Hy blaai deur die werkboeke van ‘n klas, en kom op ‘n knapie se opstel af oor hoe hy en sy pa gaan visvang het.
‘n Baie suksesvolle uitstappie, blyk dit, want sy pa het, so skryf hy, ‘n “fo%$&*n groot vis gevang. Die knaap se juffrou het die gewoonte gehad om woorde wat “verbeter” moet word, te onderstreep, die dié woord is ook onderstreep.
Nuuskierig blaai die inspekteer na die “verbeterings om te sien wat van die woord geword het. Dit lui toe: “fô$&*n groot vis.” Hy het net die kappie vergeet gehad.
Nog ‘n klant hou skool by ‘n privaatskool, waar baie van die leerders eintlik Engels is, maar Afrikaans as tweede taal moet neem. Hier gaan dit ook nie heeltemal voor die wind nie. Die een kind, vertel sy, wou skryf hoe die kat teen die muur gekap het. Maar die “kap” word verkeerd gespel – met nog ‘n “k” en dis toe heel iets anders wat die kat teen die muur doen.
Iets soortgelyks het ook by mev. Blik se onderneming gebeur. ‘n Vrou van die Blikke se kerk kom laat ‘n paar goedjies doen, en bring haar peuter-dogtertjie saam. En toe sal die Blikke se kat, Bliks-kater, heel ontydig instap. Die kleintjie is te bly om die kat te sien, en Bliks-kater besluit om rond te hang wat die verleentheid uitrek, want die kleintjie kan nie “t” sê nie. Dié vervang sy met ‘n “k”, en mev. Blik moes nie ‘n gesig trek nie terwyl die kleintjie kort-kort die kat aanspreek. Ek moes net woes keer of Bliks-kater het Bliks-kaker geword.
Ouboet Blik vertel toe van die knaap wat ‘n opstel moes skryf oor ‘n rugbywedstryd. Die mannetjie breek die lyn, en sit af vir die opponente se doellyn. Op die doellyn word hy platgetrek, sodat die kalk spat. Maar hy spel “kalk” verkeerd.
Maar of dit nou die kalk is wat gespat het, of die “k&^,” die drie is toegeken.
Ma Blik het self op ‘n tyd vir Engelse kinders Afrikaans gegee, en in ‘n opstel oor ‘n jagtog het die…, wel het dit toe ook bietjie gegaan soos dit nie moes nie.
Die een skryf hoe sy pa ‘n renoster gekwes het. Die gekweste renoster jaag die jagekspedisie in bome in, en hy is so kwaad terwyl hy sy jagters soek, hy kyk agter hierdie boom, en hy kyk agter daai boom.
Maar hy vervang die “y” met die Engelse “y”-klank, die “a”.
Nou moet ek bieg, die “liefdesbriefie” uit die Karoo na ons so mooi vir hulle water aangery het, het my ook amper oral agter ‘n boom laat kyk. En my speling was nog nooit voutloos nie.
