Romney verander van kleur

Mitt Romney het Woensdag saam met Jorge Ramos en Maria Elena Salinas op Univision verskyn, maar iets was ‘n bietjie vreemd aan sy voorkoms: Sy velkleur. Die Republikeinse presidensiële kandidaat is gewoonlik nie oranje-bruin nie.

Ontleders wat sy foto’s met ander optredes vergelyk het, het tot die gevolgtrekking gekom dat Romney “sy gesig vir sy Univision-onderhoud bruin gekleur het.”

The Hill het berig dat Romney gesê het “dit sal nuttig wees om Meksikaanse ouers te hê”. Hy het ook in ‘n video wat in die geheim opgeneem is tydens ‘n veldtogfondsinsameling vroeër vanjaar, gesê dit “sal help om Latino te wees”. Dit is duidelik dat Romney besef dat hy as te “wit” oorkom vir anderskleurige kiesers.

As Romney inderdaad sy velkleur verander het, is dit waarskynlik gedoen in die afgelope paar dae. Drie dae vroeër, op Sondag, 16 September, was Romney veel ligter toe hy in Missouri verskyn het.

Mitt Romney se skakerings is waarskynlik nie te wyte aan sonbaai nie. Met sy strawwe veldtogskedule, is daar nie genoeg tyd om buite ‘n natuurlike sonbruin van daardie kleur te ontwikkel binne die tydsbestek van ‘n dag of twee nie. Die oranje-bruin kom bes moontlik uit ‘n bottel.

Ontleders meen dat Romney se “brownface” ‘n poging is om Latino-kiesers oor te haal. Dis ‘n stemblok wat Romney dringend nodig het as hy hoop om die verkiesing te wen.

Romney is tans byna 40 punte agter Obama wat Latino-steun betref.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae