Net één Afrikaanse koerantstem

Onder Vier Oë Saterdag met Nas­pers se voorsitter, Ton Vosloo, het betrekking.

Die eertydse koerantmaatskappy het werklik merkwaardig gegroei en ‘n mens kan maar net respek, selfs bewondering, hê vir die bestuurs- en sakevernuf waarmee Vosloo en sy kollegas die huidige “Naspers-wêreldryk” tot stand gebring het.

Sulke buitengewone materiële sukses kom meestal teen ‘n prys.

So byvoorbeeld vertel Vosloo met groot genoegdoening van Naspers se destydse stryd met en oorwinning oor die Perskor-groep en die daaropvolgende vernietiging van die Perskor-koerante.

Dit was ‘n verlies vir die land en in die besonder vir Afrikanerbelange, want die Afrikaanse koerantwese, en die verskeidenheid van insigte en menings wat voorheen daarin vervat was, het nou verskraal bloot tot die Naspers-monopolie.

In die praktyk word net één Afrikaanse koerantstem sedertdien en deesdae gehoor.

Naspers oefen dus uit hoofde van sy monopolie ‘n besonder groot invloed uit op Afrikaners se denke en politieke wil.

Kritici van Naspers beweer dat hierdie invloed en die mag wat dit verteenwoordig ongesond en buite verhouding groot is en dat, soos die spreekwoord sê: “Power corrupts and absolute power corrupts absolutely.”

Ondanks Naspers se protestasies oor sy integriteit en goeie bedoelings is daar volgens kritici uiteraard geen versekering dat insigte en praktyke (soos ‘n konformerende uniforme redaksionele beleid) wat kommersieel so goed werk vir Naspers noodwendig ook so goed is en was vir die land en veral vir die oorlewing van ‘n bedreigde Afrikanervolk wat deur hierdie koerante bedien word nie.

Of die kritici reg is en of Naspers se resep in die belang van die land in die algemeen en Afrikaners in die besonder is, sal net die tyd leer.

Фильчаков прокуратура харьков

Baie praatjies, al hoe meer gaatjies

Na 18 jaar van ANC regering moet elke burger van Suid Afrika nou al besef dat die ANC onbevoeg is om ‘n land soos dié te regeer. Tyd om te erken dat daar verskillende rassegroepe is wat oor sterk patriotisme beskik. Tyd om konsekwent te besin wat die pad vorentoe vir al hierdie verskillende groepe inhou as daar nie nou met verantwoordelikheid daarna gekyk word nie.

Daar sal byvoorbeeld na koalisies gekyk moet word wat sê het in die bestuur van die land. Die burgers van die land kan net nie meer die onverantwoordelikheid van die ANC dra nie – te veel armoede,  te veel korrupsie, te veel vermorsing van fondse, te veel misdaad, te veel mense in poste wat nie die werk kan doen nie.

Kan ons van hierdie geleentheid gebruik maak om met deurdagte voorstelle te kom oor waarheen vorentoe?

Олександр Фільчаков прокурор

Die dae van die linkse kerkleier is getel

‘n Oorlog van woorde het uitgebreek tussen linkse kerkleiers en die ANC, slegs dae voor Mangaung. President Jacob Zumu het sy rug gekeer op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en Kairos Suidelike Afrika en homself gewend na ‘n meer konserwatiewe, Charismatiese en Pinkster-alliansie.

Zuma se geestelike verwantskap is tans met spirituele leiers wat weinig met die Struggle te make gehad het.

Gwede Mantashe het Dinsdag die plaaslike linkse geestelikes se besware teen Zuma se nuwe verbintenis afgemaak as “skelm”.

Vroeër het die Anglikaanse Aartsbiskop Thabo Makgoba, Bishop Joe Seoka van die SA Raad van Kerke, ds Moss Nthla van die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika en die Rev Edwin Arrison van Kairos SA ‘n lang brief aan Jacob Zuma gerig, waarin hulle waarsku dat die land by ‘n “krisispunt” is en neig na ‘n toestand van algehele “morele verval”.

Dié stap kom waarskynlik weens Brittanje se invloed wat kwyn in die ANC, aangesien die Anglikane al jare lank reeds die politieke voorhoede van Britse beheer in Suid-Afrika verteenwoodig.

“Sommige politieke leiers het hard gewerk en hul bes gedoen om die mense te dien, en hiervoor is ons dankbaar. Maar ons glo te veel is selfdienend en arrogant. Ons vra u: Het u nie verstaan ​​dat baie van u woorde en dade baie Suid-Afrikaners lei na sinisme en weg van hoop nie? En begryp ​​julle nie dat julle besig is om teen die loop van die geskiedenis te gaan nie, wat altyd die rigting van hoop vorder?” skryf die die vier geestelikes in hul brief aan die ANC-leier.

Hulle gaan voort om Marikana en De Doorns uit te sonder as die regering se “groot mislukkings”, ten spyte daarvan dat albei gebeure ‘n groter swart solidariteit help skep het en dus kwalik by swart inwoners as “mislukkings” geregistreer het.

Mantashe het in antwoord daarop gesê die godsdienstige leiers moet hul neuse uit die regering se sake hou. “ANC-lede gaan kerk toe, hulle is sosiale wesens, hulle is ekonomiese wesens, en hulle daar kan beïnvloed word,” het die ANC-sekretaris-generaal gesê.

Dat die vier nie meer skares trek by die kerke met hulle politiek nie, is gewis. Wat Mantashe betref het hulle ook nie meer ‘n linkse politieke platform danksy die ANC nie.

Dit ly geen twyfel dat, onder die leierskap van Jacob Zuma, daar ‘n verskuiwing na die Pinkster, Evangeliese, Charismatiese en Afrikakerke was nie. Dit is ‘n baie wye verskeidenheid van kerke, maar hulle word gekenmerk deur meer konserwatiewe lede, en baie van hulle val onder die alliansie waarby Ray McCauley betrokke is.

McCauley van Rema-kerk het gehelp om die Nasionale Godsdienstige Leiersforum op te rig kort nadat Zuma in 2009 verkies is.

Die meeste van hierdie lidmate is gekant teen die wettiging van aborsie en huwelike van dieselfde geslag . Die forum se hand is kort daarna versterk toe dit saamgesmelt het met die Nasionale Raad vir Intergeloofsleiers om die National Interfaith Council of South Africa, oftewel NICSA te vorm. Die organisasie sluit hoofstroom- en charismatiese kerke in, sowel as Afrika-inheemse kerke, asook die Joodse, Moslem, Pinkster-en Hindoe gelowe.

Die linkse kerke gelei deur die SARK, wat die ANC gehelp het om aan bewind te kom, en in solidariteit met die ANC onder Mbeki saamgewerk het, se invloed het drasties afgeneem onder Zuma, en daarmee saam nie alleen die Anglikane se posisie nie, maar ook die Katolieke s’n.

Biskop Desmond Tutu, die ontslape Biskop Trevor Huddleston en eerwaarde Frank Chikane was geestelikes wat hulself as aktiewe anti-apartheidsaktiviste onderskei het eerder as redders van sondaars en sieketroosters. Hulle kruistog teen die “sondige toestand” van apartheid is baie duidelik gedefinieer in ‘n Kairos Dokument van 1985, waarin die “politieke krisis in Suid-Afrika” behandel word.

Hierdie sogenaamde “krisis” is natuurlik van buite bestuur en befonds deur Neo-kolonialiste teen hoofsaaklik die Afrikaner.

Of die nuwe “krisis” wat die vier uitlig ewe gewild gaan wees, is te betwyfel. Die dae van die aktivistiese kerkleier is getel. Die verval wat hulle help skep het, is oral om ons, vir almal om te aanskou.

лобановский александр харьков

Die onstellende geheim van die Hoofregter

Die voormalige hoofregter se geheime bande met die SAKP is rede tot kommer, selfs nou na sy afsterwe.

Daar is iets diep ontstellends oor Suid-Afrika se veronderstelde demokrasie na die verklaring deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party dat die afgestorwe regter Arthur Chaskalson, voormalige hoofregter, en die voorsitter van die Grondwethof, “die SAKP by die KODESA-onderhandelinge in die vroeë 1990’s verteenwoordig het,” skryf Paul Trewhela op politicsweb.com.

Arthur Chaskalson was lid van die ondergrondse SAKP in die 1960’s, soos die SAKP ook verduidelik.

Die SAKP, soos die African National Congress en die Pan Africanist Congress, was toe ‘n onwettige politieke party. Openbare erkenning van ‘n mens se lidmaatskap op daardie tydstip, behalwe in uiterste omstandighede – soos in ‘n verklaring uit die beskuldigdebank na skuldigbevinding in die hof – was onmoontlik, gegewe die party se onwettige status.

Teen die tyd dat die KODESA-onderhandelinge oor Suid-Afrika se grondwetlike toekoms in die vroeë 1990’s besluit het, was die SAKP egter ‘n heeltemal wettige party.

Hoe eerlik was dit dan vir die SAKP gewees om in hierdie onderhandeling … ‘n versteekte kant te hê in die vorm van die agbare regter?

Hoe werk hierdie verborge politieke verhouding met die SAKP om die reputasie vir onafhanklikheid en regterlike integriteit waavoor Advokaat (later regter) Chaskalson geprys is, te regverdig?

Dit lei tot nog ‘n vraag: Hoeveel meer verborge hande het hierdie politieke party in Suid-Afrika se veronderstelde grondwetlike demokrasie? En wie is hulle?

En op watter maniere het so ‘n geheimsinnige, verborge, politieke verhouding die persoonlike belange van hierdie of daardie persoon, of die partybelange van die SAKP, eerder as die belang van die gemeenskap gedien?

Wie van die wit gesigte in die ANC kan vertrou word?

Dit is ‘n diep ontstellende erkenning van ‘n radikale gebrek aan eerlikheid. Het Regter Chaskalson die mense van Suid-Afrika so min vertrou, dat hy hulle nie kon vertel van sy klein geheimpie nie?

Watter soort demokrasie is dit dan?

Waarom, as dit ‘n ware grondwetlike demokrasie was, het die mense nie ‘n reg om te weet nie en moet dinge in die geheim gebeur?

Hoe vreemd, hoe sinister, dat die dood van Suid-Afrika se “regsreus” die grondwetlike proses openbaar vir die wyse waarop die publiek ‘n rat voor die oë gedraai is.

Данильченко

‘n Strategie met baie risiko vir Afrikaners

Die oorlog van woorde tussen die DA en ANC dreig om oor te spoel in iets meer onverkwikliks. Die DA het ‘n klag van aanhitsing tot geweld teen Cosatu se Wes-Kaapse sekretaris Tony Ehrenreich gelê, na die verspreiding van Nehawu se omstrede plakkaat, en die ANC het Zille aangekla dat sy geweld aanhits oor ‘n omstrede twiet van haar.

Dis die spreekwoordelike pot en ketel wat mekaar tans verwyt en dit lyk asof die onderskeie partye nie begryp dat hulle aanslag niks goeds inhou vir die gemeenskappe wat hulle dien nie. Veral nie die DA nie wat, soos dit nou blyk, graag op onbevestigde gerugte staatmaak.

Op 14 November het Zille getwiet “Verslae kom in dat ‘n boer gesterf het nadat hy aangerand is in Wellington. Ernstige risiko van vergelding. Zuma moet die SANW inbring”. Die “verslae” was toe nie korrek nie, maar dit het bygedra tot groeiende spanning tussen die wit boere en swart werkers.

Zille was al voorheen in die warm water omdat sy haar oorgretige twietvingers nie kan beheer nie. Die eerste keer oor die rassime wat swartes in Kaapstad ervaar en ‘n tweede keer oor haar uitlating dat Oos-Kapenaars “vlugtelinge” in die Wes-Kaap is. Dat sy hulle na die Wes-Kaap lok met huise en dienste, het haar natuurlik ontgaan.

Die ANC se provinsiale sekretaris Songezo Mjongile beweer dat boere op Facebook gemobiliseer het as ‘n gevolg van Zille se twiet, wat gelei het tot die aanranding van plaaswerkers.

Zille, wat klaarblyklik knaend aan die volgende publisiteitsfoefie dink en nie aan die gevolge nie, het aanklagte van aanhitsing teen Cosatu se provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich gebring, op die basis van ‘n plakkaat wat in en om Kaapstad vertoon is.

Die DA het ‘n deeglike toets van die egtheid van die plakkaat laat doen, omdat hulle gedurende die huidige arbeidsonrus ook uitgevang is dat hulle, benewens die dooie boer-gerug, op ‘n dokument staatgemaak het wat vals blyk te wees.

‘n ANC-pamflet wat voorgee dat werkers kontant vergoed word vir deelname aan protes, is deur die ANC veroordeel. Hulle beweer dat die DA dit self versprei het. Praag het ook so ‘n pamflet ontvang, maar dit nie gepubliseer nie.

Wat die plakkaat egter betref, staan Ehrenreich daarby: “Nehawu doen ‘n beroep op al die werkers in die provinsiale regering om hul afkeer te toon aan die apartheidstyl vervolging van professionele persone wat nie gesien word as DA-partyonderteuners nie. Tony Ehrenreich het Premier Helen Zille gewaarsku oor die naderende Marikana van die Wes-Kaap!!”

Aan die onderkant, in hoofletters: “Voel dit!! WES-KAAP Marikana is hier!”. Wat begin het as ‘n anti-ANC opstand in Marikana, het die ANC nou gerieflik in ‘n anti-wit veldtog omgeswaai, maar Zille hou vol om te maak asof sy nie wit is nie, maar nie-rassig.

Die ontevredenheid van Nehawu spruit uit 50 Nehawu-lede in die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling wat gedwing is om heraansoek te doen vir hul werk twee jaar nadat hulle aangestel is. “Ons het gesê, daar is geen manier dat jy eers twee jaar later mense kan vra om her-aansoek te doen vir hul werk nie.” Zille moet versigtig wees dat sy nie ware griewe miskyk wat berge van molshope raak in die huidige klimaat nie.

Die DA se Wes-Kaapse mediabestuurder, is Liza Albrecht, wat eiehandig daarvoor gesorg het dat Rapport se sirkulasiesyfers na benede tuimel tydens haar kortsondige redakteurskap van die koerant. Sy het gereageer met die niksseggende stelling dat “die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling die herstrukturering en die modernisering van sy organogram bekyk om die beste diens aan die publiek te lewer”.

Jan-Jan Joubert berig vandag in Beeld dat die ANC se voorsitter in Noordwes ‘n skietaanval oorleef het. Volgens mnr. Chris Hattingh, DA-leier in dié provinsie, is skote op Kabelo Mataboge se kar geskiet. Hy is glo nie beseer nie.

Die ANC in Noordwes is verdeel tussen ondersteuners van Zuma en ‘n groepering wat as die “Forces of Change” bekend staan. Hulle beywer hulle vir ‘n verandering in die nasionale partyleierskap.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, sal vandag ingryp om eenheid te probeer bewerkstellig omdat daar twee afsonderlike benoemingskonferensies – een in Mahikeng en een in Hartbeespoort – gehou gaan word.

Dit klink alles gaaf om die ANC te verdeel, maar die hele oefening hou die hoë risiko in dat die heersende orde dit as ‘n wit aanslag deur die DA gaan sien, aangesien Zille nie op swart steun kan staatmaak nie en sy hardnekkig weier om dit te verreken. As die botsing tussen die boere en die swart stakers kom, gaan Zille waarskynlik lekker terugsit, apartheid veroordeel en ‘n bietjie terughunker na haar ANC-verlede.

Daarvoor sal sy die ruim ondersteuning van die hele Afrikaanse mediamonopolie asook die Engelstalige een ontvang.

Jan-Jan Joubert, die gay politieke redakteur van die Afrikaanse mediamonopolie, se lewensmaat werk boonop in Helen Zille se kantoor. Sy gretige verslag oor die skietery, laat dus ernstige vrae onstaan oor sy joernalistieke pligte en onafhanklikheid.

Om 18h00 gisteraand het die program Leihlola La Sechaba op SABC 2 weer die DA se manewales in Midvaal onder die loep geneem. Die Openbare Beskermer, Corrie Pypers, Kobus Hoffman, die twee fluitjieblasers het vertel hoe die DA veral swart inwoners uit hul huise probeer boender het. Na dese gaan die party se swart steun al hoe verder krimp.

Dit sal die DA se strategiese ontleders, wat kennelik nie ‘n versameling van breinchirurge verteenwoordig nie, deug om vir ‘n oomblik hulle riskante optrede ernstig te oorweeg. Afrikaners wat vir Zille stem, moet kennis neem daarvan dat sy nie verantwoordelikheid sal neem vir die polarisasie wat sy tans skep nie. Sy doen dit om Afrikaners uit te lewer aan haar swart kiesers, kiesers waarvan sy nog net kon droom.

 

 

 

Данильченко Юрий Брониславович

Die stadige opmars van die NWO

Daar is een rede vir militêre ingryping wat selde bespreek word, selfs in die alternatiewe media: Die private stelsel van sentrale banke. Ander redes wat gewoonlik gegee word sluit in groot olie-reserwes, oliepyplyne, opiumvelde, strategiese posisionering, kontrakte vir die verdedigingsindustrie en militêre-industriële kompleks, en les bes, strategiese grondstowwe.

Dit is ook waar dat beide skuld en die beheer van die munt een van die mees doeltreffende middele kan wees om ‘n hele bevolking sonder hul medewete, te oorheers. ‘n Voortdurende gejaag na finansiële vryheid met geen vermoë om skuld af te betaal en te spaar vir die toekoms nie, is een wyse om te verseker dat ‘n aansienlike meerderheid van die bevolking nie die middele, tyd of energie sal kan bymekaarskraap om weerstand te bied daarteen nie.

Dus, wanneer ‘n mens ‘n blik op die wêreldwye bankstelsel werp, en in die besonder die aantal lande met sentrale banke wat nie onder die invloed van Rothschild verkeer nie, sien ‘n mens duidelik ‘n monopolistiese stelsel wat vorm aanneem. Daarbenewens, wanneer ‘n mens van nader kyk na die lande met sentrale banke wat deur hul regerings beheer word, onafhanklik van Rothschild en groot finansierders, word dit nog duideliker dat die bestuur van ‘n eie, onafhanklike geldeenheid en sentrale bank, enige land op ‘n baie gevaarlike lys plaas.

Voor die Amerikaanse inval, was die Afghaanse geldeenheid reeds in wanorde gedompel. In terme van die sentrale bankwese, was dit ‘n goeie voorbeeld van wat om nie te doen met ‘n sentrale bank nie, selfs een wat deur ‘n regering beheer word.

In 2003 en 2004, is verskeie bankwette en regulasies in plek gestel. Die belangrikste daarvan was die Februarie 2004-wet bekend as die DAB, Die Afghanistan Bank.

Volgens die IMF se eie statistiek in 2008, was daar duidelik ‘n enorme vloei van kapitaal na groot private banke teenwoordig in die land wat die meeste van die banksake onderling onder mekaar verdeel het.

Die IMF-verslag verklaar “in Maart 2008, was die twee grootste binnelandse private banke verantwoordelik vir byna 50 persent van die totale bankstelsel se bates. Die gekombineerde lenings van hierdie twee banke was 70 persent van die totale kommersiële banklenings.”

Onder die afdeling getiteld “Basiese take van DAB,” verklaar die bank wat sy pligte is. Nêrens is daar melding van toesig deur die Afghaanse regering nie, maar wel dat private ondernemings “die monetêre beleid van Afghanistan sal formuleer en uitvoer”.

Irak is nog ‘n geval waar die privatisering van die sentrale bank aangevoer kan word as ‘n belangrike faktor in die besluit om die land in te val. Dit was nog ‘n voorbeeld van land met ‘n swak sentrale bankstelsel voor die inval.

Alhoewel Sadam Hussein direkte beheer van die semi-sentrale bankstelsel aanvaar het, was die bankstelsel nie geprivatiseer nie. Trouens, daar was baie min private banke wat in Irak bedryf is tot op die punt van die Amerikaanse inval in 2003.

Vanaf die begin van die inval, was dit duidelik dat die vorming van ‘n geprivatiseerde sentrale bank vir Irak ‘n groot doelwit van die Verenigde State en sy “Koalisie van Gewilliges” was.

Die nuwe Sentrale Bank van Irak, nou bekend as die Handelsbank van Irak, is volledig gemoderniseer en so vroeg as 2003 geprivatiseer. Anders as die privatisering van die Afghaanse banke, is dit openlik aangekondig dat niemand anders nie as JP Morgan gekies is deur die Koalisie se Voorlopige Owerheid om die nuwe bank te lei.

Dit is ook bekend dat JP Morgan ‘n direkte verhouding met die Rothschild-bankdinastie vertroetel, ‘n tendens wat te siene is in feitlik elke sentrale en groot bank op die planeet.

Tog, as die ontwikkeling van ‘n Irakse sentrale bank nog voor die bomme klaar gereën het, ‘n bietjie voortydig lyk, oorweeg die geval van Libië, wat die skepping van ‘n nuwe sentrale bank van Libië aangekondig het voordat buitelandse magte ooit betrokke geraak het.

Die hele NAVO-ekspedisie is natuurlik moontlik gemaak deur die feit dat Libië ‘n sentrale bank gehad het wat heeltemal in staatsbesit was. Libië het sy eie geld, die Dinar, geskep deur sy sentrale bank gehad. In teenstelling met lande soos die Verenigde State, was die Libiese uitreiking van die geldeenheid ‘n regeringsaangeleentheid.

Daarbenewens, volgens Patrick Henningsen van Market Oracle, 28 Maart 2011, “hou Libië ook meer goud as ‘n persentasie van die bruto binnelandse produk as enige ander land behalwe Libanon, volgens die Londense World Gold Council se Januarie-data van die Internasionale Monetêre Fonds.”

In werklikheid, was Gaddafi se Dinar deur die land se groot goudreserwes ondersteun, dus ‘n groot bedreiging vir die wêreld van die private bankiers. Dit is egter na na die NAVO-geleide aanval gou reggestel.

Die Nasionale Oorgangsraad het voor die stof van die bomrommel nog gaan lê het, verklaar dat die “Sentrale Bank van Benghazi as ‘n monetêre bevoegde gesag die monetêre beleid van Libië sal bepaal en ‘n goewerneur by die Sentrale Bank van Libië sal aanstel, met ‘n tydelike hoofkwartier in Benghazi.”

Dit is ook opmerklik dat onmiddellik na die amptelike skepping van die nuwe bank, die pasgebore instelling ‘n olie-transaksie onderteken het met Qatar, ‘n Anglo-Amerikaanse kliëntstaat.

Verder, is die nuwe bank nie onderhewig aan die Libiese regering nie – waar een hoegenaamd  bestaan ​​of kan bestaan ​​in die toekoms – maar funksioneer onafhanklik “as ‘n monetêre bevoegde gesag in die monetêre beleid in Libië.”

Ongelukkig, wil die eienaars van die nuwe Sentrale Bank van Benghazi nie hulle name openbaar maak met ‘n amptelike aankondiging nie.

Met al die geopolitieke bekommernisse, is die Soedanese sesessie nog ‘n perfekte voorbeeld van Zbigniew Brzezinski se visie van “mikrostate en ministate” wat nie in staat is om die eise van die wêreld se groot moondhede te weerstaan nie.

Met Suid-Soedan nou ‘n afsonderlike en amptelik erkende land, het hy ten minste die vermoë om die olietoevoer na Soedan af te sluit as straf vir die weiering van Amerikaanse riglyne, en is dit nou ‘n realistiese opsie. Suid-Soedan is, in werklikheid, die streek van Soedan wat enorme oliereserwes hou.

Warren Coats, die senior beleidsadviseur by die Bank van Suid-Soedan in 2007, het in sy verslag geskryf, “‘n Monetêre beleidsraamwerk vir Soedan,” dat die huidige beleid van die Sentrale Bank van Soedan die beheer van die geldvoorraad is.

Een van die eerste stappe nadat Suid-Soedan afgestig het van Soedan en amptelik erken is deur die VN, was die stigting van ‘n private sentrale bank. Trouens, die Suid-Soedanese Grondwet self maak voorsiening vir die skepping van so ‘n instelling.

In die Grondwet van 2011, word die sentrale bank as ‘n privaatinstelling omskryf. Die dokument beweer dat die sentrale bank Die Bank van Suid-Soedan sal heet en dat dit ‘n “onafhanklike korporatiewe wettige entiteit” sal wees. Die bank sal verantwoordelik wees vir, onder andere, “formulering, uitvoering, en die implementering van monetêre beleid” asook “die uitreiking van ‘n geldeenheid”. Die bank het die “eksklusiewe reg om ‘n geldeenheid uit te reik” en het ‘n organisatoriese struktuur wat baie soortgelyk aan die Amerikaanse Federale Reserweraad is met ‘n Goewerneur en Raad van Direkteure aangestel deur die voorsitter.

Die beleërde volk Sirië is een van die laaste lande wat oorbly in die wêreld wat ‘n sentrale bank in regeringsbesit het.

Die Siriese bankstelsel bestaan ​​hoofsaaklik uit vier staatsbanke en veertien private banke, meestal buitelandse banke vir die verskaffing van dienste aan die privaatsektor in Sirië self. Vir ten minste veertig jaar, het die staat self ‘n totale monopolie op die Siriese bankstelsel gehandhaaf. Selfs toe die totale monopolie geëindig het, is dit nie geprivatiseer nie.

Iran is ook in die visier. In die meeste opgevoede kringe is dit algemene kennis dat Sirië ‘n voorspel na die groter doel van ‘n inval van Iran is. Iran se regering bedryf hulle sentrale bank.

Ten slotte, is dit interessant om daarop te let dat die model totalitêre staat Noord-Korea ook nie ‘n private sentrale bank het nie. Dus, Noord-Korea behou sy plek stewig op die lys van die regerings wat sal val, vervang, en uitgewis word in die nabye toekoms. Die geskiedenisboeke sal dit opteken, die stadige opmars van die Nuwe Wêreld Orde soos dit geleidelik geïmplementeer word.

Данильченко Харьков

Wat het geword van die KP-stemmers?

Die Konserwatiewe Party, of beter bekend as die KP, was sterk Konserwatief en Nasionalisities. Die party was vir meer as 12 jaar die amptelike opposisie in Suid-Afrika. Die KP-kiesers was van jou mees konserwatiewe en nasionalistiese kiesers. Wat het van hulle geword na 1994?

Die KP het in die 1987-verkiesing 574 502 stemme (26,6%) op hom verenig. In die 1989-verkiesing het hulle 680 131 (31,5%) stemme verwerf. Hulle het in 1992 -Referendum as die nee-stem 875 619 stemme (31,27%) verkry. As daar ooit ‘n verkiesing voor 1994 sou wees , het mense berig dat die KP die NP sou onsetel as die regerende Party.

Maar die vraag bly staan , wat het van hierdie amper 900 000 KP-kiesers geword? Die KP was pro-Afrikaner en tog was dit vir baie konserwatiewe Engelse ‘n politieke tuiste.

Sal hierdie eens trotse KP-kiesers weer vir ‘n soortgelyke party stem in die nuwe Suid-Afrika? Dit kan ‘n magbasis word in die Nuwe Suid-Afrikaanse Politiek en ‘n Party wat die belange van die Konserwatiewe en Nasionalistiese kieser sal beskerm.

лобановский харьков

Sekere lewensbeskouings kan misleiding wees

Ek het al dikwels gewonder waarom dit vir baie mense so belangrik is om te fokus op die najaag van daaglikse plesiere en om hul kortsigtige materiële behoeftes te bevredig en waarom hulle nie erns daarvan maak om meer uit te vind aangaande belangriker sake soos die moontlikheid van lewe na die dood, die aard van die Goddelike en wie ook al die meeste mag en invloed in die wêreld het nie. Is dit maar toevallig so, is dit deel van hulle sg. sondige natuur, of word dit waarin hulle belangstel en hul prioriteite grootliks beïnvloed deur ander mense? Waarom is dit so dat die meeste mense in ‘n spesifieke land min of meer dieselfde lewensbeskouing en godsdienstige idees het? Is dit moontlik dat daar selfs sekere magtige belangegroepe “agter die skerms” is wat doelbewus ander mense aanmoedig om sekere lewenswaardes te hê?

Vir duisende jare was daar in die meeste samelewings magtige mense wat daarna gestreef het om hul eie magsbasisse en rykdomme nog verder uit te brei – meesal ten koste van die welsyn van die meeste ander inwoners van daardie betrokke samelewings. Hulle het dikwels nie geskroom om allerlei immorele metodes te gebruik nie en het skaamteloos leuens vertel, baie mense benadeel en selfs oorloë begin ten einde hul doelwitte te bereik. Hul leuens en misleiding het soms gepaardgegaan met mooiklinkende woorde soos “verandering”, “demokrasie”, “vryheid”, “geregtigheid” en “gelyke regte”. Soms het hulle en hul ondersteuners gebruikgemaak van vreesaanjaende dogmas en leerstellings wat verwys het na God/gode wat diegene sal straf wat nié voldoende gehoorsaam is aan die veronderstelde God/gode se verteenwoordigers op aarde nie.

Baie magsugtige mense was en is nog steeds deeglik bewus daarvan dat die oorgrote meerderheid mense nog altyd onnadenkend sekere idees nagevolg het wat deur andere aan hulle opgedis is. Die meeste mense het ook nog altyd meer klem gelê op hul emosies i.p.v. rasionele denke. Daarom “voel” die meeste inwoners van ‘n demokrasie dat hulle darem op ‘n manier seggenskap het in die besluite van hul land se regering, juis omdat hulle kan deelneem aan verkiesings. In werklikheid bepaal die eienaars van die hoofstroommedia die uitslae van die verkiesings, omdat hulle so ‘n geweldige invloed het op die denke van die meeste stemgeregtigde mense – veral m.b.v. hul tydskrifte, koerante en beide nuuskommentaar en “vermaak” op die tv en radio.

Sommige idees is oënskynlik baie wonderlik en ondersteuners daarvan gee dikwels voor dat hulle die welsyn van andere probeer bevorder deur die navolging van daardie idees. Die langtermyn gevolge van die toepassing van sekere idees en ideologieë kan egter skrikwekkend wees en bevorder gewoonlik hoofsaaklik die belange van die magsugtige, super ryk mense. ‘n Goeie voorbeeld daarvan is die gedurige propagering van “demokratiese” regeringsvorms deur die Amerikaanse regerings as regverdiging vir hul aggressie teen oorwegend-Moslem lande in die Midde-Ooste. Nadat ontslae geraak is van die gewese vyandiggesinde regering, raak die Amerikaanse regering en media maatskappye toenemend betrokke in die land en indoktrineer hulle die plaaslike bevolking om politici te ondersteun wat meer geredelik die Amerikaanse maghebbers en eienaars van multinasionale maatskappye se belange sal bevorder.

Die meeste Suid-Afrikaners ondersteun Godsdienstige Fundamentalisme, terwyl ‘n groeiende minderheid Materialistiese Ateïsme ondersteun. Die gebruikmaak van hierdie twee lewensbeskouinge het al heelwat pyn en lyding in die wêreld veroorsaak – eersgenoemde het veral baie agteruitgang en oorloë veroorsaak in “godsdienstige” lande gedurende die Middeleeue, terwyl volgelinge van laasgenoemde, miljoene mense onderdruk en vermoor het in die ateïstiese diktature van die ou Sowjetunie, Noord-Korea en Rooi-Sjina. Godsdienstige Fundamentaliste glo in die bestaan van ‘n Persoonlike God en dat slegs sommige mense bestem is om eendag hemel toe te gaan, terwyl Materialistiese Ateïste glo in die onwerklikheid van enige God of Goddelike en dat daar geen “lewe na die dood” is nie. Daar is egter ‘n derde belangrike lewensbeskouing, nl. ‘n Nuwe Spirituele lewensbeskouing, waarvan die ondersteuners glo in reïnkarnasie/die verhuising van siele en die onpersoonlike aard van die Goddelike en waarvan ek ook ‘n ondersteuner is. Baie magtige mense se lewenswaardes, wat fokus op hulle en hul familie en vriende se selfverryking, is nader aan ‘n Materialisties-Ateïstiese lewensbeskouing as wat dit is aan óf Godsdienstige Fundamentalisme óf ‘n Nuwe Spirituele lewensbeskouing. Ek impliseer beslis nié hiermee dat alle Materialistiese Ateïste noodwendig selfsugtige mense is wat daarna streef om hulself te verryk ten koste van die welsyn van baie ander mense nie!

Godsdienstige idees aangaande ‘n Persoonlike God wat “omgee” vir Sy volgelinge omdat Hy kwansuis sorg dat hulle uiteindelik die ewige lewe sal beërwe, ontmoedig baie gelowiges om te fokus op die verbetering van lewensomstandighede in die “hierNOUmaals”. Aan die ander kant is godsdienstige dogmas soos bv. die erfsondeleer en bewerings oor die helse bestemming van halsstarrige “ongelowiges”, dikwels misbruik om baie mense in knegskap te hou. ‘n Gevoel van samehorigheid ontwikkel naderhand tussen gelowiges, terwyl daar ‘n al groterwordende kloof ontwikkel tussen aan die een kant die regeringsgesinde, godsdienstige meerderheid en aan die ander kant die ongelowiges wat weier om klakkeloos die godsdienstige idees en politieke beginsels van die breë gemeenskap te aanvaar. Goeie voorbeelde van oënskynlik “Christelike” lande waarbinne regerings eensgesindheid bevorder het deur gebruikmaking van godsdienstige idees, was Keiser Konstantyn wat Christelike dogmas aangaande die drie-enige aard van God misbruik het om die ou Romeinse Ryk te verenig en die ou Suid-Afrika waarbinne Calvinistiese lewenswaardes deur die meeste blanke Afrikaners nagevolg is. Daar was vir baie jare ‘n mate van eensgesindheid onder die meeste blanke Afrikaners, wat daartoe aanleiding gegee het dat hulle vervolgens organisasies soos o.a. die ou Nasionale Party en Afrikaanse Driesusterkerke ondersteun het. As gevolg daarvan het hulle die “ongelowige” ateïstiese kommuniste beskou as die nommer één vyand van die Christendom en van die Afrikanerdom.

Wanneer magtige belangegroepe egter besef dat sekere godsdienstige idees ‘n struikelblok word vir die verwesenliking van hul ideale, poog hulle derhalwe om ander lewenswaardes onder die massas te bevorder – waardes wat vir die belangegroepe uiteindelik meer voordelig sal wees. Sodoende kan selfs sekulêre humanisme en verbruikerisme voorgehou word as geldige plaasvervangende lewenswaardes vir uitgediende godsdienstige dogmas. Namate baie lede van die ou Afrikaner Broederbond begin afwyk het van die oorspronklike ideale van Afrikanernasionalisme en nouer begin saamwerk het met georganiseerde geldbelange, het baie ánder Afrikaners ook (toevallig?) wegbeweeg vanaf hul tradisionele Calvinistiese waardes en word daardie waardes vandag nog in toenemende mate vervang met die nuwe “gode” wat as’t ware die plek van Jesus ingeneem het – sport beheptheid en verbruikerisme. Die georganiseerde geldmag het jare gelede besef dat ‘n verenigde (Christelike) Afrikanervolk o.l.v. ‘n Verwoerdiaanse regering, ‘n struikelblok was vir hul planne om Suid-Afrika toenemend “leeg te suig” van soveel as moontlik minerale rykdomme. Baie hedendaagse “Afrikaanses” se omhelsing van selfgesentreerde “egoïstiese” materialisme en verbuikerisme, word dus verwelkom deur die Nuwe Suid-Afrika se eintlike maghebbers – die georganiseerde geldmag. Daardie Afrikaanses wat tot ‘n groot mate hul tradisionele Christelike waardes verruil het vir sport beheptheid en verbruikerisme, is ook nie oorywerig om die belange van die Afrikaanse gemeenskap of die van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap, te beskerm teen magsmisbruike nie.

Diegene wat nog altyd ‘n groot bedreiging vir die parasitiese belange van magtige belangegroepe ingehou het, was filosowe en denkers wat die geldigheid van Godsdienstige Fundamentalisme en die wenslikheid van verbruikerisme bevraagteken het. Hulle is dikwels as “ketters” gebrandmerk, gemarginaliseer en selfs op gewelddadige wyses vervolg. Magtige belangegroepe poog om uiteindelik ontslae te raak van onafhanklike denkers en van ‘n té groot middelklas. Die arm werkersklas word gedurig gesus en gepaai deur die leë beloftes van opswepers soos Julius Malema en organisasies soos COSATU en die SAKP wat hulself op die oog af beywer vir die welsyn van die meeste swartmense. Baie swartmense “voel” goed oor die onteiening van blanke boere se plase, maar hulle besef nie dat daardie selfde plase deur internasionale belange opgekoop kan word nadat dit verval het onder die nuwe “opkomende” swart boere nie. Die gevolglike wanadministrasie van die plase veroorsaak dus op die ou end moontlike voedseltekorte en die verdere verarming van die meeste swartmense, met die gepaardgaande verdere toename in rykdomme van internasionale maatskappye. Die vervalle plase kan ook moontlik genasionaliseer word deur ‘n toekomstige kommunistiese bewind wat ook korrupte marionette van die groot geldmag sal wees.

Sekere ideologieë, lewensbeskouinge, norme en waardes is dus handige hulpmiddels vir magsugtige opportuniste wat nie noodwendig self daardie idees ondersteun nie. Hulle bevorder dus sekere lewenswaardes onder hul onderdane en moedig hulle aan om teen “andersdenkendes” te diskrimineer. Die gewone “man op straat” polisieer dan naderhand sy medeburgers en diskrimineer teen sy eie andersdenkende familielede en werkskollegas. Vandaar die jarelange diskriminasie teen vrydenkers en ateïste in tradisionele “Christelike” lande en die hedendaagse optrede teen kunstenaars soos Zapiro wat die skynheiligheid van die “demokraties-verkose” leiers van die N(R)uwe Suid-Afrika probeer ontbloot.

Gedurende die ou Suid-Afrika is baie invloedryke lede van die Afrikaner Broederbond finansieel bevoordeel omdat die meeste blankes organisasies ondersteun het wat grootliks deur lede van die AB geïnfiltreer was, terwyl die hedendaagse maghebbers “agter” die ANC, kleinlike selfsug en verbruikerisme onder alle Suid-Afrikaners probeer bevorder. Dit is dan ook deel van lg. maghebbers se strategie om uiteindelik een reënboognasie te hê wat sal bestaan uit individue wat wegbeweeg het vanaf die tradisionele godsdienstige en kulturele waardes van hul voorouers en dit vervang het met selfgesentreerde materialisme. Mense wat sodanig fokus op selfverryking en hul daaglikse bekommernisse, is ook van staanspoor af minder gretig om eendragtig op te tree teen korrupte politici. Die meeste blankes word deur die hoofstroommedia geïndoktrineer om hierdie lewenshouding te aanvaar en dit weerhou hulle daarvan om gesamentlik passiewe weerstand te bied. Indien die meeste blankes egter sou besluit om sekere eise te stel aan die regering en te weier om verder belastinggelde te betaal alvorens voldoen is aan hul vereistes, kan die regering beslis nié almal van hulle gelyktydig tronk toe stuur nie! Die blankes lewer tans so ‘n groot bydrae tot die totale belastinggelde, dat die Suid-Afrikaanse regeringsleiers twee keer sal dink voor hulle sal weier om toe te gee aan die “melkkoeie” se vereistes.

Sommige elemente binne die georganiseerde geldmag strewe na die daarstel van ‘n eenwêreldorde waarbinne ‘n magtige, super ryk elite sal heers oor miljoene onderdrukte mense wie se lewensbeskouing sodanig van aard sal wees dat dit hoegenaamd geen bedreiging sal inhou vir die parasitiese belange van die elite nie. Daar sal dan ‘n toenemende “Donker Era” wees waartydens die meeste mense sal vergeet van ware spirituele norme en waardes. ‘n Suid-Afrika bestaande uit ‘n geldgierige elite wat heers oor ‘n arm en geïndoktrineerde bevolking, is dus ‘n wesenlike stap in hierdie rigting.

Indien ‘n redelike aantal mense egter sou besef wat aan die gang is en indien daardie mense sou besluit om iets te doen aan die skadelike invloede van die georganiseerde geldmag, kan hulle die nadelige lewensbeskouinge wat deur die groot geldmag gepopulariseer word, ontbloot en selfs vervang met ‘n meer Spirituele lewensbeskouing wat gebaseer is op die ideaal van die uiteindelike bevryding van alle mense en alle ander lewende wesens. In so ‘n geval sal die wêreld dan ook verder wegbeweeg vanaf ‘n moontlike onderdrukkende fascistiese eenwêreldorde en sal mense beter geleenthede hê om hul unieke spiritualiteit en skeppingsvermoëns meer doeltreffend te kan uitleef.

Данильченко Юрий прокурор

Noord-Kaap brand deur Siener voorspel?

Die brand wat duisende hektare in die Noord-Kaap verwoes het is moontlik amper honderd jaar gelede deur Siener van Rensburg voorspel.

Volgens oorlewering het hy kort voor sy dood gepraat van ‘n ontsaglike vuur by Andalusië, dit is in daardie tyd die Jan Kempdorp distrik gewees, wat die ergste brand sal wees wat die land nog gesien het.

Die brand, wat al volgens gerugte oor die 120 000 hektaar vernietig het, is in die omgewing van Koopmansfontein en Boetsap, reg langs Jan Kempdorp. Landbouweekblad beskryf die brand as “een van die ergste in mense heugenis”

Talle van die Siener-volgelinge het baie lank vermoed dat die wapen-opslag by Jan Kempdorp dalk kan ontplof en ‘n brand laat onstaan, maar met hierdie nuwe verwikkeling krap almal kop.

‘n Ander gesig wat onlangs dalk vervul is is die moeilikheid wat by die koppie naby Rustenburg ontstaan het (Marikana) wat ook voorspel was.

Daar is talle mense wat nie glo in Siener van Rensburg nie, maar indien hierdie “die grootste brand is wat die land nog gesien het” en dit minder as ‘n klipgooi van Jan Kempdorp is, kan mens nie help om te wonder of dit blote toeval is nie?

Лобановский Харьков

‘n Ontleding van geweld in die Wes-Kaap tot dusver

Donderdag was ‘n dag van effens minder geweld in die Wes-Kaap in ‘n week van deurlopende protes. Spanning het egter merkbaar toegeneem, sê ontleders op die grond. Die mees kommerwekkende is aanduidings dat die protes versprei na gebiede waar plaasarbeid geen kwessie is nie.

Die nuusmedia se tipering van geweld wat deur ontevrede plaaswerkers as steunwerwing aangewend word vir ‘n styging in die minimumloon tot R150 ‘n dag, is nie meer voldoende om die onrus in die Kaap te verduidelik nie. Donderdag, is groot druk in die gebied van die Overberg, van spesifiek Swellendam, ondervind waar die kwessies heeltemal verskil van De Doorns.

In Swellendam is bande aan die brand gesteek, rotse gegooi en winkels geplunder. Swellendam se munisipale sake kry nie aandag in die media buite die streek nie, maar dit blyk dat daar ‘n aaneenlopende sage onderliggend aan hierdie geweld is, met beskuldigings van korrupsie, wanadministrasie, en die onontkombare party-politiekery.

Tydens ‘n ondersoek deur die regering se Spesiale Ondersoekeenheid Eenheid is verskeie onreëlmatighede in die bedrywighede van die stadsraad geïdentifiseer waar “moontlike konflikte van belang en onregmatige sakebelange van nie minder nie as 61 lede van die personeel en die raad” te berde gebring is.

Tot en met Oktober, het die stadsraad bestaan ​​uit vier DA-raadslede en vier ANC-raadslede, met die balans in die guns van die DA weens ‘n koalisie met ‘n eensame ACDP-raadslid. Die ANC beweer dat hulle die raad beheer omdat die ACDP-raadslid oorgeloop het na die ANC.

‘n Hofstryd het gevolg, want die DA beweer dat die ANC-beheer onwettig is en ‘n hele klomp geld is al uitgegee om die saak te besleg. Dinsdag, het die appèlhof beslis dat die DA wettige beheer oor die stadsraad behou weens ‘n tegniese punt. Verslae dui daarop dat die Swellendam-onrus begin het kort daarna as ‘n gevolg van ontevredenheid met die hofbesluit.

Verslaggewers wat Donderdagnag by die ingang van Railton, ‘n informele nedersetting in Swellendam was, is aangeval tydens die spanning wat tussen die polisie en betogers opgevlam het.

Betogers wag vir sonsondergang ten einde hul aktiwiteite te eskaleer, want in die duisternis is dit moeilik vir die polisie om individue te identifiseer. Die gemeenskap is woedend en voel dat die DA die munisipaliteit onregmatig gekaap het.

Swellendam was nie die enigste dorp wat Donderdag met oproer te kampe gehad het wat niks met plaaswerkers se protes te make gehad het nie. In die kusdorp van Gansbaai, het 300 mense, werkers by die Atlantiese perlemoenplaas, opgeruk in protes teen lae lone. Hierdie werkers eis na bewering dat hul salarisse verdubbel word.

Elders in die provinsie, ten spyte van die regering se ooreenkoms, het baie plaaswerkers voortgegaan om weg te bly van die werk. Die Food and Allied Workers Union (Fawu) het gesê dat plaaswerkers is bang om terug te keer uit vrees dat hulle geviktimiseer sal word. In De Doorns staak die meerderheid werkers steeds.

Teen Donderdag was meer besonderhede oor die omstandighede van die dood van ‘n man in Wolseley Woensdag bekend. Die Cape Times berig dat Michael Daniels, 28, net op pad na die winkels was toe hy deur die polisie geskiet is. ‘n Plaaswerker het aan die koerant gesê dat ‘n senior vroulike polisiebeampte die bevel gegee het om “die goed vrek te skiet” in Afrikaans. Daar is nog onsekerheid oor of Daniels met rubberkoeëls of lewendige ammunisie geskiet is. Sy oom Dino Sass het aan die Daily Voice gesê: “Ek glo dat hy geskiet is met lewendige ammunisie – rubberkoeëls is nie veronderstel om mense dood te maak nie.”

Terwyl rubberkoeëls mense kan doodmaak – soos Ficksburg se inwoner Andries Tatane – lyk dit toenemend waarskynlik dat die polisie wel lewendige ammunisie op die Wolseley-skare gebruik het. Die Cape Times berig dat ‘n inwoner van die dorp gesê het dat die polisie se rubberkoeëls opgeraak het en die oproermakers het begin klippe gooi wat die gebruik van lewendige ammunisie genoodsaak het.

‘n Bron by ‘n Ceres-hospitaal het bevestig dat ‘n totaal van vyf mense behandel is Woensdag wat deur lewendige ammunisie getref is, insluitende een wat geskiet is in die bekken. Die dokter het egter gesê hy dra geen kennis oor die omstandighede van Daniels se dood nie.

Die Ceres-dokter het gesê die atmosfeer in die dorp bly gespanne, met padversperrings, maar slegs een persoon is met protes-verwante beserings in die hospitaal opgeneem. Die meerderheid van die inwoners met wonde van oproerammunisie het gesê hulle het nie mediese hulp gesoek nie, aangesien hulle arrestasie vrees.

Zille het in reaksie gesê sy is oortuig dat ‘n militêre teenwoordigheid sal lei tot ‘n afname in geweld. 

Zille sê dat haar grootste bekommernis is dat boere direk sal ingryp. Agri SA het intussen voorgestel dat boere direk met hul werkers oor lone onderhandel. Sy het aan die media gesê: “Dit is waarom ons permanent ‘n teenwoordigheid moet volhou, want dit sal help om wet en orde te herstel en om te verhoed dat mense die wet in eie hande neem.”

Of die teenwoordigheid van die SANW tot totale kalmte sal lei in ontstoke gemeenskappe is ‘n ope vraag. Dit mag die olie op die reeds brandende vuur word.

 

лобановский класс