Afrikaners wil nie self werk nie

Net 'n enkele opmerking na aanleiding van Vlad du Plessis se brief oor hoe om die ANC se ideologiese houvas op die boere en hulle grond besit te ontkom. Die heel belangrikste ideologiese stap, naamlik dié van self werksaamheid, word nie eens genoem nie.
 
Dit begin nou te laat raak om van volksvreemde arbeiders ontslae te raak, want die ANC dreig om jou grond af te vat, maar die beginsel is eenvoudig. Sonder swartes het ons 'n eie eie gebied waar die meerderheid op 'n universeel aanvaarbare manier sy vryheid kan uitleef. Niemand kan dan jou grond kom afneem of terugeis nie. Dis letterlik hoe eenvoudig dit is. Ek is moeg om na al die verskonings te luister van hoe onprakties dit is. Na 5 jaar in Engeland is ek nou meer as ooit oortuig van die Afrikaner se onvermoë om self te werk soos trouens in die meeste Europese state wel gebeur.

Afrikaners wil nie regtig vry wees nie, net baas wees.

best bridal jewelleryАлександр Фильчаков

Ope brief aan Dirk du Toit

Na aanleiding van berigte oor aanmerkings wat die adjunk-minister van landbou en grondsake kwytgeraak het in die parlement van die nuwe SA, wil ek net graag die volgende ope brief en uitdaging aan die meneer Dirk Cornelius du Toit rig:

Mnr Dirk Cornelius du Toit.
Ons Afrikaners het almal gisteraand voor die vervreemde SABC 2 gesit en luister na die nuus. Weet meneer, ek weet nie eers waarom ons nog na die “hervormde” televisie kyk nie. Miskien is dit om te sien hoe ver julle manne in die parlement ons landjie in die afgrond indryf. Miskien was dit om na die veelrassige 7de Laan te kyk, of net miskien was dit om ons volk se gunsteling getransformeerde sport, rugby, te kyk. Ja, die sport waar die minister van sport, (daai GROOT man), die spanne wil kies! Ek wonder nog so by myself waarom Sumo stoei nog nie deur die minister ingebring is nie?

Wel meneer, op die televisie gisteraand, verskyn u vol bravade en met ‘n houding wat skrik vir niks, en u vertel ons hardwerkende, opbouende volk, dat as ons nie ophou om die werkers van ons grond aftesit nie, u ons grond gaan ONTEIEN! Nou meneer, wat maak ons dan met die wat op ons plase bly, ons besteel, nie wil werk nie, alles verniet wil kry, gratis huise wil hê, en dan nog boonop arrogant is? (klink vir my baie soos die parlament..).

 
Ons moet hulle afsit! U vertel mos ook saam met u broers in die parlement dat ons moet SAAMWERK om die land optebou. SaamWERK! WERK is die klem op die woord. Nie SAAM nie meneer! Dit laat my egter besef hoekom soveel boere deesdae volkseie (my volk, nie joune nie..) arbeid gebruik. Dit maak dit soveel makliker om iemand weg te jaag as hy nie WERK nie. (Sonder opmerkings en dreigemente van hooggeplaastes soos u).

Nou daag ek u uit meneer die adjunk. Kom sê daardie selfde woorde wat u daar in u ou beskermde kringetjie kwytraak, ja kom sê dit hier op ‘n plattelandse dorpie soos Cullinan. Beweeg uit u gemaksone en kom kom vertel my volk hier in die gemeenskapsaal dat ons die uitsettings moet stop of U VAT ONS GROND! Dit is maklik om dit daar in die parlement te uiter. Ja dit is maklik want almal om u is geen boere nie. Almal ry blink gepoetse karre en verdien duisende.

 
Ek daag u meneer… kom sê dit vir die boeregemeenskap wat elke dag sukkel met arbeiders wat nie wil werk nie en sukkel met hulle wat net wil bly. Ja meneer, hulle sukkel om te oorleef as gevolg van hoë pertolpryse, hoë rentekoerse ens, maar vind geen ondersteuning van die regering nie. Meneer, hulle sukkel met die ding genaamd misdaad. (U sal seker u herinner wat dit is?) Hulle moet die aande rondry en wagstaan. Hulle moet hulle huis en gesinne heel nag oppas. Hulle moet hul bure gaan help wat gereeld deur plaasmoorde geteiken word. Hulle moet geld bestee vir sekuriteitsmaatreëls. Die boere sukkel om finansieel te oorleef, ja hulle sukkel selfs om werklik liggaamlik te oorleef as gevolg van misdaad. Nou wil u hul grond ook vat?

Ja u het reg gehoor meneer. EK DAAG U UIT! Kom se dit in persoon vir die boere. Kom met daardie astrante houding en vertel die boere dat u hul grond gaan vat! U sal sekerlik ‘n paar tamaties as geskenk ontvang vir al u moeite.

Hoop ek ontmoet u in persoon daar in die Cullinan Boeregemeenskapsaal!

дитячий ковриклобановский александр дети

Suid-Afrika vs. Zimbabwe

Eers moet ek baie dankie sê vir dit wat dr. Roodt vir ons land doen. Moet u asseblief nie steur aan daardie aap van 'n Maas nie. Ek kan nie glo dat ons bome afkap en papier mors vir die snert wat hy skryf nie. Miskien moet hy waarlik iets vir die land doen en sy pen neerlê. Verskoon as ek emotioneel voorkom, maar meeste van die mense wat ek ken het die land lief, kan op geen ander plek bly nie en het redelik baie om te verloor. Ek dink ek kan sê ons is bang. Bang dinge gaan so verkeerd dat ons alles verloor.

Sondagoggend op die “History” kanaal van DSTV het hulle ‘n autobiografie van Robert Mugabe uitgesaai wat my koue rillings gegee het. Ek kon regtig nie help om die ooreenkomste tussen die pad wat Zimbabwe gestap het en die huidige pad wat Suid-Afrika volg op te merk nie.

1)    Mugabe het dieselfde beloftes gemaak in 1980 as wat Mr. Mandela gemaak het in 1994 en het selfs ’n versoeningskommitee op die been gebring om die swart mense en wit mense te versoen. Twaalfjaar later noem die wit mense dat bitter min het vir hulle verander in die nuwe Zimbabwe.

2)    Baie geld is geïnvesteer in behuising, mediese sorg, opleiding tot waar die mense van Zimbabwe seker een van Afrika se bes opgeleide nasies is. (Ek het altyd gedink ons redding lê in opleiding!). Foto's van die huise is gewys en dit sit defnitief ore aan ons HOP-huisies.

3)    Plase is opgekoop en aan swartes gegee tot die punt waar die swart mense meeste van die kos vir die binneland voorsien het. Die groot wit boere het hoofsaaklik vir uitvoer voorsien.

4)    Tog het al die investering die mense van Zimbabwe nie tevrede gelaat nie, want daar was nog steeds wit mense wat meer as hulle gehad het.

5)    Grootskaalse korrupsie het aan die lig gekom vanaf 1993, so dat Britanje hulle finansiële ondersteuning aan Zimbabwe onttrek het.

6)    Opstande het begin en die MDC het die lig gesien as Mugabe se teenstanders. Die MDC was ’n werkersunie in Zimbabwe.

7)    Al hoe Mugabe sy posisie kon behou was om die wit boere se grond vir die swartes te belowe.

8)    Mugabe se regering is na die hoogste hof geneem en die praktyk was onwettig bevind. Dit het niks verander nie en die mense moes vlug vir hulle lewens.

9)    Aan die einde bevind ’n dame van die Friends of Zimbabwe beweging die volgende: Nee Mugabe se dade was nie regverdig nie, die ekonomie is geskroef maar die mense het uiteindelik hulle land terug!

Ek voel ons is omtrent by punt nommer 4 met opstande ook vanoggend op die M2 naby Kaapstad oor dienslewering ens. Punt nommer 5 begin ook deurskemer met korrupsie wat om elke hoek en draai sy kop uitsteek. Met die feit dat Mnr. Mbeki Mugabe en sy doen en late so ondersteun,  en ook die feit dat die ANC redelik steun verloor oor die Manto sage en die bewegings van Cosatu (’n werkersunie), dan is ons ook 13 jaar in pylvlak af, kan ek nie van die ONS IS NOU DAAR gevoel weg kom nie. Gaan Mr. Mbeki sy rug op ons wittes draai om sy swart steun terug te kry. Indien wel, wat gaan ons maak. Om hom hof toe te neem, gaan omtrent soveel impak he as wat dit vir die wit mense van Zimbabwe gehad het.

Lees ek te veel in die?

free bets no deposit required casinoАлександр Фильчаков прокурор

Tim du Plessis en Heilige Koeie

Tim du Plessis sê op RSG se Praatsaam dat iemand hom so 5 maande gelede getelefoneer het en inligting aangebied het wat ooreenstem met die Sunday Times se storie oor Msimang se hospitaal manewales. Hy deel toe die informant mee dat hy wat Tim is, nie belangstel nie en bowendien betaal Rapport nie bronne vir hul inligting nie.

Waarom sou Rapport nie in so 'n storie wat ooglopend in die openbare belang is, belangstel nie? Omdat die bron op vergoeding vir sy storie aandring? Of wil Rapport nie gevaar loop om aanstoot te gee aan die ANC nie en veral die Prez nie?

Koerante en wie ookal het deur die eeue heen maar die hand in die sak gesteek vir 'n nuuswaardige storie. Trouens, daar sou bloedweinig nuuswaardige gebeurtenisse en vergrype deur veral die politici op die lappe gekom het, indien die media nie deurlopend van sogenaamde tjekboek joernalistiek gebruik gemaak het nie. Harde kontant is ook nie die enigste betaalmiddel wat gebruik word nie, daar is talle ander metodes wat deur koerante in die wêreld buite Rapport s'n, met groot sukses gebruik word.

Kom ons aanvaar Tim se storie dat hy nie vir sulke inligting betaal nie. Wat het dan van 'n goeie nuusman se natuurlike instinkte geword? Om 'n 'scoop' te plaas. Ene wat bowendien die waarheid is en nie uit die duim gesuig word nie. Dit is mos duidelik dat die inligting minstens die potensiaal het om van groot openbare belang te wees. Dis 'n lekker storie. Iets wat koerante kan verkoop!

Raait, maar Tim wil nie betaal nie. Sal 'n joernalis wat sy naam werd is, nie in ieder geval voortgaan om die storie te gaan navors nie? Jy het minstens 'n goeie leidraad gekry. 'n Minister wat na bewering sulke vreemde dinge aanvang, in 'n hospitaal nogal, moet mos 'n interessante storie wees! Daar is tog seker heelwat van die hospitaal personeel wat van die manewales weet. Van dokters tot skoonmakers. Soiets kan mos onmoontlik geheim bly. Letterlik tientalle bronne van informasie wat bekom kan word sonder dat jy van 'gesteelde' dokumente hoef gebruik te maak!

Tim en sy koerant sê klaarblyklik toe ook nee vir hierdie moontlikheid en ook sommer koebaai vir 'n lekker storie wat in die openbare belang mag wees, maar ongelukkig nie in Rapport se belang is nie.

Gelukkig is daar nog koerante en redakteurs wat in die tradisie van die koerantwese, bereid is om die heilige koeie wat hulle wangedra, aan te vat! Selfs al weet jy voor jou siel dat jy jou gewildheid by die ANC en die Prez gaan inboet.

Maar ten minste het jy jou geloofwaardigheid en die respek van jou lesers behou. Soos die Sunday Times gedoen het. Dankie vader dat daar nog sulke koerante en redakteurs is!

медицинская справка форма 086 у купитьОлександр Фільчаков прокурор

Rugby en nasionalisme

Wat my die meeste opgeval het van die openingswedstryd van die wêreldbeker 2007 (buiten die lawwe openingseremonie), is die verskil in nasietrots tussen die Argentyne en die Franse. Terwyl die Argentynse volkslied speel, was die Argentyne, sowel spelers as ondersteuners, in trane, hande op die harte, werklik 'n emosionele oomblik. Die Franse, daarenteen, het bloot onemosioneel saamgesing. Franse ondersteuners het eerder vir die kameras gewaai wanneer hulle hulself op die groot skerm sien.

Vanuit 'n tegniese rugby-perspektief was dit Dawid teen Goliat. Niemand het Agentenië 'n kans gegee om te wen nie, veral nie op Franse turf nie. Tog het Argentenië met 17-12 geseëvier in 'n rillerwedstryd. Selfs in 'n fisieke sport soos rugby, oorwin die hart soms brute krag.

Ek kon nie help om die situasie te vergelyk met 'n ander Dawid, die Afrikaner, nie, wat met sy tenger lyf staan teenoor die groot Goliat. Gelukkig kon ons vandag sien: die hart oorwin soms brute krag. En ons het baie hart! Ons het immers 'n deel van 'n wilde kontinent getem. Getalle en brute krag wen nie altyd nie. Jy beveg dit met hart!

фальш камин своими руками из гипсокартонаДанильченко Харьков

Soweto se naam moet verander

Ek wil baie graag sien dat 'n naamsverandering vir Soweto aangeroer word. Sover ek kan onthou, staan dit vir "South Western Townships" en tog blêr geen skaap iets hieroor nie?

 


Hoekom moet net Afrikaanse name verander? As 'n Suid Afrikaner, vind ek die verwysing na Township baie beledigend en ek wil graag hê Soweto se naam moet verander word na FW De Klerk City toe.

дитяч ігриАлександр Фильчаков

Afrikaners s? nee vir Pretoria, ja vir Tshwane

Afrikaners wil nie 'n Pretoria hê nie, want as hulle wou sou dit 'n blanke Afrikanerstad wees. Laas toe ek deur die middestad gery het, het dit my opgeval hoe onvanpas die Boer op sy perd in die pikswart middestad is. Dit het my ook opgeval hoe die Pretoriamiddestad straks ooreenkom met die oorblyfsels van die eens blanke Harare of Dar-es-salaam wat bloot herinner aan 'n tyd toe dinge anders was.

Die geskiedenis is geskryf in 1994 en ja, die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, het die droom geglo. Ek onthou nog hoe ek 'n alleenstem was in my finalejaarklas op Tuks. Ek onthou nog hoe ek met my plantkundeprof geargumenteer het. Dit het min of meer gegaan oor "jou pêrels vir die swyne gooi", ens. Die demokrasie werk mos maar so: die meerderheid se wil geld. Deur nou vir FW van verraad te beskuldig, is maar net suur druiwe. Ek het geweet die monster wat geskep is, gaan ons geskiedenis en baie van ons mense self verslind. My vraag is, hoekom het jy nie?

Wat beteken die naam Pretoria sonder sy oorspronklike inhoud? Die inhoud wat Afrikanertrots versinnebeeld het. 'n Boer op sy perd in die middestad omring deur 'n woelige Afrikaanse gemeenskap – die stadsaal, Transvaalse museum, 'n geskiedkundige Pretoriastasie met besonderse argitektuur, banke op elke hoek met Afrikaanse toonbankpersoneel, die reserwebank, die hoogs gesofistikeerde staatsteater waar opera en klassiekemusiekuitvoerings in deftige bekleding ondersteun  is, 'n wakende Uniegebou met 'n oorheersend Afrikaanse parlement, die AJO (Afrikaanse Jeugorganisasie)  met sy Anton Van Wouw-beelde by sy ingange om hulpbehoewende en jong Afrikaners in die algemeen, 'n tuiste in die stad te gee, die yslike groot NG Kerk-moedergemeente wat nog jongmense kon trek, Melrose-huis wat half vergete daar in die middestad soos 'n doemprofeet vir die Afrikaner tot herhinnering roep en dan die Heldeakker wat eens 'n plek van helde was, maar wat nou gestroop word van alles wat waardevol is en kort-kort aan die lot van hekse en ander vandale oorgelaat word.

Kortom, Pretoria het sy siel verloor; net die skelet bly oor. Daardie skelet het 'n nuwe naam – Tshwane. Selfs die juweel van Afrikaanse universiteite, Tuks – daar waar die ossewa in die glaskas onder die biblioteek ons aan ons wortels herinner het – het die ossewa stilweg verwyder om die skelet  Tshwane tot diens te wees. Soos die nuwe vlag by die Uniegebou hoort, so hoort die nuwe naam by die nuwe Pretoria.

Word wakker, kyk om julle. Pretoria ís Tshwane. Trouens, ek dink dis taamlik arrogant van 'n klein minderheidsgroepie om hulle wil op 'n oorweldigende meerderheid te wil afdwing. Wanneer laas het julle daar in die ooste van Pretoria  gaan besoek aflê in Mabopane, Shoshanguwe, Eersterus en Garankuwa.  Ek dink dis tydmors om vir 'n leë dop te probeer stry. Ek stel nie belang in die naam sonder sy inhoud nie. Soos 'n Springbokspan sonder Afrikaners, sonder 'n vlag, sonder 'n volkslied, sonder sy siel…

Dus vra jy my, sou ek sê Pretoria is klaar Tshwane, maar vra jy my of mens 'n keel moet opsit dan sou ek wou aanhaal: "Soet is die stryd van die stryder". Ek geniet dit om die vyand te treiter, want dit hou ons strydgees wakker. Die verset gaan dus oor die stryd self en nie oor die skelet van Pretoria  nie.

Die belangrikste vir my, vir die Afrikaner, is sy gees. As ons ons gees kan lewendig hou, kan ons weer voor begin, hier of elders of self later weer die name herstel – wie weet…?

костюмы для мальчиков в детский сад купитьtopcargo отзыв

Mugabe se Chinese kaart

‘n Vriend van Zimbabwe by name James Deale,  wat daar boer en van wie Mugabe twee plase gevat het sonder dat hy enige vergoeding ontvang het, deel my die volgende mee:

1.       Hy het van ‘n vriend verneem dat ‘n swart “boer” (wat ‘n staatsamptenaar is en in Harare bly en ‘n plaas gekry het by Mugabe)‘n splinternuwe trekker persent gekry het. Hy het na die swarte se plaas gery en die groen nuwe trekker daar sien staan. Op navraag is hy meegedeel dat die trekker van China afkomstig is.

    

2. ‘n Vriend het James meegedeel dat daar 200 soortgelyke trekkers in Harare in ‘n stoor staan, ook van China afkomstig.   James se mening is dat Mugabe kort voor die verkiesing die trekkers aan “Chiefs” in die stamgebiede gaan oorhandig met die doel dat sy onderdane sal sê: “Sien dit is wat Mugabe vir ons doen” en hulle kruisies op die regte plek trek.   Ek is van mening dat hy reg is maar dat Mugabe ook intimidasie sal gebruik om die verkiesing te wen, want die verkiesing gaan hy beslis wen, volgens James.    

3.       ‘n Kennis van James wat  voorsitter van die CFU (Commercial Farmers Union) van Zimbabwe is deur die IMF en die Wêreldbank (WB) na ‘n vergadering in Zimbabwe genooi waar hulle raad gevra het hoe Zimbabwe herstel kon word. Sekere voorstelle is gemaak en die IMF en Wêreldbank het dit aanvaar.   James se mening is dat Mugabe hom aan die voorstelle gaan afvee. Die een rede is dat dit die boere gaan bevoordeel en die ander is dat hy nie verleë is oor een van die twee instansies nie, omrede hy hom na China gaan wend. In laasgenoemde verband het hy het nie verniet by geleentheid gesê: “We must look to the East” nie.

My persoonlike ondervinding in Mosambiek, Malawi en Zambië is dat daar ’n opsigtelike Chinese teenwoordigheid is. Oral is vragmotors te siene met Chinese advertensies (in Chinees) op geverf.   In Zambië was hulle van plan om 75 000 bome (hardekool, mopane en ‘n ander mooi inheemse boom wat ek nie ken nie) in die Luangwavallei op te saag en uit te voer. ‘n Engelse bosbouer het dit egter gekeer. Dit net ter illustrasie van Chinese teenwoordigheid ook in die drie lande. In Suid-Afrika is Chinese winkels op menige klein dorpies te sien.  Verder is China  tans die grootste kopers van Suid-Afrikaanse wol volgens die landbou rubriek  “landboukorrels” op Radio Pretoria.

China is stil-stil besig met geweldige ekonomiese ekspansionisme wat kan uitloop op die ekonomiese “kolonisering” van Afrika.   As bogenoemde in aanmerking geneem word, is ek en my vriend James dit eens dat Mugabe die Weste in sy peetjie gaan stuur en hom tot China gaan wend. By die SAOG-beraad in Lusaka is Mugabe toegejuig en het hy en Mbeki hand om die blaas gestaan. Mbeki het ‘n positiewe verslag oor die vordering van sy versoeningsinisiatiewe in Zimbabwe gelewer. Hou in gedagte dat Mugabe Mbeki se leermeester was, na wat ek verneem. My mening is dat Mbeki presies dieselfde gaan doen, hy gaan net soos Mugabe die Chinese (of Oosterse) kaart speel en die Westerse lande in hul peetjie stuur en dan ‘n “Mugabe” op ons trek.

Aan die ander kant, indien die poging (hierbo genoem) van die  IMF en die WB om Zimbabwe onder die ekonomiese invloedsfeer van Big Brother (VSA en sy bondgenote) in te trek misluk, sal Big Brother, indien Suider-Afrika van strategiese belang vir hulle is, in hul strewe na wêreldoorheersing (op bevel van hul base), tot optrede in Zimbabwe  gedwing word.  Dit sal dus nie verbaas as Big Brother skielik ‘n belangstelling in die skending van menseregte in Zimbabwe openbaar en ‘n “Irak” op Mugabe trek nie.

запчасти для насосных станцийАлександр Фильчаков

Afrikaner kry verdiende loon

Ek volg nou al ‘n hele rukkie die briewe op Praag. Party mense is goed ingelig en ander verbasend naïef. Werner Pereira – tien uit tien vir jou brief. Hoe gouer ons besef dat die gemors waarin ons sit ons eie toedoen is – hoe beter. Net ons kan dit regstel. Nie die buiteland, die VN of Thabo Mbeki nie.

Ons moet ophou om jammer vir onsself te voel en ophou om te kapituleer. Daar woed reeds ‘n oorlog teen ons daarbuite, maar nog doen ons niks nie. Ek is bevrees die dag dat mense gaan wakkerskrik gaan dit  wees wanneer hulle man/ vrou en kind reeds doodgemaak is deur iemand wat nie ‘n snars omgee vir ‘n ander se lewe nie.

Ek is in my twintigerjare en het gelukkig nooit gestem vir die gemors waarin ons ons nou bevind nie – ons geslag sit egter met die probleme. Dis asof die meeste ouer mense nou maar net boedel oorgegee het. En as hy nog enigsins rugby kan kyk of ‘n bier by sy braaivleis kan geniet dan het hy nie ‘n saak nie. Die meeste kinders is onopgevoed, kry nie die regte leiding by hulle ouers nie en is – jammer om te sê – meestal slapgat, gee nie ‘n duiwel om vir naskoolse opleiding nie en is suiwer materieel ingestel. Baie van hulle is boonop ongeletterd en kan nie eens behoorlike Afrikaans praat of spel nie. Mens hoef net na Facebook te gaan kyk na al die Afrikaanse groepe wat gestig word – waar hulle luid hulle liefde vir Afrikaans verklaar as “dis ‘n amazing taal – Afrikaans rocks”. Ten minste is daar darem nog by hulle trots oor. Dan is daar ander wat ly aan ‘n ongelooflike hoeveelheid selfhaat en eiehandig meer doen om die Afrikaner se trots te vernietig as al die Engelse Suid-Afrikaners saam.

Dis die Afrikaners wat vertel hoe agtertangs sommige “Boere” en ander konserwatiewes nou eintlik is.  Daar is reeds twee groepe op Facebook wat sê dat Afrikaans ‘n “dying language” is – “let’s kill it” en waarop daar verskriklike haatspraak teen ons taal en kultuur voorkom. En dan is daar die groepe wat deur ongemanierde Afrikaners begin is waarop ander bevolkingsgroepe op so ‘n wyse verneder word dat dit baie meer van die mentaliteit en opvoedingsvlak van die kinders sê. Dit maak my skaam. Ons is nie boelies nie – ons veg regverdig en eerlik wanneer ons moet. Die Afrikaner vandag het egter in morele verval geraak wat heel moontlik die einde van ons sal beteken. Ouers, ek pleit by julle – leer jou kind om suiwer Afrikaans te praat – leer hom/haar trots vir sy/haar taal, leer hom/haar maniere, leer hom /haar om te lees en ‘n wyer belangstellingsveld as die televisie en Play Station op te bou.  Want wragtag – “My volk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis”.

одежда для яхтсменовtopcargo отзыв

Die Vrou het ‘n goue kalf geword

Vandag, Donderdag, kom die hele land weer tot stilstand en buig voor sy "goue kalf" – die VROU, die heilige wonderwese van die 21ste eeu . . . (of altans, so beleef mens dit gegewe al die publisiteit en bohaai daar rondom)!

Net vanoggend merk ’n manlike kollega heel onverwags op: ”Is dit net ek, of voel julle ook al tot oorlopens toe keelvol vir die oordonderende verering en lofbesinging van vroue weer deesdae op TV, radio en in die koerante – dis so blantant, dis letterlik om van siek te word?! Ek sien uit na die einde van Augustus dat mens net weer ’n slag kan asemhaal!”

Versigtig, om tog nou net nie weer gebrandmerk te word as patriargale chauviniste nie, het meeste mans sku instemmend geknik en enkele opmerkings gemaak hoe uiters irriterend hulle hierdie tyd van die jaar gewoonlik ervaar – die enigste goed daaruit, merk een op, is dat mans tot dusver genadiglik ook die vakansiedag gegun word; ons moet maar net hoop en bid dit bly so . . .
 
Meeste mans het geen probleem daarmee dat vroue gelyke geleenthede mag en behoort te geniet nie.   Die verre meerderheid sal ook duidelik te kenne gee dat hulle vrouemishandeling ten volle veroordeel, selfs al is aktivistegroepe dikwels eksklusief deur deelname van mans uit te sluit. Maar as mens bestekopname sou neem van al die geleenthede, voorregte, kompetisies, huldigings, fokusprogramme, ondersteuningsgroepe, ekonomiese voorkeurbemagtiging, lektuur eksklusief vir vroue, eksklusiewe gesondheidsorg en navorsing, wêreldbiddae, ens. wat vroue deesdae te beurt val, is dat baie duidelik dat ons onsself vandag midde-in die era van die VROU bevind.   

Hierdie opheffingaksies gaan dikwels hand-aan-hand met die verdagmakery, beswaddering en afkraak van die man se rol in die samelewing. Dit is ’n feit dat die wêreld en ook SA ’n geslagsrewolusie in die kleine beleef. Die man het op alle terreine vrye wild geraak waarop vrylik gejag mag word: sy ego, sy trots, sy manlikheid, sy rol in die samelewing; tewens, sy hele wese verkeer in die spervuur. In baie opsigte het hy verward geword – selfs sy jagterinstinkte wanneer dit kom by hofmakery word aan bande gelê deur uitgebreide teisteringwetgewing en dies meer – ‘n man moet baie mooi dink voor hy toenadering soek by ‘n aantreklike vrou by die werk (selfs al is beide ongetroud). Uit vrees vir beskuldigings van chauvinisme of patriargale varsigheid, bly hy maar eerder stil wanneer hierdie bombardement met genadelose reëlmaat op hom toesak vanuit gesins- en vrouetydskrifte, TV-programme en dies meer.

Wanneer mens na Vrouedag en al die bohaai daar rondom kyk vanuit ‘n man se oogpunt, voel hy soms gekul t.o.v. regverdige behandeling en erkenning. Hy vra homself vrae af soos:  dis baie goed dat daar soveel lawaai gemaak word omtrent geweld teenoor vroue, maar is dit nie ook 'n feit dat baie meer mans as vroue vermoor word in SA nie – waarom ook nie gelyke fokus op daardie gebied nie? Dis goed en wel dat vroue soveel opheffingsaksies beskore is, maar is dit nie 'n feit dat die oorgrote tronkbevolking uit mans bestaan nie – wat van verskerpte opheffingaksies op daardie gebied? Dis goed en wel dat aktivistegroepe soos paddastoele verrys het om vroulike verkragtingslagoffers by te staan met wetgewing en ondersteuning, maar waar is dieselfde groepe wanneer dit kom by waarskynlik baie meer mans in tronke wat verkrag en gesodomiseer word? Dis ’n feit dat mans korter lewe as vroue, waarom word daar dan teen mans gediskrimineer deur hul aftree-ouderdom later te hou as dié van vroue?     

Alhoewel daar geluide gemaak word dat wetgewing se definisie uitgebrei gaan word om gesodomiseerde mans ook in te sluit as verkragtingslagoffers, blyk dit asof hierdie jarelange gesloer daarmee geen erg het aan die lyding wat mans deurmaak in hierdie opsig nie – sou dieselfde gesloer geduld gewees het indien die aanpassing van hierdie wetgewing op vroue van toespassing sou wees? ‘n Man beskik oor geen seggenskap oor die lotsbepaling van sy kind indien die moeder sou besluit om die ongebore kind te aborteer nie – is sy ouerskapreg dus ondergeskik teenoor dié van die moeder dat selfs sy ernstige geloofsbesware geen gewig dra nie?

Nee wat, die man mag moontlik vanuit sy tradisionele rol as broodwinner nog die botoon voer in die ekonomie, maar dis besig om baie vinnig te verander/ Die gevaar is egter dat die opheffingpendule van die vrou sodanig verby gaan swaai, dat ons besig is om ‘n skeefgetrekte samelewingsorde op te rig – een wat selfs die potensiaal kan hê om spanning tussen die geslagte tot ongekende hoogtes te voer.

En noem my maar gerus ‘n chauvinis daarvoor dat ek vir ‘n slag in die bresse wil tree vir die man. Dis sterk te betwyfel dat enige hoofstroomkoerant hoegenaamd hierdie brief sal plaas, want dit pas doodgewoon net nie die hedendaagse de facto feministiese agenda nie – jammer, punt.

deposit freeпрокурор Фильчаков