Kategorie: Menings
Rig briewe aan: briewe@praag.co.za.
Johan Pienaar is ‘n volksverraaier
Ek wil graag Johan Pienaar nomineer as een van die groot Afrikanerverraaiers. Hy skryf gedurig op litnet.co.za, veral kommentaar op enige persoon wat net 'n bietjie probeer opkom vir Afrikanervryheid of -kultuur. Ek is wel bewus dat daar ʼn hele klomp sulke linkse kommentators is wat hul eie kultuur en taal haat maar hierdie is die eerste een wat ek teëkom wat Max du Preez wragtig staan en verdedig. Ek voel dat die verraaierlys uitgebrei moet word om elkeen van hierdie bliksems te noem en vir die nageslagte bewaar moet word. In Afrikastyl wil ek ook nou “demand”: ek dring daarop aan dat Johan Pienaar harakiri pleeg.
Saterdag se W?reldbeker
Ek hou meer van Riana se siening en wil graag byvoeg dat ons hierdie span nou moet ondersteun en waardeer! As die ANC hulle sin kry en 'n oorwegend swart span op die veld kry, is ons miskien in dieselfde liga as Japan of Namibië. (Ek dink Riana het Pierre Spies en Francios Steyn se name bietjie geskommel).
Gustav, Saterdag is dit die tweede Anglo Boere oorlog! Hierdie keer gaan ons die Kakies trap! Trek solank jou uniform aan!
Saterdag skree ons vir die Bokke
As Habana sierlik oorduik vir 'n wendrie en al die persmanne dit aangryp vir voorbladmateriaal, weet ons Afrikaners mos hoekom hulle dit doen. Want Habana is nie wit nie. Geen sportskrywer sal dieselfde mooi dinge oor Fourie du Preez skryf nie. Die ding wat Venter nie begryp nie, is dat almal deur die ou slenter gesien het van die ANC. Hulle probeer nou al hoe lank om swartes en bruines se prestasies op te hemel.
Die vraag is hoekom probeer hulle so hard om dit te doen? Dis eenvoudig: Daar is so bitter min prestasies. Kyk maar om jou en al wat te siene is, is verval. Dit kan almal sien. En almal weet die wengees binne die Springbokke kom uit die harte van die Afrikaners in die span. Saterdag gaan ek met my biltong en biertjie (Tafel) voor die kassie inskuif en op my heel hardste vir daardie wonderlike Hugenote skree.
Vergeet FW, dis Pik!
Loshande is Pik Botha die beste kandidaat vir die verraaierbenoeming.
Die gronde hiervoor is eintlik lank want dit kom reeds uit die vroeë 70s kort nadat hy as LV verkies is, maar kan hoofsaaklik op die volgende vyf gronde/tydperke beredeneer word:
1. Sy tydperk as ambassadeur by die VN en ook na die VSA toe hy baie nou met mense soos Chester Crocker, die Council for Foreign Relations en verwante organisasies en mense soos Samuel P Huntington begin saamwerk en beplan het om radikale veranderings in Suid-Afrika se beleidsrigtings te weeg te bring. Dit was in hierdie tyd dat hy ontmoetings vir John Vorster gereël het met Henry Kissinger en later Walter Mondale, Jimmy Carter se adjunk. Vorster was so in sy noppies met hierdie gesprekke wat hom oornag ‘n wêreldfiguur gemaak het, dat hy Pik kort daarna as Minister van Buitelandse Sake aangestel het en toe, volgens sekere bronne, vir Pik bo Connie Mulder as sy “kroonprins” beskou het.
2. Kort hierna het lekasies aan die media oor geheime projekte van Mulder se Departement van Inligting met Eschel Rhoodie aan die voorpunt, die lig begin sien. Dit het vinnig gelei tot die sogenaamde Inligtingskandaal, die stelselmatige eliminasie van Mulder as volgende Eerste Minister en die bedanking van Vorster uit die pos. Pik Botha se presiese rol in hierdie lekasies is nooit onthul nie, maar dit lei geen twyfel dat hy en sy departement wat vir Rhoodie en Inligting gehaat het omdat hulle dinge gedoen gekry het, agter baie van die lekasies gesit het nie.
3. Enkele dae voor die verkiesing vir ‘n nuwe premier het Pik Botha en ene Rit van Rooyen glo met “skokkende” inligting vir PW Botha gaan sien. Albei Botha’s was kandidate in die premiersverkiesing, maar daar is ooreengekom dat Pik sy stemme na PW sal oordra na die eerste rondte. Onder die stories wat toe by LVs uitgekom het was een dat Mulder miljoene rande in ‘n geheime buitelandse bankrekening het. Mulder is dan ook deur PW verslaan met behulp van Pik se stemme. Geen haan het ooit weer gekraai oor die geheime miljoene nie! Eschel Rhoodie was uiteindelik die enigste aangeklaagde oor die Inligtingskandaal en hy is skotvry gespreek en heelwat geld deur die staat in vergoeding betaal! Die skandaal van die Inlitingskandaal was dat dit liederlik misbruik is om die “konserwatiewe” Mulder uit te werk.
4. Met Mulder en sy verligte politieke denkers soos Nic Rhoodie uit die pad, kon PW met Pik en sy Amerikaanse vriende se ywerige hulp begin met die sogenaamde nuwe bedeling en ‘n nuwe grondwet wat onafwendbaar uitgeloop het op die vrylating van Mandela, wettiging van die ANC en uiteindelike swartmeerderheidsregering.
Nog voordat dit gebeur het, was Pik die hoofdrywer om Suid-Afrika se steun vir Rhodesië en Ian Smith te beëindig en die 435-verkiesings in Suidwes te laat plaasvind. Pik het deurgaans met die boodskap geloop dat gematigde swartes in Rhodesië en die DTA in Suidwes die verkiesings gaan wen. Die kwessie is nie of hy maar net verkeerd was nie, maar of hy willens en wetens met sulke valse drogbeelde te koop geloop het. Die 435-verkiesings in Suidwes is wyd gesien as ‘n voorloper vir ‘n soortgelyke skikking in Suid-Afrika.
5. In hierdie tyd het Pik voortdurend die mat onder PW se voete uitgepluk met die skep van verwagtinge oor ingrypende hervormings waarvoor die arme PW in sy emosioneelgelaaide onkunde nie kans gesien het nie. Met PW se beroerte aanval, was Pik die gunsteling om as staatspresident oor te neem maar is verstommend genoeg deur die “verkrampte” FW geklop. Maar Pik het eintlik die stryd gewen want FW was in ’n politieke hoek geverf om met die ANC te onderhandel en het toe, tot die verstomming van baie, van Pik se voorste luitenante as onderhandelaars aangestel. Die uiteinde was voorspelbaar en ons betaal steeds die prys vir hierdie verraad.
PW, FW, Roelf en andere het weliswaar belangrike rolle in hierdie verloop van sake gespeel, maar hulle was deurentyd feitlik net pionne met Pik wat op die skuiwe besluit het.
Pik verdien hierdie kroon.
Verraad: Predikante-kategorie
Verraad word altyd gepleeg deur iemand wat vertroud was met, m.a.w. deel van 'n groep was, om sodoende die vertroue te kon verraai deur die kennis van die groep teen die groep te gebruik.
Waar is Afrikaanse kultuur op Erfenisdag?
Ons moes kyk na die swart kulture se feesvieringe en luister na hulle opinies. Dit sou alles goed en wel gewees het om te aanskou ter wille van ‘n kans om ook na die Afrikaner se erfenisvieringe te kyk, maar dit is ons nie gegun nie. Anders as in die meestal Afrikaanse sepie met Engelse onderskrifte net voor die nuus, is daar nie van Afrikaanse onderskrifte gebruik gemaak nie en ons is nou al gewoond aan die oorwegend Engelstalige advertensies in die advertensiegleuwe. Ons kon ook nie eens sien hoe die Afrikaners ‘n vleisie braai vir Braaidag nie. Net die ander kulture en alles in Engels.
Pallo Jordan het ‘n paar keer sy mening gegee. Hy praat van apartheid en die struggle en later sê hy: “…so that we can gird up your loins for the battles that lie ahead.” Nou wonder ek maar net na watter gevegte hy verwys.
Van die optog na die SABC se kantore in Auklandpark is daar ook niks gewys nie. Tydens die optog is ‘n beswaarskrif met 95 000 hantekeninge teen die gebruik van die woord Tshwane vir Pretoria oorhandig aan ‘n SABC-woordvoerder.
Die meeste mense sal nou sê dat hulle nie daarvan geweet het nie, en dit is te verstane want die kommunikasiekanale na die Afrikaners is in ‘n groot mate afgesny. Die SABC is nou die spreekbuis van die ANC.
Die soort minagting is dieselfde as soveel regeringsdepartemente wat nie eers die moeite doen om op skrywes aan hulle te reageer nie. Ons weet egter dit is net nog ‘n vorm van magsvertoon, maar mens noem dit sommer net swak maniere.
Hoe lank sal dit neem totdat alle Afrikaners maar net die status-quo gaan aanvaar. Die totale magsvertoon van die SABC. “'n Mens kan nie teen so ‘n oormag weerstand bied nie,“ dink jy. Maar die geskiedenis vertel ‘n ander storie. Die Afrikaner het juis ‘n erfenis waar hy teen oormagte te staan gekom het en nooit ten volle verslaan was nie. Dit is die erfenis wat hulle nie wil hê jou kinders moet onthou nie. Hulle is nou deel van ‘n nuwe nasie – die reënboognasie.
Maar baie Afrikaners kom met ‘n skok agter dat dié reënboog net een kleur het, en dit is swart, dit is nou na aanleiding van die Afrikaanse nuus van die SABC van Maandagaand.
Ek wonder nou net hoe die Afrikaanse kultuurorganisasies daarop gaan reageer. Of het hulle al klaar geleer hoe om President Mbeki se stille diplomasie toe te pas. As hulle egter stilbly daaroor, keur hulle dit mos immers goed of hoe?
Dit sal ook interessant wees om the sien wat die verhouding van betalende televisielisensiehouers tot die totale kyker per kultuurgroep is.
Is dit nie nou tyd vir ‘n Afrikaanse TV-kanaal wat alle aspekte van die Afrikaanse kultuur dek nie? As dit dan teen die wet is moet so ‘n wet maar gewysig word. Of sal ons daarvan weerhou word soos die arme mense in Zimbabwe wat minder weet wat in hul eie land aangaan as wat die res van die wereld weet?
Miskien het die oorgrote meerderheid Afrikaners besluit dit is beter om die Afrikanerkultuur prys te gee ter wille van oorlewing. In daardie geval is dit miskien beter om Charles Nqakula se advies te vat en te immigreer na ‘n land waar daar immers nie teen jou velkleur gediskrimineer word nie.
Kompetisie is ‘absoluut verregaande’
Die ‘untouchables’
Met Mbeki se afdanking van Pikoli wys dit weereens dat laasgenoemde op iemand se tone trap en die irritasie nie meer verduur kan word nie. Beatrice is blykbaar nie genoeg deur Pikoli geraadpleeg nie. Laat ons nou nie doekies omdraai nie. Ons almal weet wie Selebi se vriende is en wat sy pos is. Net twee weke terug het 'n kennis wat in die Polisie is en intens met gewapende rooftogte handel sy kommer teenoor my uitgespreek ten opsigte van hulle persoonlike veiligheid as gevolg van "impimpis" binne die mag.
Nou as 'n man van ons president se statuur dit nie kan besef nie, dan dui dit op 'n groot brand in die enjinkamer. Ons skep 'n liggaam en gee hulle "magte" om te bevraagteken, ondersoek en te vervolg…..en dan trek ons hulle tande. Ek dink die wêreld lag vir ons, 'n sirkus met 'n klomp korrupte narre.
Beskaafdheid veroorsaak ons ondergang
