Chrysler-baas se vermeende skieter gevang

‘n Man het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn in verband met die roof van en moord op Trent Barcroft, die uitvoerende hoof van Chrysler SA, het die polisie gesê.

“Die saak is tot volgende week uitgestel vir ‘n polisieparade. Hy is in sy twintigs,” het kapt. Kim Cloete gesê.

Die man is Vrydag in Tembisa in hegtenis geneem. Cloete wou nie sy naam onmiddellik bekendmaak nie.

Trent en sy vrou, Cathy Barcroft, wat Amerikaanse burgers is, is verlede week in Midrand van hul selfone, juwele en ‘n handsak in Waterfall Park beroof.

Trent is in die maag geskiet en is in die intensiewe sorgeenheid by die Sunninghill Hospitaal opgeneem. Sy vrou is ongedeerd.

лобановский класс харьков

Hernieude mynonrus in Rustenburg

Minstens 13 mense is Maandag beseer in arbeidsonrus by ‘n Amplatsmyn [Anglo American Platinum] in Rustenburg, het die polisie gesê.

Vier van die beseerdes is veiligheidswagte wat met pangas aangeval is.

Minstens vyf werkers is ook in die konflik wat  tussen twee strydende vakbonde uitgebreek het, geskiet.

Een van die werkers by die myn se Siphumelele-skag is volgens eNCA doodgeskiet, maar dit kon nog nie bevestig kon word nie.

Die Amplats-werkerskomitee het gesê vyf lede van die National Union of Mineworkers (NUM) is geskiet in ‘n botsing met veiligheidswagte by die myn, het Sapa berig.

Een van die werkers is in die kop geskiet, het die komitee gesê.

Aanvanklike inligting dui daarop dat die skietery tussen strydende lede van NUM en die kleiner Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) uitgebreek het, het AFP berig.

Lesiba Seshoka, woordvoerder vir NUM, het die botsing bevestig, maar kon nie verdere inligting verskaf nie.

“Ek is nie bewus van die sterftes nie, ek is slegs bewus dat daar mense beseer is,” het hy aan AFP gesê.

Mpumi Sithole, ‘n woordvoerder vir Amplats, het aan AFP gesê die maatskappy “is besig om besonderhede te in te win”.

Фильчаков прокурор харьков

Onrus ontwrig Roodepoort-omgewing

Inwoners van Vlakfontein in Roodepoort aan die Wes-Rand het op loop gegaan oor dienslewering in die gebied, het die Johannesburgse metropolisie Dinsdag gewaarsku.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê inwoners betoog sedert omstreeks 04:30 en verkeer in Main Reefweg en Corlettstraat word ontwrig.

“Hulle het die pad met klippe versper en brandende bande in die pad gegooi.”

Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik om die gevaar te vermy.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Kastreer verkragters!

Mans wat skuldig bevind word op aanklagte van verkragting van vroue en kinders moet deur middel van chemiese kastrasie gestraf word, het Thandi Modise, premier van die Noordwes, gesê.

Chemiese kastrasie van verkragters kan dien as ‘n afskrikmiddel en sal dalk die aantal voorvalle van verkragting verminder, het die premier se kantoor in ‘n verklaring gesê.

Modise, wat in haar tienerjare ‘n slagoffer van verkragting was, het onderneem om ‘n veldtog te lei om te vra vir chemiese kastrasie “gegewe die onaanvaarbare hoë vlakke wat die misdaad regoor die land bereik het”.

Sy het dié aankondiging gemaak tydens die inhuldiging van die nuwe provinsiale raad oor vigs in Mafikeng.

Modise het ook ‘n beroep gedoen op mans om hul stem dik te maak teen vroue- en kindermishandeling.

Данильченко Харьков

Petrolskok kom

‘n Ekonoom sê gebruikers kan ‘n groot skok te wagte wees wanneer petrol volgende maand na verwagting met 80 sent per liter kan styg.

Lulu Krugel, ‘n ekonoom by KPMG, sê die internasionale olieprys neem toe, terwyl die rand verswak. Sy meen ‘n toename in brandstofpryse is dan onvermydelik.

“… Ons kyk moontlik na ‘n verhoging van 87 in petrol… Diesel sal rondom 60 tot 65 sent wees. Dinge lyk glad nie goed nie.”

Krugel sê verlede maand se petrolverhoging is deur dieselfde faktore veroorsaak; ‘n toename in die internasionale olieprys en ‘n swakker rand.

Фильчаков прокурор отзывы

Mediamaatskappy verkoop SA-koerantgroep

‘n Ierse mediamaatskappy het sy koerantgroep in Suid-Afrika, wat The Star insluit, vir $227 miljoen (sowat R2 miljard) aan ‘n plaaslike maatskappy verkoop.

In ‘n verklaring wat Sondagaand uitgereik is, het Independent News & Media PLC, wat in Dublin gebaseer is, gesê hy het sy Suid-Afrikaanse groep aan Sekunjalo Holdings verkoop.

Iqbal Surve is die uitvoerende voorsitter van Sekunjalo Holdings.

Independent News & Media se Suid-Afrikaanse portefeulje sluit in The Star, wat in Johannesburg gebaseer is en tans ‘n daaglikse sirkulasie van 105 000 kopieë het. Dit sluit ook in The Pretoria News, Cape Times en die Cape Argus, sowel as weeklikse koerante.

Die koerantgroep is verkoop omdat sirkulasiesyfers in Suid-Afrika afneem.

данильченко юрій броніславович

OB gaan Capitec Bank se SEB-transaksie oopkrap

Die Openbare Beskermer (OB) het, na ‘n versoek deur die Vryheidsfront Plus, bevestig dat ‘n formele ondersoek gedoen sal word insake die swart ekonomiese bemagtigingstransaksie waardeur ‘n konsortium met noue bande met die ANC oënskynlik op ‘n onreëlmatige wyse ‘n aandeel ter waarde van nagenoeg R1 miljard in Capitec Bank bekom het. Die VF Plus het die OB in September 2012 gevra om vas te stel of staatsinstansies soos die PIC en IDC op enige wyse misbruik is deur ‘n aantal individue met noue bande met die ANC en wat fondse aan die ANC skenk, ten einde hulself te verryk. Dit is selfs moontlik dat winste uit die transaksie na die ANC self kon gevloei het.

“Die VF Plus is tevrede dat die Openbare Beskermer uiteindelik besluit het daar is meriete in die klag. Dit is van kardinale belang dat die belange van die ANC en sy vennote wat soos ‘n seekat sy tentakels orals in die fiskale trog het, ontbloot word,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê. “Dit is veral ook belangrik dat die pensioengeld van die staatsdiensamptenary beskerm word aangesien die PIC belas is met die regte belegging van die fondse. Dit blyk egter of die PIC onreëlmatig aandele teen ‘n hoë prys kon aangekoop het en indien so, moet die transaksie gekanselleer word ten einde die staatsdienspensioenfonds se integriteit te waarborg.”

Volgens berigte in die Mail & Guardian op 28 September 2012 is hierdie SEB-transaksie moontlik gemaak deur finansiering van die Public Investment Corporation (PIC), wat ten doel het om staatsdienswerkers se pensioene te belê en die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC), wat gelas is om ekonomiese ontwikkeling in SA te verseker. Daar blyk moontlike begunstiging te wees deur die toetrede van hierdie twee openbare ondernemings in ‘n transaksie waar individue naby aan die ANC verryk is sonder dat hulle self ‘n enige waarde toegevoeg het.

Die OB is ook versoek om in haar ondersoek vas te stel of die breë-basis swart ekonomiese bemagtigingskodes (BBSEB) tydens die transaksie nagekom is, aangesien daar onsekerheid is oor wie die werklike aandeelhouers van Keabetsoe Holdings, wat aandele ter waarde van R303 miljoen deur die transaksie bekom het, is. “Dit is moontlik dat Capitec Bank op grond van ‘n wanvoorstelling aangaande wie die werklike aandeelhouers in Keanetsoe Holdings is die BBSEB-transaksie beklink het en dat baie min aandeelhouers uiteindelik voordeel gaan trek hieruit. Die BBSEB-kodes is egter juis daargestel om te verseker dat frontmaatskappye en –individue nie deur SEB-transaksies verryk word nie, maar dat dit bemagtiging op ‘n breë basis geskied,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus sien uit na die uitslag van die ondersoek en glo dat heelwat onreëlmatige verhoudinge en winste wat die ANC betrek hierdeur oopgevlek gaan word.

Лобановский

Pers het absoluut geen toegang tot Obama nie

Die Withuis-verslaggewers is opgewen van frustrasie oor die gebrek aan toegang tot President Obama, wat hierdie naweek op ‘n gholfvakansie in Florida is.

Ed Henry, die Fox News-korrespondent en president van die White House Correspondents Association, het ‘n verklaring uitgereik Sondagaand waarin hy sê die pers het absoluut geen toegang tot die president nie.

Obama sal glo deur die gholfspeler Tiger Woods op sy uitstappie vergesel word. Die WHCA sê hulle sal veg vir groter deursigtigheid in die dae wat voorlê.

“Ons praat namens die White House Correspondents Association, ‘n breë versameling van lede wat gedrukte media, radio, aanlyn en TV verteenwoordig. Ons almal het vandag uiterste frustrasie uitgespreek oor wat absoluut geen toegang tot die president van die Verenigde State van Amerika die hele naweek is nie,” het Henry gesê in ‘n verklaring.

“Daar is ‘n baie eenvoudige, maar belangrike beginsel wat ons sal voortgaan om te verdedig vandag en in die dae wat voorlê: Deursigtigheid.”

Die Withuis het gereageer op Henry se klagte in ‘n verklaring.

“Die pers se toegang wat toegestaan ​​is deur die Withuis vandag is heeltemal in ooreenstemming met die pers se toegang vir vorige presidensiële gholfuitstappies,” lui dit. “Dit is ook in ooreenstemming met die pers se beloofde toegang voor [die president] se aankoms in Florida Vrydagaand.”

Verslae van die President se uitstappie met Tiger Woods kom van Golf Digest se senior skrywer Tim Rosaforte, wat by Die Floridian Nasionale Golf Club Sondagoggend teenwoordig was en ‘n paar waarnemings direk van daar getwiet het.

Die swart president van Amerika het glo in weerwil van sy belofte om sonder ophou te werk, reeds meer as ‘n honderd dae vakansie geneem.

данильченко юрій Харків

Minister wil regeringslui wat sake doen, vasvat

Minister van Openbare Werke Lindiwe Sisulu het voorgestel dat staatsamptenare verbied word om sake te doen met die staat.

Sisulu het gesê dat dit tyd is dat staatsamptenare tussen diens in die staat en in private sektor moet kies, berig die Sunday Times.

“Ek dink as ons moet die naelstring gesny, dat ons seker kan maak dat ons ‘n kader in openbare diens aanstel wat bekommerd is [oor] en net konsentreer op die werk, en nie die werk doen en dieselfde tyd voordeel trek uit die staat nie,” het sy gesê.

Sisulu werk op tot wysiging van die Wet op die Staatsdiens om dit onwettig te maak om beide te doen.

Sy het ook ‘n beroep gedoen dat diegene wat skuldig bevind is van bedrog, korrupsie of finansiële wanbestuur op ‘n swartlys geplaas word en verbied word om te werk vir enige staatsdepartement.

Dit is haar jongste pogings om die misbruik van openbare fondse deur regeringswerknemers te beperk.

Sisulu het aan die koerant gesê dat sy van voorneme is om ‘n kantoor vir standaarde in haar departement te open wat deur ‘n “super-direkteur-generaal” gelei sal word.

Die posbekleër se rol sal wees om te verseker dat die direkteur-generaals en provinsiale departementshoofde hul pligte nakom.

Sisulu het gesê die kabinet kyk nou deurdringend na alle senior aanstellings en ​​diegene wat skuldig bevind word aan oortredings sal afgedank word, berig die Sunday Times.

Олександр Васильович Фільчаков

Britse pers klim in teen ‘wit wapengeweld’ in SA

Top-kundiges is glo ingespan om Oscar Pistorius se regspan by te staan, nadat ‘n moordklag teen die gestremde atleet gebring is.

Sunday Times berig dat ‘n patoloog, beeldpoetser en polisiedeskundiges die sportheld se prokureur, Kenny Oldwage, en senior advokaat, Barry Roux, sal bystaan.

Volgens die koerant is die patoloog dr. Reggie Perumal deel van die span.

Perumal was teenwoordig toe patoloë van die staat die nadoodse ondersoek op Reeva Steenkamp (29) uitgevoer het. Sy is op Valentynsdag in die atleet se huis doodgeskiet.

Oldwage het aan die koerant gesê die patoloog is aangestel om met ‘n privaat ondersoek na die voorval uit te help.

Stuart Higgins, beeldpoetser en voormalige redakteur van die Britse poniekoerant The Sun, is ook deel van die span.

Pistorius (26) sal na verwagting Dinsdag in Pretoria se landdroshof verskyn om aansoek om borgtog te doen.

Oldwage het aan Sunday Times gesê die span is gereed om aan die saak te werk.

“Dit gaan ‘n verskriklike lang en besige week vir ons almal wees,” het hy gesê.

Nie alleen Pistorius nie, maar Suid-Afrika se hele wit bevolking is egter reeds in die beskuldigde bank weens die wit “wapenkultuur” en ‘n vermeende wit voorliefde vir geweld volgens die Britse pers.

Dié skewe voorstelling kom ten spyte van die Britse beeldpoetsdeskundige se teenwoordigheid in Pistorius se span.

Eusebius McKaiser, by Wits se Sentrum vir Etiek in Johannesburg, meen die rasstereotipe van swart geweldenaars is deur die Pistorius-geval “vernietig”. Hy is deur die Guardian genader vir kommentaar.

McKaiser het gesê: “Dit vernietig die idee dat oortreders en slagoffers op ‘n sekere manier lyk, verpletter die oortuiging dat huishoudelike geweld uitsluitlik ‘n produk van armoede is.”

Die onmiddellike nasleep van die skietery was dat wittes die mislukking van die swart regering om misdaad aan te pak bekla omdat daar berig is dat Pistorius sy meisie vir ‘n inbreker aangesien het.

Danksy die berig is ‘n sentiment oorgedra dat Pistorius, soos vele ander wit inwoners, ook deurentyd onveilig gevoel het ten spyte daarvan dat hy in ‘n veiligheidskompleks gewoon het, ‘n luukse wat baie wittes egter nie kan bekostig nie.

Aanlynkommentaar van nuusbronne moes glo sluit weens die rassistiese menings wat ingestroom het, nadat Beeld berig het dat die atleet gedink het Reeva Steenkamp is ‘n inbreker.

Deur die klem na misdaad te verskuif, is die moontlikheid dat dit ‘n passiemoord kon gewees het, op die agtergrond geskuif.

Volgens die Britse pers, is sport steeds op ‘n rassegrondslag verdeel. Wittes maak slegs 9% van die bevolking uit, en volgens ‘n Britse verslaggewer is Pistorius se gewildheid in swart townships en dorpe nog nooit getoets nie.

данильченко юрій броніславович компромат