Die grondkwessie

Dit is te hope dat daar in Suid-Afrika nie nog baie kwessies is waaroor daar soveel uiteenlopende sienings is nie as oor die grondkwessie.

Wanneer ‘n mediese dokter iets sê oor hoe hy ‘n operasie gaan uitvoer, sal die advokaat en die Telkom-tegnikus nie beter probeer weet nie.

Maar kom dit by ewe komplekse kwessies soos die joernalistiek en die politieke wetenskap, is elke Jan Rap en sy maat kundiges – probeer hulle voorskryf, weet hulle in hul eie oë meer. Veral in die staatsweë loop hierdie en ander vakkundiges hulle in hoofde vas wat niks van die ondergeskiktes se velde weet nie, maar met die gesag toebedeel is om opdragte te gee …dikwels met katastrofale gevolge.

So is dit ook met die grondkwessie. Om elke hoek en draai lewer die leek, die oningeligte, die politiek-bevooroordeelde uitsprake. Die probleem is dat van hierdie onkundiges en bevooroordeeldes oor mag beskik.

Een van die brandende kwessies is dat niemand presies weet hoe ‘n groot persentasie landbougrond in Suid-Afrika deur nie-wit boere besit word nie. Die enigste manier om dit behoorlik vas te stel, is deur ‘n grondoudit – iets wat voor die hand liggend is in ‘n land waar die regering sekere teikens stel. Intussen kan slegs van die mees betroubare beskikbare data gebruik gemaak word – en hiervolgens is dit selfs moontlik dat die 30 % doelwit reeds bereik is.

Dat totaal ander norme egter ingespan word is duidelik, en soms ook baie duidelik feitelik verkeerd. Verlede jaar nog het die Minister van Landbou ‘n artikel in Rapport geplaas waarin sy by die geykte 13 % in swart besit vassteek. Dit is, en was nog nooit die korrekte syfer nie. Dit is gebaseer op die persentasie grondgebied wat tussen die ou tuislande en die res van Suid-Afrika verdeel was. Teen 1994 het swart mense, onder andere in die vorm van stedelike erwe, reeds aansienlike grond buite die voormalige tuislande besit. Verder het ook bruin mense en Indiërs heelwat grond besit, en veral groot bruin landelike gebiede soos die Richtersveld, Mier en ander met baie groot oppervlaktes bestaan, weliswaar dikwels in betreklik droë en selfs baie droë gebiede. Tog maak die minister foutiewelik die stelling dat hierdie grond by die 13 % ingereken is.

Verder is dit laf, veral na 1994, om grond soos natuurgebiede, wildtuine, paaie en spooroppervlaktes, militêre gronde, en selfs staatsplase by die oppervlak te tel wat glo deur blanke grondbesitters besit sou wees.

Verlede jaar is ‘n grondoudit wat gehou gaan word, in ‘n stadium afgekondig.

Tog hou die politici en onkundiges vol om duidelik foutiewe syfers te gebruik. Vanoggend maak Johann Maarman, senior assistent-redakteur van die Burger, die stelling dat ons nog ver van die teiken van 30 % teen 2014 is en dat ‘n stywe drafstappie ingesit moet word. In dieselfde rubriek het hy dit oor misverstande.

So lank die werklike, aanvaarde feite nie op die tafel is nie, sal die grondkwessie, in Maarman se woorde, ‘n seer tand wees. Onder die probleme wat hy noem, tel onbevoegde grondkommissarisse. Dit is so, maar dit is die oortjies van die seekoei. Agri SA het onder meer ‘n saak na die Menseregtekommissie verwys waar boere minder aangebied en betaal is vir die grond as wat die departement se eie waardeerders bepaal het. Kort-kort was daar bewerings dat te veel vir ander grond betaal is dat ‘n wye reeks amptenare en ander belanghebbendes dan in die buit gedeel het.

By minstens een vergadering tussen boere en verteenwoordigers van die provinsie se kantoor van die Grondsake, is in die teenwoordigheid van die destydse adjunk-minister, wyle Dirk du Toit, ‘n resolusie aanvaar dat die betrokke kantoor voortaan korrespondensie van boere met wie onderhandel word sal beantwoord. By dieselfde vergadering het Du Toit gevra die boere moet ‘n versoek rig vir die vestiging van ‘n klagtedirektoraat in sy departement, want sy eie kantoor kan nie voorbly met klagtes nie.

Kort voor die verkiesing is dit dan ook te wagte dat populistiese retoriek sal deurslaan, wat die jongste voorgestelde wysigings aan die verblyfsekerheidswet hopelik is. Dit is so onrealisties geformuleer dat dit onmoontlik is om te dink dit is werklik iemand se erns om te implementeer, en daar is bepaald meer praktiese maniere om die lewensomstandighede van plaaswerkers te verbeter.

Onder die vrae wat gevra is oor die wetsontwerp se voorneme om plaaswerkers toe te laat om op hul werkgewer se grond kommersieel te boer en beeste sonder toestemming vee aan te hou, is die vraag of daardie plaaswerkers dan ook verplig gaan word om deel van die grondbelasting te betaal. Dit is immers ‘n logiese vraag as die boer dan, by wyse van spreke, op sy eie grond uitgeboer.

Dit sal eers na die verkiesing duidelik wees of die regering nou net verkiesingspraatjies maak. Na die verkiesing is nasionaliseringspraatjies en grondgrypstories hopelik in landsbelang in die doofpot – maar daar gaan weer verkiesings kom.

En so lank die regering met sy kaderontplooiingsbeleid volhou, so lank gaan basiese regeringspligte soos dienslewering erg gebrekkig wees – en sal weer na populisme teruggeval moet word om met vertroue stembus toe te kan opruk.

автоматическая насоснаяФильчаков прокурор харьков

Probleme met verblyfsekerheid-wetsontwerp

Van die voorstelle wat in die wetsontwerp vervat is wat verblyfsekerheid op plase reguleer, dui op ‘n afwesigheid van kennis oor plaastoestande.

Terwyl die regering nog kort-kort uitlatings maak oor die beskikbaarstelling van groot hoeveelhede kleinhoewes, sogenaamd om landelike armoede teen te werk, moet boere volgens die voorstelle in die wetsontwerp nou plaaswerkers toelaat om kommersieel op hul grond te boer.

Plaaswerkers kan dan ook beeste sonder die boer se toestemming aanhou.

Presies hoe groot moet die stukke grond wees wat elke plaaswerker kry om op kommersieel te kan boer? As die bedoeling is dat die plaaswerker daaruit ‘n inkomste gelykstaande aan die minumumloon te verdien, is die vereiste stuk grond in die meeste gevalle in die orde van sowat 300 hektaar. ‘n Boer wat tien plaaswerkers het, sal dus ‘n enorme plaas moet hê as hy self nog kommersieel daarop wil boer.

Dan is daar nog die gewese plaaswerkers en plakkers met hul vee waarmee ook rekening gehou moet word.

Sou die wetsontwerp so gefinaliseer word en die toets van grondwetlikheid deurstaan, is al manier om nog suksesvol besitreg op ‘n mens se eie grond te kan uitoefen ten einde ‘n kommersiële boerderybestaan daaruit te maak, om skuiwergate in die wet te soek. Dis ‘n hoogs onbevredigende situasie.

Die logiese is dus om voluit te kyk na waar die planne grondwetlike regte soos die reg op eiendom, en die vertolking wat die internasionale reg daaraan heg, te ondersoek. Hiermee saam die regte soos die reg op privaatheid, die reg om ‘n beroep te mag beoefen, die staat se plig om mense se menswaardigheid te handhaaf, selfs die reg op veiligheid.

Kommentare kan gestuur word na:

LandTenureSecurityBill@ruraldevelopment.gov.za

станции италияtopcargo кидалы

Flitse van internetkommunikasie wat die wêreld verander

Kort op die hakke van die nuus dat Amazon.com vir die eerste keer meer e-boeke as papiergedrukte boeke verkoop het, word berig dat Nederlandse boekhandelaars aangeraai is om ook voorsiening te maak vir die verskaffing van e-boeke, of moet aanvaar dat die boek as’t ware vir hulle toegeklap word. In 2010 het Nederlandse boekhandelaars 1,9 persent minder gedrukte boeke verkoop as die vorige, maar aan die omsetkant was die knyp selfs groter – ‘n daling van amper 5 persent.

Hierteenoor het die e-boekwinkel, Bol.com, in een en ‘n half jaar sy verkope van elektroniese boeke met 300 % opgestoot.

Die opkoms van elektroniese kommunikasie is ook vir outoritêre regerings ‘n klip in die skoen. Die val van die Tunisiese en Egiptiese regerings word tot ‘n groot mate aan die omvang van kommunikasie op Twitter toegeskryf.

In Iran, waar die Groen-opposisie groot optogte beplan om die suksesvolle Egiptiese revolusie te vier, het die regering nie net die optog verbied nie, maar verskeie joernaliste en aktiviste aangekeer, en bloggers kla dat hul toegang tot verskeie webtuistes geblokkeer is. In reaksie hierop het die Amerikaanse regering ‘n Twitterrekening in Farsi – die amptelike taal van Iran, geopen om dit vir die Iraniërs moontlik te maak om te Twitter. Die Amerikaanse ministerie van Buitelandse Sake het reeds verskeie Farsi-Tweets uitgestuur waarin die Iranse regering die kop gewas word.

In Mianmar het die militêr-oorheersde regering die staatsmedia aangewend om die opposisieleier, Nobel-vredespryswenner Aung San Suu Kyi, blatant te dreig dat sy en haar ondersteuners “tragies aan hul einde kan kom” as hulle voortgaan om die sanksies teen die land te steun. Omdat die internet-kommunikasie in Mianmar nog nie tot volle potensiaal ontwikkel het nie, sal die bewindhebbers waarskynlik reeds veel vermag deur die ouer konvensionele media te beheer.

гидроаккумулятор купить минсклобановский александр фото

Sosiale netwerke maak Afrikaanse susterkerke al hoe meer interkerklik

Al Twitterend is ‘n tweede Arabiese outokraat al onder stof geloop. Internasionaal gons dit behoorlik soos bespiegel word watter regerings almal die slagoffer kan word van moderne tegnologie, en in die besonder van sosiale netwerke. Sal selfs die bamboesgordyn staande kan bly? Is Mugabe hierteen immuun? Selfs Suid-Afrika waar dienslewering, onder andere op munisipale vlak, veel te wense oorlaat, word genoem as kwesbare land.

Sosiale netwerke het egter reeds ‘n impak op Suid-Afrika.

Waar die toutrekkery tussen behoudend en veranderingsgerigte lidmate en kerkleiers van die Afrikaanse susterkerke in die verlede byna uitsluitlik huishoudelik binne die betrokke kerke afgespeel het, word die grense tussen behoudendheid en veranderingsgerigtheid al hoe meer deur elemente van tussenkerklikheid gekenmerk.

Op die gevaar af van oorvereenvoudiging, lyk dit of Facebook, eerder as Twitter, die slagveld van die slagordes is. Die sosiale blaaie en besprekingsforums is weliswaar nog grootliks aan spesifieke kerkverbande gekoppel, maar op heelwat hiervan is daar reeds ‘n oor en weer gekuier van alliansievennote uit ander kerkverbande.

Op die Net is aan die behoudende kant van die susterkerke die sogenaamde perdebouers van die NG Kerk, na aanleiding van die onlangse boek oor die Trojaanse perd wat in die betrokke kerk los sou loop, die Steedshervormers van die Hervormde Kerk, en die Stoere Doppers van die Gereformeerde Kerke. Vanuit hul opponente se geledere word hulle ter wille van maklike identifikasie en om die ammunisie te vereenvoudig die fundamentaliste genoem.

In die loopgrawe aan die oorkant is die gereformeerdes en reformiste wat die term gereformeerdheid as ‘n immers onvoltooide proses beskou. Hul opponente trek vir hulle die baadjie van postmodernisme aan, en dit stel hulle in staat om sommer die Nuwe Hervormers so onder dieselfde kombers toe te maak en te looi.

En nie almal is ewe opgetrek met die benamings wat hulle vanuit die opponente se loopgrawe om die hals gehang word nie.

Onder die sosiale netwerke en besprekingsforums tel Kletskerk, die NG Kerk se sinodale Diversiteitsforum, die Hervormde Kerk se Facebook met sy alter ego, die Facebook van die Steedshervormers ook met die kerk se amptelike wapen versier, en die GKSA-gespreksforum. Voeg hierby “creation science”-webwerwe soos Glo die Bybel wat ten nouste met ‘n paar skrywers van die Trojaanse perd-boek (TP) geassosieer word, en die besprekingsgeriewe van dagblaaie en ‘n paar algemene woernale en ‘n idee word gevorm van die omvang van die slagveld.

Die interkerklike aard van die slagordes blyk daaruit dat die TP nie net op die Diversiteitsforum en ook Kletskerk, wat ook sterk NG-gerig is, onder die loep gekom het nie, maar ook op die GKSA-gespreksforum en die Facebook-profiele van die NH Kerk en van die Steedshervormers. Selfs die bespreking van die TP deur die oud-moderator van die NG Kerk se Noord-Transvaalse sinode, dr. Mike Smuts, is in die verskillende forums bespreek.

Nog ‘n kenmerk is hoe van die skrywers van die TP ook interkerklik betrokke raak. Die een skryfster lewer byvoorbeeld bydraes op die Facebook van die Steedshervormers, terwyl nog een van die skrywers as vriend geregistreer is.

Deurdat van die skrywers van die TP sterk met “creation science” geassosieer word – iets wat taamlik sterk in fundamentalistiese charismatiese kerke wortel geskiet het, word hierdie kwessie op ander webwerwe selfs nog meer interkerklik gevoer, en is agnostici en selfs ateïste wat deelneem nie ongewoon nie.

Vir die Afrikaanse susterkerke is die interessante verskynsel egter nou dat die kerkverbandgrense tussen die perdebouers, stoere Doppers en Steedshervormers al poreuser raak, terwyl dieselfde aan die kant van die sogenaamde postmodernisme van die kerkverbande gebeur.

детские велосипеды украинаФильчаков

Hoekom ‘n staatsrede?

Onlangs het die Christian Science Monitor ‘n lang artikel geplaas oor die opstel en doel van ‘n staatsrede. Die persoon wat die sluier gelig het, het vier jaar lank pres. Bill Clinton se staasrede geskryf.

In die VSA staan die toespraak eers sedert 1941 as die “State of the Nation” bekend. Pres. Franklyn D. Rooseveld het geweet oorlog is die Amerikaners se voorland, en Pearl Harbour het ‘n jaar later gevolg. Rooseveld wou die Amerikaners trots en verenig vir die oorlog voorberei. In hierdie toespraak het hy vier basiese vryhede aan die wêreld gewaarborg.

Sedertdien is ‘n staatsrede wat die tradisie gevolg het, een wat staatsmanskap aan die dag lê, eerder as een wat kiesers in die aanloop van ‘n verkiesing met yslike donkie-ore toerus. So hoog word die waarde van ‘n staatsrede internasionaal aangeslaan dat dit deur onder meer diplomate, wat hul regerings verteenwoordig, bygewoon word.

In Suid-Afrika, waar die “state of the nation” nou ook na “state of the province” en selfs “state of the city” uitgebrei is, is bykans al wat oorgebly het van die konvensie oor dié soort redes, die seremonies wat daarmee saamgaan.

Presies hoeveel eerbied word aan die buitelandse regerings betoon as hul verteenwoordigers na ‘n ellelange toespraak moet luister waarin 50 beloftes gemaak word wat sommer maar net so verbreek word?

Tipies is ‘n staatsrede strategies van aard, eerder as die inspan van verkiesingsfoefies. Trouens, die staatsrede is ‘n swak vertrekpunt vir goedkoop politieke praatjies omdat min toesprake so haarfyn deur Jan Publiek ontleed word soos juis die staatsrede. Teenstrydighede in die toespraak is dus ‘n ooglopende taboe, selfs vir ‘n politikus wat berug is daarvoor dat hy sy storie – en beloftes – by die spesifieke gehoor aanpas.

Dat pres. Jacob Zuma weer sal moet bontstaan is duidelik uit koerante se hoofopskrifte: Staatsrede het botsende boodskappe, Zuma loop wéér wye draaie, Wat Zuma nié gesê het nie, Zuma sit weer op die draad, R70 miljoen vir Zuma-hulle se wonings, Zuma se teologie het net een ewige heerser, Mangaung (waar vullissakke al weer dae lank op sypaadjies lê en gis) moet voor Woensdag R187 (aan Eskom) betaal, Nuwe bepalings kan boere verhinder om werk te skep, Senior aanklaer van Welkom in sy bed met byl oorval (terwyl Zuma groot gewag gemaak het daarvan dat sekere misdaadkategorieë daal, en uiteraard verswyg het dat handelsmisdaad, wat korrupsie insluit, met dubbelsyfers toeneem), Aanval laat man se hart ingee.

Opskrifte wat op positiewe aspekte van die toespraak dui is byna so skaars soos die spreekwoordelike hoendertande.

Uiteindelik kan die vraag gevra word: As die president met sy vorige staatsrede 50 beloftes gemaak het wat vlak voor ‘n verkiesing kluitjies blyk te wees, wat is die kanse dat die kiesers nou weer velle oor die oë getrek sal word waar die meting eers na die verkiesing gedoen gaan word?

Dit is tragies dat die internasionale konvensie wat oor ‘n paar eeue met staatsredes ontwikkel het, nou in ‘n paar jaar skynbaar tot die pleeg van verkiesingsfoefies gereduseer word.

Zuma het die skuld vir die gespartel, voorspelbaar, op apartheid geplaas. Sy sommetjies dat dit 16 jaar is sedert apartheid afgeskaf is, klop egter nie. Die laaste apartheidswet is 20 jaar gelede van die wetbboek geskrap, en van toe af het Suid-Afrika amptelik nie meer uit verskillende rasse bestaan nie. In elk geval nie tot die ANC ras weer tot allesoorheersende norm verhef het, gerugsteun deur drakoniese wetgewing wat pogings tot werkskepping saboteer, nie.

Maar die media het met ‘n opskrif dit reeds aangedui: Dit was ‘n staatsrede vol botsende boodskappe.

live gfreeлобановский александр интервью

Plaasmoorde en die tydsberekening van ANC-agteros

Sedert die plaasmoorde, toe die driejarige Willemientjie Potgieter saam met haar ouers tydens ‘n plaasaanval vermoor is, het daar stemme van die veroordeling van plaasmoorde uit die geledere van die ANC begin kom. Min stemme, maar darem hier en daar …

Met plaasmoord 1 647, het die ANC so ver vasgestel kan word, vir die eerste keer dadelik ‘n verklaring uitgereik waarin die moord veroordeel word.

Terwyl daar van die regering se kant nog slegs periodieke veroordelings kom, en dan dikwels voor die regte gehore, is hierdie verklaring uitgereik soos wat baie van die opposisiepartye doen – om dadelik op ‘n plaasmoord te reageer en dit te veroordeel.

Om ‘n plaasmoord te veroordeel, verseker bykans vir ‘n politieke party mediadekking, en mediadekking is die lewensbloed van ‘n party.

Dit beteken nie dié partye veroordeel plaasmoorde ter wille van publisiteit nie – baie van hul leiers het reeds familie aan plaasmoorde afgestaan, of het familie en vriende wat enige dag die volgende slagoffer kan wees, en doen werklik baie moeite om die probleem behoorlik na te vors, om deurlopend oproepe op die regering te doen om landelike veiligheid op te skerp, en veral om te probeer verseker dat die regering konsekwent die boodskap duidelik maak – die land se landbouers is nie misdadigers se vrybuit nie.

Dit is nodig, want dit is nie die boodskap wat die aandrang om die liedjies te kan sing waarin mense aangehits word om boere dood te maak, uitstuur nie. Ministers se losbekkigheid oor plaastoestande dra ook nie die boodskap uit nie.

Om nou soos die agteros ook in die kraal te kom, sal noodwendig vrae laat ontstaan. Hoekom juis nou?

– Is dit omdat daar binnekort weer stembus toe gegaan word en die ANC nie veel meer as slaggate en foutiewe munisipale rekenings het om aan kiesers te bied nie?

– Moet daar nie nou skadebeheer toegepas word na pres. Zuma weer sy voet in godsdienskwessies gaan sit het en Christene oor ‘n wye front aanstoot gegee het nie?

– Het dit dalk iets daarmee te make dat die slagoffer die oom van die adjunkhoof van Solidariteit is, ‘n vakbond wat internasionale aansien geniet en wat ook oor die vermoë beskik om sake vir die regering witwarm te maak?

– Wil hy nou die opposisiepartye se donderweer in die media in die veroordeling van plaasmoorde steel? Voorlopig lyk dit of die ANC baie goed daarin geslaag het.

Die ANC vorm egter ook die kern van die regering – en die regering kan in die praktyk veel meer as opposisiepartye doen om die euwel hok te slaan. En uit daardie oord duur die algemene swye maar nog te gemaklik voort.

мультики про трансформерівлобановский александр игоревич класс

Blankes in SA het dit glo te maklik

Ek is baie lief vir lees, ook as dit by koerante kom. Daarom het ek vinnig deur die New Age koerant, wat gratis in ons buurt afgelewer is, geblaai om te kyk waaroor al die bohaai gaan.

‘n Artikel met die titel “Whites have had it far too easy for much too long” tref my oog. Met hierdie skrywe wil ek net kortliks aan Praag esers weergee waaroor die artikel gaan, sonder om daaroor kommentaar te lewer. Die doel is slegs om die sentiment van die skrywer, en natuurlik ook die van duisende van sy rasgenote, weer te gee. Eintlik brand ek om die skrywer in die New Age self aan te vat, maar ek glo nie hulle sal die repliek van ‘n “whitey” eers publiseer nie.

Hy begin deur president Zuma se dilemma te skets, wat ‘n balans moet vind tussen die vrese van die wit minderheid, van veral die Afrikaners, en die aspirasies van die swartes. Hy praat van die “siekte” wat die land se gemeenskap beduiwel sedert 1994. Swart kinders word van tyd tot tyd toegang tot “voorheen blanke” skole geweier onder die “onheilge skyn” van Afrikaans as voertaal.

Net daar stel hy dit teen die owerhede wat, volgens hom, blind is vir die “gruwelike en brutale” behandeling wat plaaswerkers/bewoners daagliks moet verdra. Verder braak hy gal dat daar, in ‘n demokratiese bestel soos Suid Afrika, nog plek is vir ‘n “plek soos Orania”. Hy meen dis ‘n belediging vir die opofferinge van diegene wat gebloei en gesterf het tydens hulle “vryheidstryd”.

Hy skryf dat dat die waai van die “ou vlae” en die sing van die Stem op Eugene Terre’Blanche se begrafnis aan hoogverraad grens , en kla verder dat die wittes dit as hulle demokratiese reg beskou en eenvoudig ongehinderd hiermee aangaan.

Sangers soos Steve Hofmeyer en skrywers Anneli Botes word ook sommer vir hulle “haat vir swartes” en “kwetsende uitsprake” aangevat. Wanneer die regering dan volgens hom teen diesulkes wil optree, tree Afrikanergroepe soos AfriForum tussenbei, en dit alles met die DA se goedkeuring.

Die DA word vervolgens aangevat omdat hulle bestuur “leliewit” daar uitsien en dat hulle hulleself daarvoor beywer om die status quo te handhaaf wat die blankes bevoordeel. Verder, braak hy gal omdat die DA die vermetelheid het om die president van die land hof toe sleep om sodoende sy aanstellings van senior regerings amptenare te betwis. Verder, staan die regering voor uitdagings om behuising te verskaf omdat die regering skynbaar nie oor eiendom bekik nie, terwyl baie eiendomme steeds in blanke hande rus. Die regering word ook aan bande gelê om eiendomme te onteien omdat die “gevoel van blankes in ag geneem moet word”. (…to nurse the feeling of whites.) Hy beskryf dit as ‘n “tikkende tydbom”.

En dat Julius Malema voor die Gelykheidshof gedaag word, net omdat hy “struggle songs” sing, is ook volgens hom onverskoonbaar. Gelukkig, sê hy, staan Malema by sy standpunt (“sticking to his guns”) en sal hy nie toegee nie. Die skrywer lewer vervolgens ‘n pleidooi aan swartes om Malema se voorbeeld te volg, en om hulle stemme dik te maak in sake waarin hulle as ‘n meerderheid geraak word.

Hy eindig met sy stelling: Blankes het dit tot nou toe te maklik gehad en dat meeste dinge in die land altyd tot voordeel van die blankes plaasvind. Hy beweer verder dat as dinge nie nou verander nie, gaan dit ernstige gevolge vir die land inhou. En dan, die finale waarrskuwing “dit kan tot burgeroorlog lei indien dit nie reggestel word nie”.

Die skrywer van hierdie stuk is ‘n ene Shane Dlada. Is dit nie eienaardig dat hy onder sy “wit” naam skryf nie. Hy het sekerlik ‘n stamnaam of swart naam ook. Wat die artikel interessant maak is die feit dat die skrywer ‘n staatsamptenaar is. Ek kan my egter net voorstel watse diens, indien enige, ‘n blanke van die skrywer kan verwag in sy department, as dit sy algemene gevoel is en hy bereid is om hierdie gevoel van rassisme aan die groot klok te hang!

Ek het my doelbewus weerhou om my persoonlike gevoelens jeens die artikel weer te gee, behalwe dat daar nooit ‘n “ons” kan wees nie, maar altyd ‘n “ons en hulle”. Praaglesers is welkom om kommentaar te lewer.

насосы для соленойАлександр Фильчаков прокурор

Bevryding of anargie?

Saam met die skok dat die omstrede jeugfees wat verlede jaar deur die Nasionale Jeugontwikkelingsagenskap gepleeg is R100 miljoen gekos het, en nie sowat R72 miljoen soos tot dusver aangedui nie, kom die pikante opmerking van die voorsitter, Andile Lungisa, dat die fees gehelp het om Tunisië en Egipte te bevry.

Baie onlangs nog is ‘n regeringsafvaardiging na Tunisië om nouer bande te smee met die regering wat nou uitgeskop is. Dit het omvattende nuusdekking op SABC-TV gekry, en is as ‘n groot prestasie voorgehou. Dat die ANC se eie jeugkornuite besig is om die regering se vriende tot ‘n val te help bring, word waarskynlik nie oral ewe lekker saam met duur ingevoerde Whisky afgesluk nie.

Boonop is duidelik halwe werk gedoen. Onder die afgevaardigdes was 242 jeugdiges uit Kuba wat op die Suid-Afrikaanse belastingbetalerskoste die fees bygewoon het. Kuba is veel meer onderdrukkend as die Mubarak-bewind in Egipte en beklee onder meer die 166ste posisie op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks, teenoor Egipte se 127de posisie. Trouens, volgens die lys sou verskeie van die lande wie afgevaardigdes as helde ontvang is, se lande nou kookpotte moes wees. Die Palestynse owerheid se posisie op die lys is 150ste, Libië 160ste, Sjina 171ste, met Soedan, Sirië, en Iran nog swakker, en Eritrea heel onderaan.

Die fees, volgens Lungisa se maatstawwe vir sukses, was dus ‘n reuse mislukking.

As gekyk word hoe die afgevaardigdes, wat meestal uit links-radikale groeperings in hul lande van herkoms getrek is, op die fees met mekaar haaks was, is dit moeilik om te sien hoe enige doelwit bereik is behalwe om te kyk hoeveel owerheidsfondse vir die minste kwaliteit dienslewering geblaas kon word. Die Marokkaanse en die Polisariofront se afgevaardigdes was onder meer haaks, en die Turkse afgevaardigdes het dit hotagter gekry van jong mense uit minderheidsgemeenskappe wat in Turkye onderdruk word.

Hoe gouer die agentskap afgeskaf word en deur ‘n meer verantwoordelike liggaam vervang word, hoe beter vir almal – ook die buiteland.

Op die oomblik dien dit as weinig meer as ‘n trok op die ANC se soustrein om rojale aan ANC-leugligaleiers te voorsien. Lungisa verdien R1,8 miljoen per jaar, meer selfs as ‘n minister. Of anders gestel, bloed word uit Suid-Afrikaanse belastingbetalers getap om ‘n twakprater ‘n peperduur spreekbeurt te gee. En hiervan het Suid-Afrika reeds ‘n ernstige oorskot.

the chaseФильчаков прокурор отзывы

Om met ‘n metafoor te toor

Toe sit pres. Jacob Zuma weer sy voet daarin.

Soos al telkemale skynbaar die geval was, het Zuma nie daarop gereken dat dit wat hy vir die ore van een juigende gehoor se ore bedoel het, in klank en druk tot die oë en ore van ander sal kom nie. Hy het in die Oos-Kaap Zoeloe met ‘n groep Xhosas gepraat, maar kort voor lank weet die hele land: Zuma het ‘n stem vir die ANC met ‘n plekkie gereserveer in die hemel vergelyk. En behoede diegene wat teen die ANC stem. Vir hulle wag die man met die lang vurk en die groot vuur.

Binne ‘n ommesientjie het ‘n groot groep kerke en ‘n groot aantal politieke partye al weer die president oor sy roekelose politiek-godsdienstige brousels aangespreek. In die media en ook op die internet gons dit.

Soos verwag kan word, het die ANC self die president tot hulp gekom en sê dit was metafories bedoel. Om verskeie redes haal dié argument gewoon nie die paal nie:

– Die president het ‘n lang geskiedenis dat hy godsdiens gebruik om kiesers velle oor die oë te trek. Hy is al gestriem omdat hy gesê het die ANC sal tot die wederkoms regeer, hy het slae gekry oor hy aan ‘n groep ongeskooldes gesê het die voorvadergeeste sal hulle teister as hulle nie vir die ANC stem nie, en een van sy voorste ondersteuners, premier Ace Magashule van die Vrystaat moes ook al slae verduur nadat hy gesê het mense moet Zuma volg soos die mense Jesus volg. Dit is onmoontlik dat Zuma nie kon kennis neem daarvan dat sy en sy ondersteuners se opmerkings hewige aanstoot gee nie.

– Selfs al word ‘n stem vir die ANC metafories met die hemel vergelyk, is dit ‘n besonder treurige beeld wat van die hemel voorgehou word. Soos een internetskrywer dit opgesom het – hy wil nie hemel toe gaan as dit ‘n plek vol slaggate en korrupsie is nie. Die minister wat vir plaaslike regering verantwoordelik is se eie munisipale rekening is aan die vooraand van die landswye munisipale verkiesing met honderde duisende in die rooi, omdat hy onverklaarbare rekenings kry waarvoor hy vrugteloos op antwoorde aandring. Die munisipaliteit wat sulke foutiewe rekenings uitstuur is nie enige munisipaliteit nie, dis die land se grootste stad en dit huisves die ANC se hoofkantoor. Dit is boonop onder ANC-beheer.

– Word bykans enige koerant oopgeslaan, wemel dit van ANC-goggas. Die vraestelle van die landswye asseseringstoetse word deur skoolhoofde as pateties beskryf, en is vol foute. Uit die Vrystaat word berig ‘n staatsamptenaar wat help met die ANC se eeufeesvieringe, kry ‘n stewige staatstoelae hiervoor. Intussen word nog dawerrend geswyg oor wie opgedok het vir ANC-ampsrears, wat nie regeringsposte beklee nie, se kostes om ‘n ANC-seminaar in Ethiopië by te woon.

– Die afgelope jaar is Suid-Afrika se media deur Freedom House van vry tot slegs gedeeltelik vry geherklassifiseer, en het die land op Verslaggewers sonder Grense se persvryheidsindeks teruggesak.

– Onder die land – die regering – se voorste vriende tel van die wêreld se voorste muishondlande soos Kuba. Kort na Suid-Afrika met groot SABC-dekking hegter vriendskapsbande met die korrupte Tunisiese regering gesmee het, is dié bewind deur ‘n populêre volksopstand omvergewerp.

– Die ANC is in alliansie met die kommuniste.

‘n Christen se woord is sy woord. Word aan die vooraand van die president se staatsrede na die ellelange lys van beloftes uit die vorige staatsrede gekyk wat nie gerealiseer het nie, is dit doodgewoon beledigend teenoor Christene om ‘n ANC-bewind, hoe metafories ook al, met die hemel te gaan vergelyk.

Pastoor Zuma moet hom liefs hou by sy lees. Wat dit ook al mag wees.

потолочные светильникиОлександр Фільчаков прокурор

Ons speling is frot

Mev. Blik is dik van die lag. Een van haar klante het ‘n storie vertel – van sy oom wat ‘n skole-inspekteur was, en iewers by ‘n skool gesien het wat ‘n man darem met spelling kan maak.

Hy blaai deur die werkboeke van ‘n klas, en kom op ‘n knapie se opstel af oor hoe hy en sy pa gaan visvang het.

‘n Baie suksesvolle uitstappie, blyk dit, want sy pa het, so skryf hy, ‘n “fo%$&*n groot vis gevang. Die knaap se juffrou het die gewoonte gehad om woorde wat “verbeter” moet word, te onderstreep, die dié woord is ook onderstreep.

Nuuskierig blaai die inspekteer na die “verbeterings om te sien wat van die woord geword het. Dit lui toe: “fô$&*n groot vis.” Hy het net die kappie vergeet gehad.

Nog ‘n klant hou skool by ‘n privaatskool, waar baie van die leerders eintlik Engels is, maar Afrikaans as tweede taal moet neem. Hier gaan dit ook nie heeltemal voor die wind nie. Die een kind, vertel sy, wou skryf hoe die kat teen die muur gekap het. Maar die “kap” word verkeerd gespel – met nog ‘n “k” en dis toe heel iets anders wat die kat teen die muur doen.

Iets soortgelyks het ook by mev. Blik se onderneming gebeur. ‘n Vrou van die Blikke se kerk kom laat ‘n paar goedjies doen, en bring haar peuter-dogtertjie saam. En toe sal die Blikke se kat, Bliks-kater, heel ontydig instap. Die kleintjie is te bly om die kat te sien, en Bliks-kater besluit om rond te hang wat die verleentheid uitrek, want die kleintjie kan nie “t” sê nie. Dié vervang sy met ‘n “k”, en mev. Blik moes nie ‘n gesig trek nie terwyl die kleintjie kort-kort die kat aanspreek. Ek moes net woes keer of Bliks-kater het Bliks-kaker geword.

Ouboet Blik vertel toe van die knaap wat ‘n opstel moes skryf oor ‘n rugbywedstryd. Die mannetjie breek die lyn, en sit af vir die opponente se doellyn. Op die doellyn word hy platgetrek, sodat die kalk spat. Maar hy spel “kalk” verkeerd.

Maar of dit nou die kalk is wat gespat het, of die “k&^,” die drie is toegeken.

Ma Blik het self op ‘n tyd vir Engelse kinders Afrikaans gegee, en in ‘n opstel oor ‘n jagtog het die…, wel het dit toe ook bietjie gegaan soos dit nie moes nie.

Die een skryf hoe sy pa ‘n renoster gekwes het. Die gekweste renoster jaag die jagekspedisie in bome in, en hy is so kwaad terwyl hy sy jagters soek, hy kyk agter hierdie boom, en hy kyk agter daai boom.

Maar hy vervang die “y” met die Engelse “y”-klank, die “a”.

Nou moet ek bieg, die “liefdesbriefie” uit die Karoo na ons so mooi vir hulle water aangery het, het my ook amper oral agter ‘n boom laat kyk. En my speling was nog nooit voutloos nie.

лампы дляtopcargo