Die dae van die linkse kerkleier is getel

‘n Oorlog van woorde het uitgebreek tussen linkse kerkleiers en die ANC, slegs dae voor Mangaung. President Jacob Zumu het sy rug gekeer op die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en Kairos Suidelike Afrika en homself gewend na ‘n meer konserwatiewe, Charismatiese en Pinkster-alliansie.

Zuma se geestelike verwantskap is tans met spirituele leiers wat weinig met die Struggle te make gehad het.

Gwede Mantashe het Dinsdag die plaaslike linkse geestelikes se besware teen Zuma se nuwe verbintenis afgemaak as “skelm”.

Vroeër het die Anglikaanse Aartsbiskop Thabo Makgoba, Bishop Joe Seoka van die SA Raad van Kerke, ds Moss Nthla van die Evangeliese Alliansie van Suid-Afrika en die Rev Edwin Arrison van Kairos SA ‘n lang brief aan Jacob Zuma gerig, waarin hulle waarsku dat die land by ‘n “krisispunt” is en neig na ‘n toestand van algehele “morele verval”.

Dié stap kom waarskynlik weens Brittanje se invloed wat kwyn in die ANC, aangesien die Anglikane al jare lank reeds die politieke voorhoede van Britse beheer in Suid-Afrika verteenwoodig.

“Sommige politieke leiers het hard gewerk en hul bes gedoen om die mense te dien, en hiervoor is ons dankbaar. Maar ons glo te veel is selfdienend en arrogant. Ons vra u: Het u nie verstaan ​​dat baie van u woorde en dade baie Suid-Afrikaners lei na sinisme en weg van hoop nie? En begryp ​​julle nie dat julle besig is om teen die loop van die geskiedenis te gaan nie, wat altyd die rigting van hoop vorder?” skryf die die vier geestelikes in hul brief aan die ANC-leier.

Hulle gaan voort om Marikana en De Doorns uit te sonder as die regering se “groot mislukkings”, ten spyte daarvan dat albei gebeure ‘n groter swart solidariteit help skep het en dus kwalik by swart inwoners as “mislukkings” geregistreer het.

Mantashe het in antwoord daarop gesê die godsdienstige leiers moet hul neuse uit die regering se sake hou. “ANC-lede gaan kerk toe, hulle is sosiale wesens, hulle is ekonomiese wesens, en hulle daar kan beïnvloed word,” het die ANC-sekretaris-generaal gesê.

Dat die vier nie meer skares trek by die kerke met hulle politiek nie, is gewis. Wat Mantashe betref het hulle ook nie meer ‘n linkse politieke platform danksy die ANC nie.

Dit ly geen twyfel dat, onder die leierskap van Jacob Zuma, daar ‘n verskuiwing na die Pinkster, Evangeliese, Charismatiese en Afrikakerke was nie. Dit is ‘n baie wye verskeidenheid van kerke, maar hulle word gekenmerk deur meer konserwatiewe lede, en baie van hulle val onder die alliansie waarby Ray McCauley betrokke is.

McCauley van Rema-kerk het gehelp om die Nasionale Godsdienstige Leiersforum op te rig kort nadat Zuma in 2009 verkies is.

Die meeste van hierdie lidmate is gekant teen die wettiging van aborsie en huwelike van dieselfde geslag . Die forum se hand is kort daarna versterk toe dit saamgesmelt het met die Nasionale Raad vir Intergeloofsleiers om die National Interfaith Council of South Africa, oftewel NICSA te vorm. Die organisasie sluit hoofstroom- en charismatiese kerke in, sowel as Afrika-inheemse kerke, asook die Joodse, Moslem, Pinkster-en Hindoe gelowe.

Die linkse kerke gelei deur die SARK, wat die ANC gehelp het om aan bewind te kom, en in solidariteit met die ANC onder Mbeki saamgewerk het, se invloed het drasties afgeneem onder Zuma, en daarmee saam nie alleen die Anglikane se posisie nie, maar ook die Katolieke s’n.

Biskop Desmond Tutu, die ontslape Biskop Trevor Huddleston en eerwaarde Frank Chikane was geestelikes wat hulself as aktiewe anti-apartheidsaktiviste onderskei het eerder as redders van sondaars en sieketroosters. Hulle kruistog teen die “sondige toestand” van apartheid is baie duidelik gedefinieer in ‘n Kairos Dokument van 1985, waarin die “politieke krisis in Suid-Afrika” behandel word.

Hierdie sogenaamde “krisis” is natuurlik van buite bestuur en befonds deur Neo-kolonialiste teen hoofsaaklik die Afrikaner.

Of die nuwe “krisis” wat die vier uitlig ewe gewild gaan wees, is te betwyfel. Die dae van die aktivistiese kerkleier is getel. Die verval wat hulle help skep het, is oral om ons, vir almal om te aanskou.

лобановский александр харьков

One thought on “Die dae van die linkse kerkleier is getel”

  1. Dit is nou Julie 2017. Het iets werklik al in die kerke of regering van SA verander? Is ons gemeenskappe intussen meer positief toebedeeld in geestelike welsyn, Volle Evangelie handel, wandel en dade, Christen onderrig, of in Chritstelike leefstyl ten bate van die Nuwe SA?

Maak 'n opvolg-bydrae