Krieket: Kiwi’s val suutjies op nat dag aan

Die Basin Reserve in Wellington is nie ’n plek vir opgevoede mense om krieket te speel nie. Die wind waai daar, altyd, die hele tyd, behalwe as dit reën. Dit waai selfs op windstildae en op winderige dae waai dit erger, soms blykbaar uit meer as een rigting. Dié week het dit, krieket in ag geneem, te min gewaai want toe reën dit, so ’n mislike regaf kantgordynreën wat alles so triestig maak, dis asof die wind self nie kans sien om te waai nie. Die reën het voor die aanvang van spel opgehou – en die wind het begin waai – maar dele van die buiteveld was so modderig soos ’n sekere soort stoeikryt van die buitewyke van Las Vegas. Daar was geen spel in die eerste sessie nie, maar toe die spanne mekaar uiteindelik in die arena ontmoet, was dit duidelik die Nieu-Seelanders het gewens die wind wil weer ophou waai sodat die reën weer kan begin.

Hierdie is ’n Nieu-Seelandse span op die nippertjie van ineenstorting. Weke se onafgebroke afknouery deur die Proteas het die geestesenergie getap en die veglusvonk gesnuit. Dit was amper onafwendbaar. Dit is uitmergelend vir ’n middelmatige span om in pas met die beste span in die wêreld te probeer bly. Daarvoor is ontkenning ’n voorvereiste, en afgelei uit die Kiwi’s se kordaat spanpraatjies en openbare uitsprake, was hierdie ’n span wat hulleself deeglik mislei het, dwarsdeur drie T20-wedstryde, drie internasionale eendaers en twee toetse. Maar die laaste hiervan, waarin hulle redelik minagtend afgeransel is, was te veel, selfs vir hulle titaniumsterkte ontkenning.

Die Nieu-Seelanders het aangetree met ’n versterkte kolflys en ’n uitgedunde boulaanval. Die Suid-Afrikaners moes Jacques Kallis – wat ’n nek het – vervang en het twee spelers daarvoor nodig gehad: JP Duminy om Kallis se lopies te probeer kry en Marchant de Lange vir sy paaltjies. Maar twaalf is nie elf nie en Imran Tahir sal koeldrankies in dié toets aandra.

Dit was nie ’n dag sonder merkwaarde nie. Selde het ’n spankaptein sy moer so deeglik in die openbaar vir sy boulers gestroop. Ross Taylor het die loot gewen en besluit sy span sal eerste met veldwerk inval. Die normale besluit is om te kolf, en ’n span wat besluit om te boul, moet hulle afwyking van die gewone gestand doen met ’n vuisvol paaltjies vir min lopies. Die Swartkepsies het twee paaltjies ontvang – presente met groen-en-goue strikkies om, onverdiende vroeë Kersgeskenke. Taylor se naatboulers was só vrot dat hy binne die eerste uur vir wegbreker Daniel Vettori aangestel het om hulle te versterk.

’n Baldraaier wat in die eerste sessie van ’n toets op ’n tollose blad boul, is ’n aanklag teen die snelaanval. Meer nog, dis doodgewoon vernederend, maar Nieu-Seelander se boulers, Martin, Bracewell en Gillespie het die teregwysing verdien. Hulle was lusteloos en het verseg om by die wedstrydplan te bly. Hulle het nukkerig weerskante van die penne gebou en dit was asof hulle druk met water in ’n sifdraadhouer probeer opbou het. Daar was skaars ’n boulbeurt van geduldige, presiese, toegewyde boulwerk. Wanneer die kolwer verseg het om sy paaltjie agter los balle aan weg te gooi, het die boulers óf te kort, óf te wyd geboul en die Suid-Afrikaners het hulle daarin verlekker.

Die boulers het duidelik nog nie die boodskap verinnerlik nie en Taylor het homself naderhand só vererg dat hy die mees skadelose bouler in wêreldkrieket, die kolwer Dean Brownlie in hulle plek aangebring het om stadige, hoflike malvalekkers te boul.

Graeme Smith se paaltjie is weggegee in ’n spanpoging tussen hom en die TV-skeidsregter. Smith het wéér gewaai na ’n wye Bracewell-aflewering en is agter gevang. Hy het gemor daaroor en nadat die kykweerappél gewys het die kolf was nie in die onmiddellike omgewing van die bal nie, is hy onverklaarbaar tog deur Billy Doctorow uitgegee. Nou ja, Smith moenie te rumoerig daaroor raak nie. Daardie hou het niks beter verdien nie.

Alviro Petersen en Hashim Amla het moeiteloos gekolf vir ’n 90-lopie vennootskap. Amla, veral, het die bal met die grootste elegansie gedryf en gehaak. Hy het algeheel onkwesbaar gelyk totdat hy na teetyd net té rustig geraak het met ’n kortbal en dit in die lug opgehaak het vir ’n maklike vangskoot. Daar is weer gekyk omdat die skeidsregter onrustig was oor Gillespie se agtervoet en op die hele wêreld behalwe Billy Doctorow se televisieskerms was dit ’n duidelike foutbal. Amla is gevolglik uitgegee en, weereens, verdien hy dit vir sy mamparraskoot.

JP Duminy het ingetrippel gekom, fyntjies op sy tone soos ’n Malteser wat op sy agterpote bedel vir lekkernye, en het netjies en doeltreffend gekolf. Teen die tyd wat die wind genoeg wolke nader gewaai het vir die dag om vroeg te eindig, was die Proteas op 136 vir twee na 42 boulbeurte, met nog groot lopiepotensiaal in die kolwe van Petersen en Duminy en De Villiers, Rudolph, Boucher en die ondeunde boulers om te volg.

Nieu-Seeland se boulers het gewys dat hulle geen veglus oor het nie. Die vraag is of daar enige ruggraat in die Kiwi-kolflys, versterk soos dit mag wees, oor is. En hulle gaan baie gruis nodig hê, want hierdie keer het die Proteas opgehou rondpeuter met ’n baldraaier en die veglustige, gromhonger jong Marchant de Lange nader gehark. Daar sal vir die Swartkepse geen blaaskans wees nie, net een lang, onafgebroke haelstorm van snelgeweld.

Nou ja… hulle wil mos teen die grotes speel.

Александр Фильчаков прокурор

Geen finale ooreenkoms oor Pretoria-naam nie, sê VF+

Die VF Plus het bevestig dat gesprekke oor die naam van Pretoria, asook sowat 27 straatname in Pretoria tans tussen die VF Plus en die ANC plaasvind, maar het gesê dat daar tans geen finale formele ooreenkoms tussen die VF Plus en die ANC rakende ‘n oplossing vir die naamkwessie bestaan nie.

Die ANC in die Tshwane-metroraad beoog al vir ‘n geruime tyd om al 27 straatname wat tans oorweeg word, te verander. Dit is daarom belangrik dat straatname met beduidende historiese waarde vir die Afrikanergemeenskap behou moet word. Dit sal ‘n groot oorwinning wees as die naam van Pretoria in die proses behoue kan bly.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is gesprekke oor die naamkwessie in ‘n baie vroee stadium en bestaan daar tans geen formele aanbod vanaf die ANC om Pretoria se naam te behou in ruil vir die verandering van 27 straatname nie.

“Die VF Plus verwelkom die moontlike behoud van die name van Paul Krugerstraat en Pretoriusstraat, maar die party kan nie instem tot die verwydering van talle ander straatname met beduidende historiese betekenis, soos Kerkstraat en Voortrekkerweg, nie. Die party dink egter ‘n politieke oplossing, wat beide die naam Pretoria asook straatname aanspreek, is moontlik”, het Beyers gesê.

Die VF Plus sal dit verwelkom indien die aansoek vir Pretoria se naamsverandering teruggetrek word. Die VF Plus sal egter nie instem tot enige proses waar die geskiedenis van een groep bloot met die geskiedenis van ‘n ander groep vervang word nie. Die VF Plus sal ook die hernoem van enige strate na “struggle”-figure wat ernstige aanstoot aan die Afrikanergemeenskap gee, teenstaan.

Die VF Plus sal nie instem tot enige ooreenkoms rakende die naam van Pretoria sonder dat behoorlike waarborge bestaan dat dit ‘n permanente reëling is nie.

Die VF Plus is bereid om wen-wen oplossings te oorweeg, maar indien daar nie op sodanige oplossings ooreengekom kan word nie, sal die VF Plus nie huiwer om huidige hofsake rakende Pretoria se naam, asook straatnaamveranderinge, te hervat nie.

topcargo

Pretoria se naamsonderhandelinge duur voort

Pretoria gaan sy naam dalk behou, maar meer as 27 straatname in die hoofstad sal verander word.

Dit is die ANC se “aanbod” in die geheime onderhandelinge wat tans aan die gang is in die omstrede naamsveranderingstryd, het Beeld berig.

Die Tshwane-metro se burgemeester, Kgosientso Ramokgopa, het met lede van die opposisiepartye vergader om die probleem Donderdag te bespreek. Die raad het in 2008 aangekondig dat die name van talle strate “wat aanstootlik is as gevolg van hul koloniale en apartheidsverlede” geïdentifiseer is.

Nuwe name vir die betrokke strate is in ‘n konsep-dokument vervat wat deur die raad opgestel word. Slegs twee straatname, Pretorius en Paul Kruger, het behoue ​​gebly.

Ander, soos Schoeman, Van der Walt, Andries, DF Malan, Prinsloo, Genl Louis Botha, Skinner, Kerk, Walker / Charles, Koningin Wilhelmina, Voortrekker, Mears, Beatrix, Hendrik Verwoerd, Hans Strijdom, Vermeulen, Potgieter, en Duncan, gaan verander.

Opposisiepartye veg nog om die name van die Kerk- en Voortrekkerstrate te behou.

Ramokgopa sal na verwagting volgende week ‘n amptelike aankondiging maak.

Brandon Topham, DA-leier in die Tshwane-metroraad, het gesê sy party is baie bly die ANC het nie probeer om die naamsverandering op ‘n onsensitiewe wyse deur te druk nie.

“Almal se geskiedenis moet gereflekteer word in die stad, en niemand gaan aan die einde 100% tevrede wees met die proses nie,” het hy gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Skandvlek en Hoop: Die Weste en Suid-Afrika

Nog nooit was daar ’n vuriger, meer lojale, meer waardevolle vennoot van die Westerse wêreld as Suid-Afrika nie, en nog nooit is ’n  land met meer venyn verraai, verstoot en verneder nie. Nou is die Weste besig om self in ’n  krisis te verval, die soort wat hulle vir Suid-Afrika voorberei het. Ironies genoeg is dit juis in Suid-Afrika, in die gedaante van die Afrikaner, wat die gety kan draai wat tot herlewing van die Westerse Beskawing sal lei.

A, wat ’n  vriend het die Weste nie in Suid-Afrika, die Suid-Afrika onder die ferm beheer van die Afrikaner, gehad nie. Nadat die twee Boererepublieke in 1902 verslaan is, en nadat die Afrikaner aanvanklik vies en steeks in die dampkring van die Westerse aardbolhelfte, en spesifiek in die Engelssprekende kant daarvan, ingesleep is, het dié land ’n  entoesiastiese bondgenoot vir die Weste geword. Sy ontsaglike mineralerykdom is primêr vir Westerse gebruik ontgin en ’n  standvastige Afrikanerdom het die allerbelangrike handelsroete in die seehoofweg om die Kaap beveilig teen ongure invloede. Die Anglo-Amerikaanse Ryk se oorloë was Suid-Afrika se oorloë en die Geallieerdes het die voordeel van hardnekkige, vindingryke, aggressiewe Boerekrygers in twee Wêreldoorloë en in ’n  deurslaggewende walgooiery teen Kommunisme in Korea gehad. Daarna was dit Suid-Afrika wat vir dertig jaar die toerniket teen die Kommunistiese gif in die sensitiewe streek van Suidelike Afrika toegepas het.

Die stank wat Suid-Afrika hiervoor ontvang het was om binne die Westerse gemeenskap geïsoleer te word, maar dit was meer as isolasie, meer as verwerping, meer as onderwerping aan verdagmakery. Die Weste, meer as enige ander magsblok, het aktief gewerk om die Suid-Afrikaanse regering te ondermyn. Hulle het daarmee volhard al het dit beteken dat hulle daardeur daadwerklike ondersteuners van ’n  venynige, anti-Westerse, pro-Kommunistiese organisasie geword het.

Hierdie onherstelbare verbrokkeling in die verhouding tussen die Weste en die pro-Westerse Suid-Afrika het uit die Weste se wispelturigheid ontstaan, en dit spesifiek met die verskyning en groeiende invloed van sosio-politieke liberalisme. In die naloop van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA Brittanje as die toonaangewende moondheid in die Weste verplaas. Die nuwe jong beskawingsleier was energiek en het  welig gedy in die massiewe geldelike meevaller wat dit as die “arsenaal van demokrasie” ontvang het. Selfs die nuwe tegnologie wat die massiewe Amerikaanse ekonomie gestook het, was hoofsaaklik uit die innoveringe van oorlog geput. Die Oorlog het die Amerikaners die rykste land in die geskiedenis gelaat.

Aan die anderkant was Brittanje, Suid-Afrika se mentor in die internasionale gemeenskap, op dun rieme na die oorlog. Hulle was die grootste klant van die demokrasie-arsenaal en moes van hulle wêreldryk afstand doen omdat die rekening so groot was. ’n  Empaaier bring sy eie laste, en toe Brittanje eers dié juk van die nek begin afhaal het, kon hulle nie gou genoeg hulle kolonies lossny nie. Om die gewete jeens hulle voorouers te streel, het baie rasionalisering geverg. Nie net is skuld aanvaar nie, maar skuldgevoelens is  verwelkom. Daaruit het hulle gegryp na die beeld van die onskuldige, edele barbaar wat onderdruk is deur die geldgierige Westerse kapitalis. Geen ander Westerse volk het homself herontwerp en soveel gedoen vir die opheffing van hierdie “edele barbaar” as die Boer nie, maar dit het die Britte nie gekeer om hulle eie kam te gebruik om die Afrikaner oor te skeer nie.

Intussen is Amerika se “Grootste Geslag” vervang deur die “Baby Boomer”-geslag. Die nuwe generasie se ruggraat het in voorspoed opgelos. Hulle was skepties oor hulle voorouers se deelname aan twee groot en ’n  paar minderwaardige internasionale oorloë in net vyftig jaar, en hulle was ook glad nie gediend met die dissipline, opoffering en nougesetheid waarmee hulle ouers depressie en stryd oorleef het nie. Die Boomers wou in die eerste plek losbreek uit die greep van konserwatisme en het daarop aangedring om die potensiële vreugdes van die lewe te smaak sonder om daarvoor te betaal. Dit het ’n  opstand teen nasionalisme – wat die verantwoordelikheid van die individu en die voorrang van die gemeenskap beklemtoon het – ontketen. Dit het hulle vatbaar gemaak vir die opvattings van gemeenskaplike liberalisme. Die gevolg was die sosiale rewolusies van die sestigerjare.

Hulle het die dekke skoongevee van enige oorblyfsels van hulle voorouers se opvattings en daarmee saam die Amerikaner se voorafgaande beginsels rakende ras – en so ook die skanse waarmee die Westerse Beskawing vir millennia behou is. Vir hulle was enige gedagte aan konflik afstootlik. Hulle nuwe liberalisme het die staat gesien as die gedienstige uitdeler van gunste en gawes. Vir hulle sou daar voortaan geen biologiese of sosiale verskil tussen rasse wees nie, en waar een ras sou terugval, sou die regering ingryp om gelykheid te herstel. Hierdie oppervlakkige beskouing van rasseaangeleenthede het Suid-Afrika ’n  noodsaaklike en maklike teiken van hulle verontwaardiging gemaak. Hulle het maklik eers die Britte en toe die liberale Europa op sleeptou in hulle haatveldtog geneem.

Suid-Afrika, intussen, was besig met die dapperste en eerlikste eksperiment om rasse van wyduiteenlopende aard in een land te huisves. Apartheid was sekerlik nie sonder gebreke nie, en die implementering daarvan was nog meer gebrekkig. Niemand het meer begrip gehad vir die uitdagings van die stelsel as die Suid-Afrikaners nie, en sedert die middelsestigs, strak afgemerk deur die dood van H.F. Verwoerd, was hulle voortdurend in ’n  resies om die haakplekke uitgestryk te kry. Wat hulle allermins nodig gehad het was om internasionaal uitgeskuif te word. Maar die Nuwe Weste, met ’n  fatale bewondering vir almal wat vreemd is, het ’n  infatuasie vir die Bantoe ontwikkel. Die grondslag van hulle politiek was dat alle rasse dieselfde is, met dieselfde vermoëns en gesindhede. Daarom was daar geen rede dat die Bantoe nie net oor homself nie, maar in hierdie geval die hele Suid-Afrika, sou heers nie.

Die gevolglike nyd waarmee hulle hulle rug op hulle eie rasgenote gedraai het, is ’n  skandvlek wat nooit uit die huid van die Westerse Beskawing geskrop kan word nie. Terwyl hulle in ’n  beswyming van bewondering die voetsole van massamoordenaars, diktators, volkskofferstropers en onderdrukkers gesoen het, het hulle swart gal op Suid-Afrika uitgegiet. Verontwaardigde blankes het wêreldwyd woedend betoog teen Suid-Afrika, hulle van die internasionale sportvelde verban, handelsgoedere van hulle weerhou, hulle op openbare verhoë verneder… Swede het selfs geld onder die Anglikaanse tafel vir ’n  terroristebende aangegee om Suid-Afrikaanse vrouens en kinders mee te vermoor. Die ontwerper van hierdie doodslag, Nelson Mandela, is as wêreldheld voorgehou.

Hulle het, soos gereeld in die vorige drie eeue, die vasberadenheid van die Boere onderskat. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het die poging om dit te smoor oorleef. Suid-Afrikaanse entrepreneurs het die lugleegtes in die sanksies gebruik om  industrieë te ontwikkel, terwyl die mynboubedryf onmisbaar op die internasionale markte was en die Boere se landboubedryf ’n  hele kontinentale streek gevoer het. Die wêreldorde is geherrangskik met die skeuring van die ystergordyn. Liberalisme is ’n  Westerse krankheid en Suid-Afrika was goed geposisioneer om nuwe, gretige handelsvennote in Rusland en ’n  ontwakende Sjina te vind, terwyl Japan nog altyd ongeduldig met die hele sanksieveldtog teen Suid-Afrika was.

Die Weste se rugstekery het wel ’n  onbeskermde gleufie in die Suid-Afrikaanse pantser gevind: Die papbroekige regering van F.W. de Klerk. Daardeur het die blankes van die VSA, van Brittanje en Europa, van Kanada en Nieu-Seeland en Australië uiteindelik dit reg gekry om die Boer oënskynlik finaal onder te sit.

En wat het hulle in ruil gekry? As hulle verwag het dat die ANC Bantoeregering ’n  sweempie van dankbaarheid sou wys, sou hulle gou leer. Dankbaarheid is nie ’n  Afrika-begrip nie. Die nuwe regering was virulent anti-Westers, baie meer tuis in die vrot kol van diktators en die oorblyfsels van kommunisme. Die kosbare minerale, wat eers so deur handel vir hulle toeganklik was, het buite die Westerse moondhede se greep verskuif, nie omdat die ANC dit nie aan hulle sal verkoop nie – die ANC sal hulle spreekwoordelike oumas aan enige iemand met ’n  paar pennies verkoop – maar omdat die Nuwe SA se regering onmagtig is om die ferm strukture vir die behoorlike ontginning daarvan te verskaf.

Die filantroop sou wil redeneer dat dit alles steeds ’n  aanvaarbare offer is vir die bevryding van die swartmense van Suid-Afrika. Maar dit is juis hier wat die Weste se mistasting die grootste verdriet gebring het. Tans is die gemiddelde Bantoe van Suid-Afrika volgens elke aanwyser erger daaraan toe as in die laaste jare van Apartheid – en die hele land word geleidelik, maar al hoe vinniger, in die swartkolk van anargie, hongersnood en ellende ingesuig en dit is die Bantoe wat die weerloosste is en die genadelose prys vir onbesonne liberale ideale sal moet betaal.

Maar die Weste moet dit alles stip dophou, want in hierdie verval is die voorbode van hulle eie verval te sien. Liberalisme het die behoudende grense van elke Westerse land weggekalwe. Elkeen van hierdie state is ’n  drukkoker waarin botsende elemente ergeloos saamgestrooi word. Die stoompotdeksel word tans in posisie gebring en vasgeskroef. Die “minderhede” in al hierdie lande beloop miljoene mense, en hulle is ingewortel en onwillig om verskuif te word. O, wanneer liberalisme onvermydelik wegval vir die Westerling se nasionalisme van oorlewing, gaan ongekende geweld en grootskaalse omdolwing van die Westerse lande die noodwendige gevolg wees. Westerse liberale het die springstof van multikulturalisme in hulle eie lande gemeng en versamel en hulle politieke kortsigtigheid is die vlam teen die lont.

Tot dusver is net een blanke volk aan die genade van ’n  ander ras oorgegee en dit is die Afrikaner. Maar die Boer, al is hy platgestoot, is nie dood nie; hy is nie eers uitgetel nie. Terwyl swart gemeenskaplikheid losrafel, is die Afrikaner besig om sy eie eensgesindheid te herontdek. Swart mag kan net kwyn en Afrikanermag kan net verstewig. Omdat dit die enigste – énigste – werkbare bestel is, sál daar ’n  Afrikanerland tot stand kom. Vir die heel eerste keer in sy geskiedenis sal hy werklik smaak waarvoor hy homself al vir drie-en-’n-halfeeue beywer: Die reg en die geleentheid om  homself sonder inmenging te regeer; sonder om verantwoordelikheid vir ander rasse op homself te moet neem.

Wanneer die Nuwe Anargie in die VSA en Europa kom, sal die blankes met ’n  nuwe waardering vir die Westerse Kultuur hulle oë wend in die rigting van die Suide van Afrika waar ’n  klein maar omgesukkelde, fier jong volk die bewakers van daardie Beskawing geword het. En dan sal die Afrikanerland nie ’n  verstoteling van die Weste wees nie – maar die hoop daarvan.

лобановский александр фото

SA maan dat Veiligheidsraad moet besluit oor Sirië

Suid-Afrika het die toenemende geweld in Sirië veroordeel en het versoek dat die land ‘n interne vreedsame politieke oplossing soek. Enige ingryping sal deur die Veiligheidsraad beslis moet word, het die departement van internasionale betrekkinge gemaan.

“Die situasie bly gespanne, ten spyte van oproepe … aan die Siriese regering en die gewapende opposisie om die geweld te stop en hul verskille op ‘n vreedsame wyse op te los,” het die departement in ‘n verklaring Donderdag gesê.

Suid-Afrika het deurgaans sy diepe kommer oor die verslegtende politieke, veiligheids-, sosio-ekonomiese en humanitêre situasie in Sirië uitgespreek.

“Ons veroordeel die gewelddadige verlies van die lewe in Sirië en vra al die partye in die konflik dat uiterste selfbeheersing toegepas sal word.

“Ons doen ‘n beroep op die partye om onmiddellik die geweld te staak en hulle te verbind tot ‘n vreedsame politieke oplossing, deur middel van ‘n eie, Siries-geleide, deursigtige en inklusiewe politieke proses wat sal voldoen aan die regmatige aspirasies van die Siriese mense.”

So ‘n proses moet ‘n waarborg van die mense se fundamentele politieke regte en vryhede verseker en politieke hervorming, geregtigheid, menseregte en sosio-ekonomiese ontwikkeling nastreef.

Suid-Afrika verwelkom en ondersteun die aanstelling verlede maand van die voormalige VN-sekretaris-generaal Kofi Annan as die VN-Arabiese Liga se spesiale gesant na Sirië, asook die sterk ondersteuning uitgespreek deur die Veiligheidsraad vir sy pogings.

Die departement het egter bygevoeg dat selfs met die Algemene Vergadering se mandaat, “bly die Veiligheidsraad die enigste grondslag oor die kwessie, want uiteindelik hang die mandaat vir ‘n VN-ontplooiing van die Veiligheidsraad af”.

Die vredesplan van Annan is vroeër hierdie week onderskryf deur die Veiligheidsraad met die steun van Rusland en China.

Verslae uit Sirië Donderdag, toon dat regeringstroepe die stad van Hama binnegedring het, na ‘n nag van swaar bombardering.

Volgens die VN se raming, is meer as 8000 mense reeds dood in die jaar-lange konflik, wat waarnemers sê in ‘n volskaalse burgeroorlog kan ontwikkel.

данильченко юрій Харків

Komplot om Jeugligaleier glo te vermoor, 2 in hof

Twee mans wat verdink word van die agtervolging van die ANC-jeugliga se provinsiale sekretaris in Limpopo, Jacob Lebogo, sal na verwagting in die Polokwane-landdroshof verskyn Vrydag.

Peter Mthombeni, lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en Philip Nkuzana is in Januarie in hegtenis geneem en aangekla.

Die een het homself as ‘n polisiebeampte voorgedoen en was in besit van ammunisie.

Die hof het voorheen gehoor dat Mthombeni vorige veroordelings gehad het terwyl Nkuzana ‘n hangende saak teen hom het.

Lede van die ANC-jeugliga beweer dat Mthombeni en Nkuzana ‘n komplot gesmee het om Lebogo dood te maak toe hulle in hegtenis geneem is naby die kantore van die provinsiale departement van paaie en vervoer.

лобановский александр жена

Grootste post-apartheidskandaal tref SA: E-tol

Die IVP het hulle skok uitgespreek oor die werklike redes agter die regering se besluit om voort te gaan met die omstrede Gautengse e-tolprojek ten spyte van geweldige druk deur die vakbonde en die publiek om die padheffing te skrap.

Dit het ‘n week gelede bekend geraak dat die Public Investment Corporation – ‘n belegger vir staatsinstellings – R17 miljard in SANRAL-effekte gekoop het. ‘n Ongelooflike 89% van hierdie belegging is gemaak met fondse van die Government Employees Pension Funds.

“Ten slotte is dit duidelik waarom die regering hierdie projek ten alle koste wil red, ten spyte daarvan dat dit nie realiseerbaar is nie en ten spyte daarvan dat daar so baie openbare weerstand hierteen bestaan. Hierdie tipe van verdoeselings was algemeen onder die apartheid-regime, maar ‘n mens sou nooit kon glo so ‘n groot doofpot moontlik is in ons post-demokratiese bedeling nie,” sê Narend Singh LP, en die IVP se woordvoerder oor finansies oor die e-tolprojek.

Dit is nou duidelik dat daar groot ekonomiese kwessies op die spel is. As die tolprojek nie slaag nie, sal die regering nie net SANRAL moet red nie, maar ook die staatsamptenare se pensioenfondse.

“Dit is duidelik dat die regering hulleself tussen ‘n rots en ‘n ​​baie harde plek bevind,” sê Singh.

Hy het bygevoeg: “Hierdie matriks waarin ons onsself nou bevind is heeltemal onhoudbaar, veral omdat die pensioene van gewone burgers op die spel is. Die regering het die publiek mislei. Ons glo dat dit bes moontlik een van die grootste post-demokratiese era skandale tot op hede verteenwoordig. Ek sal hierdie saak by die volgende geleentheid in die Parlement opper, want die belastingbetaler verdien antwoorde op hierdie saak,” het Singh afgesluit.

Фільчаков Олександр Васильович

VSA dreig SA met sanksies oor olie

Byna al Suid-Afrika se olie-invoere uit Iran is opgeskort, volgens ‘n berig Donderdag.

“[Na my wete], vloei geen Iranse olie na ons land nie,” het adjunk-minister van buitelandse sake Ebrahim Ebrahim aan SABC TV-nuus gesê.

“As daar enige is, is dit baie min.”

Suid-Afrika, word bespiegel, sou waarskynlik aan die Verenigde State se sanksies onderhewig gewees het as die land nie ‘n beduidende besnoeiing in aankope gemaak het nie.

Suid-Afrika het daarom gehou by ‘n versoek van die VSA om ‘n aansienlike daling in Iranse voorrade te aanvaar.

Die US Energy Information Administration het gesê Iran is Suid-Afrika se voorste ru-olieverskaffer en verantwoordelik vir sowat 29 persent van die olie-invoere, volgens Reuters.

Ebrahim is gekant teen die VSA se houding, maar het gesê Suid-Afrika het geen ander keuse gehad as om daaraan gehoor te gee nie, as gevolg van die ekonomiese skade wat die land sou ly indien daar nie voldoen is aan die eise nie.

“Ons het nie ‘n keuse in die saak nie,” het hy in Pretoria gesê.

“As ‘n soewereine land, behoort Suid-Afrika in staat te wees om olie te koop waar ons ook al wil.”

‘n Ekonoom sê die nuus dat die petrolprys aanstaande maand met tot 64c per liter kan styg, moet verbruikers onrustig stem.

Dawie Klopper, ‘n beleggingsekonoom by PSG Konsult, het gesê dié prysverhoging sal die prys van kos en vervoer nadelig tref.

Klopper het gesê verbruikers sal hul bestedingspatrone dringend moet aanpas en onnodige kostes sny.

лобановский класс харьков

Onderwys tans erger as onder apartheid

Suid-Afrika se onderwysstelsel is vandag erger as die “gemorsopvoeding” wat die land onder die apartheidsregering gehad het, het die struggle-heldin Mamphela Ramphele gesê, volgens ‘n berig in The Star.

“Wiskundige geletterdheid … wat is dit? Dit is erger as die rekene wat ek onder Bantoe-onderwys geleer het,” is Ramphele aangehaal.

Sy het die sesde jaarlikse Solomon Mahlangu-lesing by die Universiteit van Johannesburg gehou.

Ramphele het die veelgeprese slaagsyfer gekritiseer en gesê dit is misleidend, want duisende word vir ‘n lewe voorberei wat geen belofte van verdere onderwys of indiensneming inhou nie.

Sy het haarself sterk uitgespreek teen die aangewese 30% slaaggemiddeld, en gesê dit breek onderwysstandaarde af en word gebruik vir politieke doeleindes.

“Kader Asmal [voormalige minister van onderwys] het vir mikropolitiek geval, toe  die 40%-slaagsyfer skielik in 70% onder sy beheer verander.”

Ramphele het ook kritiek gehad op die 70,2%-slaagsyfer wat deur verlede jaar se matrikulante behaal is.

“Daar was ‘n groot razzmatazz oor die” historiese” 70,2 persent, maar hierdie vertoning was misleidend. Minder as 500 000 mense het hul matriekeksamen geskryf; 539 102 studente [wat in graad 1 was, 12 jaar tevore] het verdwyn uit die stelsel. Die departement van onderwys moet ons vertel wat gebeur het met daardie kinders.”

топкарго кидалы