Swart jeug steun Malema

Een uit elke vier jong Suid-Afrikaners sal vir Julius Malema stem, die geskorste leier van die ANC-jeugliga, het ‘n opname Woensdag bevind.

“Dit is duidelik dat ‘n beduidende aantal jongmense ontevrede is met die ANC en na Julius Malema sal draai as ‘n alternatief indien hy ‘n nuwe politieke party sou stig,” het Shirley Wakefield van die navorsingsmaatskappy Pondering Panda gesê.

Altesaam 3 585 mense tussen die ouderdom van 18 en 34 het aan die opname deelgeneem.

Altesaam 35% van respondente het gesê hulle sal vir die ANC stem; 26% het gesê hulle sal vir Malema se party stem en 15% het gesê hulle sal vir die DA stem.

Altesaam 14% het egter gesê hulle sal nie stem nie, terwyl 6% vir ‘n ander party sal stem.

Sowat 35% van die mans wat aan die opname deelgeneem het, het gesê hulle sal vir Malema stem, terwyl net 18% van vroue gesê het hulle sal.

Die meeste van Malema se ondersteuning kom van jong swartes.

In ‘n aparte opname is die jeug gevra of hulle dink dit is ‘n goeie idee vir Malema om ‘n politieke party te stig.

Altesaam 40% het gesê hulle dink dit is ‘n goeie idee.

Respondente glo Malema sal meer doen om arm mense te help.

“Dit is treffend dat die mense wat Malema ondersteun voel hy sal meer regverdig as die ANC vir die mense van Suid-Afrika optree,” het Wakefield gesê.

Malema het vroeër die maand sy nuwe politieke platform, die Economic Freedom Fighters, bekend gestel.

Mandela aan ondersteuningsmasjiene gekoppel

Oudpres. Nelson Mandela word glo dmv ondersteuningsmasjiene aan die lewe gehou, het die The Citizen Woensdag berig. Sy familie is glo die keuse gegee om die masjiene te laat afskakel.

Dié berigte kon nie die deur familielede of die presidensie bevestig word nie.

Die laaste amptelike verklaring oor Mandela se toestand is Dinsdagmiddag uitgereik wat Mandela se toestand as “onveranderd” beskryf het. Dit volg op ‘n verklaring vroeër wat die voormalige staatshoof se toestand as kritiek bestempel het.

The Citizen het met “vyf hooggeplaaste bronne na aan die familie gepraat,” en hulle het bevestig dat Mandela “asem haal met die hulp van ‘n lewensondersteuning-ventilator”. Twee van dié bronne, wie se identiteit nie onthul is nie, het hom kort gelede in die hospitaal besoek.

Die voormalige president ondergaan glo ook dialise, weens sy nierversaking.

“Hy is op ‘n lewensondersteunende-ventileerder en sy nierfunksie is baie swak. Hy is in ‘n kritieke toestand, maar ‘n hele span dokters, wat ‘n hartspesialis, longspesialis, nierspesialis en ‘n hoofkonsultant insluit, versorg hom,” het die bron aan The Citizen gesê.

 

Zuma kanselleer Mosambiek-besoek

Pres. Jacob Zuma het sy beplande besoek aan Mosambiek gekanselleer, het die presidensie Woensdag gesê.

Zuma het oudpres. Nelson Mandela Woensdag omstreeks 22:00 in die hospitaal in Pretoria besoek waar hy behandel word, en het by monde van sy woordvoerder, Mac Maharaj, gesê sy toestand is steeds kritiek.

“Pres. Zuma is deur dokters ingelig en hulle doen steeds alles wat hulle kan om sy [Mandela se] welstand te verseker.

“Pres. Zuma het besluit om sy besoek aan Maputo, Mosambiek vir môre, 27 Junie, te kanselleer, waar hy ‘n beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor streeks-infrastruktuurbeleggings moes bywoon.”

Mandela, 94, is op 8 Junie in die Mediclinic-harthospitaal in Pretoria opgeneem.

Meertalige kinders onthou beter

Kinderen die tweetalig worden opgevoed, hebben een beter werkgeheugen (noodzakelijk voor begrijpend lezen, hoofdrekenen enz.) dan eentalige kinderen. Dat schrijven onderzoekers van de University of Granada en de University of York in Toronto, Canada in het Journal of Experimental Child Psychology.

De onderzoekers bestudeerden een aantal kinderen tussen 5 en 7 jaar – een kritieke leeftijd voor het ontwikkelen van het korte termijn werkgeheugen. Tweetalige kinderen bleken in diverse proeven veel beter te scoren dan eentalige leeftijdsgenoten.

Hoe complexer de proeven, hoe beter de resultaten.Een tweede studie van de University of British Columbia and Université Paris Descartes in het tijdschrift Nature Communications komt tot het besluit dat kinderen die tweetalig worden opgevoed vanaf de leeftijd van 7 maanden al een onderscheid kunnen maken tussen de grammaticale structuren van verschillende talen (bv. Engels en Japans).

Bron: Journal of Experimental Child Psychology, 2013; 114 (2): 187

DOI: 10.1016/j.jecp.2012.09.002Nature Communications, 2013; 4: 1490

DOI: 10.1038/ncomms2430

Mandela se dood vroegtydig aangekondig in Amsterdam

Stadsdeel Amsterdam Zuidoost heeft dinsdagavond tijdens de deelraadsvergadering een minuut stilte in acht genomen vanwege het overlijden van Nelson Mandela. Dat meldt Het Parool. De raad had ten onrechte geconcludeerd dat de Zuid-Afrikaanse oud-president in het ziekenhuis van Pretoria was gestorven.

Griffier Sjam Jokhan heeft het tegenover Het Parool over een ongelukkig misverstand. ‘Mart van de Wiel van de fractie D66/OZO kwam tijdens een schorsing naar ons toe om te vertellen dat zijn held was overleden. Ik heb geprobeerd dat bericht te verifiëren. Ik vond tientallen Twitterberichten die het nieuws leken te bevestigen, inclusief uitdrukkingen als breaking news en it’s official’, zegt Jokhan.

Daarna werd de raadsvergadering hervat en bracht deelraadvoorzitter Mala Eckhardt de aanwezigen op de hoogte van het nieuws. Voorgesteld werd om een minuut stilte in acht te nemen.

Al snel na het hervatten rezen volgens de griffier de eerste twijfels. ‘Ik kreeg een sms van stadsdeelvoorzitter Herrema met de mededeling dat het nieuws niet door de officiële kanalen bevestigd werd.’

Deelraadvoorzitter Eckhardt nam later opnieuw het woord. Dit keer om de aanwezigen te vertellen dat Mandela nog niet was overleden.

‘Het blijkt maar weer hoe voorzichtig je moet zijn met berichten op internet. We dachten er goed aan te doen meteen iets te doen met het nieuws, maar we waren te vroeg,’ aldus Jokhan.

Het bestuur van het stadsdeel betreurt de gang van zaken. ‘Dit had nooit mogen gebeuren’, zo liet een woordvoerder woensdag weten in een reactie. Volgens hem werkt raadsvoorzitter Eckhardt aan een excuus voor de inwoners van Zuidoost.

Enorme beeldprobleme vir VSA danksy Obama se tweegesigbeleid

Van die begin van sy eerste presidensiële veldtog, het Barack Obama gedemonstreer dat sy vaardigheid as leuenaar van hoogstaande gehalte is. Hy was hartstogtelik teen marteling terwyl hy planne bedink het om die martelkamp Guantanamo oop te hou. Hy het Wall Street se spekulante veroordeel, terwyl hy die aanstelling van sleutelfigure uit die markte as ekonomiese adviseurs beplan het. Hy het belowe om ‘n nuwe ooreenkoms in die Midde-Ooste tot stand te bring, veral vir die Palestyne, maar het die anti-Palestynse Rahm Emmanuel as sy hoogste Presidensiële raadgewer aangestel.

Sy “historiese swart deurbraak” was die eerste Afro-Amerikaanse president wat vir alle Amerikaners – nee vir die hele wêreld! – sal opstaan. Hy is as die jong Mandela voorgehou, ‘n messias. Miljoene was duiselig oor die deurbraak en wit, swart, jonk en oud, die vakbonde en gemeenskapsaktiviste is gewillig mislei. Barack Obama se belangrikste raadgewers is egter geharde militariste, groot bankiers, korporatiewe HUB’s, en Wall Street-manipuleerders wat openlik dwelmgeld was.

Inderdaad, Obama se ondersteuners is betower deur die valse retoriek, die demagogie, die populistiese ghetto-styl, en die valse outentiekheid. Hier is die man wat belowe het om oorloë te beëindig, die martelkamp in Guantanamo te sluit, Wall Street te tem, die Patriot Act te herroep en die Handves van Menseregte te herstel.

Obama oortref Bush egter by verre in die pleeg van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, meer militêre avonture in die buiteland en strawwe maatreëls teen enige dissidensie by die huis. Hy oortref by verre enige president in die Amerikaanse geskiedenis in die aanvaarding van diktatoriale magte, verskeie oorloë, en die massiewe oordrag van staatsinkomste na Wall Street se bankiers.

Die Carters, Reagans en Clintons en Bushes is amateurs in vergelyking: Die enorme gaping tussen styl en substansie, belofte en prestasie, vrede en oorlog, kapitaal en arbeid was nog nooit groter nie.

President Obama se welsprekendheid het die mensdom veroordeel tot ‘n inferno van eindelose oorloë. Dit is die perversiteit van sy retoriek wat geregtigheid vir Moslems in Kaïro belowe gevolg deur die bloedige aanval op Tripoli, die marteling en moord van die Libiese leier, die gebreekte beloftes aan vredeliewende inwoners in Afrika, met konflik wat uitbrei waar die VSA voet aan wal sit.

Trouens, ‘n stortvloed morele en etiese uitsprake vergesel Obama se bewapening van 40 000 fundamentalistiese Moslem-huursoldate om die sekulêre Siriese staat te breek.

President Barack Obama het belowe om ‘n omvattende gesondheidsorg vir Amerika te skep en daarna kiesers met ‘n verwarrende reeks verpligte betalings opgesaal vir winsgewende private gesondheid versekeringsmaatskappye. Obama het plegtig belowe Medicare te verdedig en daarna sy begroting verminder met ‘n triljoen dollar. As die man se lippe beweeg, volg verraad.

Obama kry 95% van die Afro-Amerikaanse stemme tuis, terwyl die inkomstegaping tussen swart en wit verbreed en werkloosheid en armoedesyfers dramaties styg. Obama, die eerste swart President, het meer Afrika-lande gebombardeer, huursoldaatweermagte in Libië en Somalië geborg en meer militêre basisse in die swart kontinent opgerig as die laaste vyf wit presidente saam. Die selfgeproklameerde “historiese deurbraak van ‘n swart president om eeue van rassisme te beëindig” word steeds deur swart inwoners van die Afrika-kontinent vir soetkoek opgeëet danksy Obama se sjarme.

Dit is genoeg vir Obama om ander swart boewe en buitelandse interventioniste aan te stel, soos Eric Holder en Susan Rice, om die toejuiging van die liberales te verseker, selfs as hul eie data deur die wêreld se grootste spioenasie-agentskappe ingesamel en gesif word.

Die rits leë beloftes, absolute politieke misleiding, die sistematiese leuens in die nastrewing van oorloë en finansiële manipulasie in die naam van vrede en sosiale geregtigheid, die volgehoue uitbreiding van die uitvoerende gesag oor die lewe en dood van Amerikaanse burgers in die naam van veiligheid, dit is Barack Hussein Obama se nalatenskap. Sal enige toekomstige Amerikaanse president hom dit kan nadoen?

Die koste van die President Obama se tweegesig-beleid is enorm: Dit voorspel katastrofiese beeldprobleme vir die VSA vorentoe.

ANC erken erns van kubermisdaad na polisiedatabasis uitlek

Die staat het op geskrewe vrae van die Vryheidsfront Plus erken dat ‘n kuberkraker wat toegang tot die polisie-databasis verkry het, die name van tot 17 000 polisie-informante of ‘fluitjie-blasers’ in die proses bekom het en dat geen verdagtes nog hieroor geïdentifiseer is nie.

Dit blyk ook dat persone wie se name gelek is, tans nog geen beskerming van die staat ontvang nie.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het gesê dit bevestig vermoedens dat die aangeleentheid veel meer omvangryk is as wat die polisie tot dusver wou erken en dat die inligting wat op die wyse bekom is, ‘uiters sensitief en betroubaar’ is.

Luidens mediaberigte het die polisie by monde van sy nasionale woordvoerder, brig. Phuti Setati, tot dusver ontken dat ‘enige geklassifiseerde inligting’ op die manier uitgelek het.

Volgens adv. Alberts is hierdie aangeleentheid ‘n reuse verleentheid vir die staat en die polisie, al is die erns daarvan tot nou toe ontken.

“Dit is ‘n groot terugslag vir die polisie se stryd teen misdaad aangesien mense met inligting nou bang sal wees om na vore te kom.

“Hierdie is agterlosigheid op ‘n groot skaal en dui op onbevoegdheid in die staat se inligtingstegnologie-agentskap (SITA) wat die polisie se webwerf bedryf. Die publiek se vertroue in die polisie sal gewis hierdeur geknou word,” sê adv. Alberts.

Adv. Alberts het vrae aan die ministers van polisie en van staatsdiens en administrasie gerig. Aan die minister van polisie is onder meer gevra om inligting bekend te maak oor wie se name gelek is, of verdagtes in die misdaad al geïdentifiseer is, of die persone wie se name gelek is in gevaar verkeer en wat gedoen word om hulle te beskerm.

Die antwoord daarop is onder meer dat geen persone wat deel is van die polisie se getuiebeskermingsprogram, se name gelek is nie.

Intussen word steeds ondersoek gedoen om te assesseer wat die ‘aard van die bedreiging’ is teen mense wie se name genoem is, en beskerming sal aan die hand hiervan verleen word sodra die ondersoek voltooi is.

Die minister van staatsdiens en administrasie het in haar antwoord bevestig dat inligting bekom is van tot 17 000 mense wat inligting oor misdaad aan die polisie verskaf het.

Om die stelsel te beveilig is veiligheidsmaatreël rondom die rekenaarstelsel verskerp en sagteware wat hierdie tipe inbraak voorkom, is onder meer op datum gebring.

Luidens die antwoord is die webwerf in 2004/2005 ontwikkel en word dit onderhou deur SITA. Daar is geen eksterne kontrakteur wat betrokke is by die instandhouding van die webwerf nie. Die onderhoud van die stelsel word gedoen ingevolge ‘n diensvlakooreenkoms tussen SITA en die SAPD.

Daar word ook ‘voortdurend’ ondersoek ingestel na nuwe metodes om kuberkraking te voorkom aangesien kuber-misdadigers tegnologies voortdurend nuwe maniere vind om veiligheidstelsels te omseil.

Na die voorval het die polisie ‘n span kundiges saamgestel wat ‘n assessering van die bestaande stelsel gedoen het. ‘n Gedetailleerde implementeringsplan is reeds in plek gestel om al die sekuriteitsvereistes rondom die stelsel op te knap, lui die antwoord.

Afghanistan, onoorwonne en gevaarliker as ooit

Militante in Afghanistan het Dinsdagoggend die presidensiële paleis in Kaboel asook die kantoor van Amerika se intelligensiediens (CIA) in dié stad aangeval.

Daar was ‘n rits ontploffings by een van die ingange na die gebou. Swart rook is gesien en geweerskote is vir ‘n ruk lank gehoor.

Volgens berigte het ‘n lyfwag van president Hamid Karzai op die aanvallers gevuur.

Die Taliban het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.

Die Afgaanse polisie het ‘n ruk later bevestig dat al die Taliban-militante, wat die paleis en CIA-kantoor geteiken het, in die aanval dood is.

Kaboel se polisiehoof, Mohammad Ayoub Slangi, het aan joernaliste op die toneel gesê al drie of vier militante is dood, maar geen personeellede van die paleis, CIA-werknemers of burgerlikes het hul lewe verloor nie.

Hy het gesê hulle het uit ‘n motor vol plofstof gespring voor die voertuig ontplof het.

Die president sal later ‘n mediakonferensie by die paleis hou.

Intussen het die meeste diplomate in die Amerikaansgesinde regering in die land hul poste verlaat en aangedui dat hulle nie gaan terugkeer na Afghanistan na die VSA se vertrek nie.

Een verklaarde doel van die Amerikaanse inval was om te verhoed dat ‘n “veilige hawe” vir Al-Kaida geskep word vanwaar hulle aanvalle in ander lande kan beplan.

Die meeste ontleders stem egter saam dat die NAVO-operasie nie geslaag was nie. Alhoewel Al-Kaida se mag in die land plek-plek verminder is, is dit steeds ‘n teenwoordigheid in die land.

Die veiligheidsituasie vir die gemiddelde inwoner is tans benard. Burgerlike ongevalle het skerp gestyg in die afgelope jaar. Die eerste helfte van 2013 het ‘n styging van 24% in vergelyking met 2012 getoon.

Na meer as ‘n dekade van oorlog, is die Taliban sterker as ooit. Baie van die NAVO se territoriale voordeel is geensins onomkeerbaar nie en die militante het nog steeds die kapasiteit om verwoestende verrassingsaanvalle soos die September 2012 aanval op Camp Bastion van stapel te stuur.

Die Taliban se momentum is nie gebreek nie, en sedert 2001 is meer as 3000 koalisietroepe gedood in Afghanistan.

Die druk op NAVO-leiers om troepe te onttrek is ook vererger deur ‘n reeks van “groen-op-blou” aanvalle waarin lede van die Afghaanse veiligheidsmagte hul wapens op koalisie troepe gebruik het.

Ten minste 60 NAVO-personeel is dood in sulke aanvalle in 2012, en baie meer Afghaanse sekuriteitslede het gesterf aan die hande van hul kollegas, in die sogenaamde “groen-op-groen” aanvalle.

‘n Hoeksteen van NAVO se strategie was om die grootte en doeltreffendheid van die Afghaanse veiligheidsmagte ‘n hupstoot te gee. Die ANA het tans sowat 185,000 opgeleide lede, wat nie gereed of betroubaar is nie.

Mandela: Bedrywig in Pretoria, Qunu

Dit was vroeg Woensdagoggend stil by Mandela se huis in Houghton, en polisiemotors het nou en dan in die straat patrollie gedoen. Dinsdag was egter bedrywig by die hospitaal in Pretoria.

Thabo Makgoba, die aartsbiskop van Kaapstad, is Dinsdagmiddag by die hospitaal waar oudpres. Nelson Mandela steeds in ‘n kritieke toestand lê, opgemerk.

Makgoba het die Medi-Clinic-harthospitaal se Parkstraat-ingang in ‘n donker Audi-sportnutsvoertuig verlaat.

Intussen het talle mense boodskappe met goeie wense by die hospitaal gelaat.

Een plakkaat wat teen ‘n heining by die hospitaal staangemaak is, lui: “Ons [hartjie] jou, Mandela”. Dis langs ‘n plakkaat neergesit met een van die bekendste Madiba-aanhalings op: “Dit lyk net onmoontlik tot dit gedoen is — Nelson Mandela”.

Die plakkate is gemaak deur Heleen Donnolly, eienaar van ‘n maatskappy wat plakkers vervaardig.

“Ons wil hom net bedank omdat hy daar was vir die land,” het Donnolly verduidelik.

Die bekende sakeman Kenny Kunene het by die Celliersstraat-ingang blomme neergesit en met die media gepraat. Meer metropolisiebeamptes het ná Kunene se besoek by die ingang opgedaag.

Hulle het Celliersstraat by die kruising met Parkstraat gesluit.

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, was ook te sien, en het vertrek ná ‘n gesprek met die polisiebeamptes.

Die presidensie het vroeër Dinsdag bevestig dat Mandela se toestand steeds kritiek is, en het gesê dokters doen steeds alles in hulle vermoë om te verseker dat hy gemaklik is.

Polisierekrute het ook vroeër die dag by die hospitaal opgedaag om blomme af te lewer en om hulle boodskappe met goeie wense vir die president agter te laat. Hulle het in ‘n bus hul opwagting gemaak.

Die sakeman Calvern Hugo het ongeveer 60 wit duiwe naby die Celliersstraat-ingang vrygelaat om Mandela se bydrae tot vryheid in die land te simboliseer.

“Dit was ‘n paar minute uit ons besige skedules wat ons opgeoffer het om dankie te sê vir die opofferings wat hy gemaak het vir die hele nasie,” het Hugo gesê.

Mandela se eksvrou, Winnie Madikizela-Mandela, het kort ná 12:30 weer saam met haar dogter, Zindzi Mandela-Motlhajwa, by die hospitaal aangekom.

Brandende kerse, bosse pienk en rooi blomme, plakkate en honderde boodskappe van ondersteuning was Woensdagoggend te sien by die ingang na die hospitaal in Pretoria waar oudpres. Nelson Mandela behandel word.

Die wêreldbekende ikoon is op 8 Junie in die hospitaal opgeneem weens ‘n herhalende longinfeksie, maar sy gesondheid het intussen verswak en die presidensie het Dinsdagmiddag bevestig dat sy toestand steeds kritiek is.

‘n Groot aantal boodskappe en kaartjies is op die naambord van die hospitaal op Celliersstraat aangebring.

Veiligheidspersoneel en polisielede bewaak die perseel steeds.

Polisiebeamptes het weer na 05:00 Woensdagoggend alle voertuie deursoek wat by die perseel aankom.

Talle plaaslike en internasionale joernaliste het ook weer buite die hospitaal saamgedrom.

Dit was Woensdagoggend stil by Mandela se huis in Houghton, en polisiemotors het nou en dan in die straat patrollie gedoen.

Drie motors en een bussie van die Johannesburgse metropolisie het omstreeks 01:10 in die straat ingedraai waar Mandela se huis is.

Die bussie, wat agter gery het, het sy noodligte aangeskakel, en het in die straat voor die hek stilgehou. Die bestuurder het die ligte geflits.

Ongeveer agt polisiebeamptes het uit die drie voertuie geklim. Hulle het ongeveer 10 minute lank voor die hek ‘n gesprek gevoer, waarna hulle terug in hulle motors geklim het en stadig weggery het.

Lede van die publiek het Woensdagoggend begin aankom by die hospitaal Mandela behandel word vir ‘n longinfeksie. Baie mense bring steeds kaartjies na die ingang van die hospitaal.

Intussen is bedrywighede aan die toeneem by Mandela se huis op Qunu in die Oos-Kaap met groter polisiesigbaarheid en meer media wat in die gebied begin aankom.

Mandela se kleinkinders, die Minister van die Staatsdiens en Administrasie, Lindiwe Sisulu en die UDM-leier, Bantu Holomisa, het dit ook bygewoon.

Die familie het ook die Mandela-begraafplaas besoek waar ‘n groep werkers besig was.

Sommige mediaberigte lui dat Madiba se kleinseun, Mandla Mandela na bewering uit die vergadering gestap het omdat sensitiewe familiesake bespreek is voor mense wat nie familie is nie.

‘n Kenner van Afrika-kultuur, Nokuzola Mndende sê sulke vergaderings vind slegs plaas wanneer die hoof van ‘n familie baie siek is.

Mandela-kinders baklei oor grafte

Gautengse koerante het Woensdag berig dat oudpres. Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, uit ‘n familievergadering in Qunu geloop het na ‘n meningsverskil in die familie.

Drie bronne het aan The Star gesê daar is ‘n stryd tussen Mandla Mandela – wat wil hê Mandela moet by sy geboorteplek in Mvezo begrawe word – en die res, wat voel daar moet gehoor gegee word aan sy wens om langs sy kinders begrawe te word.

The Star het berig dat “belangrike” familiesake Dinsdag by die Mandela-familie se vergadering in Qunu bespreek is.

Die vergadering is bygewoon deur die familie, die UDM-leier Bantu Holomisa, en Lindiwe Sisulu, minister van die staatsdiens en administrasie.

The Times het berig dat ‘n groep familielede beplan om na Gauteng te vlieg vir ‘n besoek aan Mandela, wat in ‘n kritieke toestand is, waarna hulle sal besluit wat om te doen.

Die vergadering Dinsdag het volgens berigte gefokus op Mandela se gesondheidstoestand, en oor die verskuiwing van die familiegrafte van Qunu na Mvezo in 2011. Die grafte is deur Mandla Mandela verskuif.

The Times het berig die familie wil hê die grafte van drie van Mandela se kinders – sy seuns Makgatho en Thembekile, en sy dogter, Makaziwe – moet in Qunu wees.

Die koerant het berig dat ‘n ontstoke Mandla Mandela, wat die grafte geskuif het sonder om die familie te raadpleeg, uit die vergadering gestorm het.

Mandla Mandela kon nie vir kommentaar bereik word nie.