Hoekom is plaasmoorde nie prioriteitsmisdaad nie?

“Die moord op Ronél van Eyk, ‘n boervrou naby Hartbeesfontein in Noordwes, is weereens ‘n bewys dat die regering beheer oor misdaad verloor het, onwillig is om daadwerklik op te tree en laks is wat plaasmoorde aanbetref.

Die onwilligheid en laksheid van die regering is deurdat hulle weier om plaasmoorde ‘n prioriteitsmisdaad te verklaar soos lankal reeds deur die Vryheidsfront Plus versoek is. ‘n Verdere bewys is dat die landelike beveiligingsplan van die Polisie steeds nie geïmplementeer is nie. Hierdeur bewys die regering hulle minagting vir die boeregemeenskap,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie en provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes.

“Die boeregemeenskap kan nie verkwalik word as emosies begin hoog loop nie. Daar is al soveel berade en vergaderings oor plaasaanvalle en plaasmoorde gehou, maar niks konkreets kom na vore nie.

Hierdeur maak die regering hom aandadig aan plaasmoorde. Die VF Plus sal egter volhard om in die parlement te bly vra dat plaasmoorde as ‘n prioriteitsmisdaad verklaar moet word,” het Groenewald gesê.

лобановский александр игоревич класс

Maak 'n opvolg-bydrae