‘n Amerikaanse plaasbestuurder in die Ladybrand-distrik, is Maandagaand met kapmesse aangeval.
Die Volksblad berig dat hy na Bloemfontein gejaag moes word nadat hy vroegaand op die plaas Geluk deur drie swartes aangeval is. Hy is tans in ‘n stabiele toestand in die Mediclinic.
Allen Rodgers (61) het meervoudige kapwonde aan sy kop, en sy hande opgedoen. Sy aanvallers het hom ingewag nadat hulle eers sy vriendin, Mandy, oorval en vasgebind het.
Die aanvallers het kontant en selfone gesteel. Soldate is op die grens na Lesotho ontplooi om die aanvallers te probeer opspoor.
Geluk is een van verskeie plase wat deur die Amerikaanse boerderymaatskappy SBH Farms besit word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.