Motlanthe steun Malema se reg om myners toe te spreek

Julius Malema, oud-president van die ANC-jeugliga, het die reg om ontevrede te wees nadat hy verhoed is om mynwerkers by Lonmin se Marikana-myn in die Noordwes toe te spreek, het adj.pres. Kgalema Motlanthe gesê.

“Die Handves van Menseregte gee my die reg om nie saam te stem met wat jy sê, maar ek respekteer jou reg om dit te sê,” het Motlanthe gesê.

“As jy nie sê wat jy dink nie, is dit onmoontlik [vir ander] om te weet wat jy dink.”

Motlanthe het Donderdagaand ‘n toespraak gelewer by die eerste Oscar en Rose Mpetha-gedenklesing by die Universiteit van Stellenbosch.

Hy het gesê vandag se vakbonde verskil baie van dié in Mpetha se tyd en het bygevoeg dat vakbonde deesdae gepolariseer is en sommige groepe uitsluit.

Motlanthe het ook onder vrae deurgeloop oor die polisie se optrede tydens die geweld by Lonmin se Marikana-myn, maar het gesê ‘n kommissie van ondersoek is aangestel om die voorval te ondersoek.

Intussen is pogings onderweg om groter stabiliteit in die mynsektor te verseker. Die National Union of Mineworkers vergader op die oomblik met die Kamer van Mynwese te midde van nóg ‘n staking.

Werkers by AngloGold Ashanti se Kopanang myn, suidwes van Johannesburg het vanoggend met ‘n onbeskermde staking begin.

Stakings by die KDC-myn van Goldfields en Anglo Platinum in Rustenburg gaan steeds voort. Die besonderhede van die kommissie wat die Marikana myntragedie gaan ondersoek, is bekendgemaak. Die ondersoek sal na verwagting tussen 44 en 50 miljoen rand kos en vier maande duur.

лобановский александр досье

Bob open Chinese Weermagkollege

President Robert Mugabe se Zanu-PF party het sy strewe om die land te militariseer versterk met die ingebruikneming van ‘n moderne Nasionale Weermag Kollege voor nuwe verkiesings wat na verwagting volgende jaar sal plaasvind.

Waarnemers wys daarop dat die skuif ‘n sterk boodskap uitstuur dat die militêre kompleks die kitaar sal slaan by die stembus. Mugabe sal na verwagting weer, vir die derde keer, teen mededinger Morgan Tsvangirai van die Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) na die vorige ontmoetings in 2002 en 2008 te staan kom.

Verlede naweek, het Mugabe amptelik die kollege geopen, gebou deur China teen ‘n koste van $98 miljoen. Dit word beskryf as ‘n “dink-tenk” oor veiligheidskwessies. Hy het gesê dit sal ook gebruik word as ‘n skans teen Westerse lande om die voortsetting van ‘n “regime change” agenda te stuit.

Die kollege sal slegs militêre personeel met die rang van kolonel of kaptein en bo dit toelaat asook ekwivalente hoë range in die geledere van staatsveiligheid, die polisie en gevangenisse.

As deel van die terme van die leningsooreenkoms, sal die lening oor 13 jaar terugbetaal word met die diamante wat deur Chinese maatskappye in die Marange-diamantvelde ontgin word.

Anjin, die Chinese diamant-mynmaatskappy in Marange was vroeër vanjaar betrokke is in ‘n woordestryd met die minister van finansies, Tendai Biti, omdat die Chinese in gebreke bly om ‘n “enkele sent” in belasting te betaal.

Die oprigting van die kollege dui op die voortgesette militarisering van die Zimbabwiese samelewing, maar ook die oorheersing van Chinese belange in die land.

In Junie hierdie jaar het die weermag 10 000 mense gewerf.

Лобановский Харьков

DA-plan vir oproer in Seshego val plat

Julius Malema het ‘n groep van jong teenstanders in Seshego, sy tuisdorp buite Polokwane, Woensdag uitoorlê.

Die groep, onder leiding van Malema se voormalige jeugvriend en nou vyand, Boy Mamabolo, het beplan om die geskorste Jeugliga-leier te verneder toe hy sy stem tydens ‘n tussenverkiesing in wyk 13 wou uitbring.

Volgens ingeligte bronne is Mamabolo deur die DA genader om Malema te verneder. Dit wil voorkom asof die DA hoop dat ‘n Afrika Lente, soortgelyk aan die Arabiese Lente, posvat in Suid-Afrika.

Malema het niks van sy enorme gewildheid onder lede van die plaaslike bevolking ingeboet nie. Nadat hy sy stem uitgebring het, het hy na die ANC se tydelike gazebo geloop, waar hy vriendelik met party-amptenare gesels het en geposeer het vir foto’s.

DA-lede, opgetof in die party se T-hemde, het ook foto’s saam met Malema gevra, terwyl sy ondersteuners gesing het: “Juju, Juju, Juju”.

Die DA se provinsiale leier en LP Jacques Smalle is vol vertroue dat sy party sal wen as gevolg van die oënskynlike verdeeldheid in die ANC-stem.

Mamabolo en sy sewe vriende het by die stemlokaal gewag vanaf 09:00, maar het nie gaan stem nie sodat hulle vir Malema kon uittart as hy opdaag. Hy het eers teen middagete sy verskyning gemaak.

Uitgevat in ‘n ANC-hemp, het Malema in ‘n wit Mercedes-Benz S500 te midde van ‘n swaar polisieteenwoordigheid aangekom.

Gelei deur Seshego-polisiekantoor se bevelvoerder Dikeledi Mangena, het meer as 20 polisiebeamptes die stemlokaal beman, asook ‘n water-tenkwa, ‘n polisie-Nyala en ongeveer 10 gemerkte polisievoertuie.

Pandemonium het uitgebreek tussen Malema se vertroueling en Mamabolo se groep net voor Malema uitgeklim het. Mamabolo het beswaar gemaak teen die besluit dat iemand anders toustaan vir Malema.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se provinsiale kiesbeampte Nkaro Mateta het ingegryp en Mamabolo se groep toegelaat om hul stem uit te bring voor Malema. Malema se teenstanders was duidelik daarop uit om moeilikheid te veroorsaak.

Hy het later aan joernaliste gesê hy is nie bekommerd oor ministers binne die veiligheidsgroep wat verlede week gesê het hy is ‘n teen-revolusionêr nie. Die opmerkings is gemaak na aanleiding van die Marikana-slagting.

“In ander lande, word teen-rewolusionêres vermoor en dit kom van die minister van verdediging en die generaals van die leër af, wat sulke waarskuwings rondslinger; [eintlik skep hulle] ‘n vrugbare teelaarde vir ‘n moordaanslag [op my],” het Malema gesê.

Hy het gesê die Marikana mynwerkers het geveg vir ‘n 22% salarisverhoging op hul eie, sonder vakbondleiers.

“Alle werkers moet begin om ‘n leefbare loon te eis, die werkers moet veg vir hul regmatige regte.”

topcargo

Skrywer moes 12 ure vir hulp wag

Die skrywer Chris Barnard het ure gelê en wag op hulp nadat hy deur swart rowers op sy plaas naby Nelspruit aangeval is.

Barnard het aan Beeld gesê: “Dit het gevoel soos ‘n goedkoop fliek, asof jy nie glo wat jy sien nie.”

Barnard is Woensdagaand in sy huis aangeval. Die vier aanvallers het die diefwering afgebreek om toegang tot die opstal te kry. Barnard het pas klaar na die nuus en weervoorspelling op kykNET gekyk.

Sy hande is met draad vasgebind en hy is aangerand. Barnard se rekenaar met baie van sy draaiboeke en ander tekste en twee vuurwapens is gesteel. Die rowers het die kluis uit die muur gebreek. Hy is aan ‘n stoel vasgebind en is eers 12 ure later deur sy werkers bevry.

Die bekroonde skrywer, wat reeds talle pryse vir sy werk ontvang het, onder meer ook die Hertzogprys in 1973 vir sy roman Mahala, se unieke insigte in Afrika onderskei hom van sy tydgenote.

In Mahala (1971) woon die hoofkarakter Delport alleen, en in vrees. Nege jaar lank het hy nagte van muskiete en geheimsinnige tromme verduur, en dae van brandende son.

Hy wag vir sy verlede om hom in te haal, wat ‘n metafoor vir die wit teenwoordigheid op die donker kontinent is, in die tradisie van V.S. Naipaul en Joseph Conrad. Hy verwag ene Ritter met ‘n geweer. Tog, as iemand opdaag is haar naam Malia Domingo.

Iets omtrent haar herinner Delport aan sy nemesis, of het sy paranoia oorgeneem? Mahala is ‘n klassieke sielkundige riller, wat teen die agtergrond van die harde werklikheid van Afrika afspeel. Dis ‘n meesterlike vertelling van die donker siel van die kontinent.

топкарго

Armoede, ongelykheid ‘tikkende tydbom’

Die “tikkende tydbom” van armoede en ongelykheid het die grootskaalse geweld in die land veroorsaak, het Cosatu gesê.

“Die skokkende vlakke van armoede en ongelykheid is die oorsprong van gewelddadige betogings wat ons in beide die werkplekke en gemeenskappe sien,” het Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die vakbond, gesê.

“Dit veroorsaak wat ons ‘n tikkende tydbom noem…”

Vavi het dit gedurende sy rede aan die vakbond se nasionale vergadering, aan die einde van dag vier in Midrand, gesê.

“In die lig van gebeure in die mynbedryf en toenemende diensleweringsopstande, moet ons nou praat oor bomme wat ontplof.”

Лобановский

Trek die vleistande!

Die massaslagting van miljoene plaasdiere regoor die wêreld sal na verwagting voedselpryse laat styg tot die hoogste vlakke ooit.

Sowel as om verbruikers se sakke te tref, sal die voorspelde 14%-sprong in voedselpryse ook die druk van inflasie verhoog.

Boere regoor die wêreld het begin met ‘n grootskaalse slagting van hul troppe vee omdat hulle nie kan bekostig om die koste van voer te dra nie. Dit het die hoogte ingeskiet na aanleiding van die ergste Amerikaanse droogte in menseheugenis, volgens ‘n verslag Woensdag.

Kundiges by die beleggingsbank Rabobank waarsku dat die massa “kuddelikwidasie” binnekort sal bydra tot ‘n 14%-sprong in die prys van die gemiddelde mandjie voedsel.

Dinsdag, het die kantoor van die Nasionale Statistiek (VSA) gesê laer voedselpryse het gehelp om inflasie af na 2,5% in Augustus te bring.

Banke verwag dat inflasie verlig sal word, maar dit kan gekelder word deur stygende voedsel-, olie-en kommoditeitspryse.

Rabobank het gesê die slagting van miljoene varke het reeds gelei tot ‘n 31%-verhoging in die prys van varkvleis en die koste van ander vleis sal na verwagting ook styg as die “Amerikaanse veestapel waarskynlik gelikwideer gaan word teen ‘n versnellende tempo in die eerste helfte van 2013 “.

Nicholas Higgins, ‘n Rabobank-kommoditeiteontleder en skrywer van die verslag, het gesê: “Daar sal ‘n aanvanklike oorvloed in vleis beskikbaarheid wees as mense hul diere slag om voerrekeninge te verminder, maar deur volgende jaar sal kuddes so verminder word dat daar nie genoeg diere sal wees om aan die verwagte vraag te voldoen nie en pryse sal styg.”

Amerikaanse boere, wat ly as gevolg van die ergste droogte sedert die 1930’s, het reeds hul veekuddes verminder na die kleinste sedert 1973.

“Boere sny terug met varke, want hulle getalle kan baie vinniger herbou word. Vir beeste is dit ‘n jaar en ‘n half in vergelyking met ses maande vir varke,” het hy gesê.

Die verslag het gesê die massa-slagting van varke het gelei tot ‘n skerp daling in die prys van varkvleis vir aflewering volgende maand, maar ‘n toename van 31% vir varkvleis gelewer in Julie 2013.

Omdat vleis en suiwelprodukte reeds verantwoordelik is vir 52% van die koste van die gemiddelde globale mandjie kos, het Rabobank voorspel dat die totale prys van die mandjie sal styg tot ‘n rekord 243 op die Verenigde Nasies se Voedsel-en Landbou-organisasie (FAO) se indeks volgende seisoen.

As Higgins se voorspelling korrek is, sal dit die hoogste wees wat die indeks nog ooit bereik het en 175% hoër as wat dit in 2000 was.

Higgins het gesê hy verwag nie ‘n herhaling van die 2007-8 voedselonluste in die ontwikkelende lande regoor die wêreld nie omdat die meeste vleis verbruik word in die weste. Hy het nie kommentaar gelewer oor Suid-Afrika nie.

Die multimiljoenêrhoof van Glencore het gesê die VSA se droogte sal “goed” wees vir die kommoditeitehandelaar, want dit sal lei tot geleenthede om stygende pryse te ontgin.

Фильчаков прокурор отзывы

Zuma ontplooi weermag ‘waar dit nodig is’

President Jacob Zuma het die weermag se ontplooiing ter ondersteuning van die polisie in die voorkoming van misdaad en die handhawing van wet en orde in dele van die land bekragtig.

Die DA-leier, Helen Zille, het voorheen versoek dat die weermag ontplooi word om misdaad te help bekamp.

Die weermagontplooiing sal geld vir die tydperk tussen 14 September 2012 en 31 Januarie 2013, en sal dus oor die feestydperk van krag wees.

Volgens ‘n verklaring wat deur die presidensie uitgereik is, sluit dit die Marikana-gebied in Noordwes in, asook ander gebiede waar die regering dit nodig mag ag.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het later aan eNews Channel Africa gesê dit geld ook die Wes-Kaap.

 

 

александр лобановский харьков

AARTO-uitspraak teleurstellend

Die Vryheidsfront Plus het met teleurstelling kennis geneem van die Konstitusionele Hof se uitspraak waartydens die interdik teen die Gautengse e-tolstelsel opgehef is. “Op ‘n streng interpretasie van die leerstuk van die skeiding van magte het die Konstitusionele Hof waarskynlik ‘n korrekte interpretasie van die reg gegee, maar die eintlike probleem by die afdwing van die e-tolstelsel is nog nie aangespreek nie,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê.

“Die feit is dat die e-tolstelsel slegs kan werk indien die AARTO-stelsel werk en daar bestaan ‘n legio van bewyse dat AARTO glad nie wettiglik funksioneer nie. Kennisgewings word uitgereik sonder dat die afleweringsvereistes in terme van artikel 30 nagekom word, die Padverkeersoortedingsagentskap is heeltemal onderbeman en boetes word uitgestuur sonder behoorlike beoordeling en bevestiging van oortredersinligting. Indien AARTO so wanfunksioneel is, hoe op aarde gaan enige wettige e-tol-kennisgewings beoordeel, uitgestuur en ingevorder word?” het Alberts gevra.

Teen hierdie agtergrond gaan die VF Plus saam met ander rolspelers die moontlikheid ondersoek om ‘n interdik teen AARTO aan te vra hangende die behoorlike implementering van die stelsel. Die oogmerk van so ‘n saak sal wees om AARTO op ‘n administratiefregtelike grondslag te laat ondersoek eerder as op die grondslag van die reg van die uitvoerende gesag om AARTO daar te stel, soos wat die geval was in die hooggeregshof-saak teen die regering se besluit om die e-tolstelsel te skep.

Фильчаков Харьков

Afrikaanse skrywer oorval in sy huis

Beeld berig dat die bekroonde Afrikaanse skrywer en akteur Chris Barnard (73) Woensdagaand deur inbrekers in sy huis buite Nelspruit oorval en vasgebind is.

Hy het net ligte beserings opgedoen in die aanval. Volgens die bemarkingsdirekteur van die Innibos Nasionale Kunstefees in Nelspruit is die skrywer getraumatiseerd oor die voorval en wil nie met die media praat nie.

Hy het geweier om hospitaal toe te gaan.

Sy vrou, die bekende filmmaker Katinka Heyns, was nie tuis tydens die voorval nie.

Die aanvallers het met Barnard se Isuzu-bakkie gevlug.

Barnard is is ‘n boorling van die geweste. Hy is op Mataffin gebore en het gematrikuleer op Nelspruit Hoër in 1957. Hy’t sy BA graad in Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf by die Universiteit van Pretoria.

In die 1960’s het hy saam verskeie Afrikaanse literêre figure in die Beweging van Sestig homself bekend gemaak. Hierdie groep skrywers wou Afrikaans as ‘n taal laat staan teen die apartheidsregering, en om ook die moderne invloede en trante van Engelse en Franse literatuur op Afrikaanse literatuur te kan uitoefen.

Barnard’s se tweede roman, Mahala, word gesien as ‘n klassieke werk in Afrikaans.

 

Олександр Васильович Фільчаков