'n Digitale kopié van die meesterstuk is oor die afgelope weke bygewerk om 'n ontblote bors toe te maak.
Die eerste minister se woordvoerder sê die bors beland telkens reg in die middel van TV-opnames gedurende perskonferensies.
Kunshistorici is ontstoke oor die besluit. Hulle hou vol dat van 'n ikonografiese gesigspunt en die volksmond mens gewoonlik van die naakte waarheid praat.
Maar die skaamdele van die figure in die Sistynse Kapel is nietemin met lendeklede in die 16de eeu bedek. Die enigste uitsondering was Michelangelo se Laaste Oordeel.

Politici handel dikwels onder die dekmantel, maar 'n ander soort bedekking haal dié Augustus die nuus in Italië.
'n Groot Moslemkopdoek van glas, sê die argitekte self, gaan in die hart van Parys opgerig word en Parysenaars noem dit alreeds die Kopdoek.
Kunskenners in Milaan het 'n belangrike ontdekking gemaak toe hulle die aanpaksel op 'n baie ou skildery begin afkrap het. Onder die lae stof het hulle die Latynse woorde Titianus fecit oopgekrap wat die handtekening van die groot Renaissance meester Titiaan is.