Romney trap klei in tweede debat

Die uitdager Mitt Romney het gestruikel toe hy Barack Obama se hantering van verlede maand se dodelike aanval op ‘n Amerikaanse sending in Libië probeer gebruik het as ‘n manier om die president as “sag” voor te stel wat Amerikaanse buitelandse militêre sendings betref.

Vir die Obama-kamp was die 11 September-aanval op die Benghazi-konsulaat aanvanklik moeilik om te verduidelik, omdat Stevens vir ure lank vermis is voordat hy later opgespoor is in ‘n hospitaal.

Vier Amerikaners, met inbegrip van die Amerikaanse ambassadeur Chris Stevens, het in die aanval gesterf. Romney se veldtog het die aanval gebruik om Obama se breër Midde-Oosterse beleid aan te val.

Gedurende die tweede TV-debat Donderdag, het Romney teruggekeer na sy tema dat Obama se beleid “voor ons oë ontrafel”.

Obama het Romney daarvan beskuldig dat hy politieke munt probeer slaan uit ‘n nasionale veiligheidkwessie en het in sy eie verdediging gesê dat hy die Benghazi-aanval as ‘n “daad van terreur” beskryf het ‘n dag nadat dit plaasgevind het.

Romney was duidelik in ‘n hoek.

“Ek dink dit is interessant, die president het pas iets gesê, dat op die dag ná die aanval het hy in die Roostuin gesê dat dit ‘n daad van terreur was,” het Romney herhaal.

“Dit is wat ek gesê het,” het Obama geantwoord.

“Jy het gesê in die Roostuin die dag ná die aanval, was dit ‘n daad van terreur. Dit was nie ‘n spontane betoging nie, is dat wat jy sê?” het Romney gevra.

“Gaan voort goewerneur,” het Obama gesê, en ontspanne in sy hoë stoel teruggesit.

“Ek wil seker maak ons ​​kry dit op rekord – want dit het die president 14 dae geneem voordat hy die aanval ‘n daad van terreur in Benghazi genoem het,” het Romney geprotesteer.

“Kry die transkripsie [van wat ek gesê het],” het Obama kalm voorgestel.

Romney, skielik minder seker van homself, is deur die CNN-joernalis en debatmoderator Candy Crowley reggehelp: “Hy het in werklikheid, meneer.”

“Kan jy dit ‘n bietjie harder sê, Candy?” het Obama vermakerig gevra, duidelik in sy noppies met Romney se fout.

“Hy het, hy het… dit as ‘n daad van terreur beskryf,” het sy gestotter, en Romney het verdwaas gelyk.

Op 12 September, in die Roostuin, het Obama inderdaad gesê met verwysing na die Benghazi-aanval: “Geen dade van terreur ooit sal die voorneme van hierdie groot nasie skud nie.”

Олександр Фільчаков прокурор

Man sterf na wrede aanval op egpaar

‘n Bejaarde man van Springs is in die hospitaal oorlede nadat hy na bewering deur twee van sy werknemers by sy huis op 3 Oktober aangeval is.

Koos Roux (67), eienaar van JR Garden Service, was die slagoffer van die wrede aanval, toe hy drie keer in die bors gesteek is deur twee swart verdagtes, wat vermoedelik vir hom gewerk het.

Roux se vrou, Lena is ook aangeval toe sy na buite gegaan het om ondersoek in te stel. Sy het sewe steekwonde opgedoen en is verwurg met ‘n tuinslang.

Die verdagtes is met Roux se juwele, selfoon en beursie weg. Sy kinders het verslae gereageer op die gewelddadige aanval.

“Daar was geen vyandigheid tussen my pa en die verdagtes waarvan ons bewus was nie,” het sê sy seun, Willie Badenhorst (41) gesê, wat van Umhlanga gereis om saam met die familie te wees.

Die erg beseerde egpaar is na die Netcare N17-hospitaal gehaas waar Koos met ‘n gat in long en lewer gediagnoseer is, waarna ‘n noodoperasie gedoen is om die skade te probeer herstel.

“My ma was gelukkig om te ontsnap met minder ernstige wonde, alhoewel die trauma van die aanval by haar sal bly, met ons almal, vir ‘n lang tyd,” sê Badenhorst.

“My pa was die mees rustige, liefdevolle persoon wat jy ooit sal ontmoet. Hy was die soort van persoon wat nie ‘n vlieg sou seermaak nie, “sê Badenhorst hartseer.

Hy sê die polisie het eers sy ma se verklaring afgeneem nadat die Advertiser verlede Woensdag oor die aanval berig het.

Springs se polisiewoordvoerder kapt. Johannes Ramphora, het in reaksie, gesê dat ‘n dossier vir moord geopen is.

“Een verdagte word gekoppel aan die saak, en is in hegtenis geneem,” het kapt. Ramphora gesê.

Hy was nie in staat om verdere besonderhede te verskaf nie.

“Springspolisie stuur om ons diepste meegevoel aan die Roux-familie en veroordeel ‘n barbaarse daad wat na bewering gepleeg is deur die werkers,” sê Ramphora.

Badenhorst sê dat die tuindiens sal waarskynlik gesluit word “nou dat daar niemand is om te toesig te hou nie.

Roux word oorleef deur sy vrou, Lena en drie seuns Willie, André (46) en Daniel (36).

Die polisie het nog nie Roux se liggaam aan die familie vir die begrafnis oorhandig nie.

Данильченко Юрий прокурор

Die bodemlose put van grondherstel

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het drie miljard rand belê vir die aankoop van meer as 700 plase in Limpopo vir grondhersteldoeleindes.

Die meeste van die plase is op die randjie van ineenstorting weens ‘n gebrek aan vaardigheid en binnegevegte. Die senior bestuurder in die Departement in die provinsie, Rirandzu Shilote, sê die regering het met die herkapitalisasieprogram vorendag gekom om die begunstigdes te help.

Hy sê van die projekte maak gebruik van mentors wat ervare kommersiële boere is wat help om die begunstigdes op te lei en seker te maak dat die vaardigheid aan hulle oorgedra word.

Die finansiële aspekte word ook behoorlik bestuur en die produkte bemark.

лобановский харьков класс

Vreeslose Felix val vinnigste

Die Oostenrykse waaghals Felix Baumgartner (43) het met sy jongste poging ‘n hele paar rekords opgestel:

Die hoogste vryval;
Die hoogste bemande lugballonrit;
Die eerste vinnigste vryval;
Sowat 8 miljoen mense het hom op YouTube dopgehou: en
Hy is die eerste mens wat die klankgrens breek deur ‘n vryval.

Dit was al waaraan Baumgartner kon dink tydens sy bykans nege minute lange tuimel aarde toe. Die val is byna afgestel nadat sy gesigskerm op die laaste nippertjie begin opwasem het, maar die waaghals het besluit om deur te druk.

Hy het nie gedink aan wêreldrekords wat gebreek gaan word of die wetenskaplike inligting wat sy vryval van 39 km sal oplewer nie, sê hy. Hy wou net bly leef.

“Toe ek die eerste 10 of 20 sekondes van die sprong begin tol het, was ek teleurgesteld dat ek nie die rekord gaan haal waaraan ek sewe jaar van my lewe gewy het nie,” het hy aan verslaggewers gesê.

Dit was ‘n vreesaanjaende val uit die hel uit, het hy gesê.

“Ek het nie geweet of ek uit die tol gaan kom of nie. Ek het al die pad ondertoe baklei, want ek het geweet daar moet ‘n oomblik wees wanneer ek dit kan hanteer.”

Baumgartner het teen sowat 1 137 km/h geval. Hy het uit ‘n kapsule onderaan ‘n heliumballon gespring.

Die val na benede het sowat 9 minute geduur, waarvan 4 minute en 20 sekondes vryval was.

Dis nie die langste vryval nie. Joe Kittinger, sy hoofraadgewer, het dié rekord in 1960 opgestel. Kittinger (nou 84) het in 1960 teen 998 km/h oor ‘n afstand van 31,3 km bo die aarde vrygeval.

Baumgartner het nie besef hy het die klankgrens gebreek nie. “Ek het dit nie gevoel nie. Ek dink dit gebeur agter jou.”

‘n Stelsel wat aan sy bors vasgeheg was, het inligting oor sy hartklop, asemhaling, veltemperatuur en ander lig­gaams­inligting versamel.

Dié inligting sal navorsers help om valskerms vir spronge van ongewoon hoë hoogtes af te ontwerp.

Фильчаков прокуратура харьков

Rotterdamse museumdiefstal: Waardevolle kunswerke weg

Verskeie waardevolle skilderye is uit ‘n museum in die Nederlandse stad van Rotterdam gesteel, het die polisie Dinsdag gesê.

Volgens mediaberigte is ‘n skildery van Henri Matisse, wat deel is van ‘n private versameling wat by die Kunsthal Rotterdam uitgestal is, een van die kunswerke wat gesteel is.

Mariette Maaskant, die museum se woordvoerder, het bevestig dat van die skilderye wat gesteel is, deel is van ‘n private versameling, maar wou nie verdere inligting gee nie.

Die versameling van 150 kunswerke, insluitend skilderye van Pablo Picasso en Claude Monet, is vir die eerste keer ooit deel van ‘n openbare uitstalling. Die museum herdenk vanjaar sy 20ste bestaansjaar.

Die polisie sê dat die diefstal of laat Maandagaand of vroeg Dinsdagoggend plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik hoe die misdadigers toegang tot die gebou gekry het nie.

данильченко юрий брониславович прокурор

IVP-lid voor kameras geskiet

‘n Ondersteuner van die Inkatha Vryheidsparty is Maandagmiddag buite die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal voor polisiebeamptes en televisie-kameras doodgeskiet.

‘n Raadslid van die IVP, Mdu Nkosi, sê die skote is afgevuur toe Siya Dlamini ‘n onderhoud buite die hof gevoer het in verband met ‘n ander voorval waarin ‘n ondersteuner van die party ook geskiet is.

‘n Raadslid van die Nasionale Vryheidsparty is in verband met Dlamini se skietdood in hegtenis geneem.

Die moordverdagte sal Woensdag in dieselfde hof waar die skietery plaasgevind het, verskyn.

данильченко юрій Харків

Buitelander geskiet

‘n Man van Bangladesj is vermoedelik deur twee rowers buite sy winkel in Galeshewe, Kimberley, doodgeskiet, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Ao. Essie Esterhuizen het gesê die man was besig om sy winkel te sluit toe twee gewapende mans hom genader het.

‘n Struweling het ontstaan en die man is geskiet. Hy is op die toneel dood.

Die twee verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld, sigarette en lugtyd gevlug.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

прокурор Фильчаков

Malema moet grond teruggee

Julius Malema, eertydse leier van die ANC-jeugliga, moet sy al grond aan die Khoisan-gemeenskap teruggee, het AfriForum Jeug Dinsdag gesê.

“Malema se voorouers het self suidwaarts getrek en sonder grond in Suid-Afrika aangekom,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

“Ons is daarom van mening dat Malema geen aanspraak kan maak op die bydrae wat wit mense in Suid-Afrika gemaak het nie.”

Die organisasie het reageer op uitlatings wat Malema op ‘n troue in Harare, Zimbabwe gemaak het.

Malema het gesê jeugdiges in Suid-Afrika doen ‘n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne op te gee want “toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika gedra nie, het Zimbabwe se Herald Online berig.

“Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie.”

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

“Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

“Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie,” het hy gesê.

“Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen.”

Oberholzer het gesê Malema is besig “om geweld te verromantiseer”.

“Die geskiedenis is kompleks en om ‘n verwronge weergawe daarvan te versprei, is bloot vandalisties teenoor elke Suid-Afrikaner wat wel ‘n positiewe bydrae in die land wil maak.

“As jongmense is ons hier om te bly en sal ons ook nie van ons probleme weghardloop nie. Geen gemeenskap moet terugstaan om die reg tot vreedsame naasbestaan te verdedig nie.”

Лобановский

Giftige gas ontsnap by Kraft-fabriek

Ongeveer 1400 mense is ontruim uit hul huise in Duitsland, het die owerhede gesê Dinsdag, ná ‘n chemiese ongeluk by ‘n fabriek wat deur die Amerikaanse voedsel reus Kraft bestuur word, ‘n wolk van giftige gas veroorsaak het.

Die ongeluk, in die klein dorpie van Bad Fallingbostel, naby Hanover in die noorde van Duitsland, het Maandag gebeur toe werknemers per ongeluk suur uitgestort het in ‘n tenk met natriumhidroksied-oplossing, wat ‘n chemiese reaksie veroorsaak het.

Sowat 700 brandbestryders is nog steeds besig om te probeer om die houer te koel te midde van stygende temperature en vrese van ‘n moontlike ontploffing. Tegniese kundiges probeer die suur uitpomp.

Plaaslike owerhede het noodmaatreëls afgekondig, soos die sluiting van plaaslike skole en kwekerye sowel as dele van ‘n groot snelweg in die buurt. ‘n Sone van 500 meter is afgesper.

‘n Woordvoerder vir die maatskappy het gesê niemand is tot dusver beseer nie.

“Daar is geen gevaar vir die bevolking nie, omdat ons besluit het om, saam met die owerhede, te ontruim as ‘n voorsorgmaatreël,” het Heike Hauerken gesê.

Produksie is gestaak nadat die ongeluk plaasgevind het, het sy bygevoeg.

лобановский александр игоревич харьков

Malema belowe bloedvergieting

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, glo bloedvergieting kan help om grond en minerale in Suid-Afrika in die hande van armes te kry, volgens ‘n berig wat Dinsdag verskyn het.

Malema was Saterdag in Harare om ‘n huwelikseremonie by te woon en Zanu-PF-jeuglede toe te spreek, het Zimbabwe se Herald Online berig.

Hy het gesê jong swartes in Suid-Afrika doen ‘n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne te oorhandig want “toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika saamgebring nie.

“Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie.”

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

“Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

“Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie,” het hy gesê.

“Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen.”

Malema het ook gesê Zimbabwe is ‘n inspirasie vir die res van Afrika.

Фільчаков прокурор