner se keel afgewurg terwyl, in die praktyk, ‘n rassistiese ideologie van swart bemagtiging eintlik met die term “nie-rassigheid” bedoel word. Dis mos maklik vir die jong Afrikaner om aan te pas want ons is jong boompies wat gebuig kan word, gebuig móét word.

Die liberale multikulturele boodskap van TV-programme, nuus, koerante asook die hernoeming van strate, stadia, lughawens en dorpe kan ons mos aanvaar! Ons word vertel dat alles wat met die Afrikaner voor 1994 gebeur het liewers nie onthou moet word nie en by implikasie uit die geskiedenis moet verdwyn sodat ons waarlik deel van ‘n multikulturele reënboognasie kan wees. ‘n Swartreënboognasie, ja. As jy nie weet wie jou voorvaders was nie en wat jou geskiedenis regtig behels nie dan het jy mos niks om voor op te staan of om te probeer beskerm nie.

Verder, wat van die ouer bome – diegene wat geleef het in die dae toe die Afrikaner nog ‘n Republiek gehad het? Al gewonder hoe hierdie mense moet voel noudat hulle hulself in ‘n swartreënboognasie bevind waar alles waarvoor hulle gewerk en gestry het besig is om tot niet te gaan?

Hulle is die mense wat nog suiwer Afrikaans gepraat het toe hulle jonk was en geleer was om trots op hul Afrikaner-identiteit te wees. Hul wortels was geplant in ‘n land waar orde geseëvier het en Afrikaanse volksliedjies met hartelus om kampvure gesing was maar vandag vang hul takke net die winde van verandering, vernietiging en verbastering. Die Suid-Afrika van gister en die Suid-Afrika van vandag is uiteraard meer as net twee verskillende lande; dit is twee uiteenlopende identiteite. Die resultaat is derduisende gebroke harte.

Nou sit ons almal, jonk en oud, in ‘n land wat deur ons voorvaders gebou was, waarvoor hulle gebloei het en op die ou einde eenvoudig deur die massas onherroeplik oorrompel is. Die kommunis en die Afrikaner-hater het sy oorwinning behaal. Waarin moet opregte Afrikaners dan vandag glo? Waarvoor moet ons dan opstaan? Nie vir Suid-Afrika, d.i. die oue of die nuwe nie, nee – ons moet opstaan vir ons Afrikanerskap, vir ons volk se bestaansreg en ons onbetwiste reg om vry te wees om ons taal, kultuur en tradisies uit te leef in ‘n eie Afrikanerrepubliek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings opgerig word, deur die Afrikaner vir die Afrikaner. Dit is iets om in te glo!

Ek sal so ver gaan om te sê dat die Nuwe Suid-Afrika van die massas en die Afrikaner-haters ‘n samelewing is wat daagliks met ‘n virus ingespuit word. ‘n Epidemie wat sorg dat Afrikaners hulself Afrikaanses begin noem, op hul knieë gedwing word en sodoende die sataniese omstandighede om hulle aanvaar ter wille van nasiebou. Kyk maar self en sien hoeveel mense se lewens vandag in skerwe is, verveelde ongelowiges en werkloses wat geen ambisie het om stabiliteit en orde te herstel nie. Hulle deel geen liefde vir hul volk nie en hulle het geen wilskrag om die Afrikaner se bestaansreg te verdedig nie.

Laat hulle dan aangaan en verder verdrink in die gif wat die Jan-Jan Jouberts hulle voer. Niemand is so blind soos dié wat nie wil sien nie! As Afrikaner-vryheid, ons taal en kultuur vir iemand te veel, of te ekstreem is om voor op te staan dan is ek bevrees dat so ‘n persoon nie verdien om vry te wees nie. Egter is dit ‘n tweesnydende swaard want dan kan so ‘n persoon ook nie sy swartreënboognasie se helde soos Mandela eerbiedig nie want ten minste het hy opgestaan vir sy mense se vryheid. Was dit ekstreem van Mandela om teen die NP-regime se rassediskriminasie op te staan? Hoekom is dit dan ekstreem van Afrikaners om teen die ANC-regime se apartheid op te staan?

Die Christen-Afrikaner wat weier om verder hierdie gif te sluk moet nou sy huis in orde kry en sy taal suiwer begin praat, sy geloof koester, sy kultuur en identiteit meedoënloos beskerm deur dit op alle terreine uit te lewe. Neem die houding van ons voorvaders in: ons is nie vir onderhorigheid gebore nie!

Gedurende tye soos hierdie is daar altyd twee plekke waar Afrikaners inspirasie sal kry om weer op te staan vir vryheid en vir geregtigheid, d.i. in God se Woord en ons eie Afrikanervolkslied, Die Stem.

Matt. 5:13-14 (1953 vertaling): “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”

“Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou. Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly: knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry […] Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer – met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.” – Die Stem (Roep!)

poker free 10Данильченко Юрий Харьков