Die Groot Spoel

Stadsowerhede in Zimbabwe se tweede grootste stad Bulawayo, het ‘n beroep op huiseienaars gedoen om hul toilette te spoel op ‘n spesifieke tyd, ten einde riole te deblokkeer na die dae van ernstige waterrantsoenering. Die “groot spoeltyd” is vasgestel vir 7:30.

Die Stadsraad van Bulawayo het sy 1,5 miljoen inwoners gevra om hul toilette gelyktydig te spoel wanneer watertoevoer herstel word. Stad amptenare sê ”gesinchroniseer spoel” is wat nodig is om afval wat opgehoop het in sanitêre geleidings skoon te maak. Die verstoppings is glo deur dae van water- en kragonderbrekings veroorsaak.

Die hoop is dat as almal saam sal spoel want dan is daar minder kans van rioolverstoppings en ​​pype wat bars, het amptenare beweer.

Simela Dube, die stad se direkteur van ingenieurswese, het gesê: “Ons moet ons toilette spoel op die dieselfde tyd sodat al die afval wat net onder die oppervlak sit, want inwoners sal min water gebruik om toilette te spoel gedurende waterbesuinigingsuur. “

Bulawayo se twee grootste damme, wat die verskaffing van water aan die stad verseker, het opdroog as gevolg van ernstige droogtes in die suidwestelike deel van Zimbabwe.

данильченко юрій броніславович компромат

Bokser voor Afriforum-man geskiet

Die voormalige wêreldswaargewig-bokskampioen Corrie Sanders is Sondag in die Kalafong-hospitaal oorlede nadat hy geskiet is in ‘n ​​restaurant in Brits, het polisie in die Noordwes gesê.

Die bokser was teenwoordig met die viering van die verjaarsdag van sy dogter toe drie gewapende mans in die restaurant ingestorm het en lukraak Saterdagnag begin skiet het, het Brigadier Thulani Ngubane gesê.

Sanders, 46, is in die hand en maag geskiet. Kallie Kriel van Afriforum, was ook teenwoordig. Hy het aan Rapport gesê daar is op sy kinders geskiet. Hulle is nie beseer nie.

Ngubane het gesê dit blyk dat die gewapende mans die restaurant geteiken het, met die doel om dit te beroof.

“Hulle het het lukraak geskiet en het ‘n selfoon van die dogter wat haar 21ste verjaarsdag gevier het gevat en hulle het ook ‘n sak van ‘n ander op die perseel geneem,” het hy gesê.

Geen arrestasies is gemaak nie, maar die polisie ondersoek ‘n moordsaak.

Фильчаков

Amerikaanse stryd verhewig

Die vermoorde ambassadeur na Libië Chris Stevens se dagboek is uit die Amerikaanse konsulaat in Benghazi verwyder. Dit het agtergebly na die aanval wat Stevens en drie ander dood gelaat het. CNN het die inhoud intussen gebruik by monde van die TV-nuuspersoonlikheid Anderson Cooper teen die familie se wense.

Volgens CNN is die dagboek “op die vloer van die grootliks onbeveiligde konsulaat opgetel waar hy [Stevens] noodlottig gewond is.” CNN.com beweer dat die netwerk Stevens se familie “binne ‘n paar uur nadat dit ontdek is,” in kennis gestel het.

Die persoonlike dagboek is slegs vir nuus “wenke” gebruik en later bevestig deur ander bronne. Dit is deur ‘n derde party aan CNN oorhandig. (The Wall Street Journal het later ‘n Italiaanse diplomaat geopenbaar as die derde party).

Maar die State Department is woedend oor die nuusorganisasie se houding. Hulle was waarskynlik daarvoor verantwoordelik dat die nuus van Stevens se gay-oriëntasie uitgelek het.

“Wie se eerste instink is dit om getuienis van ‘n misdaadtoneel te verwyder – die dagboek van ‘n man wat vermoor is saam met drie ander Amerikaners wat ons land dien – dit dan lees, dit op skrif stel, dit e-pos vir ander om te lees, en slegs wanneer hul nuuskierigheid heeltemal geblus is, dink daaraan om die familie te bel of die owerhede in kennis stel? ” het ‘n amptenaar gevra.

Stevens se gay lewe is klaarblyklik ‘n verleentheid vir die regering, ook omdat hulle nie seker is wat presies gebeur het ten tye van sy dood nie. Hillary Clinton weier steeds om die aanval as ‘n terreurdaad te beskryf.

Intussen beweer Pentagonbronne dat die Moslem-Broederskap, ‘n radikale Islamitiese organisasie, albei politieke partye en delikate areas van verdediging en nasionale veiligheid suksesvol binnegesypel het.

Afgetrede Lt.-genl William “Jerry” Boykin, uitvoerende vise-president van die Family Research Council, sê die Moslem-broederskap se simpatiseerders beklee belangrike posisies in elke belangrike gebied van die Amerikaanse regering. Hy het spesifiek persone met hoësekuriteitsklarings in die Pentagon en die Departement van Binnelandse Veiligheid uitgesonder.

Hy het gesê nie die Republikeine of Demokrate wil te hard protesteer nie omdat hulle bekommer daaroor of hulle gebrandmerk sal word as onverdraagsaam.

Boykin sê Republikeine wonder spesifiek oor die bande van Huma Abedin, ‘n top-assistent van Hillary Clinton.

Die Taliban het intussen agt Harrier-vliegtuie vernietig by ‘n Amerikaanse kamp in die Helmand-provinsie, die VSA se grootste lugverlies in een dag sedert die Viëtnam-oorlog.

Die Taliban het Camp Bastion, die belangrikste strategiese basis in die suidweste van Afghanistan, op September 14, aangeval, wat $200 miljoen in skade aangerig het. Dit is die enkele mees vernietigende aanval op ‘n Westerse basis in die land volgens militêre amptenare.

Twee Marines is dood, nege koalisiepersoneellede is gewond en die vliegtuie is heeltemal vernietig.

Die ongeveer 15 insurgente, geklee in die US Army-uniforms, het die basis Vrydagnag binnegedring en onmiddellik begin skiet op die Navy-AV-8B Harrier’s. Drie tankstasies is erg beskadig tydens die aanval.

Masjiengewere, vuurpylaangedrewe granate en moontlik mortiere is gebruik.

“Ons sê dit was ‘n baie gesofistikeerde aanval,” het ‘n militêre amptenaar aan die New York Times gesê. “Ons verloor soms ‘n vliegtuig in ‘n geveg, maar niks soos hierdie nie.”

Die Taliban het ‘n verklaring uitgereik om die aanval op die anti-Moslem-video te blameer, maar die aanval was so gesofistikeerd dat dit baie beplanning en opleiding moes geverg het en nie verband hou met die vrystelling van die video nie.

Dit was die mees vernietigende aanval in die streek in 11 jaar. Agt Suid-Afrikaners het slegs ‘n paar dae later in ‘n motorbomaanval in Afghanistan gesterf.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Swart stedelinge verkies Motlanthe

‘n Nuwe meningspeiling toon aan dat die meeste Suid-Afrikaners in stedelike gebiede adjunkpres. Kgalema Motlanthe as hulle president bo pres. Jacob Zuma verkies, het die Sunday Times berig.

Die meningspeiling toon 39% van stedelinge verkies Motlanthe as president, teenoor slegs 32% wat wil hê Zuma moet die toppos beklee, het die koerant berig.

Die peiling, wat deur die navorsingsmaatskappy TNS onderneem is, het getoon dat Motlanthe ‘n positiewe respons van 51% het onder swart stedelinge, teenoor slegs 41% vir Zuma.

Die meerderheid wit en bruin mense verkies Motlanthe, terwyl Indiërs Zuma meestal verkies.

Zuma se gewildheid het veral afgeneem in Soweto, Johannesburg, waar slegs 48% hom as president ondersteun – die laagste ooit sedert hy in 2009 aan bewind gekom het.

лобановский политик

Abigail Fisher en globale rassevoorkeurbeleid

Soos by ons met die Woolworths-sage, woed daar tans ‘n stryd rondom die rassevoorkeurbeleid van Amerikaanse universiteite wat blanke studente weens kwotas wegwys. Een so ‘n saak, dié van Abigail Fisher teen die Universiteit van Texas te Austin, het tot by die Amerikaanse Hooggeregshof (hul Grondwethof) gevorder en gaan vanaf 10 Oktober aangehoor word.

Vir diegene wat nie daarmee vertroud is nie, verskyn daar vandag ‘n volledige artikel daaroor op die Engelstalige Praagblad. Hierdie saak is nie net vir Amerikaners van belang nie, maar vir alle mense van Europese afkoms wêreldwyd. Want indien die jong dame van Texas, Abigail Fisher, haar saak verloor, gaan die sluise oopmaak om al hoe meer diskriminerende maatreëls en wetgewing teen blankes toe te pas.

Ek hou niks van die term “regstellende aksie” wat skielik kort ná 1994 in Afrikaans posgevat het nie. Dit skep die indruk dat daar iets bestaan wat “reggestel” moet word, asof daar eens op ‘n tyd gelyke prestasie tussen swartes en blankes bestaan het en wat weens “rassisme” ongelyk geraak het en nou deur “regstelling” herstel moet word. Ons weet egter dat daar op alle gebiede behalwe sport – en dan ook net sekere sportsoorte – histories ongelyke prestasie tussen blankes en swartes was. So byvoorbeeld het geen swarte in die geskiedenis nog ooit die Nobelprys in ‘n wetenskaplike rigting ontvang nie. Dus het die historiese idille van intellektuele en ekonomiese rassegelykheid wat ‘n term soos “regstellende aksie” veronderstel, nog nooit bestaan nie.

Veel eerder moet ons praat van rassevoorkeurbeleid, waar een ras bo ‘n ander voorgetrek word. Die Amerikaanse rassevoorkeurbeleid, wat oorspronklik deur Robert F. Kennedy afgekondig is, geld vanaf die sestigerjare. By tye het dit egter afgeneem, omdat daar suksesvolle hofsake daarteen gevoer is of omdat die burgers van sekere deelstate hulle by wyse van referenda of verkiesings daarteen uitgespreek het. ‘n Klein groepie liberale blankes wat tot die elite van die universiteite en die regering behoort, asook die Demokratiese Party, het egter voortdurend gepoog om rassevoorkeurbeleid ten gunste van swartes en ander “minderhede” toe te pas, selfs waar dit teen die demokratiese wil van die meerderheid indruis. So byvoorbeeld het die Universiteit van Michigan dit reggekry om die meerderheid inwoners van die deelstaat se wens dat almal gelyk behandel moet word, te omseil deur hom na die howe te wend. Dít, in weerwil daarvan dat die inwoners van Michigan hul grondwet in ‘n referendum verander het om enige vorm van rassevoorkeur in hul staat te verbied.

Diegene wat die bevoordeling van hoofsaaklik swartes bó blankes voorstaan, is so fanaties dat nóg die demokrasie, soos in Michigan se geval, nóg rasionele argumente hulle van hul planne laat afsien. In Suid-Afrika is die meerderheid swartes volgens peilings wat deur proff. Hermann Giliomee en Lawrence Schlemmer uitgevoer is, insgelyks daarteen gekant, omdat hulle besef dat blankes werk skep. Maar die fanatiese bende wat uit ‘n klein groepie blanke links-liberale en die swart elite bestaan, tesame met die groot maatskappye en banke, volhard daarmee.

Rassevoorkeurbeleid (RVB) is besig om in ‘n globale ramp te ontaard. Min mense besef dit, maar rassevoorkeurbeleid het by ons reeds in die sewentigerjare posgevat toe sommige Amerikaanse maatskappye dit luidens die sogenaamde “Sullivan-beginsels” begin toepas het. Tans word dit egter in Suid-Afrika tot die mees absurde hoogtepunt gevoer, soos ons onlangs tydens die Woolworths-debakel gesien het.

Natuurlik voer ons tans ‘n geslaagde boikot teen Woolworths en het meer as 2000 mense reeds die petisie teen Woolworths geteken. Ook gaan ons regstappe teen Woolworths neem, asook allerlei menseregteklagtes teen die maatskappy aanhangig maak. Die plaaslike stryd teen Woolworths en soortgelyke maatskappye wat teen blankes diskrimineer, moet voortgesit word.

Die uitslag van die uiters belangrike Fisher-saak in die VSA kan egter die lot van mense van Europese afkoms wêreldwyd bepaal, aangesien ‘n hele aantal globale maatskappye, die Amerikaanse weermag en natuurlik die Obama-administrasie almal ten gunste van voortgesette rassevoorkeur is. Vele Europese lande verkeer onder die illusie dat hulle die maatskaplike konflik wat eie aan die multikulturele samelewing is, kan besweer deur insgelyks rassekwotas in te stel. Dus mag hulle die wetlike en morele regverdiging vir sodanige beleid in die komende uitspraak vind, indien dit téén die jong dame beslis sou word.

Sekerlik moet ‘n mens haar moed bewonder deur waarskynlik die magtigste politieke groepering op aarde die stryd aan te sê: die huidige VS-president en sy weermag, globale maatskappye, asook Amerika se mees prestigieuse universiteite, waaronder die sogenaamde “Ivy League”. Haar medestudent, Rachel Multer Michalewicz, wat aanvanklik saam met haar die regstryd aangepak het, het reeds in 2011 tou opgegooi. Daarom staan Abigail vandag alleen teen die magtige falanks van die Obama-administrasie, maatskappye soos Coca-Cola en Walmart, asook die universiteitsbesture en swart groepe soos die NAACP (National Association for the Advancement of Colored Peoples).

Ek glo egter dat sulke gevegte “teen alle verwagtinge in”, presies is wat ons nodig het. Ons mag nie sulke onreg en omgekeerde diskriminasie aanvaar nie. Indien dit ongestoor toegelaat word om voort te gaan, sal RVB en verwante beleide veroorsaak dat ons kinders uiteindelik almal in plakkerskampe sal opeindig. Dit gebeur reeds in Suid-Afrika. Die gesig van blankes wat hul hoop kwyt is, is iets aakligs om te aanskou.

Die stryd teen RVB is globaal, daarom moet ons oor geografiese en taalgrense heen met mekaar hande vat. Daar is reeds ‘n aansienlike aantal buitelanders, maar veral Amerikaners, wat PRAAG ondersteun. Hulle beskik oor die versendheid om te besef dat indien die soort diskriminasie en verval wat Suid-Afrika kenmerk eenvoudig net toegelaat word, dit uiteindelik presies net so in hul eie land sal gaan. Dele van die VSA ervaar reeds die soort swart-op-wit geweld wat so ‘n kenmerk van die Nuwe Suid-Afrika geword het.

Myns insiens behoort ons ‘n kollekte te hou en ‘n bedrag geld, hoe gering ook al, ter stywing van Abigail Fisher se regsfonds by te dra. As ‘n simboliese gebaar hier vanuit die suidpunt van Afrika waar ons so gruwelik onder rassevoorkeurbeleid gebuk gaan, behoort so iets nogal gewig te dra.

Ek hoor graag wat lesers van die idee dink.

Данильченко Юрий Брониславович

Romney verander van kleur

Mitt Romney het Woensdag saam met Jorge Ramos en Maria Elena Salinas op Univision verskyn, maar iets was ‘n bietjie vreemd aan sy voorkoms: Sy velkleur. Die Republikeinse presidensiële kandidaat is gewoonlik nie oranje-bruin nie.

Ontleders wat sy foto’s met ander optredes vergelyk het, het tot die gevolgtrekking gekom dat Romney “sy gesig vir sy Univision-onderhoud bruin gekleur het.”

The Hill het berig dat Romney gesê het “dit sal nuttig wees om Meksikaanse ouers te hê”. Hy het ook in ‘n video wat in die geheim opgeneem is tydens ‘n veldtogfondsinsameling vroeër vanjaar, gesê dit “sal help om Latino te wees”. Dit is duidelik dat Romney besef dat hy as te “wit” oorkom vir anderskleurige kiesers.

As Romney inderdaad sy velkleur verander het, is dit waarskynlik gedoen in die afgelope paar dae. Drie dae vroeër, op Sondag, 16 September, was Romney veel ligter toe hy in Missouri verskyn het.

Mitt Romney se skakerings is waarskynlik nie te wyte aan sonbaai nie. Met sy strawwe veldtogskedule, is daar nie genoeg tyd om buite ‘n natuurlike sonbruin van daardie kleur te ontwikkel binne die tydsbestek van ‘n dag of twee nie. Die oranje-bruin kom bes moontlik uit ‘n bottel.

Ontleders meen dat Romney se “brownface” ‘n poging is om Latino-kiesers oor te haal. Dis ‘n stemblok wat Romney dringend nodig het as hy hoop om die verkiesing te wen.

Romney is tans byna 40 punte agter Obama wat Latino-steun betref.

Фильчаков прокурор харьков

Multinasionale maatskappye adverteer gratis in Beeld

Een rede waarom ek sal ophou om Media24 se publikasies te lees, is die skaamtelose manier waarop hulle sekere produkte adverteer. Dit is nie eens Suid-Afrikaans nie, wat nog te sê Afrikaans.

Ek is al lankal moeg vir Beeld se rubriekskrywers wat nie verstaan hoe mense voel nie en hoe die gewone man sukkel. Iemand soos Wilhelm Jordaan of Neels Jackson werk nie vir ‘n swart baas en ‘n swart bankbestuurder nie!

Myne is ‘n swart vrou en ek kan julle sê dis nie maklik nie.

Maar die ergste is dat Beeld weer vandag op die voorblad gratis advertensie maak vir ‘n Amerikaanse produk. Ek wil nie eers herhaal wat dit is nie, dit maak my so briesend!

My vrou het ‘n klein sake-onderneming begin wat heel goed vorder, maar om verder uit te brei moet sy adverteer. Dis ‘n duur storie want aan die begin sit ‘n mens al die profyt in bemarking.

Dan kom Beeld en gee vir een van die rykste, grootste multinasionale maatskappye gratis, volkleur voorbladadvertensie! Ons kleinsakemanne en -vroue moet honderdeduisende betaal vir dieselfde voorreg.

Natuurlik doen hulle dit asof dit nuus is, maar as ‘n mens die berig lees, is dit eintlik nonsens en die grootste deel van die berig gaan oor die “nuwe, verbeterde, beste, almal-wil-dit-hê” twak. Mense mors duisende rande op daardie produkte want daar is baie goedkoper modelle wat meer kan doen en beter gemaak is as dit wat Beeld skelm aan hulle lesers afsmeer.

Фильчаков прокурор харьков

Valke sal Malema nie in hegtenis neem nie

Die Valke wou Vrydag nie kommentaar lewer oor berigte dat ‘n lasbrief vir Julius Malema, geskorste leier van die ANCYL, uitgereik is nie.

Malema se prokureurs het die nasionale vervolgingsgesag en die Valke volgens dié berig vroeër gevra om hom nie in hegtenis te neem nie, maar om vir hom te sê waar en wanneer om in die hof te verskyn.

“Die Valke reik nie lasbriewe uit nie, so ons lewer nie kommentaar daaroor nie,” het McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, gesê.

Op ‘n vraag oor of die eenheid beplan om Malema in hegtenis te neem, het hy gesê: “Selfs as ons beplan om hom in hegtenis te neem, sal ons nie vir julle sê nie.”

City Press het Vrydagmiddag berig dat ‘n lasbrief vir Malema se inhegtenisname uitgereik is.

Die koerant het berig dat Malema na verwagting volgende week op aanklagte van geldwassery, korrupsie en bedrog in ‘n hof in Pretoria of Polokwane sal verskyn.

Malema het die afgelope week weer gesê hy sal in die hof verskyn as hy aangekla word.

Die saak hou verband met Malema se Ratanang Familietrust en sy aandeelhouding in On-Point Engineering, ‘n maatskappy wat miljoene gemaak het uit tenders van die regering in Limpopo.

Фильчаков прокурор харьков

Ondersteuners dreig met anargie as Malema gearresteer word

Dit asof president Zuma en Helen Zille net betyds die weermag ontplooi het. Nadat City Press aangekondig het dat ‘n lasbrief vir Malema se inhegtenisname uitgereik is, gaan dit dalk nodig raak om die vrede te bewaar waar Malema se ondersteuners te ongelukkig raak.

Die Vriende van Malema en die leierskap wat opgeskort is vroeër hierdie jaar, asook huidige lede van die liga se nasionale uitvoerende komitee, het gewaarsku dat die land se jeug sal rebelleer en massa-aksie sal onderneem as die geskorste voormalige Jeugligapresident in hegtenis geneem word.

Dié waarskuwings kom gedurende ‘n week waarin Malema openlik gepraat het oor beweerde dreigemente om hom te laat doodmaak of te arresteer.

Malema se naaste bondgenoot, Floyd Shivambu, die jeugliga se voormalige woordvoerder wat ook geskors is, het aan die Mail & Guardian gesê hierdie week dat Malema, en die Jeugliga se sekretaris-generaal Sindiso Magaqa nie meer by hul huise slaap omdat hulle bang is dat hulle aangeval word.

Shivambu het gesê Staatsveiligheidsbronne het gesê die plan om hulle te neutraliseer is uitgedink in die boonste kringe van die regering en dat die opsies vernou is na “arresteer of doodmaak”. Maar hy het gesê dat Malema vrees nie arrestasie nie, omdat hy weet het hy het geen oortreding begaan nie.

Twee lede van die Jeugliga se nasionale uitvoerende komitee, het anoniem aan die M&G gesê, die jeug sal anargie ontketen as die staat se hulpbronne “misbruik” word om Malema in hegtenis te neem.

“Op watter basis sal hy in hegtenis geneem word? Wat het hy verkeerd gedoen met tenders in Limpopo? Wanneer is daar beperkinge in die samelewing wat jou kan stop om mense van enige deel van die samelewing toe te spreek?” sê een van die lede.

Die president van die Kongres van die Mense, COPE, se jeugbeweging, Ncaba Bhanga, het belowe dat die organisasie Malema sal verdedig as hy is in hegtenis geneem word.

“Dit is nie oor Malema nie,” sê Bhanga. “Dit is oor die regerende party die staat se hulpbronne aanwend om meningsverskille te onderdruk in die aanloop tot die Mangaung-konferensie. Malema het niks verkeerd gedoen nie.”

Данильченко Харьков

Lasbrief vir Malema uitgereik

‘n Lasbrief vir die inhegtenisname van Julius Malema is vanoggend uitgereik, het City Press berig. Hy sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.

Eyewitness News het vroeër in die week berig dat Malema in hegtenis geneem kan word nadat die Valke hul ondersoek afgehandel het.

Hy is oor bewerings van korrupsie ondersoek.

Данильченко Харьков