‘n Artikel met die titel “Whites have had it far too easy for much too long” tref my oog. Met hierdie skrywe wil ek net kortliks aan Praag esers weergee waaroor die artikel gaan, sonder om daaroor kommentaar te lewer. Die doel is slegs om die sentiment van die skrywer, en natuurlik ook die van duisende van sy rasgenote, weer te gee. Eintlik brand ek om die skrywer in die New Age self aan te vat, maar ek glo nie hulle sal die repliek van ‘n “whitey” eers publiseer nie.
Hy begin deur president Zuma se dilemma te skets, wat ‘n balans moet vind tussen die vrese van die wit minderheid, van veral die Afrikaners, en die aspirasies van die swartes. Hy praat van die “siekte” wat die land se gemeenskap beduiwel sedert 1994. Swart kinders word van tyd tot tyd toegang tot “voorheen blanke” skole geweier onder die “onheilge skyn” van Afrikaans as voertaal.
Net daar stel hy dit teen die owerhede wat, volgens hom, blind is vir die “gruwelike en brutale” behandeling wat plaaswerkers/bewoners daagliks moet verdra. Verder braak hy gal dat daar, in ‘n demokratiese bestel soos Suid Afrika, nog plek is vir ‘n “plek soos Orania”. Hy meen dis ‘n belediging vir die opofferinge van diegene wat gebloei en gesterf het tydens hulle “vryheidstryd”.
Hy skryf dat dat die waai van die “ou vlae” en die sing van die Stem op Eugene Terre’Blanche se begrafnis aan hoogverraad grens , en kla verder dat die wittes dit as hulle demokratiese reg beskou en eenvoudig ongehinderd hiermee aangaan.
Sangers soos Steve Hofmeyer en skrywers Anneli Botes word ook sommer vir hulle “haat vir swartes” en “kwetsende uitsprake” aangevat. Wanneer die regering dan volgens hom teen diesulkes wil optree, tree Afrikanergroepe soos AfriForum tussenbei, en dit alles met die DA se goedkeuring.
Die DA word vervolgens aangevat omdat hulle bestuur “leliewit” daar uitsien en dat hulle hulleself daarvoor beywer om die status quo te handhaaf wat die blankes bevoordeel. Verder, braak hy gal omdat die DA die vermetelheid het om die president van die land hof toe sleep om sodoende sy aanstellings van senior regerings amptenare te betwis. Verder, staan die regering voor uitdagings om behuising te verskaf omdat die regering skynbaar nie oor eiendom bekik nie, terwyl baie eiendomme steeds in blanke hande rus. Die regering word ook aan bande gelê om eiendomme te onteien omdat die “gevoel van blankes in ag geneem moet word”. (…to nurse the feeling of whites.) Hy beskryf dit as ‘n “tikkende tydbom”.
En dat Julius Malema voor die Gelykheidshof gedaag word, net omdat hy “struggle songs” sing, is ook volgens hom onverskoonbaar. Gelukkig, sê hy, staan Malema by sy standpunt (“sticking to his guns”) en sal hy nie toegee nie. Die skrywer lewer vervolgens ‘n pleidooi aan swartes om Malema se voorbeeld te volg, en om hulle stemme dik te maak in sake waarin hulle as ‘n meerderheid geraak word.
Hy eindig met sy stelling: Blankes het dit tot nou toe te maklik gehad en dat meeste dinge in die land altyd tot voordeel van die blankes plaasvind. Hy beweer verder dat as dinge nie nou verander nie, gaan dit ernstige gevolge vir die land inhou. En dan, die finale waarrskuwing “dit kan tot burgeroorlog lei indien dit nie reggestel word nie”.
Die skrywer van hierdie stuk is ‘n ene Shane Dlada. Is dit nie eienaardig dat hy onder sy “wit” naam skryf nie. Hy het sekerlik ‘n stamnaam of swart naam ook. Wat die artikel interessant maak is die feit dat die skrywer ‘n staatsamptenaar is. Ek kan my egter net voorstel watse diens, indien enige, ‘n blanke van die skrywer kan verwag in sy department, as dit sy algemene gevoel is en hy bereid is om hierdie gevoel van rassisme aan die groot klok te hang!
Ek het my doelbewus weerhou om my persoonlike gevoelens jeens die artikel weer te gee, behalwe dat daar nooit ‘n “ons” kan wees nie, maar altyd ‘n “ons en hulle”. Praaglesers is welkom om kommentaar te lewer.
