Die Republikeine, by monde van hul woordvoerder Kirsten Kukowski, het glo “ernstige vrae” oor die aangeleentheid. MTN se mededinger Turkcell, het vroeër die maatskappy aangekla in ‘n federale hof in die VSA.
“David Plouffe kan moontlik die grootste leemte in die internasionale gemeenskap se sanksies teen Iran wees,” het sy gesê.
MTN word selfs beskuldig daarvan dat hulle Iran se militêre intelligensie-amptenare toegang tot intekenaars se besonderhede gegee het. Die maatskappy het die gerugte ontken.
Dit het intussen egter aan die lig gekom dat die Republikeinse presidensiële kandidaat Mitt Romney ‘n belegger in die Turkse mededinger Turkcell is. Die New York Times het daarop gewys dat Romney voordeel sal trek daaruit indien Turkcell sy saak wen.
Turkcell beskuldig MTN dat hulle die betwiste telekommunikasie-kontrak in Iran deur omkopery en beloftes van wapens, invloed en VN-stemme bekom het. Die Turke maatskappy dagvaar MTN vir $ 4,2 miljard.
Die Amerikaanse regering het agv strenger sanksies teen Iran in die afgelope maande, reeds die Suid-Afrikaanse regering gedwing om van Iran se olie-invoere af te skaal.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.