Soldate by myn ná 10de lyk

Die dodetal weens voortslepende gewelddadige betogings by die Lonmin-platinummyn het gisteraand tot tien gestyg.

Dit volg nadat die liggaam van nog ‘n slagoffer van geweld tussen twee vakbonde gevind is. ‘n Sapa-verslaggewer het die lyk sowat 100 m van ‘n koppie waar werkers vroeër in die dag byeengekom het, opgemerk.

Honderde mynwerkers het op ‘n klipkoppie op Wonderkop saamgetrek om teen hulle werksomstandighede by die myn beswaar te maak nadat Lonmin vroeër aangekondig het dat hy sy Suid-Afrikaanse mynbedrywighede sluit.

Die lyk in kakieklere het met sy gesig boontoe gelê met ‘n skedel op sy bors. ‘n Toordokter het glo ‘n ritueel op die koppie uitgevoer en moetie op die mans gesprinkel om hulle dapper te maak.

Vyf helikopters, soldate en talle polisielede is by die myn in Noordwes ontplooi, asook forensiese kenners was op die toneel.

Lonmin was reeds ‘n maande gelede bewus van die feit dat die arbeidsituasie op ‘n ramp afstuur nadat sy rotsboorwerkers in opstand gekom het. Dié rebellie was soortgelyk aan ‘n opstand by Impala Platinum in Februarie.

Lonmin was skynbaar onder die indruk dat die National Union of Mineworkers (NUM) genoeg gesag oor laervlakmyn­- werkers in die platinumbedryf het, maar het hulself weereens misgis.

Фільчаков Олександр Васильович

Nog rassegeweld teister Frankryk

Sowat 100 swart en Arabiese jeugdiges het deurnag op die Franse polisie losgebrand en motors en verskeie geboue in die noordelike stad Amiens aan die brand gesteek.

Een beampte is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem, het die stad se Sosialistiese burgemeester Gilles Demailly aan Reuters gesê.

Inwoners het woedend gereageer nadat die polisie mense sonder waarskuwing gewelddadig deursoek het.

“Sestien polisiebeamptes is beseer,” het Thomas Lavielle, ‘n regeringsamptenaar, gesê.

Amiens is reeds geïdentifiseer as ‘n voorstad waar bykomende polisiemanne ontplooi moet word.

Rassespanning loop steeds hoog in Frankryk se voorstede, waar hoë werkloosheidsyfers, rassediskriminasie en swaar polisiëring hoogty vier.

In 2005, ná weke se betogings, het die Franse regering besluit om ‘n noodtoestand af te kondig.

Die dood van twee jeugdiges in 2007 het verdere geweld aangewakker. Geweld het ook in 2010 opgevlam nadat die polisie ‘n jeugdige wat ‘n casino beroof het, doodgeskiet het.

Tydens ‘n besoek aan die suidooste van Frankryk, het president Francois Hollande gesê die staat sal “al sy hulpbronne mobiliseer om hierdie geweld te bekamp”.

Hollande sê dis ‘n prioriteit om veiligheid in die volgende begroting met bykomende hulpbronne vir die die gendarmerie en die polisie te versterk.

Geboue, insluitende ‘n kleuterskool, en uitgebrande motors het nog gesmeul vroeg Dinsdagoggend, maar die strate was andersins kalm. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Hollande se minister van Binnelandse Sake, Manuel Valls, is na Amiens gestuur uit die suide van Frankryk waar hy op amptelike sake met Hollande gereis het.

“Die geweld teen die polisie, die geboue wat afgebrand is, hierdie mense wat leef in die greep van vrees – dit is onaanvaarbaar,” het Valls aan verslaggewers gesê.

Sommige linkse kritici sê sy taalgebruik toon ongemaklike ooreenkomste met die van die konserwatiewe Sarkozy.

Baie Franse stede sukkel met die integrasie van miljoene arm blankes, swartes en Noord-Afrikaanse immigrante in die hoofstroom van die samelewing waar hulle in vervalle behuisingskomplekse saamgebondel word.

Nota: Frankryk maak geen voorsiening vir etniese en kulturele minderhede nie, en lê groot klem op integrasie. Daar is byvoorbeeld nie soos in die VSA amptelike verwysings na “Afro-Franse”, “swartes” of “Arabiese taalgebruikers” nie.

Фильчаков прокурор

Hoekom is plaasmoorde nie prioriteitsmisdaad nie?

“Die moord op Ronél van Eyk, ‘n boervrou naby Hartbeesfontein in Noordwes, is weereens ‘n bewys dat die regering beheer oor misdaad verloor het, onwillig is om daadwerklik op te tree en laks is wat plaasmoorde aanbetref.

Die onwilligheid en laksheid van die regering is deurdat hulle weier om plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar soos lankal reeds deur die Vryheidsfront Plus versoek is. ‘n Verdere bewys is dat die landelike beveiligingsplan van die Polisie steeds nie geïmplementeer is nie. Hierdeur bewys die regering hulle minagting vir die boeregemeenskap,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie en provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes.

“Die boeregemeenskap kan nie verkwalik word as emosies begin hoog loop nie. Daar is al soveel berade en vergaderings oor plaasaanvalle en plaasmoorde gehou, maar niks konkreets kom na vore nie.

Hierdeur maak die regering hom aandadig aan plaasmoorde. Die VF Plus sal egter volhard om in die parlement te bly vra dat plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word,” het Groenewald gesê.

лобановский александр игоревич класс

Suiwer museums van raswetenskap, sê Zuma

Die land se museums moet dekoloniseer en dringend transformeer, het president Jacob Zuma gesê in die Noord-Kaap Sondag.

“Ons museums moet omskep word om sentrums van erfenis en kundigheid te wees wat al die volke en kulture respekteer,” het Zuma gesê in ‘n toespraak wat voorberei is vir die herbegrafnis van Klaas en Trooi Pienaar in Kuruman.

Die liggame van die egpaar, wat Khoisan-nasate was, is opgegrawe en gestuur na Wene in 1909 deur die Oostenrykse wetenskaplike Rudolph Pöch.

Hulle was werkers op die plaas Pienaarsputs, en het van malariakoors gesterf Mei of Junie daardie jaar. Hul lyke is opgegrawe in Oktober 1909, in linne toegedraai en in ‘n ​​groot vat gesit, wat gevul was met sout om dit te bewaar.

Zuma het gesê prosesse is aan die gang om die nalatenskap van rasse-wetenskap in museums aan te spreek.

“Geen museum moet ‘n versameling of materiaal vertoon ‘n gedeelte van ons bevolking as koloniale voorwerpe voorhou nie, veral die inheemse bevolking.”

Hy het gesê die Iziko Museum in Kaapstad het reeds ondersoek ingestel na die etiek van sy versameling.

“Die museum het besluit dat alle menslike oorskot van grafrowers gekoop of verkry vir rasnavorsing is oneties en moet teruggestuur word.”

Kuns en Kultuur sal saamwerk met die museumsektor om te verseker dat dit gebeur in lyn met nasionale beleid, het Zuma gesê.

лобановский политик

Rotsboormanne wil myn oorneem

Vakbondverteenwoordigers en NUM-leiers van Lonmin se Wes-Platinumtak moes Saterdag uit hul huise vlug by die wêreld se derde grootste platinum-produsent buite Rustenburg. “Ons het gehoor dat hulle die tak se top vyf geïdentifiseer het om dood te maak,” sê takvoorsitter Daluvuyo Bongo.

Die “hulle” is lede van die ander unie wat tans lede werf by die myn, naamlik Amcu.

Twee Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)-beamptes is doodgekap in gewelddadige botsings Maandag en ‘n ander werknemer vermoor. Nege mense is dood in die botsings. Drie lede van Solidariteit is ook ernstig gewond toe hulle deur swartes aangeval is by die myn.

Bongo het gesê die geweld het Donderdag begin. Hy het die Vereniging van Myn- en Konstruksiewerkersunie (Amcu) beskuldig dat hulle die aanvalle orkestreer. Na ‘n protes van 3 000 rotsbooroperateurs wat deur die bestuur van die myn geïgnoreer is, het hulle glo die NUM begin aanval.

“Vrydag het hulle weer versamel om ons kantore af te brand,” sê Bongo. Die NUM-lede het teruggeveg. Die betogers het teruggegaan na die nabygeleë berge, waar hulle die nag deurgebring het. Toe hulle terugkeer die volgende dag, was daar duisende betogers, sodat die NUM op die vlug geslaan het. Twee veiligheidswagte is geskiet in die stryd en in hul motors aan die brand gesteek.

“Mense sit op die berg en beplan. Dan kom hulle af,” sê Bongo. Hy het gesê Amcu dwing mense om lid te word en het min teenwoordigheid by Lonmin se Wes-Platinum voor die protes gehad, maar is goed ondersteun by die maatskappy se ander skagte. Bongo het gesê baie is werksaam by die Implats-myn.

Die vakbond word as meer militant as die ander unies beskou en werf aggressief lede in die mynbousektor, waar lidmaatskap is ‘n winsgewende besigheid is.

Amcu steur hulle nie die reëls en regulasies nie, sê Bongo.

Amcu se sekretaris-generaal van Jeffrey Mphahlele het ontken dat sy unie agter die geweld is. “Die probleem was nie oor lidmaatskap nie, maar dit was oor die bestuur. Bestuur belowe R700 en nou wil hulle onderhandel.”

Mphahlele sê die rotsboormanne is daar op hul eie.

Данильченко Юрий Харьков

Solidariteitlede by Lonminmyn aangerand

Drie lede van die vakbond Solidariteit is ernstig beseer in die onrus by die Lonmin Marikana-myn in die Noordwes, die unie het Maandag gesê.

Die adjunk-sekretaris Gideon du Plessis, het gesê die mans is buite die myn se perseel aangerand toe hulle vir diens aangemeld het Maandagoggend.

“Een van ons lede het steekwonde opgedoen en ‘n ander ​​brandwonde en die derde lid ‘n ​​gebreekte kakebeen,” het Du Plessis gesê.

Solidariteit het ‘n beroep op die polisie en die myn gedoen om aksie te neem. Hulle het ‘n brief aan Lonmin gestuur, om beskerming van werkers te eis.

“Indien die werkgewer in gebreke bly om aan hierdie vraag te voldoen, sal Solidariteit sy lede onttrek van die werkplek, vir veiligheidsredes,” het Du Plessis gesê.

данильченко юрій броніславович компромат

Boervrou roggel sterwend om hulp na plaasaanval

Ronél van Eyk (46), van Hartbeesfontein, in Noordwes, is Maandag by haar plaashek doodgeskiet minute nadat sy haar seun Freddie (9) by die skool afgelaai het, berig Volksblad.

Die Volksblad beskryf die aanvallers as “rowers” wat haar oorval het toe sy uit haar Toyota Condor klim om die plaashek oop te maak. Die aanvallers het egter niks gesteel nie.

Van Eyk verskeie keredeur die swart aanvallers geskiet, onder meer in die gesig, waarna hulle met haar motor gevlug het. Enkele ure later is die voertuig verlate naby Coligny gevind.

Die eienaar van die buurplaas, Jurie Fourie, het ‘n oproep van sterwende boervrou ontvang terwyl hy besig was om ontbyt te eet. Sy kon net roggel.

Fourie en ‘n vriend het hulle na die plaas gehaas waar hulle Van Eyk nog lewend by die plaashek aangetref het. Hulle het ‘n dokter, die polisie en ambulans ontbied, maar sy is kort daarna oorlede.

 

топкарго развод

Amerikaner in plaasaanval gewond

‘n Amerikaanse plaasbestuurder in die Ladybrand-distrik, is Maandagaand met kapmesse aangeval. 

Die Volksblad berig dat hy na Bloemfontein gejaag moes word nadat hy vroegaand op die plaas Geluk deur drie swartes aangeval is. Hy is tans in ‘n stabiele toestand in die Mediclinic.

Allen Rodgers (61) het meervoudige kapwonde aan sy kop, en sy hande opgedoen. Sy aanvallers het hom ingewag nadat hulle eers sy vriendin, Mandy, oorval en vasgebind het.

Die aanvallers het kontant en selfone gesteel. Soldate is op die grens na Lesotho ontplooi om die aanvallers te probeer opspoor.

Geluk is een van verskeie plase wat deur die Amerikaanse boerderymaatskappy SBH Farms besit word.

Данильченко Юрий отзывы

Kla die kommandeur aan!

“Die duikboot, SAS Queen Modjadji, se botsing met die seebodem getuig van nalatigheid en swak opleiding. Om nou te beweer dat ondersoek ingestel moet word na veiligheidsmaatreëls is om die publiek te mislei asof dit die probleem is. Die werklikheid is dat daar bestaande veiligheidsmaatreëls is en dat die duikboot genoegsame instrumentasie het wat waarsku indien jy te naby die seebodem kom. Die bevelvoerder van die duikboot moet verantwoordelikheid neem en dissiplinêre stappe moet geneem word,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging en Militêre Veterane van die Vryheidsfront Plus.

“Die insident herinner aan die Lohatla-geval waar ‘n lugafweerkanon verskeie soldate gedood het. Die blaam word geplaas op ander aspekte behalwe wie verantwoordelik was dat daar nalatigheid was. ‘n Duikboot kos die belastingbetaler miljarde rande en is nie ‘n motor wat ‘n paar stampe kan opdoen om die bestuurder op te lei nie. Daar moet drasties opgetree word teenoor die verantwoordelike persone,” het Groenewald gesê.

лобановский депутат