Bloeddiamante aan Mandela se konderfonds geskenk

Die swart model Naomi Campbell het in Den Haag tydens die oorlogsmisdadeverhoor van Charles Taylor, gewese Liberiese president, gesê sy het ‘n ‘paar vuil klippies’ van hom as geskenk ontvang. Sy het glo die klippies daarna aan die Mandela-kinderfonds geskenk.

Campbell het getuig oor bewerings dat Taylor in 1997 sogenaamde bloeddiamante as ‘n geskenk aan haar gegee het.

Campbell se getuienis kan volgens staatsaanklaers van waarde wees om te bewys dat Taylor die diamante gebruik het om ‘n burgeroorlog in Sierra Leone te befonds.

Taylor ontken die aanklagtes teen hom en sê hy het nog nooit diamante verkoop of in ruil vir wapens gegee nie.

“Ek het ‘n paar klippies gesien, dit was baie klein en het soos vuil klippies gelyk,” het Campbell gesê.

Sy het glo nie geweet wie die diamante aan haar gegee het nie. ‘n Onbekende persoon het dit in ‘n sakkie aan haar oorhandig nadat hy aan haar hotelkamer se deur geklop het.

Bloeddiamante is ongeslypte edelstene wat as betaalmiddel in konflikgebiede gebruik word.

Campbell sê sy het die diamante aan die Nelson Mandela-kinderfonds geskenk, alhoewel die stigting aan ‘n Britse koerant gesê het hulle het nooit so iets ontvang nie.

 

купить липецк стойки трансмиссионныеtopcargo отзыв

Vier beseer in slaghuisroof

‘n Omstander en drie vermeende rowers is Donderdagaand buite n slaghuis in Johannesburg se middestad geskiet, het die stad se metropolisie gesê. 

Lede van die publiek het die metropolisie oor die rooftog by die slaghuis op die hoek van Bree- en Sauerstraat gewaarsku, het supt. Wayne Minnaar gesê.

“Toe die beamptes nadergaan is daar op hulle geskiet deur ‘n groep van agt rowers wat uit die winkel probeer vlug het.

“Die polisie het teruggeskiet en een verdagte in die linkerbobeen geskiet en twee ander gewond. ‘n Omstander is ook in die kruisvuur beseer toe hy in sy linkervoet geskiet is.”

Niemand in die slaghuis is beseer nie en dit is nog nie bekend waarop die rowers buitgemaak het nie.

Slegs een van die rowers is in die proses gevang. Lede van die bende het hul beseerde medepligtiges weggedra.

Daar is op een ongelisensieerde vuurwapen beslaggelê.

Die man wat in hegtenis geneem is, sal aanklagtes van roof en poging tot moord in die gesig staar.

slots ukФильчаков

Kaap kry nuwe haaivlae

Nuwe waarskuwingstekens om bewusmaking oor haaie te verskerp, is op Kaapse strande opgerig, het Kaapse stadsraad Donderdag gesê.

“Die doel van die tekens is om bewusmaking oor die teenwoordigheid van haaie, veral witdoodhaaie, te verskerp,” het Sakhile Tsotsobe, ‘n woordvoerder, gesê.

Kaapstad het in samewerking met die organisasie Shark Spotters, drie nuwe tekens ontwerp om haaiveiligheid te verbeter, het Tsotsobe gesê.

“Belangrike verbeteringe is aan die haaiwaarskuwingstelsel wat deur haaikykers gebruik word, aangebring. Die stad doen ‘n beroep op die publiek om vertroud te raak met die stelsel,” het raadslid Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens, gesê.

Die nuwe tekens bevat talle verbeteringe.

Op alle vlae is nou ‘n haai gedruk om te verseker dat strandgangers kan onderskei tussen vlae vir haaie en ander vlae.

“Tekens wat ‘n “hoë risiko” aandui is op Jaggers Walk by Vishoek-strand geplaas, waar meeste van die onlangse haaiaanvalle plaagevind het.

Strandgangers word herinner om altyd op hul hoede te wees wanneer hulle by enige strand swem,” het Tsotsobe gesê.

Die rooi vlag dui nou ‘n algemene haaiwaarskuwing aan, en word gehys wanneer ‘n haai oor die afgelope twee uur in die gebied gesien is.

Die vlag sal slegs gesak word wanneer dit nie meer nodig is nie, en sal saam met een van die ander vlae gehys word.

для пескоструяданильченко юрій броніславович

Joernalis vrygelaat

Die joernalis van die Sunday Times, Mzilikazi wa Afrika, sal vrygelaat word voor sy aansoek om borgtog Vrydagoggend in die Nelspruit-streekhof.

Regter Johan Kruger het Donderdagaand kort voor 22:00 gesê dit sou onwettig wees om Wa Afrika ‘n minuut langer aan te hou.

“Die vryheid van die individu word deur die grondwet beskerm,” het Kruger gesê.

“In die grondwetlike staat is die Grondwet die hoogste gesag. In my siening sal geregtigheid geskied as hy vrygelaat word. Dit is onwaarskynlik dat ‘n paar ure van vryheid skade aan die staat se saak sal aanrig.”

Die Sunday Times het vroeër ‘n dringende interdik ingedien om die joernalis se vrylating te versoek, nadat hy Woensdag deur lede van die Valke buite die koerant se kantore in hegtenis geneem is.

Wa Afrika se prokureur Arnold Meyer, SC, het aan die hof gesê dat daar geen rede is hoekom hy tans aangehou moet word nie, selfs al is hy slegs ‘n paar ure lank vry.

развивающие игрушки для детей до годаФильчаков Александр Васильевич

Egiptiese joernalis beskryf welvaart in Gasa

Terwyl Hamas graag stories van ontbering en lyding in Gasa vertel, het ‘n Egiptiese joernalis Ashraf Abu al-Houl algar verras deur sy voorstelling van ‘n “vooruitstrewende” Gasa waarin pryse laag is en luukse sake, soos kusvakansieoorde, floreer.

Al-Houl sê Gasa is “werklik nie onder beleg nie”. Hy sê hy was verbaas om die graad van welvaart in die gebied eiehands te sien. Hy meen die Israelse beleg is eerder polities as ekonomies van aard.

Gasa se markte is gevul met ‘n “oorvloed van goedere,” sê hy. Pryse op ‘n hele aantal items, veral kos, is veel laer as wat hulle in Egipte is, volgens Al-Houl.

Met goedere wat gesmokkel word deur die tonnels vanaf Egipte asook humanitêre hulp, is die “aanbod baie groter as die vraag,” het hy gesê.

Die welvaart word nie deur die meeste van Gasa se inwoners gedeel nie, sê Al-Houl. Die probleem bly die groot verskille in rykdom, met lede van Hamas wat voordeel daaruit trek.

Verder hef Hamasbeheerde munisipaliteite ‘n besonder hoë tarief, in Gasa-terme, vir die gebruik van openbare strande,” het hy bygevoeg.

Al-Houl het die politieke aktivis Mustafa Ibrahim aangehaal waar hy sê Gasa se ryk mense belê in luukse oorde, terwyl 80% van die inwoners afhanklik is van die VN se hulpskema, en werkloosheid ongeveer 45% is. “Dit skep ‘n verwronge beeld,” het Ibrahim verduidelik.

детектор лжи проверить себялобановский супермаркет класс

Die Afrika-renaissance se rekening

Die nuus dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers sowat ‘n miljard rand moes opdok vir oud-pres. Thabo Mbeki se Afrika-renaissancedroom, kom as ‘n skok.

Met die begrip van die Afrika-renaissancedroom is daar stellig niks verkeerd nie, mits die visie op die regte pluspunte, naamlik ontwikkeling gefokus bly.

Afrika het immers die oudste Christenstaat ter wêreld – ‘n pluspunt wat Ethiopië blykbaar met Armenië deel. Die groot kerkleier, Augustinus, het ook uit Afrika gekom.

Lank hiervoor het die Kartagers ‘n florerende beskawing gehad, maar weliswaar ook menslike offers aan Baal gebring, en daarvoor die Egiptenare, met aanduidings van selfs nog ouer beskawings in die teenswoordige Soedan.

Die biblioteek in Alexandrië is skynbaar net deur dié van die Asteke oortref.

Die Afrika-renaissance wat oud-president Mbeki in gedagte gehad het, se fokus was egter anders – dit het in effek gehandel oor meganismes om Afrika – waarvan groot dele nie ‘n sigbare beskawingsvorm geken het nie – met die Weste te laat saamgesels, en so ver moontlik uit eie middele ekonomies onafhanklik van buite die kontinent te maak.

Dit het wel ook ‘n rasmotief ingesluit, soos die uitreik na Haïti, en wat daartoe gelei het dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler steeds rojaal vir die afgesette president Aristide moet pa en ma staan.

Nou blyk dit dat die belastingbetaler ruim moes opdok vir die droom. Dit waarin die fondse gedompel is laat veral die wenkbroue lig. Zimbabwe se hulp het hoofsaaklik na die landbou gegaan – vermoedelik na daardie deel van die bedryf wat weens grondgrype vernietig is. Die ironie is dat die Suid-Afrikaanse Grondeisekommissie kla dat dit onderbefonds word. Boonop is Zimbabwe se onderwysstelsel in ‘n beter toestand as dié van Suid-Afrika.

Volgens die berigte in nog geld onder meer aangewend om Guinee se hoofstad reg te ruk. Guinee gaan na verwagting binnekort by sy bure, Guinee-Bissau en Ekwatoriaal-Guinee kers vashou as olieprodusent.

Intussen verteer slaggate en ander verval bykans elke dorp en stad in Suid-Afrika.

Hulp aan Zimbabwe, in enige vorm, sal omstrede bly. Die Europese Unie se hulp word juis nie na die Zimbabwiese regering gekanaliseer nie, maar na nie-regeringsorganisasies om te probeer keer dat dit ook in ‘n bodemlose put beland. Suid-Afrika blyk egter daar te bereid te wees om Robert Mugabe se politieke lewe, en dus die ramp vir sy land, so lank as moontlik uit te rek.

Hierdie soort renaissance herinner aan Jackie Selebi se broer se kritiek op die hofsaak waarin die oud-polisiehoof tronk toe gestuur is. Die hof is as apartheidshof, met ‘n wit regter en ‘n wit regstelsel beskryf. Die werklikheid is dat die Romeins-Hollandse regstelsel en onafhanklike regbank ‘n reuse toevoeging tot enige inheemse beskawings se regstelsels is. Die volgende dag het ‘n gemeenskap vermeende kabeldiewe vasgetrek, voor ‘n boendoehof gedaag en die verdagtes saam met hul bakkie verbrand, ‘n onheilspellende proesel as die Romeins-Hollandse verdag gemaak word..

Net so, as die Afrika-renaissance verstaan word as die veer van die neste van despote wat hul lande leegstroop, of sit selfs net in daardie rigting ontaard is, is ‘n Afrika-renaissance iets waarsonder die kontinent, en beslis die Suid-Afrikaanse belastingbetaler, ruim kan klaarkom.

хамам картинкиДанильченко Юрий Брониславович

Suurwaterkrisis moet dringend aandag kry

‘n Dringende skrywe is vandag aan die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee vir Landbou voorgelê waarin mnr. Jaco Mulder, LPW en lid van die betrokke portefeuljekomitee asook die VF Plus se hoofwoordvoerder van Omgewingsake, aandring dat die portefeuljekomitee dringend sy volle toesighoudende verpligting moet nakom ten opsigte van die dreigende suurwaterkrisis aan die Wesrand wat ook gevaar vir die middestad van Johannesburg inhou.

Mulder het ook in sy skrywe aangedring dat die komitee op ‘n dringende basis in samewerking met die provinsiale departement, die nasionale departement van Waterwese asook al die plaaslike munisipaliteite en omgewingsspesialiste ‘n plan van aksie instel om die nodige voorkomende maatreëls te tref en om ‘n oplossing te vind vir die suiwering van die besmette water.

“Die situasie moet op ‘n verantwoordelike wyse as ‘n noodtoestand hanteer word aangesien die besmette water ‘n lewensbedreiging vir mens, dier en die natuur in die algemeen inhou. Die suurwater-situasie hou alreeds ook ‘n dreigende gevaar vir voedselsekuriteit, verswakking van grond en strukture in,” het Mulder gesê.

Die Vryheidsfront Plus het sy samewerking aangebied en ook voorgestel dat twee spesialiste op hierdie gebied genader word om die komitee toe te spreek.

детектор лжи словаФільчаков Олександр Васильович

Bejaarde sterf na plaasaanval

‘n Bejaarde man van die Oos-Kaap wat ernstig tydens ‘n plaasaanval beseer is, is oorlede. Hy het in die Livingstone Hospitaal in Port Elizabeth aan sy wonde beswyk.

Die 86-jarige Jack Bergsman is verlede naweek deur vier mans aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek in sy huis in die St Albans-omgewing.

Die mans het by die huis ingebreek terwyl hy geslaap het. Die aanvallers het gevlug toe veiligheidswagte op die plaas aangekom het.

‘n Polisiewoordvoerder Sandra Janse van Rensburg, sê ‘n 50-jarige swart verdagte word vir ondervraging aangehou. Hy sal waarskynlik vir die moord aangekla word.

slot strategy thatФильчаков прокурор отзывы

Media geskok deur joernalis se arrestasie

Joernaliste en redakteurs het Woensdag ‘n aksiekomitee op die been gebring om te protesteer teen die Wet op die Beskerming van Inligting, asook die voorgestelde mediatribunaal, berig Beeld.

Die Valke het Woensdag ‘n senior joernalis Mzilikazi wa Afrika van die Sunday Times, in hegtenis geneem. Die voorval het skokgolwe deur die mediagemeenskap gestuur.

Die Valke het joernaliste verhinder om foto’s van die arrestasie te neem.

Wa Afrika het oor Cele se betrokkenheid by die huurkontrakte van die polisiehoofkantoor in Pretoria berig. Volgens Cele is Wa Afrika “‘n baie twyfelagtige joernalis”.

Die polisie sê egter die joernalis se arrestasie hou verband met regsverydeling en bedrog in Mpumalanga.

Media24, Independent Newspapers en die Avusa-groep het onderneem om die veldtog vir mediavryheid te finansier.

Tim du Plessis, redakteur van Beeld asook Ferial Haffajee van City Press, is verkies tot die komitee.

Verskeie joernaliste het gesê hulle sal die ‘n boikot teen die ANC steun nie, en sal verkies om eerder in gesprek te tree met die regering.

монтаж баниФильчаков Александр Васильевич