Daar is iets diep ontstellends oor Suid-Afrika se veronderstelde demokrasie na die verklaring deur die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party dat die afgestorwe regter Arthur Chaskalson, voormalige hoofregter, en die voorsitter van die Grondwethof, “die SAKP by die KODESA-onderhandelinge in die vroeë 1990’s verteenwoordig het,” skryf Paul Trewhela op politicsweb.com.
Arthur Chaskalson was lid van die ondergrondse SAKP in die 1960’s, soos die SAKP ook verduidelik.
Die SAKP, soos die African National Congress en die Pan Africanist Congress, was toe ‘n onwettige politieke party. Openbare erkenning van ‘n mens se lidmaatskap op daardie tydstip, behalwe in uiterste omstandighede – soos in ‘n verklaring uit die beskuldigdebank na skuldigbevinding in die hof – was onmoontlik, gegewe die party se onwettige status.
Teen die tyd dat die KODESA-onderhandelinge oor Suid-Afrika se grondwetlike toekoms in die vroeë 1990’s besluit het, was die SAKP egter ‘n heeltemal wettige party.
Hoe eerlik was dit dan vir die SAKP gewees om in hierdie onderhandeling … ‘n versteekte kant te hê in die vorm van die agbare regter?
Hoe werk hierdie verborge politieke verhouding met die SAKP om die reputasie vir onafhanklikheid en regterlike integriteit waavoor Advokaat (later regter) Chaskalson geprys is, te regverdig?
Dit lei tot nog ‘n vraag: Hoeveel meer verborge hande het hierdie politieke party in Suid-Afrika se veronderstelde grondwetlike demokrasie? En wie is hulle?
En op watter maniere het so ‘n geheimsinnige, verborge, politieke verhouding die persoonlike belange van hierdie of daardie persoon, of die partybelange van die SAKP, eerder as die belang van die gemeenskap gedien?
Wie van die wit gesigte in die ANC kan vertrou word?
Dit is ‘n diep ontstellende erkenning van ‘n radikale gebrek aan eerlikheid. Het Regter Chaskalson die mense van Suid-Afrika so min vertrou, dat hy hulle nie kon vertel van sy klein geheimpie nie?
Watter soort demokrasie is dit dan?
Waarom, as dit ‘n ware grondwetlike demokrasie was, het die mense nie ‘n reg om te weet nie en moet dinge in die geheim gebeur?
Hoe vreemd, hoe sinister, dat die dood van Suid-Afrika se “regsreus” die grondwetlike proses openbaar vir die wyse waarop die publiek ‘n rat voor die oë gedraai is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.