Amerikaanse stryd verhewig

Die vermoorde ambassadeur na Libië Chris Stevens se dagboek is uit die Amerikaanse konsulaat in Benghazi verwyder. Dit het agtergebly na die aanval wat Stevens en drie ander dood gelaat het. CNN het die inhoud intussen gebruik by monde van die TV-nuuspersoonlikheid Anderson Cooper teen die familie se wense.

Volgens CNN is die dagboek “op die vloer van die grootliks onbeveiligde konsulaat opgetel waar hy [Stevens] noodlottig gewond is.” CNN.com beweer dat die netwerk Stevens se familie “binne ‘n paar uur nadat dit ontdek is,” in kennis gestel het.

Die persoonlike dagboek is slegs vir nuus “wenke” gebruik en later bevestig deur ander bronne. Dit is deur ‘n derde party aan CNN oorhandig. (The Wall Street Journal het later ‘n Italiaanse diplomaat geopenbaar as die derde party).

Maar die State Department is woedend oor die nuusorganisasie se houding. Hulle was waarskynlik daarvoor verantwoordelik dat die nuus van Stevens se gay-oriëntasie uitgelek het.

“Wie se eerste instink is dit om getuienis van ‘n misdaadtoneel te verwyder – die dagboek van ‘n man wat vermoor is saam met drie ander Amerikaners wat ons land dien – dit dan lees, dit op skrif stel, dit e-pos vir ander om te lees, en slegs wanneer hul nuuskierigheid heeltemal geblus is, dink daaraan om die familie te bel of die owerhede in kennis stel? ” het ‘n amptenaar gevra.

Stevens se gay lewe is klaarblyklik ‘n verleentheid vir die regering, ook omdat hulle nie seker is wat presies gebeur het ten tye van sy dood nie. Hillary Clinton weier steeds om die aanval as ‘n terreurdaad te beskryf.

Intussen beweer Pentagonbronne dat die Moslem-Broederskap, ‘n radikale Islamitiese organisasie, albei politieke partye en delikate areas van verdediging en nasionale veiligheid suksesvol binnegesypel het.

Afgetrede Lt.-genl William “Jerry” Boykin, uitvoerende vise-president van die Family Research Council, sê die Moslem-broederskap se simpatiseerders beklee belangrike posisies in elke belangrike gebied van die Amerikaanse regering. Hy het spesifiek persone met hoësekuriteitsklarings in die Pentagon en die Departement van Binnelandse Veiligheid uitgesonder.

Hy het gesê nie die Republikeine of Demokrate wil te hard protesteer nie omdat hulle bekommer daaroor of hulle gebrandmerk sal word as onverdraagsaam.

Boykin sê Republikeine wonder spesifiek oor die bande van Huma Abedin, ‘n top-assistent van Hillary Clinton.

Die Taliban het intussen agt Harrier-vliegtuie vernietig by ‘n Amerikaanse kamp in die Helmand-provinsie, die VSA se grootste lugverlies in een dag sedert die Viëtnam-oorlog.

Die Taliban het Camp Bastion, die belangrikste strategiese basis in die suidweste van Afghanistan, op September 14, aangeval, wat $200 miljoen in skade aangerig het. Dit is die enkele mees vernietigende aanval op ‘n Westerse basis in die land volgens militêre amptenare.

Twee Marines is dood, nege koalisiepersoneellede is gewond en die vliegtuie is heeltemal vernietig.

Die ongeveer 15 insurgente, geklee in die US Army-uniforms, het die basis Vrydagnag binnegedring en onmiddellik begin skiet op die Navy-AV-8B Harrier’s. Drie tankstasies is erg beskadig tydens die aanval.

Masjiengewere, vuurpylaangedrewe granate en moontlik mortiere is gebruik.

“Ons sê dit was ‘n baie gesofistikeerde aanval,” het ‘n militêre amptenaar aan die New York Times gesê. “Ons verloor soms ‘n vliegtuig in ‘n geveg, maar niks soos hierdie nie.”

Die Taliban het ‘n verklaring uitgereik om die aanval op die anti-Moslem-video te blameer, maar die aanval was so gesofistikeerd dat dit baie beplanning en opleiding moes geverg het en nie verband hou met die vrystelling van die video nie.

Dit was die mees vernietigende aanval in die streek in 11 jaar. Agt Suid-Afrikaners het slegs ‘n paar dae later in ‘n motorbomaanval in Afghanistan gesterf.

 

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae