Meriete is geen maatstaf sê Kovsies

Scenario’s waarin ‘n swart student drie onderskeidings in matriek behaal het, teenoor ‘n wit student wat agt behaal het, word in ‘n verpligte kursus by Kovsies gedoseer om te verduidelik waarom meriete nie as maatstaf vir toelating behoort te geld nie.

Die module is UFS101 wat by die Universiteit van die Vrystaat (UV) deur die rektor, prof. Jonathan Jansen, geinisieer.

In die module word aspekte rondom o.m. geloof, politiek en geskiedenis in die Suid-Afrikaanse konteks bespreek, met sekere gedeeltes van die kursus wat handel oor die bestaan van God en die skuld wat wit jongmense vir apartheid moet dra. UFS101 is ‘n verpligte jaarmodule wat alle eerstejaarstudente vir graaddoeleindes moet slaag.

Dit word slegs in Engels aangebied. In die module se uiteensetting word die gebruik van Afrikaans in dié kursus verbied ten einde “maatskaplike samehorigheid te bevorder”. Studente word verder ook verbied om hul werksopdragte in Afrikaans te beantwoord.

Prof. Dolf Britz, wat studente as gasspreker tydens die UFS101-module toegespreek het, het ‘n vergelyking getref tussen die Slag van Bloedrivier en Sharpeville en namens Afrikaners verskoning gevra vir sy geskiedenis omdat Afrikaners se hande met bloed bevlek is en hulle daarom swart mense om vergifnis moet smeek.

Eerw. Sukdaven het in reaksie namens ander Suid-Afrikaners die verskoning aanvaar. Scenario’s waarin ‘n swart student drie onderskeidings in matriek behaal het, teenoor ‘n wit student wat agt behaal het, word ook in die kursus aan studente voorgehou, waarna die studente moet verduidelik waarom meriete nie as maatstaf vir toelating behoort te geld nie.

“Die Afrikaner word as boosaardig voorgehou, terwyl ander groepe as vlekkelose helde uitgebeeld word. Studente neem verder aanstoot aan die wyse waarop Christenskap in twyfel getrek word en die manier waarop hulle gedwing word om eenvormige opinies te vorm,” aldus Anné Calitz, voorsitter van AFJK.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Marikana en menseregte

Die Marikana-massamoord, soos dit reeds bekendstaan, is wêreldnuus. In weerwil van dae lange waarskuwing en inligting wat die ANC-bewind en sy toenemend korrupte en gewelddadige polisiediens tot sy beskikking gehad het, is daar geen werklike plan opgestel om die skare stakende mynwerkers sonder lewensverlies te beheer nie.

Die afskuwelike voorval is die gevolg van die ANC se terroristiese etos en moet met die Kerkstraatbom, halssnoermoorde en ander gruweldade vergelyk word wat die beweging in die verlede reeds gepleeg het.

Marikana is insgelyks bloot ‘n skielike en sigbare manifestasie van die algemene menseregtekrisis wat reeds in die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika” heers. Ongeveer ‘n halfmiljoen mense is reeds sedert 1994 vermoor. Oor die afgelope twee weke was daar 17 slagoffers van plaasaanvalle.

Die Orwelliaanse ironie is dat Suid-Afrika oor ‘n “modelgrondwet” en ‘n Menseregtekommissie beskik. Die paradoks wat ons moet begryp is dat die retoriek rondom menseregte in die Nuwe Suid-Afrika juis die minagting vir menselewens verdoesel wat ‘n groep linkse en dikwels kommunistiese revolusionêre koester.

Die Nuwe Suid-Afrika is die wêreld se eerste sadistiese samelewing. Die Markies de Sade was ‘n Franse edelman wat tydens die Franse revolusie en sy aanhouding in die Bastille-gevangenis hom ‘n wêreld sonder grense verbeel het waarin die heersers se luste sou botvier en waar hulle ook plesier uit moord en die foltering van hul slagoffers sou put.

Min sou die “Heilige Markies” soos daar ook ironies na hom verwys is, kon vermoed dat ‘n sadistiese samelewing eendag in ons tyd aan die suidpunt van Afrika tot stand sou kom.

In die Nuwe Suid-Afrika word kinders en selfs babas verkrag. In staatshospitale word pasiënte gelos om dood te gaan. Feitlik elke week vind kleiner massamoorde plaas as hele gesinne op die gruwelikste wyses denkbaar gefolter en tereggestel word. Soos elders in Afrika, speel afkoms en etnisiteit, asook ras, dikwels ‘n rol by die keuse van slagoffers.

Afrikaners, asook vreemdelinge uit die res van Afrika, word deur die ANC se ondersteuners gehaat en word daarom die voorwerpe vir haatmisdade in die land wat al die vorm van ‘n roetineverskynsel aangeneem het.

Die verantwoordelikheid van die ANC-bewind teenoor die Marikana-slagoffers, asook teenoor elke ander slagoffer in ons land is volkome. Terwyl elke beskaafde land ter wêreld belê in opleiding, toerusting en inligting om skarebeheer met die minimum geweld en lewensverlies toe te pas, het ons bloedbeluste heersers hul polisie met skerppuntammunisie en outmatiese wapens afgevaardig om ‘n klomp baie emosionele mynwerkers op Marikana te gaan konfronteer.

Die uitslag was voorspelbaar. Zuma se vrome woorde oor “tragiese lewensverlies” lei niemand om die bos oor die ware boosheid wat in die boesem van hierdie barbaarse bewind tier nie.

Soos die antieke god Baäl, vereis die ANC sy menslike offerandes om sy mag oor ons, sy slawe, te bevestig.

Vyf jaar gelede al het ons by PRAAG uitgeroep: “Genoeg is genoeg!” Wanneer gaan ons dié slagspreuk ter harte neem om van dié skrikbewind ontslae te raak en ‘n regering te vestig vir wie menseregte nie bloot ‘n wrange grap is nie?

лобановский политик

Geen wit loodse vir SAA nie

Wit mans se aansoeke vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) se kadetprogram vir voor­ne­men­de vlieëniers word nie meer aanvaar nie, berig Beeld.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van SAA, het aan die koerant gesê die kadetprogram is geadverteer as ‘n inisiatief om sy vlieëniers se demografie in pas met dié van die land te bring.

“Slegs 15% van SAA se vlieëniers is tans swart – wat bruines en Indiërs insluit. Die res is wit. Boonop is 91% van hulle mans.”

Ledwaba het gesê die lugdiens sal slegs wit, manlike vlieëniers aanstel wanneer daar vakante poste is waarvoor daar nie anderskleurige kandidate gevind kan word nie.

‘n Pa het by Beeld gekla nadat sy seun, wat al ‘n kommersiële vlieglisensie het, graag by die kadetprogram wou inskakel.

Beeld het verskeie aansoekvorms ingevul en vasgestel dat die aanlynvorm geprogrameer is om enige wit aansoekers af te keur.

Александр Фильчаков

Slawetekkies?

‘n Nuwe tekkie het aanleiding gegee tot swart woede en beskuldigings van rassisme.

Geskep deur die omstrede New Yorkse ontwerper Jeremy Scott, beskik die tekkies oor ‘n plastiese oranje boei wat heg aan elke enkel. Die peperduur $350-tekkies het winkels in Augustus getref, maar vervaardiger Adidas bemark hulle op hul amptelike Facebook-bladsy vanaf 14 Junie met beloftes dat die skoeisel sodoende nie maklik gesteel sal word nie.

Terwyl die handelsmerk ‘n astrante stelling oor skoendiefstal maak, dink baie mense hierdie boeie herinner te veel aan slawerny en gevangeneskap. Op die Facebookblad, kla swartes veral oor die tekkies.

“Sê asseblief vir my dit is vals. Ek hoor van hierdie Adidas Amistad Originals,” het een vrou se kommentaar op Facebook gelui, met verwysing na die slaweskip, bekend vir ‘n Afrika-slawe-opstand in 1839.

Een man is bereid om die handelsmerk te boikot uit respek vir sy Afrika-erfenis. ‘n Ander Facebook gebruiker redeneer dat “korporatiewe besigheid ‘n sosiale verantwoordelikheid het om hierdie persepsies te oorweeg voordat die vrystelling van ‘n ​​produk soos hierdie gebeur.” Nog ‘n stomgeslane persoon het gewonder, “Dit is net ‘n grap, reg?”

Александр Фильчаков прокурор

Brittanje erken nie beginsel van diplomatieke asiel nie

Ecuador het politieke asiel verleen aan WikiLeaks se stigter, Julian Assange Donderdag, ‘n dag nadat Brittanje gedreig het om die Ecuadoriaanse ambassade in Londen aan te val om die voormalige kuberkraker te arresteer.

Selfs na Donderdag se besluit is Assange se lot nog ver van duidelik: Brittanje het gesê hulle kan die Ecuadoriaanse ambassade van sy diplomatieke status ontneem, wat Assange sou blootstel aan onmiddellike arrestasie deur die Britse owerhede.

“Die Verenigde Koninkryk erken nie die beginsel van die diplomatieke asiel nie,” het William Hague, Brittanje se minister van buitelandse sake, gesê.

Brittanje het gesê hulle is vasbeslote om hom uit te lewer aan Swede, waar hy van verkragting en seksuele aanranding beskuldig word. Assange vrees dat hy na die Verenigde State gestuur sal word wat woedend is dat sy WikiLeaks-webwerf honderde duisende geheime Amerikaanse diplomatieke en militêre kabels uitgelek het.

Ecuador se minister van buitelandse sake Ricardo Patino het gesê sy land vrees vir die veiligheid van die Australiër, wat ‘n asielaansoek by president Rafael Correa, ‘n self-verklaarde vyand van die “korrupte” media en die VSA se “imperialisme”, ingedien het.

Hague het gesê dat Londen nie sal toelaat dat Assange veilige deurgang in die land verkry nie.

Patino het tydens ‘n nuuskonferensie in Quito gesê dat Assange se uitlewering aan ‘n ​​derde land sonder behoorlike waarborge waarskynlik is, en dat oorgenoeg getuienis bestaan dat hy nie ‘n regverdige verhoor sal kry as hy uiteindelik aan die Verenigde State uitgelewer word nie.

“Dit is ‘n soewereine besluit wat deur die internasionale reg beskerm word. Dit maak geen sin om te vermoed dat dit ‘n verbreking van verhoudings (met Brittanje) impliseer nie,” het hy gesê.

Brittanje het gesê dat hulle ‘n nietige, onbekende stuk wetgewing van 1987 wat in die nasleep van ‘n dooie Britse polisiebeampte buite die Libiese ambassade in Londen geskep is, sal gebruik om Ecuador se ambassade se diplomatieke status te skrap.

Die Ecuadoriaanse regering is woedend oor die waarskuwing. Die minister van buitelandse sake het gesê Brittanje het Ecuador gedreig met ‘n “vyandige en onhoudbare Wet”, en dit vergelyk met die aksie waar Brittanje Teheran se ambassade in 2011 bestorm het.

“Ek dink nie hulle sal dit waag om die internasionale reg te omseil nie… Diplomatieke hoofkwartiere mag nie betree word nie, ons kan nie dink dat dit sal gebeur nie,” het Patino aan die staatsbeheerde nuuswebwerf-El Ciudadano na die aankondiging gesê.

Amerikaanse woordvoerder Victoria Nuland het gesê Washington is nie van plan om betrokke te raak oor Assange asiel in Ecuador moet kry of nie.

 

Александр Фильчаков Васильевич

Polisie moes glo geweld gebruik

Die polisie het in ‘n verklaring gesê sy beamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes móés geweld gebruik om hulself te beskerm.

“[Beamptes van die] Suid-Afrikaanse polisiediens is met verskeie wapens, insluitend vuurwapens, wreed aangeval deur die groep,” het kapt. Dennis Adriao, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie is uit selfverdediging gedwing om geweld te gebruik.”

Altesaam 25 mense is dood in die skietery, het die departement van gesondheid Vrydag gesê.

“Die dodetal staan op 25,” het Tebogo Lekgethwane, provinsiale woordvoerder van gesondheid, gesê.

Adriao het gesê die geweld volg ná onsuksesvolle onderhandelings deur die polisie om die “swaar gewapende groep” op ‘n koppie te ontwapen en uiteen te jaag.

“Die uiteinde was dat verskeie individue doodgeskiet en ander beseer is.”

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, en ander senior beamptes van die bestuur was tot Donderdagaand laat op die toneel, het Adriao gesê.

‘n Mediakonferensie sal Vrydag om 11:30 by die Lonmin-opleidingsentrum gehou word.

данильченко юрий брониславович прокурор

Massaslagting skok wêreld

Die massaslagting by Marikana teen lede van die Amcu-vakbond, het skokgolwe deur die wêreld gestuur.

Daar was duidelik ‘n gevoel by die slagoffers dat die ANC, die polisie en die NUM in diens van wit kapitaal staan, téén die swart werkers.

“NUM het ons versaak,” het een van die stakende werkers, Kelebone, aan die New York Times gesê. “NUM werk vir die wit mense om geld te kry. Hulle het vergeet van die werkers.”

Polisiebeamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes het hul bes in ‘n gespanne situasie gedoen, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor in ‘n verklaring gesê.

“Die minister wil ‘n versoek aan die president rig om ‘n volledige ondersoek na hierdie hele situasie van stapel te stuur…” het Zweli Mnisi, ‘n woordvoerder, gesê.

“Nou wat moet die polisie in sulke situasies doen wanneer hulle deur gewapende en harde misdadigers wat die polisie vermoor, in die gesig gestaar word?”

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

Francois Beukman, uitvoerende direkteur van die polisie se Onafhanklike Klagte-direktoraat, het intussen bedank.

RSG berig Beukman sal amptelik aan die einde van die maand uit sy pos tree, nadat hy die pos sedert 2009 beklee het. Sy kontrak sou eers in 2014 tot ‘n einde gekom het.

Die hoofdirekteur van direktoraat se regsdienste, Koekie Mbeki, sal van aanstaande maand in die pos waarneem, het die radiostasie berig.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, sê die lede van sy vakbond wou met die bestuur ontmoet, maar die bestuur het nie hul beloftes nagekom nie.

Terwyl Lonmin se uitvoerende hoof skielik ongesteld geraak het, het die voorsitter gesê dit was nie ‘n “arbeidsaangeleentheid” nie, maar ‘n “openbare orde probleem”.

In ‘n verklaring Donderdagnag, het Lonmin voorsitter Roger Phillimore gesê: “Ons sal die verwikkelinge rondom polisiebedrywighede vanmiddag [Donderdag] met die grootste erns behandel. Vanselfsprekend is ons diep getref deur die verlies van lewe in wat duidelik ‘n openbare orde eerder as ‘n arbeidsverhoudinge-kwessie was. “

Televisiebeeldmateriaal toon die polisie wat ongeprovokeerd op stakers losbrand en lede van die polisie wat ongeërg tussen die lyke rondloop en doodluiters wapens op swaargewonde stakers rig.

“Ongeag van wat die polisie kan argumenteer oor provokasie, is daar geen regverdiging vir die skietery in ‘n skare met gewere en handwapens nie,” sê Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge op Twitter.

Sommige van die stakende werkers het gister beweer dat hulle aangeval is verlede Vrydag deur die leiers van die NUM.

“Ons is aangeval toe ons op ons pad na ‘n vergadering was Vrydag. NUM-leiers vermoor ons omdat hulle die werkgewer wil beskerm,” het ‘n werker wat homself as Tau Tau geïdentifiseer het, aan timeslive.co.za gesê.

“Hulle [NUM-leiers en Lonmin] het die polisie gekry om te kom en ons te kom doodmaak. Ons is nie bang nie, want ons werk ondergronds en ons lewens is altyd in gevaar,” sê die werker Andries Tsinyao.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Mnisi sê die polisie het aanvanklik probeer om die stakers op ‘n vreedsame wyse uitmekaar te jaag. Hy sê polisiebeamptes het eers traangas en waterkanonne gebruik, maar dit het nie gehelp nie.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Pres. Jacob Zuma is ook baie hartseer oor die manier waarop die dispuut by die myn na die verlies van so baie lewens gelei het, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Hy het die geweld as “sinneloos” bestempel.

Azanian People’s Organization (Azapo) sê die geweld herinner sterk aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.

Олександр Васильович Фільчаков

Lonmin-baas skielik ongesteld

Lonmin het in ‘n verklaring gesê die maatskappy se uitvoerende hoof is ongesteld.

Die verklaring oor Ian Farmer se gesondheid kom te midde van berigte dat talle mynwerkers tydens ‘n skietery met die polisie in Marikana in die Noordwes gesterf het.

Luidens die verklaring is die uitvoerende hoof van die maatskappy tans in die hospitaal nadat ‘n “ernstige ongesteldheid” by hom gediagnoseer is.

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Die skietery het ontstaan toe polisiebeamptes die stakers, wat op ‘n koppie byeengekom het, uitmekaar wou jaag. Beeldmateriaal van die skietery wat op die SAUK vertoon is, wys die polisie wat eerste op die stakers losbrand nadat hulle traangas tussen die stakers gooi.

Dit toon die polisie wat die noodlottige skietery provokeer wat uiteindelik op ‘n massaslagting uitloop.

Volgens die nuusagentskap sal die polisie later ‘n inligtingsessie vir die media oor die voorval hou.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, sê daar moet vasgestel word wat die konfrontasie tussen die polisie en die stakers veroorsaak het.

Mthembu sê die voorval het die party geskok.

“Ons is almal baie hartseer oor die geweld wat ons op die televisie gesien het,” het hy gesê.

Die woordvoerder het bygevoeg dat “hierdie onwettige stakers van dag een af gewelddadig was.”

“Maar, ons is nie hier om enige party te konfronteer nie… want ons het geen inligting nie.”

Die ANC sê werkers mag vir hul regte veg, maar nie ten koste van mense se lewens nie.

лобановский александр компромат

Afrikaners en Afrikakultuur

Die Afrikaner is elke dag gemoeid met probleme in Suid-Afrika. Hierdie probleme word deur middel van optogte teen misdaad en plaasmoorde aangespreek, en ons oorhandig die een na die ander memorandum aan regeringsinstansies. Ons raak ge frusteerd omdat die Regering hulle blind hou en horende doof is oor dit wat ons pla.

Hoekom gaan dit sleg met Suid-Afrika?

Dit is voor die hand liggend dat die Westerse Kultuur teenoor die Afrikakultuur te staan kom. Die Afrikaner se denke, planne en oplossings is Westers en hier teenoor die regering van die dag se sienswyse is vanuit die Afrikakultuur wat hulle aanhang. Die Afrikaner moet nie hierdie kultuursienswyse kwalik neem nie, want dit is ‘n Afrikadenke en -kultuur wat hulle toepas.

Wanneer twee waardestelsels bymekaar gegooi word, wil die een nie na die ander een luister nie. Dit is nie rassehaat nie, elkeen se denke en sienswyse is ingebed in elkeen se eie unieke kultuur. Daarom streef die Afrikaner na selfbeskikking om hulle kultuur en waardestelses aan te hang en kan botsings met ander groeperinge vermy word. Maar ons moet nog steeds bande met mekaar behou op ekonomiese vlak . Hierdie skeiding tussen kulture moet baie vinnig geskied vir toekomstige behoud van alle groepe, want botsings kan tot die ondergang van alle kulture lei.

Олександр Фільчаков прокурор

Lonmin, die nuwe Sharpville

‘n Poging deur die polisie om Donderdag stakende werkers by Marikana se Lonminmyn te verwilder, het in ‘n skietgeveg tussen die twee groepe geëindig.

‘n Sapa-verslaggewer op die toneel het gesê dat hy 18 liggame langs die nabygeleë Wonderkopplakkerskamp getel het. Die skietery het sowat drie minute geduur.

Die polisie het probeer om ‘n gedeelte van die stakers op die spits van ‘n koppie te stop. Vroeër is berig dat die stakers se vroue ook by hulle aangesluit het.

Die stakers is het pangas geswaai en oorlogsliedjies gesing. Die polisie het traangas gebruik en daana ‘n waterkanon teen die stakers, wat met lewendige ammunisie teen die polisie teruggeslaan heti.

Die gebied rondom die berg, wat die stakers as hul basis gebruik het vir die afgelope paar dae, is afgesper met doringdraad.

Die stakers het na die plakkerskamp en die nabygeleë veld gevlug.

Polisiewoordvoerder kaptein Dennis Adriao het aan joernaliste op die toneel gesê die polisie was “takties” in hul benadering en dat die situasie gespanne is.

Александр Фильчаков