Moslems neem beheer van Egiptiese lente

Die Moslem-broederskap, die Egiptiese Islamitiese groep wat reeds die land se parlement beheer, het aangekondig dat hulle ‘n presidensiële kandidaat sal stel in ‘n skuif wat waarskynlik konfrontasie met die land se militêre leiers sal laat eskaleer.

Die groep het gesê Khairat al-Shater is gekies as kandidaat vir die presidensiële verkiesing van 23 Mei.

Die Broederskap het verlede jaar belowe dat hulle nie aan die presidensiële verkiesing sal deelneem nie in ‘n klaarblyklike poging om die weermag en die Weste gerus te stel dat daar nie ‘n Islamitiese bedreiging bestaan nie.

Hulle sê nou egter hulle is gedwing om ‘n kandidaat te stel deur die koppigheid van die regerende militêre raad wat geweier het om die tussentydse regering af te dank.

Vryheid en geregtigheid, die politieke arm van die broederskap, het net onder die helfte van die setels in die parlement ingepalm. Nour, ‘n ultrakonserwatiewe Islamitiese groep, beheer ‘n kwart van die setels. Die Broederskap is besig om steun in die regering onder leiding van Kamal Ganzouri (wat deur die weermag aangestel is) te onttrek.

Mahmoud Hussein, ‘n senior Broederskapbeampte, het gesê die besluit is geneem in reaksie op “bedreigings vir die Egiptiese rewolusie” en die land se demokratiese oorgang.

Tekens van ‘n magstryd tussen die broederskap en die militêre raad het verlede week losgebars. Die Islamiete het gewaarsku teen ‘n tweede revolusie, terwyl die generaals gesinspeel het op ‘n moontlike terugkeer na die onderdrukkende maatreëls van die verlede gerig teen die Broederskap.

Ontleders sê die magsgeskil gaan toets of die weermag in staat sal wees om in die post-Moebarak era staande te bly.

Фильчаков прокурор харькова

VSA druk SA oor Iranese olie

Suid-Afrika is een van vyf lande wat binne drie maande hul invoer van olie uit Iran drasties sal moet verminder om Amerikaanse sanksies teen banke te keer.

Pres. Barack Obama het as rede vir sy versoek gesê: “Daar is ander olieprodusente wat ru-oliepryse verlaag het vir dié rede.”

Suid-Afrika, Indië en China moet teen 1 Julie hul olie-invoere uit Iran verminder om te verseker dat banke in dié lande nie internasionale transaksieregte verbeur agv drakoniese Amerikaanse wetgewing nie. Turkye en Suid-Korea verkeer onder dieselfde druk.

Meer as 65% van Iran se olie-uitvoer gaan aan dié vyf lande. Die VSA glo dat Iran uiteindelik só sal afsien van sy kernwapenprogram.

Suid-Afrika is nie op die lys van 11 lande wat die Amerikaanse departement van buitelandse sake verlede week onthef het van finansiële strafmaatreëls teen lande wat sake doen met Iran nie.

Japan en Italië – wat 10% van Iran se olie invoer – is wel op die lys. Japan moes byna al sy kernkragstasies sluit na die onlangse kernramp en gebruik tans olie om krag op te wek.

Suid-Afrika, het as Brics-lidland verlede week aangedui hulle ondersteun nie “eensydige sanksies teen Iran nie”. Die land voer 26% van sy olie van Iran in, het ‘n regeringswoordvoerder, Clayson Monyela, vroeër bevestig.

топкарго кидалы

Bruin US-dekaan wil fakulteit verengels

Die Universiteit van Stellenbosch (US) se fakulteit gesondheidswetenskappe het in ‘n verslag aanbeveel dat Engels die taal van onderrig by ten minste twee instansies word, berig Die Burger.

Dit sluit die Tygerbergse kampus en die Tygerberg-hospitaal in Bellville in.

Dié verwikkeling het weer die vermoede versterk dat die bruin hekwagters wat die universiteit aangestel het om Afrikaans polities korrek, “inklusief” en aanvaarbaar te maak, Engels verkies en ten koste van Afrikaans sal bevorder.

Prof. Christo Viljoen, president van die US se konvokasie, het as ‘n “eensydige, onwetenskaplike en ‘n ongebreidelde aanval op Afrikaans as onderrig- en kommunikasietaal,” beskryf.

Volgens Viljoen word Afrikaans in die Wes-Kaap, deur 61% van die inwoners Afrikaans as huistaal gebesig.

Prof. Jimmy Volmink, die bruin dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe, en me. Dianna Yach is die opstellers van die verslag. Yach is uitvoerende assistent vir transformasie en gelykheid in Volmink se kantoor.

Die verslag is volgens lede van die universiteitsraad ‘n prul. Dit is vol “onakademiese aansprake en teenstrydige aanbevelings”. Die skoonmakers by die universiteit is ook glo genader toe die verslag opgestel is.

Dr. George du Toit, dienende lid van die raad sê dit is versinnings “van ‘n fanatikus met ‘n vooropgestelde agenda.” Hy sê die belangrikste rolspelers is nie betrek nie wat dit uiters eensydig maak.

Volmink het die verslag verdedig en gesê: “Dit was ‘n manier om met studente en personeel in gesprek te tree oor wat werk en waar die fakulteit kan verbeter ten opsigte van die bevordering van gelykheid, menseregte en inklusiwiteit.”

Фильчаков Александр Васильевич

Alle wit name moet gaan – ANC

Tydens  ’n  spesiale perskonferensie wat by Gallagher Estates gehou is, het die minister van kuns en kultuur, die eerbare Paul Mashathile, aangekondig dat die voorname van alle blankes in Suid-Afrika gaan verander word ter wille van transformasie en rekonsiliasie. Hierdie dramatiese skuif kom te midde van die hernude kontroversie rakende die naamveranderinge van stede en strate in Suid-Afrika.

“Die ANC is bewus daarvan dat daar ’n  tragiese onwilligheid onder witmense is om die inklusiewe kultuur van die Nuwe Suid-Afrika aan te gryp,” het Mnr. Mashatile opgemerk. “Ware transformasie kan nie doeltreffend bereik word terwyl lede van ’n  bepaalde ras agter Eurosentriese name skuil nie. Om ’n  wit voornaam gekoppel met ’n  wit van te hê, getuig van ’n  houding van Wit Superioriteit.

Dis eers wanneer ons name uit dieselfde tradisie het, wat ons mekaar as ware broers en susters kan vind op weg daarna om van Suid-Afrika die ware tuiste van alle volke te maak.”

Volgens die wetsontwerp wat môre in die Staatskoerant gepubliseer sal word, sal blankes die vergunning hê om een blanke naam en hulle van te behou. Hulle sal egter ’n  Afrika-naam moet kies om in samewerking met hulle oorspronklike naam te gebruik. Hierdie name moet binne ’n  maand by die Registrateur van Name geregistreer word.

“Indien mense in gebreke bly om hulle Afrika-name volgens die wet te registreer,” het Mashatile bygevoeg, “sal die regering name aan hulle toewys. Getroue kaders van die ANC het reeds hulle nuwe name gekies. Die eerste naam om in die nuwe formaat geregistreer word is dié van Molefe Marthinus van Schalkwyk.”

Volgens die bepaling van die Wet op die Transformasie van Voorname sal slegs die nuwe gebruik in amptelike transaksies aanvaar word. Alle identiteitsdokumente en paspoorte moet die hierdie veranderinge voor of op 1 April 2013 reflekteer.

Grondwetkenner, prof. Ketlele Pierre de Vos, het gesê die regering was heeltemal binne regte om op die veranderinge aan te dring.

“Dit is die regering se taak om die proses van rekonsiliasie te dryf,”  het hy gesê. “Diegene wat hulle teësit moet daarop let dat sonder die gebruik van die nuwe formaat mense hulle voertuig- en ander lisensies sal verbeur en nie in staat sal wees om paspoorte te kry nie.”

Volgens berigte het die vier groot banke aangedui dat alle rekeninge binne ’n  jaar verander sal word na die nuwe formaat. Indien die kliënte nie hulle eie Afrika-name sal kies nie, sal die banke dié name wat deur die regering toegewys is, gebruik.

“Dit is ’n  kragdadige stap,” het Mereki Maria Ramos, die hoofbestuurder van ABSA gesê. “Die 1ste April sal in die toekoms onthou word as die dag waarop Suid-Afrika sy siel ontdek het.”

Die afkondiging is positief in Afrikaanse kringe ontvang.

“Wat goed genoeg is vir Nelson Rolihlahla Mandela is goed genoeg vir my,” het Kgatlebelo Max du Preez gesê.

Me. Malerato Samuels, voormalig bekend as Antjie Krog, het in reaksie gesê dat sy “in ekstase” is. “Ek wil net nog uitvind hoe om van al die bagasie ontslae te raak, en dit sluit my Westerse van in.”

прокурор Фильчаков

Ope brief aan die DA oor Pretoriase straatnaamsveranderinge

In ‘n berig deur die dagblad ‘Beeld’ 29 Maart 2012, ‘DA stem nie oor name’ het mnr Johan Jansen volgens die berig gestel: ‘Mnr. Johan Jansen (DA) het gesê hy sou wou sien dat Kerkstraat eerder na Nelson Mandela-rylaan verander word.’

Die uitlating of standpunt kan nie sondermeer gelaat word nie en die Kerkraad van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria sal mettertyd ‘n amptelike skrywe hieroor aan die toepaslike persone/instansies rig.

In my persoonlike hoedanigheid beskou ek mnr Jansen se mening as onsensitief en ‘n ontkenning van die historiese waarde van die betrokke gemeente wat twee maande voor Pretoria se stigting , op 8 en 9 September 1855, onder leiding van ds Dirk van der Hoff gestig is.  Gedurende November 1855 het die Volksraad van die Z.A.R. besluit om die Republiek se hoofsetel na Pretoria te verskuif en tereg dui die navorser/argivaris, Dr HM Rex, dit met die titel van sy boek (1960) aan: Pretoria- Van Kerkplaats na Regeringsetel.

Teen dié agtergrond het die betrokke gemeente en lidmate ‘n rol in die ontwikkeling van Suid-Afrika gespeel ondermeer in die konstitusionele gang, onderwys, en infra-struktuur.  Ten opsigte van laasgenoemde word verwys na die eerste kerkgebou wat in 1857 op Kerkplein opgerig is, in 1865 is die kerkgebou vergroot en na ‘n verwoestende brand in 1882 is ‘n sierlike kerkgebou op 23 Januarie 1885 ingewy en hier het president S J P Kruger met geleentheid besoek by die Hervormers afgelê.

Die gebou het ‘n belangrike rol gespeel in die godsdienstige- en kulturele lewe van die Afrikaner en nadat dit deur die Britse owerheid gesloop is, is die vierde en huidige kerkgebou in Du Toit str gedurende 1905 deur Genl. Louis Botha ingewy. Tydens die geleentheid het die Nederlandse hoogleraar, prof P J Muller, die inwyding van die nuwe kerkgebou gepas met  die teks uit Openbaring 21:5 ingelui; die preekteks is voorhande in die gemeentegeskiedenis: Die Nederduitsch Hervormde Gemeente Pretoria 1855-1955 (prof S P Engelbrecht).  Behalwe laasgenoemde, was die gemeente dekades lank ‘n geestelike tuiste vir Nederlandsprekende Suid-Afrikaners, trouens die gemeente was van die laastes wat Nederlands as kanseltaal gebesig het.

Die verbintenis met die Nederlandse minderheid in Pretoria strek egter ook na die slagveld en word bevestig deur die gedenkplaat vir Nederlanders wat tydens die Tweede Anglo-Boere Oorlog (1899-1902) gesneuwel het; onder andere Cornelius van Gogh (1867-1900), broer van die impressionis, Vincent Willem van Gogh (30 Maart 1853-27 Julie 1890). Die gedenkplaat is teen die Oostelike wand van die kerkgebou aangebring en gedurende sy besoek aan Suid-Afrika, het Prins Bernard van Nederland die verbintenis erken deur ‘n krans by die gedenkplaat te lê.

Die rol wat die Kerk/kerk, in die besonder die Hervormde Gemeente Pretoria, in die gang van Pretoria gespeel het, word deur ‘Kerkstraat’ gehuldig.  In die verband wil ons u, mnr Jansen en belanghebbendes nooi om die S P Engelbrecht-museum, wat tans op die Oostelike en Noordelike galerye van die Kerkgebou ingerig is, te besoek – en die betekenis van dié kulturele sieraad, soos dit in ‘Kerkstraat’ weerklink, ontdek.

Ek sien uit na u besoek.

Met dank,

Dr Christo Pretorius

Pastor loci

Ned Herv Gemeente Pretoria

лобановский александр игоревич

Die ‘Dutch Mark’ om die nek

'n Moderne weergawe van die 'Dutch Mark'Van die 1860jare af het die verengelsing in die Kolonie toegeneem, veral deur middel van die skole. Selfs op die speelterrein moes die kinders Engels met mekaar praat om straf vry te spring. In party skole is gebruik gemaak van ‘n sleutel, blokkie of hartvormige plank waarop iets geskryf is soos: “I am a donkey”. Hierdie “Dutch Mark” is om die nek gehang van iemand wat Afrikaans praat, en die een wat dit gedra het as die skool die middag sluit, moes as straf honderde reëls uitskryf soos: “I must not speak Dutch and ought to know it by now”. Langham Dale, wat in 1859 superintendent-generaal van onderwys geword het, het met ‘n besoek aan ‘n skool die kennisgewing “It is forbidden to speak Dutch” aangetref en het sulke verbiedinge belet. Hy was nie teen Hollands as vak nie — maar wou Afrikaans of Hollands tog nie as die medium van onderrig toelaat nie.

Die Kaapse onderwyswet van 1865 het bepaal dat die onderwysmedium in alle eerste- en tweedeklasskole Engels moes wees en dat in derdeklasskole (plattelandse skole) die medium sover moontlik Engels sal wees binne ‘n jaar ná die oprigting. In die sendingskole, ook van die NG Kerk, moes die onderwys sover moontlik in Engels geskied.

Daar was min verset teen die verengelsingsproses. Die skryfster M.E.R., wat gebore is in 1875, beskryf hoe dit verloop het. Afrikaanse meisies het veral weens die onderwys en die aansien van Engels graag onder mekaar Engels gepraat. “Vanaf gedwonge Engels en strafbare moedertaal het ons meisies gekom tot gewillige en gladde hantering van Engels in die skool, op straat en onder mekaar. Nie die seuns nie. Engels praat was vir hulle ‘n meisie-agtige aanstellery. Die volgende stap was dat die dogters, as hulle trou, die ou huistaal wat hulle nog met hulle eie ouers moes praat, nie met hulle kinders gepraat het nie; ook nie meer na ou gewoonte die kinders na vaders- of moederskant laat heet het nie, maar ‘fancy names’ gegee en oneindige plesier daaraan gehad het. Hulle het ‘calling cards’ en ‘at home’ days’ ingestel.” Sy skryf ook dat goeie ouers na goeie onderwys vir hul kinders gesoek het wat loopbane toeganklik sou maak. En daarvoor was Engels onmisbaar.

Name is verengels, veral van die dogters — maar ook die name van plase, huise en huisdiere; dis omtrent net osse wat verengelsing vrygespring het! Ouers en kinders, of kinders onderling, het van 1875 af in die Kaapkolonie toenemend in Engels met mekaar gekorrespondeer. Afrikaners het in gesprekke al meer Engelse uitdrukkings oorgeneem.

Kinders is in “Cape History” geleer hoe ondankbaar hulle voorouers was (daarom, glo, dat daar iets was soos die Slagtersnek-opstand en die Groot Trek) of hoe wreedaardig (deur slawe aan te hou — iets wat die Engelse egter ook gedoen het). Onderwysers het Afrikaanse kinders probeer skaam maak vir hul voorouers, en bewerings van mense soos John Philip teen die Boere opgedis. G.R. von Wielligh skryf: “So moes die kind dag na dag in die skool hoor: Ons Afrikaners is geen volk nie, onvertroubaar, besit nie eers ‘n beskaafde taal nie, is gedurig teen mekaar verdeel, daarom kan ons onsself nie regeer nie.”

Данильченко Харьков

Alles in SA en VSA wentel om ras

Ek dink as ons land eers vorentoe in volslae chaos verval, gaan daar gewonder word oor al die verlore geleenthede wat nooit aangegryp is nie. Ons moes lankal ‘n rassedebat in dié land aan die gang gesit het soos wat Pat Buchanan in sy jongste rubriek It’s All About Race Now, doen.

Toe ek dit destyds as rubriekskrywer in Rapport wou doen, is ek eenvoudig gesensureer en met die banvloek getref. Agterna het ‘n klomp narre soos Max du Preez en sy enkele vriende met identiteitsprobleme nog gepoog om my regtig op ‘n Middeleeuse wyse te probeer etiketteer en stil te maak.

Uiteindelik gaan Suid-Afrika as land en as ontwikkelde ekonomie en maatskappy ondergaan omdat blankes – en veral die professionele joernaliste – nie die moed gehad het om die rasse-absurditeite wat aan ons opgedring word uit te daag en aan die kaak te stel nie. Dis eenvoudig tragies om te sien hoe SA verval in net nog ‘n Zimbabwe, Zambië of wat ook al en almal is te bang om dit uit te wys! Mense sal eerder ‘n reksprong gaan doen of valskermspring of bergklim sonder toue as om net eenslag die waarheid oor swart misdaad, wanprestasie en onbekwaamheid te praat soos wat Buchanan hier doen.

Al moet ek dit self sê, was ek nog nooit verkeerd oor my politieke persepsies nie. Toe ek 16 jaar oud was, kon ek al sien dat die NP en Broederbond te onnosel was om die pyp te rook. In 1987 het ek tydens my tydperk in Frankryk reeds ingesien dat die ANC net ‘n ramp vir SA kan beteken. In 1996 het ek voorspel dat Afrikaans as amptelike taal gaan sneuwel. En in 2003 het ek reeds ingesien dat die politiek van hierdie land, veral vanweë die 1994-oorgawe – juis nie apartheid nie – altyd om ras sal draai. Trouens, die wêreldpolitiek beweeg in daardie rigting en die soort rassehisterie wat die liberale hoofstroommedia in die VSA tans rondom die Trayvon Martin-voorval aanhits, gaan verseker dat die hele een-en-twingtigste eeu in een groot propaganda-oorlog oor ras gaan ontaard. Baie mense sal seker na die Koue Oorlog verlang toe daar nog iets soos “regs” en “links” was en nie net ras nie.

U kan ‘n verskil aan u toekoms maak deur by PRAAG aan te sluit.

Gisteraand het ek die klassieke Tarzan-rolprent met Johnny Weismuller in die hoofrol gekyk. Dit was regtig amusant om te sien hoe die “Bwana” kort-kort die safaridraers met ‘n karwats laat afransel. Allermins polities korrek! Dis dieselfde Hollywood wat vandag in elke rolprent ‘n swart polisiehoof voorstel wat sy blanke juniors van goeie raad bedien of uittrap omdat hulle nie so slim en ervare soos hy is nie. In ons eie land het swart polisiehoofde en “ministers van veiligheid” wondere vir die algemene stand van wetstoepassing gedoen, nie waar nie? Dink maar aan Charles Nqakula, Jackie Selebi, Beki Cele en hul kollegas.

Gister op Facebook verwys mnr. Casper Labuschagne my na die werk van dr. Brené Brown wat blykbaar gesê het: “’n Mens kan nie ‘n gesprek oor ras sonder skande hê nie, omdat jy nie oor ras kan praat sonder om oor voorreg te praat nie, en as mense begin om oor voorreg te praat dan word hulle verlam deur skande.” Ons wat van Europese afkoms is, word deur skande verlam. Vanweë die verskille in die gemiddelde lewenstandaard en prestasie van blankes en swartes, word daar aangeneem dat daar een of ander kousale verband moet wees.

Labuschagne skryf verder op Facebook: “Die formule is iets soos: ‘Swartmense kry swaar, witmense kry nie swaar nie, gevolglik is dit duidelik dat witmense vir swartmense onderdruk’. Hierdie denkpatroon is loutere onsin, maar ‘n groot groep mense wat bevoorreg is, het inherente skuldgevoelens oor hul bevoorregte toestand, dus is hulle verweer om enigeen wat nie daarmee saamstem nie as rassis te etiketteer.

“Diegene wat nie wit is nie, het nie so ‘n skandelas nie en vir hulle is die teendeel van dieselfde foutiewe denke ‘n werklikheid: ‘Witmense kry nie swaar nie maar ons kry swaar en die rede is omdat ons deur witmense onderdruk word.’ Gesien in terme van hierdie teenstrydigheid, is dit dus heeltemaal verstaanbaar dat daar twee totaal uiteenlopende sieninge van dieselfde voorval is, soos ons nou met Zimmerman in die VSA agterkom. As die situasie ontbloot word van hierdie waas van skande en skuld dan is dit duidelik hoe die swart groepering die skuldgevoel van wit bevoorregtes uitbuit. En dit gebeur oor en oor. Kyk hoe het die nugtere denke oor ‘n dekade daartoe gelei dat dit vandag duidelik is dat O.J. Simpson so skuldig soos die houtjie van die galg was. Maar in 1995 het ‘n beduidende groep witmense (ook in Suid-Afrika) in sy onskuld geglo. Die rede – die verlammende waas van skuld as gevolg van die bevooregte posisie van witmense. En as daardie waas oor ‘n dekade verdamp dan word die waarheid ontbloot.”

Die rol wat die Nasperskoerante sedert 1994 gespeel het om hierdie “skandvlek van die blanke ras” te bestendig en aan te hits, was waarskynlik die laaste spyker in die doodskis van Suid-Afrika. Tensy ‘n organisasie soos PRAAG drasties meer steun verkry, is daar nie eintlik meer weerstand teen die heersende rasseteologie van “die benadeelde swartman” nie. Die meeste Afrikaanse organisasies en opposisiepartye aanvaar ook hierdie begrip. Dit sal vanself sorg dat grondhervorming deurgaan en ‘n voorspelbare Zimbabwe-tipe scenario hom hier afspeel. “Verinheemsing” noem ou Bob dit mos. En slegs die swart ras is “inheems”. Ons president sing reeds op openbare verhoë in Zoeloe “Skiet die Boer” (YouTube-video) terwyl die magtige media te bang is om iets daaroor te skryf of te sê.

Dat dit alles besonder lafhartig was, sal iemand in die toekoms vanuit Melbourne of Nederland of waar mense ook al bietjie nabetragting oor ‘n mislukte Suid-Afrika gaan doen, moet sê.

U kan ‘n verskil aan u toekoms maak deur by PRAAG aan te sluit.

Олександр Васильович Фільчаков

DA sal tweede stuggle uit Oos-Kaap lei

Die Oos-Kaap benodig ‘n “tweede struggle” om hom van inteel-kapitalisme en korrupsie te bevry, het Helen Zille, DA-leier, Saterdag in Grahamstad gesê.

Zille het uit ‘n ongepubliseerde manuskrip, deur Greg Mills, kenner op die gebied van internasionale sake, aangehaal en gesê: “Baie van Afrika het twee vryhede ervaar; die eerste van die koloniale en of rassistiese regimes, en die tweede van die teleurstelling van bevryders”.

“Ons in Suid-Afrika het al vir so lank die gevolge van kolonialisme en apartheid gedra, en leef met die waan dat indien ons suksesvol is in ons eerste vryheidstryd, sal die res outomaties volg,” het sy gesê.

Die DA moet die tweede stryd lei, omdat dit die enigste party is wat oor die waardes en beleidsrigtings beskik wat nodig is om armoede te verlig en werkloosheid te verminder, het Zille gesê.

Zille het verder gesê die Oos-Kaap, met sy ryk struggle-geskiedenis, het die nuwe vryheid meer nodig as ander provinsies omdat dié provinsie oor die afgelope 18 jaar “so verwaarloos en verraai” is.

As die provinsie van oudpres. Nelson Mandela, is die Oos-Kaap dít aan hom verskuldig in die “skemer van sy lewe”.

Александр Фильчаков

Ons gaan ook ‘struggle’-liedjies sing, sê Afrikaanse organisasies

Tydens ‘n spesiale bosberaad tussen die ANC en invloedryke Afrikaanse organisasies, is daar besluit dat blankes meer “struggle”-liedjies moet leer. Verreikende besluite is ook oor die herstandaardisering van Afrikaans geneem.

Die bosberaad is Vrydag en Saterdag op ‘n wildsplaas naby Modimolle gehou. Verteenwoordigers van Solidariteit, Naspers, die Afrikaanse Taalraad, die Akademie en die Afrikaanse Handelsinstituut het saam met die ANC se kulturele lessenaar vergader om maniere te ondersoek waarop versoening in die land bevorder kan word.

Prof. Jakes Gerwel, direkteur van Naspers en Media24, het gesê: “Ons het besluit om namens alle Afrikaanses die ANC te nader om opnuut ons verbintenis tot nasiebou en versoening te bevestig. Ná ‘n openhartige gesprek, het ons konsensus verkry dat veral blankes voortaan op sigbare wyse bygestaan moet word om ‘struggle’-liedjies aan te leer en te sing.”

Die vergadering het kennis geneem van onlangse verregse besware teen die liedjie “Skiet die Boer” wat deur president Jacob Zuma tydens die ANC se eeufeesvieringe op 8 April te Bloemfontein gesing is. “So ‘n liedjie moet binne konteks gesien word, as deel van ons gemeenskaplike kultuur,” het me. Esmaré Weideman, besturende direkteur van Media24, gesê. “Ons moet verstaan waarvandaan ons kom en waarheen ons op pad is. Blankes sal groter begrip vir sulke vryheidsliedere kry as hulle dit self aanleer en begin sing.”

{youtube}QCILT7NhmIk{/youtube}

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat onlangs die Markus Viljoen-medalje vir joernalistieke prestasie aan Zelda Jongbloed van Rapport, asook die Hertzogprys vir drama aan Adam Small toegeken het, het in ‘n aparte verklaring gesê: “Deur die bekroning van twee prominente bruin figure vanjaar, wil die Akademie opnuut sy verbintenis tot die reënboognasie en die transformasie van die Afrikaanse kultuur beaam.”

Die Akademie sal voortaan saam met die RadioSondergrense werk om Afrikaans te herstandaardiseer. “Die beeldryke Kaapse taal van Adam Small moet ook gesien en gehóór word, veral oor die radio. Ons moet veral enige sprake van taalsuiwerheid finaal die nek inslaan,” het dr. Dioné Prinsloo, besturende direkteur van die Akademie, gesê. Die Akademie se Taalkommissie, wat reeds 500 Engelse woorde in ‘n bylaag by die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gevoeg het, sal in sy volgende uitgawe die aantal Engelse woorde tot “ten minste 5000” verhoog en hulle terselfdertyd by die hoofwoordelys inlyf.

Onder leiding van me. Lynette Francis van RSG is daar in aanloop tot die bosberaad ‘n radiodebat oor die transformasie en herstandaardisering van Afrikaans gehou. Die hoof van Afrikaanse Radio by die SAUK, Magdaleen Kruger, het insgelyks tydens dié debat verklaar dat Afrikaans van sy “apartheidsverlede gesuiwer moet word” en nie meer volgens blanke norme oor die radio gepraat moet word nie.

Mnre. Mandla Langa en Mongane Serote van die ANC se kulturele lessenaar het gesê hulle “is beïndruk deur die bereidwilligheid van Afrikaanses om ook deel te hê aan ons ryk struggle-erfenis. Ons is besig om begrip vir mekaar te ontwikkel. Dit kan net beter gaan as ons mekaar se kulture respekteer.”

Dr. Flip Buys van Solidariteit, Afriforum, Dagbreektrust, Virseker, die Virsekertrust, Radio Pretoria, die FAK, Soltech, Akademia en die Noordwes-universiteit het sy waardering uitgespreek vir die goeie gees waarin die vergadering plaasgevind het. “Ons veg nie vir ‘n beter verlede nie, maar vir ‘n beter toekoms,” het hy veklaar. “Sáám is ons tot veel meer in staat as apart van mekaar.”

Buys het onlangs ‘n eredoktorsgraad van die Noordwes-universiteit se Potchefstroom-kampus in ekonomie ontvang met die luisterryke geleentheid wat deur Dagbreektrust geborg is. In sy verklaring ná gister se bosberaad het hy gemeen: “Soos ek tydens my gradeplegtigheid op Potchefstroom gesê het: ‘Soliforum en Cosatu het dieselfde einddoelwit: ‘n beter Suid-Afrika. Ons praat saam, staak saam en stem saam.’ Nou moet ons nog net saamsing.”

Me. Esmaré Weideman van Media24 sal sorg dat daar ten minste een “struggle”-liedjie soos “Skiet die Boer” of “Hulle is honde, maak hulle dood” by die jaarlikse Huisgenoot-skouspel gesing word.

“Ons is almal Suid-Afrikaners. Daarom moet ons dieselfde liedere sing en ‘n gemeenskaplike betekenis daarin vind,” het sy gesê.

топкарго кидалы

Nog ‘n bruine deur Akademie vereer

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het nog ‘n bruin toekenning uitgeloof, dié keer aan Zelda Jongbloed, afgetrede adjunkredakteur van Rapport.

Die akademie het Vrydag bekend gemaak dat die Markus Viljoen-medalje aan Jongbloed toegeken word vir 2012. Sy word glo vereer vir haar langdurige en hoogstaande bydrae in Afrikaanse joernalistiek.

Jongbloed het haarself ook al meermale teen die “regses” uitgespreek en was mede-oprigter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.

Sy sal onthou word omdat sy gedurende die saak van die Reitz-4 voordat die studente onskuldig bevind is, in ‘n rubriek lesers aangehits het deur te beweer dat die die swart skoonmakers in die gewraakte video skelm afgeneem is.

Sy het haarself al voorheen teen “etniese nasionalisme, die beskerming van wit Afrikanerskap of ‘n saak waarby wit Afrikaanssprekendes belang het en nie die breër Afrikaanse gemeenskap nie,” uitgespreek.

“Jongbloed is dié outentieke Afrikaanse struggle-joernalis,” lui ‘n verklaring deur die akademie.

“Regdeur haar loopbaan, maar veral teen die einde daarvan, het sy ‘n groot invloed gehad op die vorming van joernaliste, veral dié uit die bruin gemeenskap.

“Sy word bewonder vir haar vreesloosheid, dat sy haar stem laat hoor oor netelige kwessies wat Afrikaanse mense oor grense heen raak.”

Die Hertzogprys, wat deur Rapport geborg word, is ook vanjaar aan die bruin dramaturg en digter Adam Small vir sy drama-oeuvre toegeken.

Ander toekennings het gegaan aan Sonja Loots vir Sirkusboere (Eugène Maraisprys) en Ingrid Winterbach vir Die boek van toeval en toeverlaat (C.L. Engelbrechtprys vir letterkunde).

лобановский александр биография