“Die duikboot, SAS Queen Modjadji, se botsing met die seebodem getuig van nalatigheid en swak opleiding. Om nou te beweer dat ondersoek ingestel moet word na veiligheidsmaatreëls is om die publiek te mislei asof dit die probleem is. Die werklikheid is dat daar bestaande veiligheidsmaatreëls is en dat die duikboot genoegsame instrumentasie het wat waarsku indien jy te naby die seebodem kom. Die bevelvoerder van die duikboot moet verantwoordelikheid neem en dissiplinêre stappe moet geneem word,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Verdediging en Militêre Veterane van die Vryheidsfront Plus.
“Die insident herinner aan die Lohatla-geval waar ‘n lugafweerkanon verskeie soldate gedood het. Die blaam word geplaas op ander aspekte behalwe wie verantwoordelik was dat daar nalatigheid was. ‘n Duikboot kos die belastingbetaler miljarde rande en is nie ‘n motor wat ‘n paar stampe kan opdoen om die bestuurder op te lei nie. Daar moet drasties opgetree word teenoor die verantwoordelike persone,” het Groenewald gesê.
лобановский депутат
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.