Drie alternatiewe sportnutsvoertuie

{jathumbnail off}

Met die plaaslike motormark wat so mededingend geraak het, is daar werklik hordes nuwe voertuie om vanuit te kies. Die gewildste gedeelte van die mark is sekerlik die sportnutsvoertuigsegment. Dit is nou die segment waarin voertuie soos die Audi Q5, BMW X3, Toyota Fortuner of Land Rover Discovery meeding.

Ons het drie sportnutsvoertuie gekies wat as alternatiewe tot laasgenoemde hoofstroomvoertuie beskou sou kon word, behalwe dan die Fortuner self wat as ‘n vierde keuse hier onder aangebied word.

GWM H5

GWM H5 2.0 D VGT 4×2  R249 990

Die prys van die H5-reeks is so ‘n klein trappie hoër gestel as die GWM Hover, maar vir baie min geld kry ‘n mens soveel meer as in die Hover. Die spesifikasielys van die H5 lees amper soos dié van ‘n ML of Land Cruiser. Die H5 het ‘n meer geronde neus en herinner nogal sterk aan die Mazda CX-7. Verder wil dit voorkom asof die H5 bietjie laer as die Hover is, maar dit is die agterste drukvlerkie op die Hover se dak wat die verskil maak. Binnelangs tref mens die grootste verskil aan. Daar is ‘n nuwe paneeluitleg met nuwe kontroles, ‘n raakskerminligtingstelsel, ‘n truratkamera wat duidelik aan die bestuurder toon wat agter hom aan die gebeur is wanneer hy agteruit ry. Die H5 is van hoek tot kant toegerus met leer. Sowel sagte kontroles vir die kantruite as die klimaatbeheer is standaardtoerusting.

Enjin

Die enjin is geheel en al nuut en ons toetsmotor het met die 2.0-liter- viersilinderturbodieseleenheid gespog. Die enjin ontwikkel 110Kw en 310 Nm se wringkrag. Die H5 4×2 is die intreemodel van die H5-reeks en is werklik ‘n verbetering op die Hover 4×2 wat deur ‘n 2,4-literpetrolenjin aangedryf is en slegs 93Kw en 195Nm kon ontwikkel. Die H5 se enjin is glad en die 6-spoedhandratkas is seepglad sonder fieterjasies. Krag is beskikbaar van ‘n baie lae toerebestek af en dit is net asof die voertuig nou baie meer selfvertroue het as die vorige Hover-modelle.

Gerief

Daar is meer as genoeg ruimte vir vyf volwassenes en begasie in die H5. Die rit geskied in die grootste gerief met leerbekleedsel vir die sitplekke en deurinsetsels asook die ratkierie. ABS-remme en lugsakke asook togbeheer en glybeheer is standaardtoerusting. Die voertuig se grondvryhoogte is 198mm, hoog genoeg om in die veld oor die meeste klippe te klim, maar tog gemaklik genoeg om in- en uitklim gerieflik te maak.

Op die pad

Die H5 is ‘n groot verbetering op die Hover. Die kwaliteit en bougehalte is beter, die verpakking is beter en die enjins is beter. Wat rygerief op die pad betref, het die H5 wel verbeter, maar die voertuig voel nog bakkie-agtig. Die rit is efens harder as wat ‘n mens van dié tipe voertuig sou verwag. Daar is wel bakrol, maar niks wat gevaarlik  voel nie. Die voertuig voel stabiel in die draaie en veral wanneer daar gerem word kan die gewig van die H5 gevoel word. Teen R249 990 is die GWM H5 2.0 D VGT beslis een van die bes bewaarde geheime in Suid Afrika.

Ons gee die GWM H5 2.0 D VGT 4×2 4 uit 5

Mitsubishi Pajero

Mitsubishi Pajero 3.2 Di-DC Sport GLS R435 900

Toyota het hulle Fortuner, wat ‘n waentjie van die Hilux is. Nissan het hulle Pathfinder wat ‘n toe weergawe van die Navara is en Ford het natuurlik die Everest wat op die vorige generasie Ranger geskoei is. En ja, Mitsubishi het die Pajero Sport, ‘n waentjie van die Mitsubishi Triton-bakkie.  Al die waentjieweergawes van die bogenoemde voertuie is juis net dít en in die meeste gevalle kan dit gevoel word wanneer een van die voertuie bestuur word. Die Pajero Sport is net soos al die ander waentjies – of sal ons sê, sportnutswaentjies – die “lite”-weergawe van die regte sportnutswaens soos die Pajero, Prado en Patrol. Laasgenoemde voertuie is van meet af aan ontwerp om luukse, groter sedanmotors met veldryvermoë te wees.

Die sogenaamde ligte veldvoertuie is nou weer klein kompakte luikrugmotors wat hoër op hulle aste staan en byna geen veldryvermoë het nie. Dit is natuurlik voertuie soos die Hyundai iX35, Kia Sportage en VW Tiguan. Die “ligte” sportnutsvoertuie, dit is nou die dubbelkajuitbakkies wat waentjies geword het, val so tussen die twee groepe. Hulle is groter as die ligte sportnutse, maar kleiner as die groot sportnutse; tog luuks soos beide die klein en groot boeties, maar anders. Dié klas voertuie laat my onwillekeurig dink aan die jare negentig se Nissan Sani-ombouings: Dit is eintlik presies wat dit is: ombouings van bakkies.

Enjin

Ons het die handratweergawe van die Pajero Sport bestuur. Die enjin is dieselfde 3,2-literdieselenjin wat in die Triton gebruik word. Hier ontwikkel die eenheid net 120Kw teenoor die 118 van die Triton. Trouens die enjin word ook in die groot Pajero ingespan, maar daar stoot hy 140K uit. Wringkrag is ‘n indrukwekkende 343Nm en ons toetsvoertuig was die handratweergawe met vyf ratte vorentoe. Die Pajero is ook vierwielaangedrewe met ‘n laebestekratkas en ewenaarslot, dus kan die Mitshi maar in die veld gaan ry. Aangesien hierdie ‘n gesinsvoertuig is, sou ‘n mens dink dat hy gemaklik sal kan toer. Dit is wel die geval, maar om eers op spoed te kom, vereis nogal geduld. Togsnelhede van 140km/u kan maklik gehandhaaf word en enige lae spoed, veral in die wildtuin waar die dieselenjin net sal luier, kan gemaklik gehandhaaf word.

Op die pad

Die Pajero Sport ry heelwat sagter as die Triton, maar jy is die heeltyd bewus dat jy ‘n bakkie/stasiewa ry. Die gevoel wat die onderstel en die stuur aan jou gee, is net nie dieselfde as in die regte Pajero nie. Die voertuig is luuks met sewe sitplekke en van hoek tot kant met leer bedek. Daar is ABS en lugsakke vir veiligheid, sleutellose toegang, outomatiese ligte en ruitveërs. Die agterste kantruite en agterruit is van donker glas wat nie net die insittendes beskerm teen skerp sonlig nie, maar ook teen dwalende oë. Daar is parkeersensors en misligte voor en agter, dus is hy beslis luuks.

Teen R435 900 kry ‘n mens nogal baie motor vir jou geld. Veral as jy dink dat die Pajero “Light” alles bied wat jy in die groot Pajero kry, behalwe die ritgehalte, teen bykans  R200 000 minder.

Gemeet teen die Fortuner 3.0 D-4D 4×4 teen R448 600, Everest 3.0 TDci LTD 4×4 teen R431 740 en Pathfinder 2.5 DCi LE teen R519 925, is die Pajero Sport beslis ‘n tweede kykie werd. Hy bied alles wat enige van bogenoemdes bied en is betroubaar, onses insiens baie mooier as enige van die ander ook.

Ons gee die Mitsubishi Pajero 3.2 Di-DC Sport 3 uit 5

Jeep Grand Cherokee Overland

Jeep Grand Cherokee CRD Overland

Nee kyk, Jeep is nou regtig besig om vinnig harte te steel met die nuwe Grand Cherokee. Ons het so pas die splinternuwe dieselweergawe van die groot Jeep onder hande gehad.

Soos sy petrolaangedrewe boeties is die CRD, soos hy bekendstaan, ewe hardebaard, net so mooi en nou sommer heelwat meer ekonomies ook. Ons toetsmotor was die Overland-spesifikasie wat die luukser weergawe van die Limited is. Die gewone Limited is al klaar vol luukshede wat jou alledaagse lewe sommer baie makliker maak. In die Overland kry die Jeep benewens al sy standaardtoerusting wat enige van sy mededingers stof in die oë skop nog ‘n elektroniese luikdeur wat met ‘n knoppie oop en toe gemaak kan word, 20-duim- matafgewerke chroomallooivellings, Quadra Trac II viertrekstelsel met lugvering, ‘n skuifglasdak met dubbele panele, “Select terrain”-voertuigbeheerstelsel en Quadra-lift “smart beam”-hoofligte met hoë densiteit. Nie net is Nappa-leersitplekke wat ingeboude waaiers het nie, maar hulle kan sommer in die winter verhit ook. Verdere bykomstighede is ‘n leerbedekte paneelbord met handgestikte kante, regte olyfhoutinsetsels in die stuurwiel wat verhit kan word vir daardie koue wintersoggende, sleutellose toegang, ‘n Alpine Premium-klankstelsel met 500w-klankversterker, infrarooi- dubbele klimaatbeheer, voor- en agterste parkeergonsers, ‘n truratkamera, U-Connect vir jou bloutandselfoon, ingeboude hardeskyf en navigasiestelsel, ‘n aanpasbare togbeheerstelsel waar die voertuig voor jou se spoed gemonitor word en jou spoed daarby aanpas, blindekolmonitors met gonsers, agterste kruispad monitering en “Forward Collision Warning” wat ‘n ongeluk ‘n seemyl ver sien aankom en jou waarsku. Dit is werklik indrukwekkend.

Enjin

Die Grand Cherokee CRD word aangedryf deur ‘n 3,0-liter- V6-dieselenjin met reëlbare turboaanjaging wat 177Kw en 550Nm se wringkrag ontwikkel. Dit beteken dat jy tot 3,5 ton kan sleep. Koolstofsyfers word aangegee as 218g/km. Vir so ‘n groot en swaar voertuig is dit glad nie sleg nie. Brandstofverbruik, veral gesien in die lig van ons hemelhoë dieselpryse, is 8,3l/100km in die gekombineerde fase wat stads- en ooppadverkeer insluit. Dit gee die Jeep ‘n reikafstand van 1100 km… want sien die brandstoftenk is 93,5 liter groot, eina! Dan kan die diesel-Grand Cherokee jou by 100km/u binne 8 sekondes kry en sy asem sal eers by 210km/u opraak.

Gevolgtrekking

Na my mening kom die Jeep Grand Cherokee CRD Overland die naaste aan die koning van die groot sportnutsvoertuie, die Land Rover Discovery 4. As dit nie vir die Landie se sewe sitplekke en kantkameras was nie, sou ek beslis die Jeep bo hom verkies het.

Kyk ‘n mens na die prys vir al hierdie veldryvermoë en luuksheid, verwag jy dat die Jeep net soos die Discovery 3.0 V6 HSE R798 100 moet kos, of die Toyota Land Cruiser Prado R704 300 of selfs die Porsche Cayenne 3.0 Diesel R688 800. Nee, jy kan hierdie Jeep met alles waaroor ons hier berig het, koop teen R649 900.

Dit is bykans R90 000 goedkoper as die BMW X5 xDrive 3.0d, R162 000 goedkoper as die Mercedes ML 350 CDI, R25 000 goedkoper as selfs die VW Touareg 3.0 V6 TDI en dit is net die veel ouer en minder luukse Mitsubishi Pajero 3.2 Di-DC LWB  teen R633 900 wat die Jeep met R16 000 op die pryskaartjie troef.

Die Jeep Grand Cherokee CRD Overland verdien sy 5 uit 5.

Toyota Fortuner

Toyota Fortuner 2,5 D-4D Raised Body

Kyk net ‘n bietjie rondom jou as jy werk toe, skool toe, kerk toe of sommer net dam toe ry. Die kans dat jy iewers verby ‘n Toyota Fortuner gaan ry, is groter as om by ‘n minibustaxi verby te ry. Toyota se Fortuner is op die baie suksesvolle Hilux-bakkiereeks geskoei. Net soos Mitsubishi se Pajero Sport, Nissan se Pathfinder en Ford se Everest. Die Fortuner het sewe sitplekke, dieselfde hoog aangeskrewe dieselenjin en – glo dit of nie – hy het ‘n mooier pryskaartjie as die Hilux-bakkie.

Ons het die intreemodel uit die Fortuner-reeks, die 2,5D-4D nader bekyk. Hierdie voertuig is slegs beskikbaar in 4×2-aandrywing, maar Toyota noem hom dan ook die “Raised Body” want van buite gesien is hy net so hoog van die teer af as die 4×4-weergawes. Teen R332 000 is hierdie dan die goedkoopste manier om ‘n nuwe Fortuner in jou oprit te parkeer. Dit is R116 600 goedkoper as die volgende Fortuner, die 3,0D-4D 4×4 en R9 000 goedkoper as die Hilux 2,5D4D Dubbelkajuit 4×2 “Raised Body” teen R341 000. Dus, wat Toyotas betref, is hierdie Fortuner goeie waarde vir geld. Puik bougehalte en ‘n soliede veilige keuse wanneer na hierdie segment gekyk word.

Die binneruim is volgens Toyota in pas met die omgewing. ‘n Amper kakiekleur wat ons baie aan die Hoëveld se grasvlaktes herhinner, is aan die binnekant gebruik. Die baba-Fortuner het nou wel nie leersitplekke of selfs smukspieëls in die sonskerms nie, maar dubbele lugsakke, elektries beheerde kantruite en spieëls, lugversorging voor en aparte verstellings agter, ‘n klankstelsel van redelike gehalte, misligte voor en agter en sytrappe vir gemaklike toegang, is alles standaardtoerusting. Daar is ook ‘n agterste ewenaarslot vir daardie los klipperige grondpaaie.

Ons het die voortuig op ‘n 1000-kilometerrit van Pretoria na Marlothpark en terug geneem. Brandstofverbruik het ons aangeteken as 8,1 l/100km. Die ritgehalte is stukke beter as in die Hilux en die 2,5-dieselenjin voel net meer lewendig as die 3,0-literdiesel. Die enjin ontwikkel 106 KW en 343NM se wringkrag. Ons voertuig is vol gelaai met reistasse, yskaste en kos vir drie mense vir vyf dae. Ons kon gemaklik ons togspoed van 125km/u handhaaf en plek plek waar die pad en verkeer dit toegelaat het, is 140 km/u sonder moeite bereik. In Marloth het ons langs die rivier deur dongas en slote gaan ry met ses insittendes aan boord, baie gemaklik en sonder enige fieterjasies.

Ek wou glad nie van die Toyota Fortuner hou nie, juis omdat daar so baie op die pad is. Ek wou veral nie van die  oënskynlike “goedkoper” weergawe van die Fortuner hou nie, maar as ‘n motorjoernalis van byna 20 jaar met verskeie soortgelyke voertuie op my kerfstok, is hierdie Fortuner werklik ‘n goeie kopie.

Ons gee hom 5 uit 5.

лобановский александр игоревич харьков

Spieëltjie spieëltjie aan die wand… Lexus

{jathumbnail off}

Lexus is ‘n vervaardiger op sy eie. In die beginjare was hulle net opgekikkerde Toyota-modelle met hier en daar ‘n besonderse model. Vandag het Lexus ‘n hele reeks motors, party baie nuut en modern en ander so ‘n bietjie lank in die tand.  Alhoewel ‘n vervaardiger in sy eie reg, is Lexus nog steeds die luukser en – baie belangrik – duurder tweelingboetie van Toyota. In Suid-Afrika is daar nie regtig enige mededingers nie en Lexus probeer om die septer te swaai teen die drie Duitsers: Audi, BMW en Mercedes. Daar is ook nog Volvo. Alhoewel Sweeds, maar na ons mening is Volvo baie nader aan die drie Duitsers as Lexus — veral op die gebied van veiligheid, tegnologie en verrigting.

Ons het die voorreg gehad om twee Lexus-modelle te bestuur, die splinternuwe Lexus CT200h F-Sport en die IS350 SE.

Lexus CT200h F-Sport

Lexus CT200h F-Sport

Die intreevlak-Lexus is ‘n luikrug en ding mee teen motors soos die Audi A3, BMW 1-Reeks en, nogal insiggewend, Toyota se eie Prius- en Auris-hibriedemodelle. Die CT200h F-Sport is ‘n hibriede voertuig. Nou vra jy seker waar kom die A3 en 1-Reeks in? Wel, beide Audi en BMW bied dieselmodelle in hulle onderskeie motors en dan is albei weelde-aanbiedings wat juis Lexus-gebied is. Toyota se eie Auris en Prius is nou wel nie sulke weeldeklasmotors nie, maar bied presies dieselfde tegnologie as die CT200h F-Sport.

Enjin

Lexus is baie trots op die 1,8-liter- petrolaangedrewe eenheid wat gekoppel is aan ‘n elektriese motor. Beide die kragbronne lewer saam 73KW en 142NM; dit is net die verpakking van die bakwerk wat verskil tussen die drie nefies uit die ooste. Die ratkaste is identies, die verrigting is identies, die tegnologie is identies; dis bloot die prys wat verskil. Lexus gee die maksimumspoed aan as 180 km/u en 0-100km/u word binne 10,4 sekondes bereik. Alles gebeur in doodse stilte tot ongeveer 40km/u; dan neem die petrolenjin by die elektriese motor oor. Daar is verskillende modusse wat gekies kan word om die aandrywing interessanter te maak. Ons toetsmotor se F-Sport-pakket het dan soos die naam aandui ‘n sportmodus: die toereteller en instrumentepaneel se liggies verander na rooi in dié modus en die ratkas hou die ratte effens langer, die versneller se aanvoelbaarheid en reaksie is vinniger en die CT200h voel lewendiger al is dit net vir ‘n baie klein rukkie tot die realiteit van die 73 KW bereik word. Die A3 1.6 TDI Sportback lewer 77 KW en 250Nm, die 120d Sportline bied 135KW en 380Nm. Uitlaatgassyfers vir die CT200h is 94g/km, die A3 is 112g/km en die 120d se syfer 119g/km. Waar die Lexus se elektriese motor oorvat wanneer daar by ‘n verkeerslig stilgehou word, skakel die “Stop Start”-tegnologie van die twee Duitsers die dieselmeultjie af wanneer daar stilgehou word en weer binne millisekondes aan wanneer daar weggetrek word. Die uitlaatgassyfers is dus al drie onder die 120g/km-belastingkerf wat die motors uiters ekonomies maak.

Gerief

In luikrugmotors is daar normaalweg nie veel ruimte nie. Hulle is gewoonlik slegs voldoende vir korter afstande of stadsgebruik. In die CT200h is dit dieselfde storie; eintlik is die CT200h effens kleiner binne as die Prius en selfs die Auris. Wat die Duitsers aanbetref, is daar heelwat meer beenruimte agter as in die Lexus. Alles binne die CT200h vertoon luuks en sportief met duursame leer en aluminiuminsette om die sportiewe karakter te beklemtoon: daar is ‘n tru-ratkamera en kontroles op die stuur vir die radio en telefoon, asook ‘n ingeboude hardeskyf vir jou musiek. Hoe dit vergelyk met die Duitsers is miskien een area waar die Lexus die naaste aan sy mededingers kom. Laairuimte word erg beperk deur die batterystelsel wat onder die agterste vloer ingebou is; daar is regtig baie min pakplek in die CT200h.

Waarde

Sou ons van prys praat, is die CT200h ‘n ware Lexus. Ons toetsmotor, die CT200h F-Sport, verkoop teen R448 200, die Audi A3 1.6 TDI R288 000 en die BMW 120d Sportline teen R360 500. Tensy jy werklik ‘n baie groot Lexus-aanhanger is, is die Toyota Auris 1.8 XS HSD teen R299 600 of die Toyota Prius 1.8 Exclusive teen R389 600 al twee beter kopies met identiese tegnologie. Ons sou egter eerder R88 000 spaar en die BMW 120d aanskaf. Ons gee die Lexus CT200h F-Sport  2 uit 5.

Lexus IS350SE

Lexus IS350 SE

Net soos die CT200h, ding die IS350 mee in die luuksesegment C, dié keer in die kompaktesedansegment. Die IS-reeks is so pas opgekikker vir 2012 met nuwe stampers, ligte en enkele vernuwings aan die binneruim. Nou vertoon die IS varser en in die geval van die IS350 meer sportief as sy voorganger, maar dit sal ‘n kenner neem om die verskille op te merk.

Enjin

Ons toetsmotor is toegerus met Lexus se 3,5-liter- V6-kragbron wat 233KW lewer en 378Nm se wringkrag. Baie indrukwekkende syfers vir ‘n kompakte motor. Soos alle Lexus’e word die IS350 deur die agterwiele aangedryf. ‘n Ses-spoed- outomatiese ratkas met ‘n Sportmodus verplaas krag na die teerpad.

Verrigting

Ek was effens teleurgestel met die verrigting van die Lexus. Met kragleweringsyfers wat jou oë laat traan, voel die IS350 net te stadig, te ingeperk. Daar is geen ontploffing van krag soos jy in ‘n vergelykbare A4 3.0 TFSI of die BMW 335i of selfs die bedeesde C350 BlueEfficiency vind nie. Die motor is sterk en vinnig, maar nie naastenby op dieselfde speelveld as die drie Duitsers nie. Verrigtingsyfers van 230km/u en 5,6 sekondes van 0-100km/u is indrukwekkend, maar dit is die algehele gevoel onder jou sitvlak wat net nie dieselfde as die segmentleiers is nie.

Akkomodasie

Maak die deure oop en swart leer begroet jou met sagte aanrakingsknoppies vir omtrent enige iets wat verstel kan word. Toerusting is puik met ‘n indrukwekkende klankstelsel, outomatiese verstelling vir die sitplekke, kantspieëls en stuurkolom. Die raakskerm met ingeboude hardeskyf en navigasiestelsel is standaard. Daar is egter slegte nuus ook hier binne: die kontroles vir die kantruite en -spieëls is op die bestuurder se deur gemonteer, so teen ‘n skuins helling. Dit het die gebruik van alles net bemoeilik. Verder voel die deure se oop en toemaak net nie goed genoeg vir die prysklas nie. Wat ruimte betref, is die Lexus ongelukkig ook in groot geselskap en kon ek met my 1,85-lyf glad nie agter in die motor kom nie; die deuropening is te klein en sou daar ‘n man van 1,8 voor sit, sou ek nie plek vir my bene gehad het nie. Wat wel indrukwekkend is, is die bagasieruim. Vir ‘n kompakte motor het die IS350 nogal heelwat plek vir bagasie.

Prys

Teen R548 600 is die Lexus nie goedkoop nie. Sy mededingers in die segment, die Audi A4 3.0 TFSI Quattro (R504 000), die BMW 335i Sports (R547 190) en die Mercedes Benz C350 BlueEfficiency Avant-garde (R561 000), is almal duur, maar hulle het elkeen ‘n groter binneruim, baie beter ratkaste, beter verrigting en is tegnologies meer gevorderd. Lexus is op die regte pad met die IS350. Ons dink net dat die huidige IS-Reeks dalk ‘n totale vernuwing met ‘n groter bakwerk, meer spasie en beter ratkas moet kry. Na ons mening is die IS350 die swak skakel in die Lexus-ketting. Dalk sal die koms van Infinity die manne met die wit jasse by Toyota laat regop sit en besef dit is tyd vir ‘n nuwe IS.

Ons gee die Lexus IS350 SE 3 uit 5.

Фильчаков прокурор отзывы

Wes teen oos: Volkswagen Polo GT teen Toyota Yaris

{jathumbnail off}

Volkswagen Polo GTToyota Yaris

Die weste het in die afgelope 100 jaar die grootste bydrae tot ons motorwêreld gelewer. Mens dink maar net aan die Duitsers met al hulle groot vervaardigers soos Mercedes Benz, BMW, Audi, Volkswagen en Opel. Die ooste het so 50 jaar gelede besef dat indien hulle in die motorwêreld wou meeding, sou hulle produkte moet lewer wat die weste sou wou besit.  Toyota, Nissan, Mitsubishi, Mazda, Honda, Suzuki en Subaru is van die bekendste Japannese vervaardigers. Daar is heelwat meer vervaardigers uit Europa en die VSA wat die weste se vlag sou kon swaai, maar die Duitsers is die voorlopers. Uit die ooste is Suid-Korea vinnig besig om die Japannese in te haal en selfs verby te steek met gehalteprodukte soos Hyundai, Kia en Ssangyong. Indië en China staan ook op die drumpel van groot sukses met vervaardigers soos Mahindra, Tata en Maruti uit Indië en GWM, Cherry en FAW uit China.

Ons het besluit om twee klein motortjies wat hoofsaaklik vir stadsgebruik ontwerp is onder hande te neem. Uit die weste die VW Polo Vivo GT en uit die ooste Toyota se splinternuwe Yaris.

Stilering

Die VW Polo Vivo is deur VW behou as ‘n meer bekostigbare opsie vir Polo-aanhangers. Hoekom dan nie? Die bougehalte is puik, asook die ruimte vir dié soort motor. Daar is wel bietjie aan die binneruim geskaaf om ‘n varser, jonger voorkoms te skep met nuwe instrumentpanele en in die GT sportiewe sitplekke. Die Yaris is nou ook baie varser en heelwat meer volwasse as sy voorganger. Sowel die Polo as die Yaris is die vlagskipmodelle in hul onderskeie reekse en beide is 3-deur- sportgeoriënteerde modelle.

VW Polo-binneruimToyota Yaris binne

Binneruim

Met die 3-deurkonfigurasie is toegang tot die agtersitplekke vanselfsprekend moeiliker as in ‘n 5-deurvoertuig. Die Polo met sy hoër daklyn en groter deure het dit egter heelwat makliker gemaak om toegang te kry as die Yaris. Beenspasie agter in die Polo is ook baie beter as in die Yaris. Die Polo is ‘n paar mm langer as die Yaris. Die Polo is toegerus met sportsitplekke en instrumente wat rooi insetsels het, baie soos in die oorspronklike Golf GTi van die tagtigerjare. Die Yaris aan die ander kant is meer stylvol, vertoon meer konserwatief en meer volwasse. Beide die motors is toegerus met ‘n rits standaardtoerusting; die Yaris is wel so effens luukser met elektronies verstelbare kantspieëls terwyl die Polo stokkies het om die verstelling te doen. Veiligheid is ook puik en beide die motors het voorste en kantlugsakke, asook ABS-remme wat remdrukverspreiding insluit. Die Polo se binneruim voel net meer sportief as die Yaris s’n, maar die Yaris gee weer die meer moderne gevoel.

Kraglewering

Onder die enjinkap van die Polo is ‘n 1,6-literenjin wat 77 Kw. en 155 Nm ontwikkel. Die Yaris se 1,3-literenjin lewer 73 Kw, maar heelwat minder wringkrag met net 125 Nm. Brandstofverbruik is soos verwag in die stadsmotors baie goed met die Polo wat 6,1 l/100km verbruik en die Yaris 5,6l/100km. Die verbruik is dan vir alle praktiese redes baie na aan mekaar, maar jy het veel meer krag in die Polo met sy 1,6-litermeultjie. Uitlaatgasse is onderskeidelik 157g/km vir die Polo en 131g/km vir die Yaris. Ons kon die versnellingsyfers wat VW aangee van 10,6 sekondes van 0-100km/u oortref met ‘n syfer van 10,2 sekondes. Die Yaris het ons teen 12,01 gemeet wat effens stadiger is as die 11,7sekondes wat Toyota aangee. Beide die motors kan gemaklik teen 140km/u toer en maksimumsnelhede van 175km/u by die Yaris en 187 km/u by die Polo is maklik bereik.

Gevolgtrekking

Sou ons in die mark wees vir dié soort motor, sou enige van die twee ‘n puik kopie wees. Ons sal egter met ons eie swaar verdiende geld eerder die Polo Vivo GT aanskaf vanweë die meer krag, groter binneruim en sportiewe karakter. Die Polo is ook R24 000 ( R152 400) goedkoper as die kleiner Yaris teen R176 800. Ons gee die Polo 4 uit 5 en die Yaris 3 uit 5.

Александр Фильчаков Васильевич

Hyundai Elantra verdien Motor van die Jaar!

{jathumbnail off}

Hyundai Elantra

Eergisteraand is die Hyundai Elantra hier bo as Motor van die Jaar deur die land se motorjoernaliste by ‘n spoggeleentheid in Johannesburg aangewys. Soos die leser van ons padtoets sal kan sien, was dié toekenning welverdiend!

Produkte uit Suid-Korea was nog altyd ‘n groot probleem vir Japannese vervaardigers. Die tradisionele groot vervaardigers van elektroniese goedere soos Sony en National het jare lank die oorhand gehad waar dit by televisiestelle en rekenaars kom. Die afgelope 10 jaar of so het reuse soos LG en Samsung die mark begin oorheers. In die motorvervaardigingsektor het spelers soos Hyundai en Kia sowel as Ssangyong baie goeie produkte begin lewer. As ek so 20 jaar terugdink. het mense van “Jap scrap” gepraat as hulle van Japannese voertuie praat, maar vandag is Japannese produkte gesogte kwaliteitprodukte. Alhoewel dit die Koreane ongeveer tien jaar geneem het om die stigma van goedkoop swakgehaltevoertuie af te skud, word Hyundai en Kia vandag as van die grootste en beste vervaardigers in die wêreld gereken.

Ons het die geleentheid gekry om een van die Motor van die Jaar-finaliste uit die Hyundai-stal onder hande te neem. Ons toetsmotor was die Hyundai Elantra GLS 1.8 Outomaties. Die Elantra ding mee teen motors soos die Toyota Corolla, VW Jetta, Honda Civic en sy niggie, die Kia Cerato.

Voorkoms

Almal sal seker saamstem dat die Elantra een van die mooiste motors op die pad is; sy vloeiende lyne met die hoë skouers en kort voor- en agter-oorhange laat die motor vars en sportief vertoon. Die nuwe Elantra is heelwat groter en breër as sy voorganger. Ons het tydens ons toetstydperk die Elantra reg langs ‘n nuwe Sonata geparkeer en wat grootte aanbetref, is die Elantra slegs effe korter as die Sonata.

Ruimte

Van die 420-literbagasieruim tot die 842mm-beenruimte vir die agterste passasiers, troef die  Elantra die meeste van sy klasmaats. Daar is oorgenoeg sitplek vir vyf volwassenes in die motor en dan kan al vyf nog ‘n groot reistas ook saamneem. Kop- en skouerruimte is verbasend vir ‘n motor met so lae daklyn.

Hyundai Elantra binne

Binneruim

  

Die Elantra is in sy geheel ‘n nuwe ontwerp, dit geld vir die binneruim ook. Met vloeiende, swiepende lyne en gehalteplastiekinsetsels herinner die binneruim jou aan dié van die Sonata, maar ons insiens is die stowwe in die Elantra nie heeltemal in dieselfde klas as dié wat in die Sonata gebruik is nie. Ons toetsmotor was ook met materiaalsitplekke toegerus. Dus minder leer as in die Sonata, maar tog van ‘n hoë gehalte. Daar is genoeg armleunings en bêreplekkies vir al die los goedjies wat altyd in die motor kan rondlê. Die klankstelsel is ook puik en verder is die binneruim toegerus met alles wat ‘n mens in die klas verwag. Elektriese kantruite, outomatiese klimaatbeheer met aparte kontroles vir die bestuurder en die voorste passasier, die hoofligte gons en gaan ook self af wanneer die motor afgeskakel word. Die Elantra se binneruim is ‘n baie aangename plek, veral omdat die pad en windgeraas ook heel effektief gedemp word. Ons het ‘n paar keer gewonder hoekom iemand ‘n Sonata sou aanskaf as die Elantra werklik alles teen ‘n veel beter prys bied.

Verrigting

Met ons toetsmotor wat seepglad deur sy 6-spoedoutomatieseratkas gly, het ons die verrigtingsyfers wat Hyundai SA aangee gemaklik bereik. Die maksimumsnelheid van 202 km/u is sommer baie vinnig bereik en ons het ‘n versnellingstyd van 9,9 sekondes aangeteken wat vinniger is as die 10,2 sekondes wat Hyundai aangee. Brandstofverbruik het ons gemeet op ‘n indrukwekkende 8,1 l/100 km; dit het ekonomiese stadsverkeer sowel as togspoed op die ooppad ingesluit. Die uitlaatgassyfer word deur Hyundai as 169g/km aangegee wat die Elantra nogal groen ook maak – glad nie sleg na ons mening vir ‘n middelslaggesinsmotor nie. Die 1,8-literpetrolenjin lewer 110Kw en 178 Nm se wringkrag.

Gevolgtrekking

Met ‘n prys van R239 900 is die Elantra R43 000 goedkoper as die Honda Civic 1,8 Outomaties, R44 900 goedkoper as die Toyota Corolla 2,0 Outomaties en selfs R3600 goedkoper as die 1,6 Outomatiese Corolla. Ons het dit verwag, maar die Elantra het toe gisteraand die Motor van die Jaar-toekenning ontvang. Ons gee hom 5 uit 5.

Фильчаков прокурор

Langpad oor Askham

{jathumbnail off}

Jeep Cherokee CRD Limited

Die nuwe jaar het nogal met ‘n reis na die Kgalagadi-oorgrenspark afgeskop. Dit was die eerste keer dat ek die park sou besoek. My GPS het gesê die hek by Twee Rivieren is so 1050 km van Pretoria af.

Jeep het my verras met die Jeep Cherokee CRD Limited. Die voertuig ding mee in die kompakte sportnutsvoertuigsegment met ander motors soos die Hyundai iX35, Kia Sportage en Land Rover Freelander. Ek is nie ‘n groot voorstander van die ouer Amerikaanse motors nie en die Cherokee, alhoewel nie te lank op die plaaslike motormark nie, is al redelik lank verby sy vervaldatum. Vergelyk ‘n mens die Cherokee met sy mededingers, dan lyk en voel die voertuig oud. Ons leenvoertuig was vierwielaangedrewe met ‘n draaiskakelaar waarmee die aandrywing van hoëstrek na laestrek toe verander kan word.

Ons roete het ons vanaf Pretoria na Kuruman geneem, waar ons oujaarsaand oornag het. Net op ‘n ander noot: Dit is skrikwekkend om te sien in watter toestand ons nasionale paaie is. Veral die pad tussen Krugersdorp en Ventersdorp: die padwerke duur nou al vir meer as vyf jaar en steeds is daar dele waar ‘n mens heeltemal van die pad af moet ry om die gate mis te ry.

Ons Cherokee was vol gelaai met twee koelkaste vol kos, drie groot sakke met al ons klere, twee kratte vol droëkos en dan ‘n klomp noodtoerusting vir ‘n noodgeval. Die leenvoertuig was nie toegerus met ‘n sleepstang nie, dus moes alles agter die sitplekke gepak word. My verbasing was groot toe ons al die toerusting, voorraad en vier mense gerieflik in die Jeep gepak gekry het.

Ná Kuruman is ons die volgende dag deur Kathu na Vanzylsrus, ’n hele klomp harde grondpaaie met baie stof en los klippe en die voertuig het die stofpad sonder enige grille kaf gedraf. Ons oornagplek vir die eerste dag van die nuwe jaar was by Lochbroom-paradys in Askham, so 80km van Twee Rivieren af. Wat ‘n wonderlike plek in die middel van die Kalahari! Teen hierdie tyd het ons ook al bietjie die Januariehitte van die kontrei begin voel met die kwik wat net kort voor 40 grade bly hang het. Die Cherokee se lugversorging het behoorlik oortyd gewerk.

Op dag twee van 2012 is ons toe voort na die park, maar nie voor ons die linkeragterband met die volgroottenoodwiel moes vervang nie. Die klipperige pad het sy eerste tol geeis. Dit gedoen, het ons die stofpad na Twee rivieren aangepak. Die sand is so los dat jy skaars vinniger as 60km/u ry en dit met ‘n vierwielaangedrewe voertuig. Ons het besluit ons sal die pap band maar op Twee Rivieren laat regmaak. Dit was nog nie eers 10-uur daardie oggend nie, toe skuif die kwik verby die 40 grade en so het dit gebly tot aan die einde van ons drie dae lange kuier in die park. Een middag het dit selfs so hoog soos 45 grade opgeskiet.

Ons het beplan om drie aande in die park te oornag, twee aande in Twee Rivieren en een aand in Nossob. Tussenin sou ons die 50km/u-spoedperk moes handhaaf om alles te probeer sien wat ons kon. Ná ‘n baie vriendelike en doeltreffende verwelkoming by die park se ontvangs het ons die roete na Mata Mata geneem; met die plan om middagete daar te geniet en voor sononder weer terug te wees by Twee Rivieren.

Sommer vinnig hier by die kamp het ons ons eerste groot waarneming gehad; ‘n jagluiperdwyfie en drie welpies. Die kleintjies was al amper tieners en het ver van die ma af gelê. Sy het toe sy die motors sien een of ander geluid gemaak en binne sekondes toe was al drie die jongelinge by Ma onder die koelteboom, sommer hier reg langs die pad by die motor. Ons kon nie vir ‘n beter verwelkoming in die park gevra het nie.

Die dag verder het baie goed verloop met heelwat leeus en ‘n verskeidenheid bokke. Die pad Mata Mata toe is ongeveer 160km van redelike slegte grondpad. Met al die stilhou vir diere afneem,  spoedperk van 50km/u en die hongerpyne wat ons na ‘n piekniekplek laat soek het, het ons so 30 km voor Mata Mata maar besluit om om te draai. Daardie aand het ons heerlik gekuier in ‘n baie gerieflik chalet in die Twee Rivieren-kamp. Daar het selfs ‘n rooikat sommer hier langs ons huisie uit die bosse gehardloop toe daar ‘n motor verby ry.

Vroeg die volgende oggend is alles weer opgepak en ons het die sowat 170km na Nossob aangedurf. Weer was dit sommer vroeg-vroeg oor die 40 grade buite en diere was ook volop, baie leeus, jakkalse en roofvoëls. Kort-kort moes ons stop om van berghane tot aasvoëls af te neem. Ons middagete was weer soos gister by een van die doelgemaakte piekniekstilhouplekke. Dit is so snaaks: die piekniekplekke is op die pad sonder heinings en hekke en mens mag net daar uit die motor uitklim. Ek het nogal gewonder hoekom ‘n leeu jou nou juis by die piekniekplek sal uitlos, maar 100m verder in die pad sou opvreet.

Melkvlei was ons keuse vir middagete en ek het dan ook later eers die brief in Weg-tydskrif gesien waar ‘n leeu rustig onder die piekniektafel by Melkvlei skuil teen die son. Nossob se kamp is ook een van die nuutste kampe in die park. Weereens was ons verblyf vir die nag baie gerieflik, maar toe kom die slegte nuus. Daar is net elektrisiteit tot 10-uur in die aand. Wel, met die kwik op 42 grade en dít na sewe in die aand het ons nie baie uitgesien na die warm bedompige nag nie. Die chalet in Nossob het dakwaaiers gehad en soos die ontvangs ons meegedeel het, is die krag toe om 10-uur afgesit. Dit was regtig een van die ongemaklikste nagte van ons vakansie.

Die volgende oggend het ons vroeg opgestaan om bietjie die dierelewe by die watergat te gaan dophou. Al die kameras en verkykers is opgesaal en ons het voor vyf afgesit watergat toe, Ons was nogal teleurgesteld omdat ons geen diere daar gesien het nie. Tog het ons die heel tyd leeus daar hoor brul. Ons tweede laaste dag in die park het ons besluit om terug te ry Twee Rivieren toe, met ‘n alternatiewe roete wat weer aansluit by die Mata Mata-pad.

Die roete was baie stil wat ander voertuie aanbetref en dit was toe ook nie baie lank toe kom ons op vier jong leeuwyfies onder ‘n boom af. Hulle het sommer reg gelyk vir jag. By die aansluiting na Mata Mata wuif iemand van voor af ons tot stilstand en vertel toe dat daar twee luiperds net so ‘n paar kilometer vorentoe onder die bome lê. Baie opgewonde besluit ons toe om maar weer Mata Mata se kant toe te draai om die luiperds te gaan soek, want ons het tot dusver alles behalwe luiperds gesien. Ná so 30 km op die baie erge sinkplaatklip pad kom ons toe af op die luiperds, wat toe nie luiperds is nie, maar jagluiperds. Die arme goed het onder die koeltebome gelê en probeer om skuiling teen die skerp warm son te soek. Mens kon sommer sien hoe hulle koppe hang. Teen dié tyd was die kwik al weer hier by die 44 grade buite en die Chrokee se lugversorging het dit redelik gemaklik op 20 grade binne die kajuit gehou. Met bykans 1000 km wat ons grond- en stofpaaie gery het het daar niks, nie ‘n krieseltjie stof die binnekant van die Cherokee ingedring nie. Ons kon nie eens stof binne in die kajuit ruik nie.

Ons laaste nag in Twee Rivieren het ons heerlik in twee aangrensende, gemaklike chalets geslaap. Die aand langs die vleisbraaivuur het ek amper in die kole gespring toe ‘n lekker vet skerpioen oor my voet gehardloop het. Die wind het ons ou vuurtjie so plat gewaai en die donderwolke het baie onheilspellend gelyk, maar dit was heerlik om net te sit en ontspan.

Die volgende oggend het ons ná ‘n kort roetetjie afskeid geneem van die Kgalagadi-oorgrenspark en toe die pad Upington toe geneem. Die teerpad, wat in ‘n uitstekende toestand is, het weer hemels gevoel. Die geskud en gekap van die sinkplaatpad het my oor en oor laat dink dat ek nooit met my eie voertuig hier sal ry nie. Die Jeep Cherokee het weer soos ‘n nuwe voertuig geklink, met geen teken van ‘n gekap of geratel nie. Ek kon nie glo dat die Amerikaner hom so goed gedra het oor bykans 4000 km waarvan 1000 km sinkplaatsandpad was nie. Ons brandstofverbruik oor die afstand was 9,88 l/100km wat baie indrukwekkend is aangesien ons op heelwat plekke in laestrek gery het.

Teen R448 900 is die Jeep Cherokee CRD Limited nie goedkoop nie, maar baie indrukwekkend, veral gemeet teen sy mededingers wat nie die helfte van die toerusting het nie en ook nie oor die grondvryhoogte, vierwielvermoë of ruimte beskik nie.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Ford Focus 2.0 GDi Sport vs Peugeot 308 2.0 HDi Active

Ford Focus 2.0 GDi Sport

{jathumbnail off}Sou jy vandag in die mark wees vir ‘n middelslag luikrugmotor wat gerieflik is en darem ‘n bietjie bagasie ook kan saamdra, is jou keuse verstommend. Daar is van die Audi A3 tot die VW Golf 6 met groot name soos die BMW 1-reeks en Opel Astras tussenin ook beskikbaar. Ons het twee motors wat nie in dieselfde klas pas nie, maar tog presies in dieselfde prysklas meeding onder hande gehad. Die nuwe Ford Focus 2.0 GDi Sport,  die vlagskip van die Focus se petrolmodelle, met ‘n splinternuwe tegnologies gevorderde direkte petrolinspuiting 2.0-literenjin wat 125 Kw lewer. Die motor is groter, laer en breër as die uitgaande model; alles lyk sommer net meer doelgerig.

Ons ander motor was ook iets wat mense maklik miskyk wanneer daar na hierdie tipe motors gesoek word, naamlik die Peugeot 308 2.0 HDi Active.

Die Leeutjie lewer 110 Kw en 340Nm se wringkrag van sy direkte-inspuiting- dieselmeuletjie. Beide die motors is toegerus met 6-spoedhandratkaste en die CO2-uitlaatgasse is  onderskeidelik 149g/km vir die Focus en 129 g/km vir die Peugeot 308.

Van buite is die Focus werklik ‘n mooi motor met sagte lyne en heelwat groter as wat hy oorspronklik beoog was; dit lyk amper soos ‘n Mondeo met ‘n luikrug. Aan die ander kant vertoon die 308 weer klein en is sy lyne tipies Frans: sag en vriendelik, amper meer van ‘n vrou se motor. Binnelangs is die groot veskil dat dit juis die 308 is wat meer ruimte bied; daar is fisies meer kopruimte voor en agter as in die Focus. Die beenruimte agter is ook meer prakties in die 308, maar die bagasieruim in die Focus is so ‘n aks groter.

Peugeot 308 2.0 HDi Active

Toerustingvlakke in beide die motors is puik en daar is alles van outmatiese sitplekverstelling in die Focus tot sleutellose toegang. Die 308 se dieselenjin luier nou weer baie sagter as die Ford se petroleenheid. Rygerief is puik in beide die motors en soos ‘n mens van die Focus verwag, is sy onderstel baie meer dinamies as dié van die 308; die bestuurder is deel van die bestuurservaring. Die 308 is so effens sag, soos ‘n mens van die Franse verwag. Die groot verskil kom by die verrigting. Mens sou dink dat ‘n dieselvoertuig stadig sou wees, maar die 308 se syfers toon Peugeot aan as 205km/u met ‘n 0-100km/u-tyd van 9,5 sekondes. Die werklikheid is egter dat dit regtig baie vinniger voel as die syfers. En ons kon die 0-100km/u-tyd tot 8,6 sekondes beperk. Die Focus wat 15 Kw meer lewer, word ook op 8,5 sekondes aangegee en ons kon dit handhaaf. Die topspoed van 215km/h het net te ver gevoel en ons sou reken dit is nader aan die 200km/u-merk. As jy ‘n Ford-aanhanger is, is die Focus ‘n puik motor, maar vergeleke met die ander voertuie in sy klas sou ons ons geld eerder op die 308 uitgee. Die 308 is andersins tog bekend en goed aanmekaar gesit, asook baie ekonomies.

Ons gee die Focus 3 uit 5 en die Peugeot 4 uit 5Олександр Васильович Фільчаков

Nog ‘n motorallegaartjie

{jathumbnail off}

Nissan X-trail

Nissan X-Trail 2.0 dCi 4×4 LE

R436 900

Die Nissan X-Trail is seker een van mees gebalanseerde gesinsvoertuie wat ons nog bestuur het. Die motor is ruim, bougehalte is puik en die sagte swart leer dra tot die verfyndheid van die motor by. Slim laaie en sitplekkonfigurasie asook luukses soos elektries verstelbare sitplekke wat verhit kan word, ‘n navigasiestelsel en ingeboude hardeskyf met raakskermtegnologie. Ons toetsmotor was toegerus met ‘n 2.0-literturbodieselenjin wat 110 Kw en 320 Nm se wringkrag ontwikkel. Die seepgladde outomatiese ratkas tesame met die elektroniese vier-by-vierstelsel wat baie soos dié van die Land Rovers met die draai van ‘n knop die beste vastrap vir jou kies, werk uitstekend. Daar is ook opdraandwegtrekhulp en afdraandkloubeheer. Wat rygerief aanbetref, voel die X-Trail baie meer soos ‘n motor as ‘n sportnutsvoertuig. Ons gee die X-Trail beslis 5 uit 5.

Peugeot RCZ 2.0 Hdi

Peugeot RCZ 2.0 Hdi

R370 165

Soek jy iets anders, iets wat die koppe oral laat draai, nie te duur is nie, maar baie duur lyk, goeie werkverrigting bied en die beste van alles, baie suinig is met die voggies? Die Peugeot RCZ 2.0 HDi is dalk net die motor. Ons het hom vir ‘n paar dae onder hande geneem en was baie beïndruk. Oral waar ons met die motor gery het, wou mense weet of dit dalk ‘n Porsche of ‘n TT is, dan sien hulle dit is ‘n Peugeot en vra verbaas wat, ‘n Peugeot? Die 2-literturbodieselenjin ontwikkel 120 Kw en 340 Nm se wringkrag; dit gee die leeutjie nogal heelwat skop met sy asem wat eers by 220km/u sal opraak. Verbruik is slegs 5,3 l/100km en die beste van alles is: daar is vier sitplekke en ‘n reusebegasieruim wat twee groot reistasse plus ‘n smuktassie sal insluk. Kop- en skouerruimte binne is puik, asook die afwerking is puik. Ons gee hom 5 uit 5.

Toyota Fortuner 2.5 D-4D Raised Body

Toyota Fortuner 2.5 D-4D Raised Body

R325 500

Die Fortuner verkoop soos soetkoek; nou is daar ‘n meer bekostigbare weergawe met ‘n kleiner enjin. Die hele reeks het so ‘n regtrek gehad met nuwe sierroosters , asook voor- en agterligte. Ons het onverwags die intreevlak 2.5 D-4D met agterwielaandrywing gery. Die binneruim is bruin van kleur. Nie baie mooi nie maar aanvaarbare kwaliteit met 7 sitplekke. Dit is asof Toyota alles wat die Fortuner so ‘n gewilde voertuig gemaak het bietjie goedkoper probeer maak het en dit wys nogal. Die 2.5-turbodieseleenheid ontwikkel 106 Kw teenoor die 120 Kw van die 3 liter-turbodiesel. Wringkrag is identies aan dié van die 3-liter met 343 Nm. Daar is R70 000 verskil tussen die 2.5 en die 3 l , beide 4×2, chroomhandvatsels, leerafwerking, outomatiese lugversorging en ligte, togbeheer, donkerruite, Bluetooth vir die telefoon, parkeersensors en 6 luidsprekers. Wat rygerief betref, voel die Fortuner nog steeds soos ‘n bakkie. Dit verteenwoordig goeie waarde in die Toyota-konteks; tog is ons daarvan oortuig dat daar beter kopies by ander vervaardigers se sportnutsvoertuie bestaan. 3 uit 5.

Audi A6 3.0 TDI S-Tronic Quattro

Audi A6 3.0 TDI S-Tronic Quattro

R645 000

Audi het vroër vanjaar hulle splinternuwe A6 bekendgestel en ons kon vir enkele dae agter die stuur inskuif. Die motor was nog nie eers behoorlik by al die handelaars beskikbaar nie, toe word hy al genomineer vir Motor van die jaar 2012. Soos die BMW 530d in 2011 is dié ‘n ekslusiewe besigheidsklaskoets met van die mees gevorderde enjin- en ondersteltegnologie wat daar vandag beskikbaar is. Audi-aanhangers sal weet alles wat die Duitsers bou, is goed. Die nuwe A6 is groter dog ligter, kragtiger dog suiniger en as jy nie mooi kyk nie, kan jy maklik dink dit is ‘n A8 wat glad nie ‘n slegte gedagte is nie. Meer beenruimte, meer begasieruimte. Ons toetsmotor se 3l-turbodieseleenheid lewer 180 Kw en 500 Nm se wringkrag. Die Quattro-aandrywing sorg vir 0-100km/u in 6,1 sekondes en sy stoom word beperk tot 250km/h. Daarby teug die A6 slegs 5,9 l/100km, ongelooflik. Die binneruim is leer van hoek tot kant. Ons dink die Audi A6 3.0 TDI S-Tronic Quattro staan ‘n baie goeie kans om die 2012-Motor van die Jaar-titel in te palm. 5 uit 5.

данильченко юрий брониславович прокурор

‘n Motorallegaartjie met iets vir almal!

In Suid-Afrika is daar tans werklik baie verskillende tipes motors en net soveel verskillende modelle. Sou jy ‘n jong student of wyse ma of skoonma mobiel wil hou, is daar die Segment A-motortjies waaronder die Hyundai i10, Chevy Spark en Toyota Aygo. Soek jy iets vir die jong gesin, kan daar maklik na die Nissan Lavina of Toyota Verso gekyk word. Is jy ‘n middelklassalaristrekker met ‘n laerskoolgesin sou die VW Jetta of miskien die Toyota Corolla jou geval. Vir die meer statusbewuste ou wat baie waarde vir geld soek, sal die Hyundai Sonata of VW Passat presies aan jou behoeftes voldoen. Werk jy as ‘n professionele persoon met kinders in die hoërskool, mag die Mercedes C-klas of BMW 5-reeks jou beste opsie wees. Doen jy al die bogenoemde, beskik oor jou eie sakeonderneming en is suksevol, sal jy waarskynlik in die Audi A8, Jaguar XJ of dalk ‘n Range Rover belangstel.

{jathumbnail off}

Ons het deur die jaar ‘n paar motors in byna al hierdie sektore bestuur en wil graag ‘n paar punte uitlig oor waarvan ons gehou het. En dan is daar natuurlik ook die aspekte waarvan ons nie so baie gehou het nie. Ons indrukke begin by van die klein stadsmotortjies vir die nuwe intreders in die kopersmark. Alhoewel daar baie verskillende modelle van byna al die vervaardigers in hierdie segment beskikbaar is, het ons slegs enkeles onderhande gehad.

Toyota Aygo Wild

R122 500

Daar is twee modelle beskikbaar, die Fresh en die Wild in óf ‘n 3-deur- óf ‘n 5-deurweergawe. Wat enjins betref, word die Aygo aangedryf deur ‘n 1.0 liter, 3-silinderenjin. Kraglewering is 50KW met 93 Nm se wringkrag.  Daar is regtig nie veel pakplek nie en daar kan liefs vier pleks van vyf insittendes met gemak in die motortjie rondrits. Ons toetsmotor het die hoër Wild-spesifikasievlak gehad; dit sluit standaardtoerusting soos elektries beheerde ruite en lugversorging in. ABS-remme en lugsakke is insgelyks standaardtoerusting. Sover dit rygerief aangaan, is die motortjie verbasend gewillig op die gelyk paaie, maar bulte is ‘n ander storie. Die motortjie voel nie so modern soos sy mededingers nie. Dit is waarskynlik toe te skryf aan die ontwerp wat al ‘n hele paar jaar oud is. Die Peugeot 107 en Citroen C1 verteenwoordig presies dieselfde motor met ander kentekens, die resultaat van ‘n samewerkingsooreenkoms tussen Toyota en PSA. Ons gee die Aygo Wild 3 uit 5.

Renault Sandero 1.4 Ambiance

R104 900

Die Sandero is ‘n eg Suid-Afrikaanse motor, want hy word plaaslik vervaardig. Die motor lyk nou wel nie heeltemal so modern soos die Chevy Sparks of Kia Picanto’s nie, maar wat ruimte en waarde vir geld betref, is daar byna niks wat by hom kan kers vashou nie. Ons was nogal beïndruk met die bougehalte en ons toetsmotor se 1.4-literenjin het ook heel skaflike verrigting gehad. Daar is lugversorging, ‘n radio-en-cd-speler, kragstuur, ABS-remme en lugsakke. Die kantruite moet egter met slingers oop- en toegedraai word. My indruk was dat hierdie ‘n eerlike motor is. Mens voel nie dat jy te veel vir hom betaal nie, hy doen presies wat hy moet en daar is hope ruimte. Die Sandero 1.4 Ambiance is die intreevlak van die reeks, maar as ‘n Renault-eienaar gee die motor vir my ‘n egte Ranault-gevoel, al is hy in Oos-Europa ontwerp en ontwikkel. Die Sandero se direkte mededingers is die Ford Figo 1.4 Ambiente, Chery J1 1.3 TE en die Geely MK2 1.5 GL. Ná ‘n week agter die stuur, is die Sandero in hierdie gesleskap ‘n 4 uit 5!

Citroen C4 Grand Picasso

R254 900

Citroens was nog altyd een van daardie snaakse vervaardigers, mense hou of baie van hulle of glad nie van hulle nie. Dit is nie die tiepe voertuig wat jy as ‘n alternatief vir iets anders koop nie. As jy ‘n Citroen ry dan wou jy regtig van die begin af ‘n Citroen gehad het. As ‘n Renault Scenic eienaar was ek nogal opgewonde om die Citroen Grand Picasso te bestuur. Kan Citroen veeldoel gesinswaentjies bou soos Renault? Ek was baie verras met die Grand Picasso. Die motor doen alles baie goed, baie sag en regtig inoveerend. Groot glas oppervlaktes, baie bere plekkies en alles is prakties uiteen gelê. Boukwaliteit is besonders goed in ag genome die stories wat ons almal van Franse motors hoor. Die ander ding wat erg teen die Franse tel was die naverkope diens en pryse van onderdele. Plaaslik glo verbruikers daar is net Toyotas of enige iets wat van Dutsland af kom. As jy in die mark is vir ‘n ryding gaan kyk ernstig na die Grand Picasso. Daar is sewe sitplekke, hope veiligheids toerusting, n baie maklike navigasiestelsel en dan die andersheids waarvoor Citroen bekend is. Die sonskerms bo die voorruit kan byvoorbeeld agtertoe skuif om die glas oppervlak te vergroot. Die funksie is eenvoudig, maar dra by tot die ruim oop gevoel van die voertuig. Ons toets motor, die 1.6 Vti 120 het net 88Kw, maar dit is meer as genoeg om jou gemaklik in die stad en op die ooppad te laat toer. Hierdie is beslis die slimste van die drie susters. Ons gee hom 4 uit 5.

Nissan Qashqai 1.6 Acenta n-Tec

R260 000

Nissan het so ‘n paar jaar gelede ‘n herlewing ondergaan met die reeks motors wat as wêreldmotors bekend staan. Die Qashqai is volgens Nissan iets tussen ‘n kompakte luikrug wat met die VW Golf en Opel Astra meeding en ‘n kompakte veldnutsvoertuig soos die Hyundai iX35. Ons dink hy ding vierkantig mee met voertuie soos Daihatsu se Terios, Mahindra se Scorpio-waentjie en Toyota se Avanza. In hierdie gesleskap is die Qashqai beslis ons keuse. Hy is modern, sag op die oog en jy sit so ‘n aks hoër as in ‘n Golf. Bougehalte is uitstekend en daar is ook geen tekort aan veiligheidskenmerke nie. Ons toetsmotor was die 1.6 Acenta n-Tec weergawe. Nissan het die Qashqai bietjie opgekikker met mooi wiele en spesiale leer. Die 1.6 enjin het so bietjie lig in die broek gevoel met slegs 81Kw en 154Nm se wringkrag aan boord. Die motor is groter as wat hy lyk en die gewig kon gevoel word. Die rygerief op ‘n gelyk pad is uitstekend en daar kan gemaklik teen 130km/u gery word solank jy geen begasie of passiers hoef  saam te ry nie. Ons gee die Qashqai 3 uit 5.     

Peugeot 5008 1.6 THB Allure

R318 860

Nog een van die drie susters: hierdie keer is dit die mooi suster, Peugeot se 5008. Ons toetsmotor was die vlagskipmodel, die 1.6 THP Allure met outomatiese ratkas. Die motor is verbasend ruim met plek vir sewe insittendes en genoeg pakplek om alles waaraan jy kan dink saam te neem. Daar is alles van sonskerms in die kantruite tot twee 10-duim-DVD-skerms in die voorste kopstutte. Die hele binneruim is in swart leer uitgedos en daar is selfs ‘n skermpie voor die bestuurder wat die spoed en brandstofverbruik in die voorruit projekteer. Al die innoverende kenmerke wat die Picasso bied, plus ‘n turboaanjaer gekoppel aan ‘n 6-gang- outomatiese ratkas. Die groot glasdak wat oor die hele lengte van die motor strek, maak die binneruim ook baie lig. Met 115 Kw en 240Nm se wringkrag kan die 5008 baie onwettige snelhede haal en die feit dat jy ses passasiers en begasie saamry maak nie regtig ‘n verskil aan hoe die leeuwyfie haarself op die oop pad gedra nie. Vir seker een die die beste gesinswaentjies op die pad en die prys is ook heel aantreklik! Ons gee die 5008 5 uit 5!  

Toyota Verso 2.0 D-4D TX

R317 900

Soos met die Franse vervaardigers wat die minigesinswaentjies uitgedink het, is die Toyota Verso ook geskoei op die betroubare sedan in hulle modelreeks, die Corolla. Ons het die 2.0 D-4D-weergawe bestuur en soos ons almal weet, is Toyota se bougehalte en uitleg soos altyd onkreukbaar. Ongelukkig is die Verso net soos die Corolla baie gewoon, daar is geen avontuur of waagstukke nie. Alles werk goed, lyk goed, voel goed om aan te raak en werk. Vergeleke met wat jy vir dieselfde geld in die 5008 kry, kan ons nie verhelp om te voel dat ons te veel vir die Verso moet uithaal vir wat hy bied nie. Kyk, die Toyota-aanhangers sal die Verso as ‘n wonderlike, veilige keuse kies. Maar soek jy ‘n motor wat alles goed doen en nog goed lyk en jou nie laat wonder oor die pryskaartjie nie, is die Verso beslis nie jou ryding nie. Ons gee die Verso 3 uit 5!

Nissan Grand Lavina 1.6 Acenta

R194 400

Nissan se baie onderspeelde Grand Lavina is een van die voertuie wat my laat wonder het of Nissan nie dalk die prys verkeerd het nie. Die motor voel duursaam, stewig en ek het ‘n paar keer gaan seker maak oor die prys. Daar is soos in die Tiida, waarop die Lavina geskoei is, hope ruimte en die Grand Lavina beskik oor sewe sitplekke. Die motor is net soos sy Japannese neef die Verso nie baie waaghaalsig nie, maar anders as met die Verso voel die Lavina se waarde-vir-geldfaktor net meer in verhouding. Ons toetsmotor was wit en dan lyk die motor nog minder waaghalsig; ons sou hom in ‘n donkergroen verkies het. Rygerief is besonders en die motor skep ‘n ligte indruk op sy wiele, dus die 80KW van die 1.6-literenjin voel baie meer gewillg as wat hy behoort te wees. Teen die prys is die Lavina beslis ‘n wenner! Ons gee hom 4 uit 5!

Toyota Corolla 2.0 D-4D Exclusive

R290 900

Waar is die dae toe die Corolla bekostigbaar was? Ons toetsmotor was die vlagskip in die Corolla-reeks, die 2.0 D-4D. In die Exclusive-pakket bied die motor leer, navigasie en alles wat elektries oop en toe maak, maar dit bly ‘n Corolla en nie ‘n Camry nie. Bougehalte is baie goed, rygerief is aanvaarbaar en hy is toegerus met al die veiligheidskenmerke wat in die segment verwag word, maar ai tog Toyota, die prys! Die motor ontwikkel 93 Kw en 300 Nm se wringkrag, goeie brandstofverbruik en ‘n ruim begasiebak. Ons gee die motor 3 uit 5.

Volvo C30 D2 ELITE

R264 300

Die kleinste Volvo in die reeks is die C30, die motor is slegs beskikbaar in 3-deurgewaad. Volvo is net soos Citroen glad nie ‘n alternatief nie: jy is óf ‘n Volvo-persoon óf nie. Kwaliteit en bougehalte, asook rygerief en dan Volvo se troefkaart – veiligheid – is alles deel van Volvo se mondering. Ons het die C30 D2 bestuur: die motor is toegerus met die 1.6-turbodieseleenheid wat 84 Kw en 270 Nm se wringkrag lewer. Die Elite-weergawe soos ons toetsmotor was toegerus met wit leersitplekke, nogal iets anders om aan gewoond te raak, maar tog ietsie Sweeds aan die ongewone kleurkeuse. Die motor se enjin luier baie sag en was dit nie vir die D2-kentekens nie sou selfs ek gedink het dit was ‘n petrol-Volvo dié. Die maksimum wringkrag is beskibaar vanaf baie lae toere, dus die C30 het baie woema, veral tussen die bulte van Waterkloofrif. Die motor is net te onprakties vir ‘n gesinsmotor, maar vir iemand wat alleenlopend en professioneel is en nie van ‘n nuwe Mini hou nie, is die Volvo net reg! Die vorm is effens verouderd, maar met die nuwe Volvo-gesig lyk die C30 nog reg vir so 2 of 3 jaar. Ons gee hom 4 uit 5.

Honda Ballade 1.5 VTEC Comfort

R188 600

Die Honda Ballade is terug in Suid Afrika ná ‘n afwesigheid van byna vyf jaar. Die nuwe Ballade neem sy plek onder die Civic-reeks in. Honda bly maar die Mercedes van Japan, goeie motors wat ordentlik gebou is en enjins wat tegnologies hoogs spesialiseerd is. Formule 1-ontwikkeling het die Honda-enjins van vandag byna koeëlvas gemaak. Ons toetsmotor was die Ballade 1.5i VTEC Comfort. Kenmerke wat die Comfort van die res onderskei, is die blink sierwiele en kolligte voor. Die hele Ballade-reeks is ten volle met alle veiligheidskenmerke toegerus. Hierdie is werklik ‘n klein juweel met ‘n reusebegasiebak en genoeg ruimte vir vyf volwassenes. Motors soos die Hyundai Accent en Kia Rio sal dalk na die Ballade ook kyk. Die 1.5-literenjin ontwikkel 88 Kw en omdat die motor so lig is, voel hy baie meer kragtig as dit. Ons gee die Ballade 5 uit 5.    

Opel Corsa 1.4 Colour

R183 450

Net soos die Corolla het die Opel Corsa ook baie duurder geword. Die teikenmark – jong eerste kopers wat darem al ‘n goeie werk het – behoort die motor te kan koop. Die feit is dat hierdie ‘n 1.4-liter-Corsa net 3 deure het. Opel het hom nou wel opgekikker met ‘n swart dak en swart sierwiele, juis om die jonger koper se aandag te trek. Die nuwe generasie Opels is goed aanmekaar gesit en die geriefsvlakke is puik, maar ons toetsmotor se aluminiumvoetstukke oor die pedale het sommer afgeval. Ons kon dit nie weer terug kry nie. Die motortjie belowe baie en dan kom jy agter daar is slegs 74 Kw beskikbaar. In perspektief geplaas, kan jy ‘n 1.6 Hyundai i20, ‘n 1.6 Renault Clio of selfs ‘n 1.6 Ford Fiesta aanskaf vir minder as wat Corsa jou gaan kos en dan het jy heelwat meer krag en gerief met 5 deure. Ons gee die Corsa 3 uit 5.

Mercedes C200 CDI BlueEfficiency

R380 000

Mercedes se opgekikkerde C-klas-sedan stem nou meer ooreen met wat die ander twee Duitsers bied. Weg is die oumangevoel! Die binneruim voel ook baie meer modern. Nuwe hoofligte en wielboë, kantspieëls, sierwiele en sierrooster het die C bietjie woema gegee. Alles in die motor werk besonders goed, glad en sag. Ons toetsmotor was die C200 CDI met Mercedes se nuwe “BlueEfficiency”-tegnologie. Die enjins is suiniger met die voggies en lewer meer en skoner krag. Ons toetseenheid het 100 Kw en 360 Nm se wringkrag aan boord. Die enjin loop so sag dat jy mooi moet luister om te hoor dit is ‘n diesel. Brandstofverbruik is slegs 4,9 l/100km. Ja, jy het reg gelees, en dit is ‘n luukse Mercedes dié hoor! Ons gee die Merc 5 uit 5.  

VW Passat 1.8 TSI DSG

R314 900

As jy nie ‘n VW-aanhanger is nie moet jy beslis die nuwe Passat gaan bestuur. Die motor het ons totaal en al verras met die waarde vir geld wat jy aantref. Die Passat is ‘n groot motor, groter as ‘n C-klas, groter as ‘n 3-reeks of ‘n A4. Jy het al die geriewe wat jy in enige van die drie sal aantref, plus ‘n groter begasieruim, meer beenruimte agter en met dieselfde kragbron as sy Audi-neef. Ons toetsmotor, die 1.8 TSI, beskik oor Volkswagen se befaamde DSG-ratkas. Die enjin lewer presies 118 Kw net soos die Audi en het 250 Nm se wringkrag, presies soos die Audi. Die Passat is vinniger van 0-100km/h en is ligter op brandstof as die Audi. Hy is groter binne en, o ja, sommer R37 000 goedkoper!

Ons gee die Passat 5 uit 5!

Chev Captiva 2.4 LT AWD

R346 300

Ons toetsmotor was die vierwielaangedrewe 2.4 Captiva LT. Met die voorwielaangedrewe weergawe wat R42 000 goedkoper as ons toetsmotor is, kwel die volgende my. As die Captiva ‘n sogenaamde sagte sportnutsvoertuig is, gaan mense wat hom koop nooit baie ernstige vier-by-viergebied betree nie. Ons weet ook dat die Captiva AWD in elke geval nie sal kan ry waar ‘n Freelander of ‘n Prado dit sal waag nie. Die motor se grondvryhoogte en invalshoeke is net te klein. Die Captiva is propvol leerafwerking, bêreplekkies en beskik oor ‘n nuttige praktiese sitplekuitleg. Daar is plek vir sewe insittendes en die 2.4-liter, 4-silinderenjin ontwikkel 123 Kw en 230 Nm se wringkrag. Ons gee hom 3 uit 5.

Данильченко Харьков

Blitsbukse! van Renault en Volkswagen

Wanneer ‘n mens aan blitsbukse dink, dan kom daar gewoonlik net een naam sonder inspanning in jou gedagtes op: GTi. Party ouens sal dalk nog Gsi of RSi onthou, maar GTi is die een wat altyd uitstaan.

{jathumbnail off}

Ons het in die gees van ‘n regte egte blitsbuks drie baie warm motors onder hande gehad. Nou kyk, die dae van goedkoop motors is al vyf jaar gelede verby so al is die karretjies almal buksies, kos hulle glad nie meer wat die GTi en GSi van ‘n paar jaar gelede gekos het nie. Ons kandidate is die Renault Megane RS, die VW Golf R en die wilde VW Polo GTi. Met die regering wat so belastings aan al wat leef en beef uitdeel, sal Pretoria ook nie soveel geld uit hierdie motors kan maak soos byvoorbeeld slegs twee jaar gelede nie. Al drie hierdie motors is toegerus met hoogs gevorderde hoëverrigtingenjins wat spaarsamig met die brandstof en baie suinig met die uitlaatgasse te werk gaan.

Renault Megane RS

Renault Megane RS

Die RS is die breker van die hele Renault-reeks en jy kan hom in twee spesifikasievlakke aanskaf, die gewone RS of die RS Cup. Die motors se enjins verskil glad nie, maar die Cup-weergawe lyk bietjie rowwer met sy swart sierwiele en koolstofafwerking. Die rensitplekke en natuurlik die heelwat stywer vering sorg dat die Cup-weergawe beter klou in die draaie en sommer net die duiwel in lyk.

Ons het die gewone RS onder hande gehad en laat ek julle vertel, hierdie motor voel alreeds soos ‘n renstel op die teer. Daar is alles wat oop en toe maak en elektronies verstelbaar is sowel as verhitte sitplekke en ‘n TomTom-navigasiestelsel. Die hele kajuit is met swart leer uitgevoer en hy lyk en voel nie veel anders as enige ander Renault Megane waarin ek al gesit het nie. Ons toetsmotor is toegerus met ‘n 2-literenjin wat van ‘n hoëdrukturbo-aanjaer voorsien is; die eenheid ontwikkel 184KW en 340 NM. Die brutale krag word slegs na die voorwiele gestuur en in toom gehou deur ‘n 6-ganghandratkas. Die gevolg is ‘n vreeslike geblaas van die uitlaatpyp hier reg onder die bestuurder se sitvlak en dan die verbysterende vesnelling. Snaaks genoeg, is daar baie min wringstuur onder versnelling, want gewoonlik as daar soveel krag na die voorwiele gaan, sukkel die wiele om te gaan waar die stuurwiel wil hê hy moet gaan. Vesnelling van 0-100km/u is 6,1 sekondes en die RS se asem sal eers teen 250km/u opraak. Die motor voel glad nie so vinnig nie en hy klink ook nie wintie nie; hy lyk soos ‘n gewone Renault Megane-koepee met bietjie groter wiele en ‘n enkele uitlaatpyp in die middel agter, maar dit is dit.

Bougehalte is aanvaarbaar, maar volgens my wat self ‘n Renault-eienaar is, nie so goed soos die vorige generasie Megane nie. Hierdie is ‘n driedeurvoertuig, so daar is nie vreeslik baie spasie agter nie, maar vier mense kan redelik gemaklik in die motor rondrits. Wat my wel verbaas het, was die hoeveelheid bagasieruimte wat die RS bied. Vir so ‘n plat motor met ‘n lae daklyn het die RS ‘n baie diep bagasievloer en ek wil amper sê net soveel pakplek as die gewone luikrug-Megane. Die RS is ‘n goeie alternatiewe blitsbuks, maar val nie in almal se smaak nie. Hy is vinnig, maar skort iets iets waarvan die volgende motor wel baie het. Ons gee hom 3 uit 5.

Die Volkswagen Golf R

VW Golf R

Die Golf R is soos die Megane RS die rowwe Golf in die reeks. Die verskil hier is net dat hierdie Golf R toegerus is met vierwielaandrywing sowel as ‘n hoëdrukturbo-aanjaer. Die gewone Golf GTi se enjin ontwikkel 155KW en 280 NM, die R lewer 188KW en 350 NM. Dit maak ‘n verskil van 1,4 sekondes van 0-100 km/u, dus 5,5 sekondes vergeleke met 6,9 sekondes vir die GTi en 250km/u vergeleke met die 238km/u van die GTi.

Dit is egter die geluid en die gevoel van die R wat hierdie motor so spesiaal maak. Dit voel kompleet of jy binne in ‘n vuurpyl sit! Die brute krag waarmee die motor versnel, is eenvoudig verstommend; die vastrap wat die vierwielaandrywing verskaf, is eintlik onwettig in ‘n standaardpassasiersvoertuig. Daarmee saam bied die Golf R nog vyf deure ook en dieselfde bagasieruim en been-en-skouerspasie as die bekroonde Golf VI.

Bougehalte is uitstekend en van luukses soos sitplekverhitting, elektriese sitplekverstelling, aanboordrekenaar met raakskerm en navigasie sowel as leer van voor tot agter en – dit het ons al gesê – vierwielaandrywing is alles standaard. Ons toetsmotor is die DSG Direct Sequential Gearing-weergawe met die outomatiese handratstelsel. Nou kyk, alles aan hierdie Volksie is indrukwekkend, maar niks het my meer laat glimlag as die geluid wat uit die motor se maag kom wanneer daar blitsig ratte verwissel word nie. Daar is amper so ‘n dowwe klapgeluid soos die nuwe rat geskakel word en dan die ongelooflike stukrag waarmee die onderstel die motor in die nuwe rat vorentoe beur is net iets wat elke entoesias self moet ervaar.

Wie wil nou ‘n S3 of ‘n 135i hê wanneer jy vir minder geld dieselfde bougehalte en verrigting en gevoel en glimlag en aandag kan ervaar? Hierdie is ‘n 5 uit 5.

Volkswagen Polo GTi

VW Polo GTi

Die oorspronklike Golf GTi van die jare tagtig het die hele blitsbuksding begin. Die motor was klein dog prakties en maklik om te bestuur en terselfdertyd baie vinnig. Hy was regtig ‘n sportmotor in ‘n kortbroek en daarby was hy nogal bekostigbaar ook. Die nuwe Polo GTi kom vir ons die naaste aan wat die oorspronklike GTi was. Daar is hope karakter, krag en puik bougehalte in ‘n kompakte dog praktiese motor.

Die Polo GTi is toegerus met ‘n 1,4 liter TSI-enjin met turbo sowel as ‘n drukaanjaer. Die gevolg is 132 KW en 250 NM se krag. Ons toetsmotor was met dieselfde DSG-ratkas as die Golf R toegerus en dit het die Polo sommer brutaal laat voel. Om dit in perspektief te stel: die Golf VI GTi DSG versnel van 0-100km/u in 6,9 sekondes en dit is ‘n 2,0 TSi-motor. Die Polo GTi se 1,4 TSi laat die 100km/u merk ook in 6,9 sekondes verby blits. Grootboet se asem raak by 238km/h op waar die Polo Gti by 230 km/u sal halt roep.

Hier was vir my baie wringstuur want die hele 132 KW word na die voorwiele gestuur en as jy nie wakker is nie sal die Polo jou baie vinnig langs die pad laat beland. Bougehalte in die Polo GTi is ook van uitstekende peil en die kort leerratkierie sowel as die rooi steke wat om die nate van die sitplekke gewerk is, die driespeekstuurwiel met aluminium- GTi-kentekens laat jou weet jy is in iets spesiaals. Die Polo’tjie het ook vyf deure en ‘n bruikbare bagasieruim, egte groot speek GTi-wiele met rooi remknypers en ‘n rooi strepie à la 1985-Golf Gti om die sierrooster.

As jy nie een van die bogenoemdes se pryskaartjie van bykans R400 000 kan bekostig nie, is die Polo GTi teen R265 000 by verre die beste blitsbuks in die land. Ons gee hom 4 uit 5.    

лобановский александр

3 voertuie vir ‘n asemrowende toer

Tydens ons onlangse toer van Krugersdorp na Kgalagadi het ons drie viertrekvoertuie getoets, voorwaar ‘n besondere voorreg. Hier volg ons ry-indrukke van die viertrekveldtemmers.

Jeep Grand Cherokee 3.6 V6 Overland

JeepDie Jeep het hom goed gedra; ons was drie mense in die voertuig met ‘n kampeeryskas, 45-literkoelkas, herwinningstoerusting, twee kratte kos, 20 liter drinkwater, klere, asook kampeertoerusting en -stoele. Die Amerikaanse veldvoertuig was tot teen die dak gelaai met net genoeg oop sitplek vir my, Sonya en Monet. Ons het 134 liter petrol gebruik en dit was net eenkeer nodig om die Jeep in laestrek te ry en dit was by Vanzylsrus teen die duin uit. Ooppadverrigting is uitstekend en selfs met die Grand vol gelaai het ek nooit gevoel die 3,6 liter V6 Pentastar-enjin werk nou hard nie. Ons toerkonvooi het nooit meer as 110 km/u gery nie en die togbeheer waarmee die Jeep toegerus is, het die rit baie gemaklik gemaak. Die Overland-spesifikasie waarmee ons toetsvoertuig toegerus was, het verhitte sitplekke met ‘n verkoelingsfunksie as standaardtoerusting ingesluit. Die verkoelingsfunksie was nogal handig in die Kalahari, want die kwik het vir so twee dae ver oor die 30 grade getrek en dit was juis die verkoelde sitplekke wat my in die diep sand laat kophou het. Die Jeep se bougehalte is puik en selfs ná 500 kilometer in die stof het ek glad nie stof in die Jeep se kajuit geruik nie. Daar was geen noemenswaardige geratel ná al die grondpaaie wat ons gery het nie en selfs nie eens ‘n pap band ná al die bospaadjies waar ons gekampeer het nie.

Wat my gepla het van die Jeep

Die toetsmotor was pikswart. Nou weet ons almal dat dit ‘n mite is dat swart motors warmer as ander kleur motors is, maar die swart het my baie laat lyk soos een van die ampsdraers van die plaaslike regering en daarvan het ek nie baie gehou nie. Die swart het ook baie gouer al die Kalahari-stof gewys. Ons toetsvoertuig was toegerus met die standaard 20 duim 265/50 R20 BSW 3-werksverrigtingbande wat die sandryery baie moeilik gemaak het. Die opsionele “Off–Road Adventure II”-pakket wat 18 duim 265/60 R18 BSW All terrain-bande insluit sou hierdie Jeep in ‘n heel ander klas op dié tipe paaie geplaas het. Die pakket sluit ook skaafplate vir die onderkant van die voertuig in wat die gras ook sommer uit die dryfasstelsel sou uithou. Ons toetsvoertuig se kompas was ook die hele tyd verkeerd; hy het nooit die regte rigting aangedui nie. Nou moet ek bieg dat dit my skuld kon gewees het, want ek het nooit voor die tyd seker gemaak dat die kompas reg gekalibreer is nie. Aan die ander kant: die GPS-stelsel het 100% gewerk en ek kon nie verstaan dat die kompas en die GPS nie wou saamwerk nie.

Wat my beïndruk het van die Jeep

Die Jeep het vir seker die meeste pakplek van die drie motors gehad; die sitplekke wat plat vou en die lengte van die laairuim is regtig indrukwekkend. Die rygerief was uit die boonste rakke en dan die toerusting wat ingesluit is by die prys van R582 000 is net verstommend. Leer- en  houtafwerking, verhitting/verkoeling vir die sitplekke en stuurwiel, lugvering, panoramiese glasdak, 210 Kw se krag, lugfiltreringstelsel vir die kajuit, “Smart Beam”- slim hoofligte wat aankomende verkeer in ag neem met die sterkte van die hoofligte… Die lys gaan net aan. Die Jeep is bykans R70 000 goedkoper as die Nissan Pathfinder en slegs R30 000 duurder as die Pajero GLX wat nie naastenby so goed as die Jeep toegerus is nie.

Nissan Pathfinder 3,0 dCi V6 V9X LE

Nissan PathfinderMike het alleen in die Pathfinder gery met al die sitplekke plat gevou sodat die kampeertoerusting, plus van die kos en ‘n 45-literkoelkas sowel as ‘n seil-gazebo van 6×4 meter en water kon inpas.

Wat my gepla het van die Nissan

Ek weet nie of dit net hierdie spesifieke voertuig is nie en of dit ‘n eienskap van die Pathfinder is nie, maar die voertuig se stert het kwaai gehang. Hy was vol gelaai maar nie veel swaarder as wat sewe insittendes met bagasie sou wees nie. Ons het ook die swaarste goed in die  middel van die voertuig probeer pak sodat daar juis nie baie gewig op die agterwiele moes wees nie. Die Pathfinder het op heelparty plekke sy stert op die sand gesleep, veral in die diep sand van die kaplyn. Ons het eers gedink dit is die noodwiel wat onder die bak gemonteer is , maar agtergekom dit is die agterste ewenaar wat laer as die wiel hang. Mike besit self ‘n 1998 Nissan SANI-stasiewa en die Pathfinder is inderdaad kleiner binne as die SANI. Op sy hengeluitstappies slaap Mike gereeld agter in die SANI as die sitplekke plat gevou is. In die Pathfinder kon Mike wat nie eers ses voet lank is nie, nie plat lê met al die sitplekke plat gevou nie. Ek was ook seker bederf met die puik bougehalte van die Jeep, maar die Pathfinder het heelwat meer virbrasies op die grondpaaie as die Jeep gehad en jy kon duidelik die stof ruik wat heel agter aan die linkerkant by ‘n klein luginlaat in die kajuit ingesuig is. Die Pathfinder was ook met standaard- padbande en nie All Terrain-bande toegerus nie, wat waarskynlik die sandry bietjie makliker sou maak.

Wat my beïndruk het van die Nissan

Wel, die klankbaan van die Pathfinder se 3,0 liter V6-turbodiesel met nie minder nie as 170 Kw, is werklik iets besonders. Die Pathfinder is toegerus met leersitplekke wat elektronies verstel, ‘n navigasiestelsel met ‘n geheue vir musiek, ensovoort, asook ‘n werklike baie gebruikersvriendelike elektroniese vierwielstelsel wat maklik met die draai van ‘n knop die voertuig vir van die moeilikste paaie gereed het. Sonder die trekkrag van 550 Nm wat die Pathfinder sonder enige inspanning ontwikkel, sou ons vir seker baie moeiliker in die sand gery het, juis omdat die stert so laag gehang het. Mike het 136 liter diesel in die Nissan gebruik.

Mitsubishi Pajero GLX LWB

Mitsubishi PajeroWilma en Tersia was die meeste van die tyd in die Pajero. Hulle het ook die agterste sitplekke plat gevou om plek te maak vir twee tasse, ‘n vyfmankoepelseiltent met spanseil, kos, water en ‘n 45-literkoelkas. En vroumense kan ‘n klomp goed saamry!

Wat my gepla het van die Pajero

Om die waarheid te sê, was daar bitter min wat gepla het. Die voertuig het presies gedoen waarvoor hy ontwerp is. As ek nou regtig krities moet wees, sou ek sê die dik plastiekbakskorte wat aan die onderkant van die deure aangebring is en by die buffers aansluit het heelwat krappies in die bosse opgedoen. Die feit dat die Pajero ook hoë agterhoeke het, het ook die bosryery bemoeilik. Waar die ander twee voertuie maklik onder deur ‘n bos kon gaan, het dit mooi ry gekos om nie die Pajero te krap nie. Daar is dan ook ‘n paar fyn haarkrapmerkies veral op die agterste boonste hoeke opgedoen.

Wat my beïndruk het van die Pajero

Die Pajero se bakwerkkleur was werklik die mees sindelike kleur. Die blougrys metaalkleur het die minste stof gewys en ons het van die mooiste foto’s van die Pajero in die Botswana-son kon kry. Die Pajero was ook die enigste een van die drie wat met All Terrain-bande toegerus was en dit het werklik ‘n groot verskil op die sandpaaie van die kaplyn gemaak. Die navigasiestelsel van die Pajero was ook vir my die indrukwekkendste met die hoogte bo seespieël en kompasrigting wat duidelik aangedui is. Die laestrekratte wat met ‘n tweede hefboom geskakel kan word, was ook meer ou-skool wat nie so gebruikersvriendelik soos die Jeep en die Nissan was nie, maar meer vertroue as die twee nuwer voertuie ingeboesem het. Ons het 135 liter diesel in die Pajero gebruik.

Gevolgtrekking

Teen R544 588 is die Mitsubishi Pajero 3,2 Di-D GLX LWB outomaties die goedkoopste van ons drie toetsmotors. Hy het nou wel ‘n nuwe 140-Kw-turbodieselenjin, maar die res van die Pajero voel oud, nie heeltemal tegnologies in die klas van die ander twee nie. Met Dakar-ondervinding en verkope beter as dié van die Pathfinder gee die kopers seker nie te veel hieroor om nie. Die Pajero was die beste toegerus vir die omstandighede waaronder ons getoer het met die All terrain-bande maar hy was ook die enigste voertuig wat oral gras onder die bakwerk bymekaar gemaak het. Daar is ‘n dwarsstaaf ter versterking van die onderstel wat kort-kort gras versamel het. Alhoewel dit nie naby die uitlaatstelsel of dryfstelsel was nie, kan dit sonder ‘n skaafplaat dalk ‘n probleem veroorsaak. Die Pajero is ook die enigste voertuig waar ons twee saadnette nodig gehad het omdat daar onder baie laag naby aan die pad ook ‘n verkoelerinlaat sit wat ten spyte van die net nog steeds gras bymekaar gemaak het. Die Nissan Pathfinder 3,0 V6 dCi 4×4 outomaties klink mooi as jy hom bietjie vet gee, hy het die tweede meeste krag vir ‘n diesel in die klas naas die Disco 4, maar met die agterste ewenaar en noodwiel wat onder die voertuig in die sand sleep, dink ons die Pathfinder sal beter vaar waar die paaie meer gelyk is. Dink nou net as ons ‘n wiel moes vervang, dan moes ons die noodwiel eers uit die sand uit grawe om dit van die voertuig af te kry en dan die voertuig nog hoër oplig om die ou band weer onder die voertuig in te kry. Die Nissan Pathfinder is ook heeltemal te duur vir wat die voertuig bied. Teen R652 000 is hy selfs duurder as die Nissan Murano of Z370 Roadster. Hy is bykans R107 000 duurder as die Pajero en R2 000 duurder as die Toyota Prado VX Diesel, selfs R28 000 duurder as die Land Rover Discovery 4 TD SE wat sonder twyfel die leier in die segment is. Wat die Jeep Grand Cherokee 3,6L Overland betref is hy die enigste een van die drie wat petrolaangedrewe is. Dit op sigself is ‘n terugslag op die huidige oomblik. Alhoewel ons geen probleem met die beskikbaarheid van petrol in Botswana gehad het nie, kan dit ‘n probleem raak in die res van Afrika. Die Jeep is wat rygerief en toerusting aanbetref in ‘n ander klas, na my mening die naaste aan die segmentleier-Discovery 4 van al drie die voertuie. Teen R582 000 vir die Overland soos ons toetsvoertuig, is dit net die 5,7 V8 Overland wat nog meer krag bied in die Jeep-stal en selfs hy teen R631 000 is goedkoper as die Pathfinder. Die Jeep is meer gesofistikeerd en verfynd as ooit tevore, luukser as ooit tevore en met die Quadra-Trac II- en Quadra-Drive II-vierwielstelsel en geslote lugvering wat sy eie lug aanboord in ‘n silinder berg, is dit werklik net die luukste HSE Disco 4 wat die Jeep troef. Met bykans identiese brandstofverbruiksyfers as die ander twee dieselvoertuie kan ons nie wag vir die turbodieselmodel wat dalk later in 2011 plaaslik beskikbaar sal wees nie. Dus vir ons Kalaharitoer 2011 plaas ons die drie voertuie soos volg vir algemene werkverrigting, brandstofverbruik en gebruikersvriendelikheid.

1.       Jeep Grand Cherokee 3,6L Overland                   (13,58 L/100km  vir ons toer)

2.       Mitsubishi Pajero 3,2 Di-D GLX Lwb AT              (13,38 L/100 km vir ons toer)

3.       Nissan Pathfinder 3,0 dCi 4×4 AT                       (13,48 L/100 km vir ons toer)

Dankie aan Chrysler SA vir die Jeep, Nissan SA vir die Pathfinder en Mitsubishi SA vir die Pajero.

купить шапку для девочкитопкарго развод

Audi Quattro minder van ‘n modebykomstigheid

André Olivier bied sy ry-Indrukke van nuwe modelle.

Audi TT 2.0T FSi Quattro S-Tronic

Enjin Kapasiteit: 1984 cc 4 sil Petrol Turbo

Kraglewering: 155 Kw

Wringkrag: 350Nm Wringkrag

0-100 km/u: 5,6 sekondes

Spoed: 243 km/u

Verbruik: 7,2 l/100 km

Uitlaatgasse: 169Co2 g/km

Ons hou van: Die motor se sagte vroulike voorkoms het plek gemaak vir ‘n sterk forse sportiewe stans. Die motor lyk sommer meer doel gerig en nie minder soos ‘n mode bykomstigheid. Die DSG ratkas is ook besonders akkuraat en direk. Padhou vermoë is uitstekend met die Quattro aandrywing wat die vier bande letterlik geplant hou. Audi se binneruime is wêreld wyd bekend vir die afwerking en kwaliteit, die TT stel ook nie hier teleur nie, puik material en uitleg. Die TT is ook practise, jy sien dit is ‘n volbloed sportmotor met vier sitplekke en genoeg laairuimte vir ‘n naweek sak of twee. Die 2-lieter turbo enjin suig min voggies en bied dus die beste van twee wêrelde, hierdie is ‘n Springbok flank op Sarie se loopplank!

Wat pla: Die TT se binneruim is nie anders as die van enige ander Audi nie, of jy binne in die R8 of die nuwe A1 sit, hulle almal lyk en voel identies. Toegang tot die agterste sitplekke is nogal moeilik, dit is asof die voorste sitplekke nie ver genoeg kan vorentoe vou sodat die agetrste sitplekke bereik kan word nie. Teen R527 000 is die TT wel goedkoper as die BMW Z4 maar duurder as Mercedes se SLK, maar dit bly baie duur vir so ‘n klein motortjie.

Jeep Patriot Limmited

Enjin Kapasiteit: 2360 cc 4 sil Petrol

Kraglewering: 125 Kw

Wringkrag: 220Nm Wringkrag

0-100 km/u: 10,8 sekondes

Spoed: 180 km/u

Verbruik: 8.4 l/100 km

Uitlaatgasse: 196 Co2 g/km

Ons hou van: Amerikaanse motors kon nog nooit die styl en finesse van die Europeers baasraak nie, maar die 2010 Jeep Patriot Limmited is die eerste Amerikaner wat ek raakloop wat regtig baie naby kom. Die kwaliteit leer en ander material in die binneruim is puik. Ruimte vir vyf volwassenes en nog genoeg pak plek vir hul bagasie. Daar is hope pak plek vir klein goedjies. Die motor is reg in die kol wat gerief aanbetref en dan kan jy al die gate in ons paaie ook trotseer, want die Jeep het permanente vier wiel aandrywing. Daar is ook netjies uit voubare luidspreker in die bagasiebak deksel en selfs ‘n ingeboude verwyderbare flits liggie in die agterklap. Die paneelkussie het netjiese rakkies vir blikkies koeldrank en dit hou werklik die drinkgoed koud ook d.m.v die lugversorger wat ‘n spesifieke uitlaat in die kussie het. Ons baie van die prys, R299 000 vir ‘n regte Jeep met regte vermoëns in jou motorhuis!

Wat ons pla: Die feit dat die res van die Jeep reeks nie kan kers vashou by die Patriot nie. Die Patriot is die intree vlak Jeep en hy bied soveel, maar die reputasie van die res van die reeks kortwiek die Patriot se ware kwaliteite.

Jeep Wrangler Unlimited Rubicon 3.8L

Enjin Kapasiteit: 3778 cc 6 sil Petrol

Kraglewering: 146 Kw

Wringkrag: 315Nm Wringkrag

0-100 km/u: 11,4 sekondes

Spoed: 180 km/u

Verbruik: 12.4 l/100 km

Uitlaatgasse: 288 Co2 g/km

Ons hou van: Hierdie lyk sommer soos ‘n rowwe kalant, hy sal ook kan ry waar kees met ‘n kierie sal sukkel. Jeep het die binneruim gemaklik probeer maak met luukshede soos ‘n raakskerm navigasie stelsel met ingeboude geheue vir al jou musiek en fotos. Die Unlimmeted weergawe het vyf deure, dus kan die agterste passasiers baie makliker in en uitklim as in die gewone 3 deur weergawe.

Wat ons pla: Dit bly 2011 en hierdie Jeep voel en lyk 1990. Hy kompeteer met voertuie soos die Land Rover Defender en Land Cruiser 76 en 78. Prys is soos gewoonlik iets waaroor ons sterk voel en teen R395 000 is die Wrangler Unlimited Rubicon 3.8L R50 000 goedkoper as die Land Cruiser maar R30 000 duurder as die Defender. Die Jeep se dak ka nook afhaal, maar dit is baie swaar en ingewikkeld en dit sal jou en jou vrou ’n rukkie neem om die ding terug te sit, bietjie onprakties.

Mitsubishi Pajero 3.2 Di-D GLS LWB Outo

 

Enjin Kapasiteit: 3200 cc Turbodiesel

Kraglewering: 140 Kw

Wringkrag: 441Nm Wringkrag

0-100 km/u: 9,7 sekondes

Spoed: 185 km/u

Verbruik: 8.0 l/100 km

Uitlaatgasse: 211 Co2 g/km

Ons hou van: Die Mitsubishi Pajero het ‘n fenomeen in Suid Afrika geword. Die Pajero naam is al amper ‘n alleenstaande handelsmerk. Mens vergeet dat die Pajero eintlik ‘n Mitsubishi is, dit is ‘n goeie ding want Mitsubishi is bekend vir hule betroubaarheid in veral die moordende Dakar tydren. So ons hou baie van die Pajero se reputasie. Die res van die voertuig is goed aan mekaar gesit met heelwat luukse items soos leer afwerking en elektroniese ratslotte, goeie klank stelsel en ‘n amper onstuitbare enjin. Die Pajero langas afstand wat ons gery het is dan ook die vlagskip model in Suid Afrika met alles wat enige Prado of Pathfinder bied. Spasie in die binneruim is goed, daar is tot twee wegvoubare sitplekke heel agter om die 5 sitplek binneruim in ‘n 7 sitplek binneruim te omskep.

Wat ons pla: Alhoewel die Pajero met voertuie soos die Discovery, ML of X5 wil meeding is hy nie regtig op dieselfde tegnologiese vlak as die drie nie. Die Pajero Sport wat laer op die voedsel ketting sowel as die prys leer van Mitsubishi staan bied byne alles wat die Pajero bied teen bykans R200 000 minder. Die ander veldryer in die Mitsubishi stal, die Outlander kom ook baie naby teen self nog mider as die Pajero Sport. Teen R635 000 gaan jy ‘n baie goei veld voertuig koop, maar as jy ‘n goeie modern gevorderde veldwa soek kyk gerus eers na die Britte vir alles en meer teen R10 000 minder.

Range Rover Supercharged

Enjin Kapasiteit: 5000 cc V8 Superaangejaag

Kraglewering: 375 Kw

Wringkrag: 625 Nm Wringkrag

0-100 km/u: 6,1 sekondes

Spoed: 225 km/u

Verbruik: 14,9 l/100 km

Uitlaatgasse: 348 Co2 g/km

Ons hou van: Die Range Rover is die grootste voertuig in Land Rover se stal, dit word algemeen reg oor die wêreld heen beskou as die Rolls Royce van veldwa’s. Die voertuig is alles vir almal, hy kan net so vinnig vesnel soos ‘n BMW 335i, net so lekker lang pad toer soos ‘n Mercedes S600 L, oral ry waar ‘n Toyota Land Cruiser sal sukkel. Hy sal koppe laat draai by verkeerslig, kantoor, golfbaan, kerk ag sommer oral waar jy met hom gaan. Daarby is hy net so luuks soos ‘n S600, net so groot soos ‘n Land Cruiser, net so rats soos ‘n 335i. Die leer en regte hout afwerking van die binneruim ruik en voel soos ‘n Van der Berg vertoon lokaal. Die ingeboude kameras rondom die motor is jou oë, die hidroliese lug vering wat die pad oppervlakte 500 keer per sekonde monitor hou jou op die pad en deur die diep gate in ons paaie. Die raakskerm navigasie stelsel en Harmon Cardon klank stelsel sorg vir agtergrond musiek in die boendoes. Die twee ingeboude DVD speller agter die voorste sitplekke hou die kinders besig. Dit alles terwyl die ingeboude verkoeling in jou vrou se sitplek haar koel hou en die verhitte agtersitplekke die babatjie warm hou. Hierdie is werklik alles vir almal.

Wat ons pla: Dat maar net sekeres van ons en ‘n paar ministers wat die kar sal kan koop. As jy die prys wil weet dan sal jy hom nie kan bekostig nie!

 

pro100casino.comОлександр Фільчаков прокурор

Jou sukses pragtig ten toon gestel!

BMW 530dEk, as motorjoernalis, het al baie motors in my loopbaan bestuur. Min van hulle het egter die uitwerking wat die BMW 530d op my gehad het. Die 5-reeks is die besigheidsklassedan van die Beierse vervaardiger. Deur die leeftyd van die 5-reeks is hy al ‘n paar keer as die beste motor van sy tyd benoem. Die vorige generasie 5-reeks was baie goed en die V10 wat in die M5 gebruik word, is ook al as enjin van die jaar aangewys. Die ontwerp was net soos in die geval van die vorige 7-reeks baie omstrede. Dit is nou ‘n sinoniem vir Chris Bangle. Jy het óf van die motor gehou óf dit met ‘n passie gehaat. Die feit bly staan, dit maak nie saak wat jou mening oor die buitelyne van die 5- of die 7-reeks was nie, die Duitse rygoed is net op ‘n ander vlak van tegnologiese ontwikkeling as die res van die motorwêreld. Tegnologies is dit ongelooflik hoeveel die manne in die wit jasse in een motor kon inbou.

Ontwerp

BestuurderDie nuwe 5-reeks se kodenaam is die M10, en as jy voorheen ‘n BMW-aanhanger was en van die lyne van die 5-reeks gehou het, sal die nuwe 5-reeks jou werklik betower. Selfs nou nadat ek die 530d wat ons vir 7 dae gehad het terugbesorg het aan BMW SA, moet ek stilstaan om die mooi lyne van die motor in te neem wanneer daar een verby my ry. Dit is asof die ontwerpers, nie meer Chris Bangle nie, dit net mooi reggekry het om ‘n perfekte balans tussen funksionaliteit, sportiwiteit, effektiwiteit en sommer net skoonheid te vind. Die nuwe 5-reeks kan van enige hoek af bekyk word; jy sal moeilik ‘n afwyking van die bogenoemde ontwerp opdrag vind. Alles is so te sê perfek. Die rondings sit op die regte plekke, die oorhange voor en veral agter is net reg, die ligte kon nie beter gevorm word nie en die daklyn en selfs die aanhangsels soos handvatsels en spieëls is ergonomies volmaak. Baie keer in ‘n ontwerp van ‘n motor sien ‘n mens iets raak wat beter kon wees of kleiner of groter of sommer net nie by die res van die motor pas nie, nie hier nie. BMW kon na ons mening niks byvoeg of weglaat nie. Dit is dan ook geen wonder dat die nuwe 5-reeks so pas die gesogte ontwerpprys van die “International Forum Design” in München gewen het nie. Wat so besonders is van die toekenning is dat dit ‘n internasionale ontwerptoekenning is wat nie net op die motorbedryf gemik is nie. Daar was in vanjaar se kompetisie nie minder nie as 2 756 produkte vanuit 1 121 inskrywings uit 43 lande van regoor die wêreld.

Binneruim

AgterMet die langste asafstand in sy klas, bied die 5-reeks meer as genoeg binneruimte. Die een plek waar ek persoonlik nie baie van enige BMW gehou het nie was die binneruim. In die vroeë jare negentig was al BMW se motors om die bestuurder gefokus en alles het net reg gevoel. Toe kom die Bangle-era, ja, dis weer die Bangle-ou en skielik het die hele gevoel van die BMW verander van ‘n persoonlike ryding tot ‘n besigheidsklas-eksklusiewe-sonder-persoonlikheid-koue-plek. Nou is ek bly om te kan sê, die gevoel van die oorspronklike BMW 5 is terug. Dit is nou uitstekend gekombineer met klas en sofistikasie. Ons toetsmotor se binneruim was in pikswart leer uitgedos. Die kwaliteit van die stikwerk en die kombinasie van hout- en leerafwerking om die knus dog luukse gevoel te onderstreep, tref jou vol in die gesig. Daar is nie so ‘n oormaat knoppies soos in die vorige weergawe nie. Dit is hoofsaaklik te danke aan die nuwe iDrive-stelsel wat  baie makliker is om baas te raak as enige van die vorige stelsels. Die motor beskik oor ‘n sleutellose toegang,  wat jou in staat stel om die motor oop te sluit en aan te sit sonder om die sleutel uit jou broeksak uit te haal. Jy sien, die motor herken die sleutel sodra dit binne ‘n sekere afstand van die slotte af is, lees die kodes en sodra jy wat die sleutel in jou sak het aan die deur vat sluit hy die deur outomaties oop. Daar is dan ook ‘n aansitknop wat jy druk om die enjin aan te skakel. Dieselfde geld hier: die sleutel moet net binne leesafstand van die aansitterslot wees om die hele ketting van gebeure aan die gang te sit. Wat die uitleg van die instrumentpaneel betref, is dit nogal ‘n baie aangename gesig. Alles is duidelik en goed verlig met geen weerkaatsing nie. Inteendeel, die enigste weerkaatsing wat daar is, is die “Head Up Display” soos BMW dit noem. Die stelsel weerkaats die spoed- en sleutelinligting voor die bestuurder teen die voorruit. Die weerkaatsing is baie direk en slegs sigbaar as jy reg agter die bestuurder op dieselfde hoogte as hy na die voorruit sou kyk. Dit is baie subtiel en glad nie steurend vir die bestuurder nie. Hierdie funksie verseker dat die bestuurder nie nodig het om sy oog vir ‘n oomblik van die pad voor hom af te haal nie. Gemak en gerief is die leuse hier en die 530d wat ons onder hande gehad het, was ook toegerus met twee tienduim-DVD-skermpies in die voorste kopstutte. Die skermpies stel die agterste insittendes in staat om elk na individuele DVD’s te kyk of musiek met oorfone te luister. Die agterste klimaat in die motor kan ook individueel verstel word vir links of regs. Dit maak hierdie binneruim ‘n baie gemaklike plek, sou jy dalk om een of ander rede agter in jou 530d moet ry. Daar is ‘n elektroniese sondak en blindings vir die kantruite sowel as die agterruit. Been- en kopruimte voor sowel as agter in die 530d is regtig uitstekend.

Elektronika

Van agterPraat ‘n mens van hulpmiddels in ‘n motor dan is daar gewoonlik ‘n paar goed wat in vandag se motorwêreld in Suid-Afrika standaardtoerusting is. Dinge soos klimaatbeheer, elektries verstelbare sitplekke wat verhit en verkoel en ‘n bo-gemiddelde klankstelsel sowel as ingeboude GPS is al ‘n gegewe in die klas. Die 530d is toegerus met ‘n hele paar stelsels wat die bestuurservaring vir al die insittendes baie gemaklik en veilig maak. Ons het klaar berig oor die HUD of “Head-up Display” soos BMW dit noem. Volgens BMW neem dit 28 meter en 1 sekonde om af te kyk na jou spoedmeter of GPS-skerm; dit is teen ‘n baie beskeie 100km/u. Die stelsel verhoed dat jy enigsins hoef af te kyk. Die “Active Cruise Control” is die spoedbeheerstelsel. Die stel pas die motor se spoed by die motors voor hom aan. Al wat jy nodig het om te doen, is om ‘n vooraf gekose spoed te kies en die motor sal jou teen die betrokke spoed hou; sodra daar verkeer voor die motor van spoed verander, pas die BMW self die spoed volgens die verkeer aan en keer dan outomaties terug na die vooraf gekose spoed sodra die omgewing dit toelaat. Die stelsel werk met radar en meet die pad vir sovêr as 200m voor die motor. Ons toetsmotor was toegerus met ‘n rondomkamerastelsel wat baie indrukwekkend is. Die kamera is reg rondom die motor in die voorste en agterste buffers gemonteer. Die voorste kamera wys die twee blindekolle wanneer jy by ‘n T-aansluiting sou staan en nie die aankomende verkeer kan sien nie. Omdat die kameras sowat 2 meter voor die bestuurder in die hoeke van die motor gemonteer is, is dit heelwat makliker om van daar te sien of daar enige verkeer aan die kom is; dit was nogal baie handig om in die oggend uit jou erf uit ry. Die agterste kameras verleen weer bystand wanneer daar agteruit gestoot word. Daar is ook kameras in die kantspieëls wat na die randstene langs die motor kyk. Al hierdie verskillende beelde word terselfdertyd in die paneel voor die bestuurder geprojekteer en kan met behulp van die iDrive-stelsel gekies word of deur middel van die gesplete beelde almal saam vertoon word. Ons motor was ook toegerus met BMW se “Lane Change en Lane Departure”-funksie. Die stelsel waarsku die bestuurder deur die radar sowel as die kameras om die motor in te span om ‘n gevaarlike situasie vinnig op te som en te reageer. Die agterste kamera en radar waarsku die bestuurder wanneer daar ‘n voertuig in sy blindekol in beweeg, ‘n klein oranje driehoekliggie wat aan die onderkant van die kantspieël  ingebou is, gaan aan, sou die stelsel ‘n motor in die sone gewaar. Sodra die bestuurder dan in so ‘n situasie sy rigtingaanwyser aanskakel, sal die liggie flikker om die bestuurder te waarsku. Die hele stuurwiel sal ook vibreer om jou te waarsku. Die kersie op die koek vir my was die nagvisie wat die 530d-bestuurder in staat stel om in die pikdonkerte van die nag enige lewende skepsel voor die motor raak te sien. Die stelsel gebruik weereens die kameras wat in infrarooibeeld na die pad voor die motor kyk. Dit is nogal indrukwekkend om die stelsel in werking te sien. Die stelsel kan die pad tot 300 meter voor die motor lees. Sou die stelsel enige gevaar van ‘n botsing met ‘n voetganger of fietsryer bespeur, sal die 530d die bestuurder deur middel van die rooi flikkerende driehoekie met ‘n mannetjie in die middel op die voorruit sowel as in die paneelskerm vertoon. Ons toetsmotor was ook toegerus met ‘n elektroniese bagasiebakdeksel wat baie handig is as jou hande vol tasse of pakkies is en jy moet die kattebak oop maak. Die ligtepakket waarmee ons toetsmotor toegerus was, is ook baie indrukwekkend en veral die klein wit liggies aan die binnekant van die deurhandvatsels lyk imponerend, veral teen die wit motor.

Enjin

Van voor afOns toetsmotor was die 530d; hy is toegerus met BMW se bekroonde 3-liter- 6-silinderturbodiesel met inlaatgeometrie. Die enjin ontwikkel 180KW se krag en 540NM se wringkrag. Die maksimum wringkrag is ook beskikbaar by net 1750 o/min. Die turbo-eenheid is gestel op 1,8 bar se druk om die 530d genoeg skop te gee om van rus na 100km/u in slegs 6,3 sekondes te versnel en ‘n maksimumsnelheid wat beperk word tot 250km/u, te haal… En hierdie is ‘n diesel? Ja! dit is ‘n diesel motor dié, en hy versnel soos ‘n GTi. Wat nog meer indrukwekkend is van die enjin, is die uitlaatgasse of die gebrek aan uitlaatgasse. Die 530d is ‘n groot motor met ‘n baie sterk enjin en die eenheid se CO2-gassyfer is slegs 160g/km, baie indrukwekkend. Die 530d word deur sy agterwiele aangedryf en al die krag word deur middel van ‘n 8-spoed- Steptronic-ratkas, ja 8-spoed, gelewer. Waar is die dae van die ou 3-spoedkaste? Die 530d is ook toegerus met BMW se “Active Steering”: die stelsel laat die agterwiele in die teenoorgestelde rigting as die voorwiele draai wanneer daar onder 60km/u gedraai word. Oor 80km/u draai die agterwiele in dieselfde rigting as die voorwiele. Alle 5-reekse is ook toegerus met BMW se “Dynamic Driving Control”; hierdie stelsel verander die ratskakelings tussen “Normal” en “Sport”. Die Sport-verstelling verander die ratte blitsvinnig en hou ook die toere langer sodat die beste verrigting uit die enjin gehaal kan word. Wanneer al die dinge met die ratkas gebeur, word die stuur sowel as die onderstel ook fermer en meet direk. Die stelsel waarvan ek die meeste hou, is BMW se “Dynamic Damping Control”. Hierdie stelsel is soortgelyk aan dié van die Range Rover wat die padoppervlak en beweging van die onderstel en vering monitor en die skokbrekers sowel as die vering by die padoppervlak aanpas. Die stelsel verseker dan die ritgehalte sonder enige insette van die bestuurder; hy doen alles outomaties. Die stelsel werk so: in elke wiel is daar ‘n beheereenheid wat die oppervlakte 400 keer elke sekonde evalueer en aanpassings maak. Daar is ook BMW se  “Adaptive Drive”-stelsel wat saam met die DDC-stelsel werk om die bakrol van die motor in draaie te beheer. Die stelsel help ook om die motor stabiel te hou wanneer daar skielike rigtingveranderings of versnelling en rem om ‘n draai plaasvind.

BMW se ingenieurs het ook groen tegnologie in die nuwe 5-reeks ingebou. Een van die stelsels is die “Brake Energy Regeneration” wat die energie wat ontwikkel word tydens ‘n remaksie gebruik om die battery te laai. Sodra die bestuurder sy voet van die versneller afhaal skakel die generator aan en word die kinetiese energie in krag omskep. Sodra die battery vol gelaai is, skakel die generator weer af, dit verlig die lading op die enjin en kan die enjin sy werk meer doeltreffend doen. Hierdie aksie bring ook ‘n brandstofbesparing teweeg.

Wat ons regtig dink

Die nuwe 5-reeks is werklik ‘n wondermotor. Jy bly wonder of daar werklik enige iets anders op die pad is wat by hom kan kers vashou. Jy wonder hoe het die wit jasse dit reggekry om al hierdie stelsels so perfek in een motor vas te vang; jy wonder is alles werklik nodig? En dan wonder jy waar gaan jy R630 000 vir die 530d sonder enige opsionele ekstra toerusting in die hande kry. Ons wonder net wat gaan Mercedes, Audi, Jaguar en Lexus moet doen om hierdie nuwe 5-reeks te troef?

Die 530d is ook een van die finaliste in die 2011 “Motor van die Jaar”-kompetisie. En as motorjoernalis en -entoesias dink ek nie daar kan enige ander  wenner wees as juis die Beierse ryding nie.

лубрикатор для пневмоинструмента как пользоватьсяДанильченко

Nog meer van dieselfde asseblief!

Die nuwe Audi A4Ons het onlangs die geleentheid gekry om die Audi A4 2.0 TFSi Quattro onder hande te neem. Nou as jy al enigsins enige van VWSA of Audi SA se voertuie gery het, sal jy sommer dadelik tuis voel. Dit is ‘n baie goeie ding, maar aan die ander kant hou ‘n ou soos ek van iets spesiaals. Veral as dit by ‘n Audi kom. Ek het self so ‘n paar jaar gelede ‘n Audi A4 1.8 T besit, en hy was anders as ander motors, solied en met ‘n spesiale gehalte aanmekaar gesit. Moenie my verkeerd verstaan nie: die nuwegeslag-Audi’s is baie goed aanmekaar gesit en ook van ‘n uitstaande kwaliteit, maar dit voel vir my of hulle die “spesiale” gevoel wat ‘n Audi anders maak as ‘n Volkswagen laat vervaag het. Dit is nou amper of al die VW en Audi produkte van die dieselfde material en vakmanskap gebruik maak. Weereens, dit kan ‘n baie goeie ding vir VW wees, maar aan die ander kant kan dit juis die Audi’s bietjie soos ‘n VW laat voel.

As ‘n mens na die soveelste generasie Corolla kyk, is dit ook ‘n baie goeie motor wat baie goed verkoop en alles gaan altyd reg, maar hy is nou al vir amper 20 jaar nie meer opwindend of spesiaal nie. Dit is net ‘n kwaliteitryding wat betroubaar is. Die Audi’s van vandag begin vir my daardie gevoel aanneem.

Enjin

Net soos die materiale wat gebruik word in die Audi en die Golf en die Polo word van die enjins ook in omtrent al die modelreekse ingespan. Die enjin in die Audi 2.0TFSi is so te sê dieselde as wat in die Golf GTi en die VW Scirocco en die VW Passat ingespan word. In sekere ander wêrelddele word die enjin selfs in die grote VW Pheaton en die Seat Leon asook die Tiguan en die Touran ingespan; die TT en die A5 het ook die gebruik van dieselfde enjin.  Dit is nie net meer ‘n Audi- of ‘n GTi-enjin nie. Die 2.0-liter-eenheid is ‘n baie goeie enjin met 155 Kw en 350Nm wringkrag. Dit is baie spiere en veral in die motor voel die krag besonder bruikbaar. Ons toetsmotor was natuurlik met Quattro-aandrywing toegerus wat beteken dat hy met al vier wiele trek. Sy versneltyd van rus tot by 100km/u is dan ook net so oor die 7 sekondes waar die VWGolf GTi met dieselde enjin net so onder die 7 sekondes is. Natiuurlik is dit die massaverskil tussen die twee, die Quattro-aandrywing weeg nogal ‘n lotjie. Kraglewering is sonder moeite en glad en die 7-spoedratkas verplaas die krag soomloos na die teerpad.

Hantering is soos verwag is omdat dié ‘n Quattro is – ongeëwenaard in die klas, maar ons kon nie ophou wonder hoekom ‘n mens nou eintlik vierwielaandrywing vir ‘n gesinsmotor wat 99,9% van die tyd op mooi voorstedelike teerpaaie gaan rondry nodig het nie. Ons kan in elk geval nie die perke van dié of enige ander motor op ‘n openbare pad toets nie, dus hoekom daarvoor betaal? Uitlaatgasse is mos deesdae een van die belangrikste syfers op die voornemende koper se lysie en hier stel die Audi ook nie teleur nie. Hy is nou wel amper 60 g/km oor die staat se groen perk, maar vir ‘n motor met die verrigting en van dié grootte is die 172g/km uitstekend. Brandstofverbruik word aangegee as 7.4L/100km maar ons het ietwat meer, 8.2L/100km, gehandhaaf. Audi gee sy maksimumsnelheid aan as 245km/h en dié het ons ook getoets as 242km/h, ‘n heel onwettige syfer.

Binneruim

Binneruim van die A4Alles binne die Audi A4 lyk en pas goed. Die sitplekke is baie gemaklik en ondersteunend en die instrumentpaneel is logies soos net die Duitsers dit kan doen maar tog duidelik en klassiek uitgelê. Wanneer jy in die motor inklim, gaan sit jy baie laag en dit voel knus en reg wanneer jy sit, maar probeer uitklim veral as jy oor die ses voet is. Die deure maak groot en wyd oop en is ook nie swaar nie. Vergelyk die A4 se binneruim met dié van die 3-reeks-BMW of die C-klas-Mercedes, dan voel die Audi net te knus vir waarvoor hy gebou is. Dit is asof Audi alles om die bestuurder ontwerp het, wat nie sleg is nie, en so bietjie van die passasiers vergeet het, maar hierdie bly ‘n vierdeurgesinsmotor wat gemaklike plek vir die gesin moet bied. Die reusebegasiebak maak darem op vir die res van die spasie wat na ons mening nog kan verbeter. Soos ‘n mens verwag van ‘n primavervaardiger, is die motor gelaai met die luukshede en alles van leersitplekke tot verhitte sitplekke en ingeboude navigasiestelsel pronk hier. Mens moet net baie vesigtig wees wanneer jy enige Audi bestel, soos met die ander twee Duitse luuksevervaardigers betaal jy ekstra vir meeste van die tegnologie. En daar is net soos in die ander twee heelwat hiervan, enige iets is beskikbaar, van radartogbeheer wat die spoed aanpas soos die verkeer voor jou stadiger of vinniger beweeg, tot by ‘n stelsel wat jou waarsku wanneer jy oor die witlyne ry of uit jou baan uit dryf op die snelweg. Daar is al die gewone veiligheidstoerusting soos ABS en lugsakke aan die kante en voor wat standaard is, maar al die ekstra tegnologie gaan jou ‘n klomp geld kos as jy nie noukeurig kies nie.

Opsomming

Teen R440 000 vir die standaard-Audi A4 2.0 TFSi Quattro sonder al die tegnologiese veiligheidstelsels soos genoem en lekker goedjies soos ‘n Bang en Olufsen-klankstelsel, elektriese vestelling vir die sitplekke, ens., is die Audi nie goedkoop nie. Dit bly ‘n baie goeie motor wat baie goed aanmekaar gesit is en duidelik heelwat kopers lok. Sou ons in die segment met ons eie geld ‘n motor moes koop, sou die VW Jetta 2.0TSi met dieselfde enjin en 147Kw dalk meer sin gemaak het teen meer as R100 000 goedkoper. Volvo se splinternuwe S60 2.0T teen R360 000 is ook beter toegerus en stink nog van nuutgeit. En Volvo is lankal nie  meer die stiefbroer van oor die see nie. Die Sweed kan nou al drie die Duitsers in die hoofligte kyk wat tegnologie, bougehalte en rygerief aanbetref. Die Audi is ‘n baie goeie motor wat sy man ordentlik kan staan in hierdie geselskap, maar daardie iets spesiaals wat ‘n Audi altyd gebied het, is weg. Dit is asof die nuwegeslag-Audi’s ‘n kopié van ‘n baie goeie ding is; die eiesoortige karakter van die verskillende modelle ontbreek.

Syfers

Audi A4

Model: 2.0T FSI Quattro S tronic

Prys voor ekstras: R 436 000

Enjinkapasiteit: 4 sil/1984cc

Krag: 155Kw

Wringkrag: 350Nm

Ratte: 7

Versnelling 0 to 100 km/u: 7,2 sek

Maks. spoed: 242 km/u

Brandstoverbruik/100km: 8.2l/100km

Tenkinhoud: 65L

панель светодиодная круглаялобановский харьков

Blou doeltreffendheid

Al die motorvervaardigers het deesdae nie meer die krag- en spoedsyfers op die voorgrond wanneer daar van nuwe motors gepraat word nie. Dit gaan alles deesdae oor die hoeveelheid uitlaatgasse per 100mg wat in die lug in gepomp word. En ja vanaf Septembermaand 2010 gaan daar nog ‘n boetebelasting ook gehef word op die hoeveelheid gifgasse wat jou kar die lug in stuur. Elke nuwe motor wat verkoop gaan word, gaan met tot R75 per gram wat die uitlaat gasse bo 120g/km is beboet word. Dit gaan die onnodig astronomiese motorpryse nog hoër maak.

Blou embleemNou kan ons sien hoekom al die vervaardigers so aangaan oor die gram per kilometer wat sy voertuie die lug in stoot. En ja alle voertuie doen dit, behalwe natuurlik dié wat ten volle elektries aangedrewe is, die gholfkarretjies en so aan. Self daardie Toyota Pruis of Lexus 450h wat jy beplan om te koop, is skuldig.

Mercedes-Benz het  soos baie ander vervaardigers besef daar moet iets gedoen word aan die situasie. Die oplossing was nie om dadelik miljarde euro’s na elektriese ontwikkeling te gooi nie, nee hulle sal wag tot een van die Japannese dit regkry en dit dan net verbeter. Die nuwe CGI-modelle het die lig gesien. Hierdie is gewone Mercedes-motors met ‘n klein enjin en turbokrag wat nie net minder gasse die lug in stuur nie maar sommer ook meer krag as die konvensionele enjins lewer. Die brandstofverbruik is dus ook minder want die gas wat die lug moes in, word nou gebruik om die motor aan te dryf. Dit is dus ‘n baie beter oplossing vir ‘n klomp probleme. Die nuwe Mercedes gee meer krag, gebruik minder brandstof en verbrand dus minder gasse. Die ding is net: nou betaal jy nóg meer vir die tegnologie! Ons het die E200 CGI Blue Efficiency Estate onder hande gehad.

Binneruim

In tradisionele Mercedesstyl is die nuwe E-Klas baie goed aanmekaar gesit, met kwaliteitafwerking en styl reg rondom jou. Die nuwe E-Klas is ook sommer vol nuwe tegnologie en ons toetsmotor was met die “Avantgarde” afwerking toegerus wat nog mooier wiele, swart leersitplekke en ‘n meer sportiewe sierrooster byvoeg. Die sitplekke is iets om te beleef. Hulle beskik oor ingeboude waaiertjies wat jou sommer gou afkoel, sou op die leersitplekke begin sweet en dit werk. Daar is ook sommer verhitting in dieselfde sitplekke ingebou wat weer die koue leer baie vinnig lekker verhit. Dan is daar die “active seats” wat jou netjies in die sitplek vashou, sou jy vinnig om ‘n draai gaan; die teenoorgestelde kant van die sykussing waarheen jy draai blaas in millisekondes op of af om jou mooi styf in die sitplek vas te hou. Die sitplekke masseer dan ook jou rug so terwyl jy bestuur en op ons rit Polokwane toe en terug was die funksie hemels.

Die middelkonsole is toegerus met beheerknoppies vir die radio, wat nogal ‘n Harman Kardan Logic 7 is, die elektroniese klimaatbeheer en die navigasiestelsel. Daar is ‘n stelsel wat Mercedes “Thermotronic” noem: basies ‘n klimaatbeheerstelsel wat twee kante van die binnekajuit individueel beheer. Die agterste passasiers kan ook die gedeelte van die binneruim apart van die voorste deel beheer.

MB-stasiewaDie groot voordeel van ‘n stasiewa – en ja, die Estate is ‘n stasiewa – is natuurlik die laairuimte. Daar is nie minder as 1 950 dm³ se laairuimte in die Merc nie. Dit is eenvoudig enorm. Die agterste laaideur kan ook outomaties, met die druk van ‘n knoppie in die bestuurder se deur, oopgemaak word. Wanneer die groot agterdeur wyd oopstaan, kan dit dan weer deur middel van ‘n knoppie aan die binnekant van die agterklap elektronies toegemaak word. Jy kan dit ook sommer op die konvensionele manier met die hand toeklap, sou jy wou. Daar skuil ‘n volgrootte noodwiel onder die vloer van die laairuimte en die hele binneruim is met gehalte tapyte toegerus. Mercedes noem die outomatiese deur die “Easy Pack”-pakket. Nog ‘n deel daarvan is dat die vloer van die laairuim soos ‘n konsertina opvou om verskeie pakplekopsies te skep. Daar is ook ‘n opvoubare kruideniersmandjie sommer in die motor.

Ons toetsmotor was toegerus met die opsionele panoramiese sondak; dié is eintlik twee dakke in een: een vir die voorste insittendes en ‘n tweede vir die agterste passasiers. Die agterste dak kan nie oopskuif nie, maar het ‘n outomatiese sonblinding wat oop en toe skuif. Daar is ook ‘n stemaktiverende funksie vir die telefoon , radio en navigasiestelsel waar die bestuurder standaardvrae beantwoord om sekere funksies in die motor te beheer. Dit is nogal baie handig deurdat die bestuurder slegs nodig het om een knoppie op die stuurwiel te druk en dan te vra wat hy wil verstel. Die radio het ook ‘n 6-gang voorlaailaserskyfspeler wat selfs DVD’s kan speel. Die speler beskik oor ‘n ingeboude geheue van 6 Gigagrepe soos ‘n rekenaar of Ipod waarop musiek gebêre kan word.

Enjin

Anders as wat die naam aandui, is die E200 CGI Estate nie toegerus met ‘n 2-literenjin nie. Hierdie is ‘n 1,8-litereenheid met direkte turboaandrywing. Die ratkas is ‘n seepgladde 5-spoed outomatiese kas wat die groot wa sonder moeite aandryf. Kragontwikkeling is ‘n gesonde 135 Kw en omdat hy turbo-aangejaag is, is die wringkragsyfer ook baie indrukwekkend teen 270Nm. Die ekstra gewig van die stasiewa beïnvloed nie die motor se verrigting en hantering nie; dit alles is te danke aan die selfgelykmakende veringstelsel wat standaard op al die Estate-modelle beskikbaar is. Verrigting is besonder goed met ‘n topsnelheid van 225km/u en uitlaat gasse van slegs 179g/km. 0-100km/u word in 8,7 sekondes behaal.

Veiligheid

Outomatiese agterdeurHierdie is ‘n Mercedes-Benz, dus is die veiligheidsfaktor van ‘n hoë standaard met ingeboude stelsel wat meer daarop gemik is om ‘n botsing te vermy as om die insittendes te beskerm. Indien daar wel ‘n botsing sou plaasvind, spog die E met ‘n 5-sterveiligheidstoekenning van die Europese Euro cap. Daar is die radar wat in die neus ingebou is wat die afstand tussen jou en die voertuig voor jou monitor en dan die spoed aanpas volgens die afstand wat die bestuurder vooraf ingeprogrammeer het. Met ons tog na Pietersburg het ons die stelsel deeglik getoets deur hom heeltemal by al die tolhekke te vertrou. Die stelsel het telkens die motor tot stilstand gebring by die tolhekke wanneer die verkeer stadiger beweeg en eintlik tot stilstand kom. Die stelsel kan ook ‘n aankomende motor van agter dophou en sal dan ook die remdruk aanpas sou hy agterkom iets kom te vinnig van agter af na jou toe aan.

Daar is die “Adaptive High Beam”-stelsel wat die hoofligte monitor vir aankomende verkeer. Wanneer die hoofligte op skerp is, sal dit self domp om nie die aankomende verkeer te verblind nie. Wanner die ligte verdof is, bepaal die stelsel dan ook self die maksimumafstand wat verlig kan word sonder om die aankomende verkeer te verblind. In die gedompte verstelling kan die ligte tot 300 meter ver verlig. Dit verseker dat daar geen bestuurderinvoer van skerp- na dompligte meer nodig is nie; die motor doen dit self. Daar is ook klein geel driehoekies in die syspieëltjies ingebou wat verlig wanneer jy onder 30km/u ry om jou te waarsku dat daar dalk iets in jou blindekol kan wees. Sou daar egter teen enige spoed iets in jou blinde kol inbeweeg, sal die driehoekies outomaties verlig om jou aandag op die voorwerp te vestig.

Daar is ook ‘n horde ander veiligheidstelsels soos die “Pre-Safe”-stelsel wat die sitplekgordel letterlik teen jou lyf vastrek wanneer die motor aangeskakel word. Dit sal al die kantruite en sondak outomaties toemaak wanneer die motor vinnig ry. Ook die sitplekke is “intelligent” in die sin dat wanneer die motor agterkom daar gaan nou ‘n botsing plaasvind, verskuif hy die sitplekke na die optimale posisie vir die ontplooiing van die lugsakke. Die lugsakke word op twee maniere ontplooi; dit hang af van die erns van die botsing of die sakke ten volle of net half ontplooi word. Daar is natuurlik lugsakke teen al die kantruite en die sykante van die insittendes, asook vir die knieë. Agterste passasiers het ook kantlugsakke en gordelversterkers wat help om hulle in posisie te hou tydens ‘n botsing. Die voorste kopstukke verstel binne millisekondes om die voorste insittendes se nekke meer stut tydens ‘n botsing van agter te gee.

Ná ‘n botsing plaasgevind het, sorg die E-Klas dan ook dat daar nie verdere skade aangerig word nie deur die enjin outomaties af te skakel en die brandstoftoevoer heeltemal af te sny en te isoleer. Die noodflikkerligte word geaktiveer en die ligte binne in die kajuit word outomaties aangeskakel; die kantruite kan effens oopgemaak word om toegang of uitgang te vergemaklik. Al die deure se slotte ontsluit outomaties ná ‘n botsing. Ander stelsels soos die parkeerhulpstelsel met ingeboude kamera wanneer trurat geskakel word, help met agteruitparkering.

Gevolgtrekking

Die E200 CGI Estate Avantgarde wat ons bestuur het, is beslis een van die beste familievoertuie op die mark. Ons Suid-Afrikaners kan net nie vatplek kry aan stasiewaens nie, maar in Europa en Amerika is dit juis hierdie tiepe voertuie wat die helfte van die onderskeie modelle se verkoopsyfers uitmaak. Ons toetsmotor se prys met standaardtoerusting is R509 000, maar dan kom die R23 600 van die Aventgarde-pakket, die R5 500 vir die 18-duimsierwiele, die R12 500 vir die sitplekventilasiestelsel, die R22 000 vir die DVD-speler, die R24 500 vir die “Driving Assist”-pakket, R16 000 vir die sondak, R7 800 vir Harmon Kardon-radio, R3 100 vir die “Media Interfase” van die klankstelsel, R3 250 vir metaalverf,  R4 600 vir die trukamera… dan tel dit op na ‘n astronomiese R631 850! Dit is lekker duur, maar dit bly ‘n Mercedes-Benz met al die speelgoed wat jy ooit in enige motor sou wou hê. Die meeste veiligheidskenmerke is darem standaard in die E-Klas ingebou. Tans is daar nie eintlik ‘n mededinger vir die Merc nie, maar dalk kan die BMW 5 Reeks Touring net die regte ding wees.

пародонтолог москва отзывылобановский депутат