Van die begin van sy eerste presidensiële veldtog, het Barack Obama gedemonstreer dat sy vaardigheid as leuenaar van hoogstaande gehalte is. Hy was hartstogtelik teen marteling terwyl hy planne bedink het om die martelkamp Guantanamo oop te hou. Hy het Wall Street se spekulante veroordeel, terwyl hy die aanstelling van sleutelfigure uit die markte as ekonomiese adviseurs beplan het. Hy het belowe om ‘n nuwe ooreenkoms in die Midde-Ooste tot stand te bring, veral vir die Palestyne, maar het die anti-Palestynse Rahm Emmanuel as sy hoogste Presidensiële raadgewer aangestel.
Sy “historiese swart deurbraak” was die eerste Afro-Amerikaanse president wat vir alle Amerikaners – nee vir die hele wêreld! – sal opstaan. Hy is as die jong Mandela voorgehou, ‘n messias. Miljoene was duiselig oor die deurbraak en wit, swart, jonk en oud, die vakbonde en gemeenskapsaktiviste is gewillig mislei. Barack Obama se belangrikste raadgewers is egter geharde militariste, groot bankiers, korporatiewe HUB’s, en Wall Street-manipuleerders wat openlik dwelmgeld was.
Inderdaad, Obama se ondersteuners is betower deur die valse retoriek, die demagogie, die populistiese ghetto-styl, en die valse outentiekheid. Hier is die man wat belowe het om oorloë te beëindig, die martelkamp in Guantanamo te sluit, Wall Street te tem, die Patriot Act te herroep en die Handves van Menseregte te herstel.
Obama oortref Bush egter by verre in die pleeg van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom, meer militêre avonture in die buiteland en strawwe maatreëls teen enige dissidensie by die huis. Hy oortref by verre enige president in die Amerikaanse geskiedenis in die aanvaarding van diktatoriale magte, verskeie oorloë, en die massiewe oordrag van staatsinkomste na Wall Street se bankiers.
Die Carters, Reagans en Clintons en Bushes is amateurs in vergelyking: Die enorme gaping tussen styl en substansie, belofte en prestasie, vrede en oorlog, kapitaal en arbeid was nog nooit groter nie.
President Obama se welsprekendheid het die mensdom veroordeel tot ‘n inferno van eindelose oorloë. Dit is die perversiteit van sy retoriek wat geregtigheid vir Moslems in Kaïro belowe gevolg deur die bloedige aanval op Tripoli, die marteling en moord van die Libiese leier, die gebreekte beloftes aan vredeliewende inwoners in Afrika, met konflik wat uitbrei waar die VSA voet aan wal sit.
Trouens, ‘n stortvloed morele en etiese uitsprake vergesel Obama se bewapening van 40 000 fundamentalistiese Moslem-huursoldate om die sekulêre Siriese staat te breek.
President Barack Obama het belowe om ‘n omvattende gesondheidsorg vir Amerika te skep en daarna kiesers met ‘n verwarrende reeks verpligte betalings opgesaal vir winsgewende private gesondheid versekeringsmaatskappye. Obama het plegtig belowe Medicare te verdedig en daarna sy begroting verminder met ‘n triljoen dollar. As die man se lippe beweeg, volg verraad.
Obama kry 95% van die Afro-Amerikaanse stemme tuis, terwyl die inkomstegaping tussen swart en wit verbreed en werkloosheid en armoedesyfers dramaties styg. Obama, die eerste swart President, het meer Afrika-lande gebombardeer, huursoldaatweermagte in Libië en Somalië geborg en meer militêre basisse in die swart kontinent opgerig as die laaste vyf wit presidente saam. Die selfgeproklameerde “historiese deurbraak van ‘n swart president om eeue van rassisme te beëindig” word steeds deur swart inwoners van die Afrika-kontinent vir soetkoek opgeëet danksy Obama se sjarme.
Dit is genoeg vir Obama om ander swart boewe en buitelandse interventioniste aan te stel, soos Eric Holder en Susan Rice, om die toejuiging van die liberales te verseker, selfs as hul eie data deur die wêreld se grootste spioenasie-agentskappe ingesamel en gesif word.
Die rits leë beloftes, absolute politieke misleiding, die sistematiese leuens in die nastrewing van oorloë en finansiële manipulasie in die naam van vrede en sosiale geregtigheid, die volgehoue uitbreiding van die uitvoerende gesag oor die lewe en dood van Amerikaanse burgers in die naam van veiligheid, dit is Barack Hussein Obama se nalatenskap. Sal enige toekomstige Amerikaanse president hom dit kan nadoen?
Die koste van die President Obama se tweegesig-beleid is enorm: Dit voorspel katastrofiese beeldprobleme vir die VSA vorentoe.
