Mazibuko, pion van ‘n magshonger Zille

Omdat die DA nooit by die stembus sukses sal behaal nie, het Zille haar swart onderdaan ingestuur om ‘n sielkundige oorlog teen die president te voer.

Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, is Woensdag deur ANC-LP’s geboe en uitgejou toe sy President Jacob Zuma gevra het om nie vir ‘n tweede termyn te staan nie.

Zuma het uitdrukkingloos gesit en luister toe Mazibuko hom in die Nasionale Vergadering uitgedaag het oor sy leierskap. Sy het gesê hy word “dikwels gedwing om te buig” voor die ANC se alliansievennote.

“Dit is duidelik aan elke Suid-Afrikaner dat die president se onvermoë om te lei sy vermoë om te regeer lamgelê het,” het Mazibuko gesê in ‘n toespraak wat vier maal deur haar opponerende LP’s onderbreek is met punte van orde.

“Ek glo die president het nie daarin geslaag om Suid-Afrika van regverdiging te voorsien oor waarom hy vir ‘n tweede termyn moet staan nie, wanneer sy eerste termyn so kort geval het van selfs die laagste verwagtinge.

“Eerbare president, ter wille van jou land, sal jy selfbelang opsy skuif en jouself nie beskikbaar maak vir herverkiesing nie?” het Mazibuko gevra.

Sy het gesê Zuma word dikwels gedwing om te buig voor “‘n onverkose Cosatu en andere”.

Zuma is nie daartoe in staat om beleid te dryf wat teen die belange gaan van die uiteenlopende faksies wat hom president laat word het nie, het sy gesê.

“Deur homself onbeskikbaar vir herverkiesing te stel, sal die president nie die meedoënlose druk daarvan hoef te hanteer om sy posisie te verseker in wat ‘n ongenaakbare en uitgerekte magstryd sal word nie,” het Mazibuko gesê.

“Hy sal vry wees om te regeer as staatshoof en sal nie teruggehou word deur sy party se alliansievennote, wat al so baie gedoen het om hom te frustreer, nie.”

Mazibuko het gesê Zuma sal nooit daartoe in staat wees om sy outoriteit op die regering af te stempel nie, aangesien faksies binne die ANC nie ‘n gemeenskaplike doel nastreef nie.

‘n President en ‘n regering kan slegs lei wanneer hulle met een stem praat en soos een optree, het sy gesê.

“Die president moet die president van ons almal wees, nie net van die ANC nie. En hy moet regeer in die belange van almal, nie net van die ANC en sy alliansievennote nie.”

Suid-Afrika, het sy gesê, “roep uit” om leierskap en rigting.

“In hierdie moeilike dae kyk ons na die president om die nasie hoop te gee om wanhoop te oorkom. Tog het hy daarin gefaal om die mag van sy kantoor met ‘n sin van doelgerigtheid te lei.”

Die president se aandag is afgelei van sy pligte, het sy gesê.

Energie wat daarop spandeer is om ‘n optog na die Goodman-galery in Johannesburg te reël oor ‘n “satiriese” skildery van hom het die aandag afgelei van die ernstige taak van regering.

“Weereens, verteenwoordigers van die ANC en sommige van die ministers poog om die ruimte van vryheid van uitdrukking te beperk deur boelie-taktieke en intimidasie,” het sy gesê.

Александр Фильчаков

Hondsdolheid in KZN?

‘n Vrou wat simptome van hondsdolheid gehad het, is in Durban oorlede, het die departement van landbou en omgewingsake in KwaZulu-Natal Woensdag gesê.

Die presiese oorsaak van die 52-jarige vrou se dood kan eers bevestig word wanneer ‘n lykskouing uitgevoer is, het Jeffrey Zikhali, woordvoerder, gesê.

Die vrou is op 24 Maart deur ‘n buurman se hond gebyt, maar het nie mediese hulp gesoek nie. Sy is op 24 Mei in die hospitaal opgeneem.

“Sy het begin krap en gekla van pyn op die gesonde wond. Die pyn is gevolg deur hidrofobie, swakheid en naarheid en sy het gesukkel om spoeg te sluk,” het Zikhali in ‘n verklaring gesê.

“Ons pleit by die gemeenskappe om hul honde en katte te laat toets, aangesien daar volskaalse inentingsveldtogte die provinsie onderneem word.”

Lede van die vrou se familie is aangeraai om behandeling te kry nadat hulle moontlik bloodgestel is.

Hy het gesê die departement hoop om die virus, waarvoor daar geen bekende raad is nie, stop te sit en het omvattende gesondheidsopvoeding oor hondsdolheid aangebied.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Die vreemde geval van die rassistiese Britse moltreinpassasier

‘n Britse vrou, onder die invloed van drank, wat teenoor passasiers op ‘n vol moltrein haar bedenkinge oor onwettige immigrasie uitgespreek het, is vir “rassisme” tronkstraf van 21 weke opgelê.

Die video van die uitbarsting is op die internet versprei. Dit is deur een van die passasiers, Galbant Juttla, opgeneem en op YouTube gelaai en is meer as 200 000 keer gekyk.

Jacqueline Woodhouse (42) van Romford in Essex, is opgeneem terwyl sy in Januarie op passasiers op die Central-lyn geskree het: “Ek het voorheen in die VK gewoon, nou woon ek in die Verenigde Nasies!”

Woodhouse het passasiers herhaaldelik gevra: “Waar kom julle vandaan? Waar kom julle vandaan? Ten minste 30% van julle is onwettig hier.”

In antwoord daarop het ‘n Pakistani sy volkslied begin sing.

Daarna sê sy sy sou nie omgegee het as die mense lief was vir Brittanje nie, wat haar duidelik nie inkleur as die groot “rassis” nie. Een Moslempassasier se antwoord kan gehoor word: “Ek is Brits.”

Die ironie van die histerie teen die wit “rassis” is natuurlik soveel te meer opvallend aangesien die Britse weermag in ‘n onverklaarde oorlog teen Pakistan se Moslems optree en Britse skrywers soos Wilbur Smith openlik teen die agterlike Moslem Pakistani’s te velde trek op die mees rassitiese manier denkbaar ter ondersteuning van die weermag.

Woodhouse se verweer dat sy te veel gedrink het, is verwerp. Maar in twee onlangse gevalle waar swart verweerders drank gebruik het om versagting te pleit by aanrandings, is dit deur die hof aanvaar.

 

 

Лобановский

ANC is onverantwoordelik met rasdebatte

Die Goodman-galery en die skildery van agb. president Zuma het die afgelope week tot heftige debatte in Suid-Afrika gelei. Hierdie debatte het meer vertel van die goeie en slegte toestand van verhoudinge in Suid-Afrika as van die skildery.

Enkele voorbeelde: Die Afrikaanse Radio het ‘n uurlange inbelprogram oor die skildery gehad. Tagtig persent van die luisteraars wat ingebel het, het voorgestel dat die skildery dadelik verwyder moet word omdat dit in swak smaak is en aanstoot gee. Meeste van hierdie inbellers was Afrikaans en wit.

In ‘n soortgelyke program oor die Engelse radio het die inbellers vryheid van spraak en verdraagsaamheid beklemtoon. Die deelnemers was gelykop verdeel vir en teen die skildery. Wit en swart inbellers was aan albei kante van die argument.

Dit was vir my opvallend hoe die standpunte vir en teen die skildery nie wit teen swart was nie.

Op hierdie tydstip tree mnr. Gwede Mantashe toe tot die debat. Hy sien dit onmiddellik as ‘n saak van wit teen swart en as rassisme. Dan voeg hy by: “The more black South Africans forgive and forget, the more they get a kick in the teeth.” Wat ‘n onverantwoordelike stelling waarmee hy mense teen mekaar opsweep. Agb Blade Nzimande volg in dieselfde trant, hy gooi ook die rassekaart en skielik kry die debat ‘n ernstige rasse-inhoud wat dit aanvanklik nie was nie.

Mnr. Barend la Grange, wat rooi kruise oor die skildery geverf het, verduidelik dat hy dit gedoen het juis in reaksie op die rasse-argument om as Afrikaner te demonstreer dat hierdie nie ‘n rasse wit swart saak is nie.

Hoekom praat ek hieroor? Omdat ek moeg is daarvoor dat sommige leiers die rassekaart in elke debat gebruik. Dit geld ook vir joernaliste wat nie hulle eie rassevooroordele in rubrieke kan wegsteek nie. Die afgelope drie maande was daar verskeie sulke debatte.

Dit is kort termyn politiek. Dit is lui politiek. Dit is politiek wat mense opsweep sonder om aan die lang termyn gevolge hiervan vir Suid-Afrika te dink.

Dit is Malema politiek. Die skade wat die Malema tydperk aan wit swart verhoudinge gedoen het, kan nog nie bereken word nie. Ek het gehoop die Malema hoofstuk is afgehandel en lê agter ons.

Maar in die koerante is foto’s van die plakkate in gister se ANC optog wat lees: “Whites hate Blacks”. Dit is ‘n natuurlike reaksie van die betogers op mnr. Mantashe se stelling:

“The more black South Africans forgive and forget, the more they get a kick in the teeth.”

A reader wrote in a letter: “Racism – That little word that has become the political whip with which the ANC work the masses up into angry mobs and riots anytime something happens that they don’t like. And it’s becoming really really tiring.”

In hierdie land sal daar altyd wittes en swartes wees. Ek beplan nie om die land te verlaat nie en ek is nie van plan om my deur rassistiese propaganda te laat intimideer nie. Ons kan in konflik en haat saamleef of in harmonie en vrede. Leiers se uitsprake en voorbeeld sal bepaal watter resep van die twee ons gaan volg. Daarom is dit noodsaaklik dat ons leer om van mekaar te verskil en met mekaar te debatteer sonder om telkens agter die rassekaart te skuil.

Hoekom is hierdie politiek so gevaarlik. Omdat dit die politiek van veralgemening is. Alle wittes is rassiste, word gesê. Dit is beslis nie waar nie. Alle wittes is ryk, word gesê. Dit is nie waar nie. Gaan besoek die 70 wit plakkerskampe rondom Pretoria. Alle swartes is korrup. Dit is ook nie waar nie. Hierdie tipe politiek mag kiesers mobiliseer maar sal geen oplossings vir ons probleme bring nie.

In Zimbabwe the MDC secretary for legal affairs said: “Mugabe keeps talking about whites, about the British, about imaginary enemies and conspiracies because he has no answers for the problems created by his own government”

Dit is ‘n ou politieke tegniek. Hitler het die Jode uitgesonder as sondebokke vir alles wat in Duitsland verkeerd was. Ons weet hoe dit geëindig het. Is dit die resep wat hier herhaal word sonder om oor die langtermyn implikasies te dink?

Hoekom praat ek hieroor in die president se begrotingsdebat? Omdat ek glo dat verhoudinge die laaste paar maande in Suid-Afrika versleg het en ons dit nie so kan laat nie. As ek meer tyd gehad het, kon ek nog voorbeeld hiervan noem.

In my toesprake waarsku ek telkens teen veralgemening. Die president het verlede week by Fort Hare gesê “Don’t paint all Africans with the same brush”. Dit is die regte boodskap wat steeds sterker uitgedra moet word. Maar die boodskap moet uitgebrei word na “Don’t paint all White Africans with the same brush”. En “Don’t paint all South Africans with the same brush.” Voor ons SA se armoede, werkloosheid, tekort aan infrastruktuur, swak dienslewering, en ander probleme kan oplos, is dit belangrik dat daar wedersydse vertroue en goeie verhoudinge is. Die huidige klimaat en die onverantwoordelike uitsprake van sekere leiers bereik die teenoorgestelde.

Фильчаков прокуратура харьков

Grensoorlog was geopolities nie verniet nie

Twee sake in die geskiedenis is seker. Oorloë en militêre konflik maak ontsettend baie saak. En groot impakbesluite word eers aan kiesers of Kongres/Parlement bekend gemaak, nadat die koeël reeds deur die kerk is.

Dit was 1972, tien jaar na die Kubaanse kernmissielkrisis, waartydens die Koue Oorlog tussen die VSA en sy geallieerde Sowjet-vennoot van die Tweede Wêreldoorlog teen Duitsland, byna ge-eskaleer het tot in ‘n volskaalse kernoorlog.

Na die VSA se militêre blokkade van Kuba, het die Sowjet-Unie sy kernmissiele aldaar onttrek, in ruil vir Amerikaanse kernmissielontrekking uit Turkye en Italië.

Die Koue Oorlog se dooiepunt van “Mutual Assured Destruction” het ‘n strategiese deurbraak benodig: Sjina moes noodgedwonge ook industrialiseer om die Sowjet-Unie se mag te neutraliseer.

Na Henry Kissinger se hoogs geheime besoek aan Sjina – die Amerikaanse Kongres het nie daarvan geweet nie – het president Nixon in die openbaar gevolg om die strategiese ooreenkomste met kommunistiese Sjina ekonomies te ontwikkel. Die anti-kommunistiese Amerikaanse publiek – van hulle had al skuilings teen Russiese kernbomme uit Kuba gebou – het by die verrassende verloop ingekoop, en die ongelooflike Sjinese sukses het van Henry Kissinger ‘n gesaghebbende strateeg gemaak, wat die wêreldsituasie en magsbalans verander het.

Terselfdertyd was Suider-Afrika besig om op soewereine stoom te groei na ‘n ekonomiese supermag (soos Sjina van vandag), en dit sonder die Verenigde State van Amerika se bevaarbare rivierverbindings.

Apartheid-Pretoria het ekonomiese integrasie van Suider-Afrika aktief nagestreef. Al die cordon sanitaire-state was van nature geneig om deur middel van tegnologie, produktiewe provinsies sowel as opkomende markte van ‘n magtige Pretoria te word. Soos Duitsland in Europa, was die Republiek van Suid-Afrika letterlik en figuurlik die leidende lokomotief van die Suider-Afrikaanse streek.

Twee oorsese provinsies van Portugal, Angola en Mosambiek, het net soos die vinnig groeiende Westerse Rhodesië by Suid-Afrika se reuse spoor- en kragnetwerk ingeskakel. Een sekuriteitsstelsel vir die Suider-Afrikaanse superstreek het stadig maar seker begin ontwikkel. Mettertyd sou Uhuru en teeninsurgensie-oorloë in Afrika wit Rhodesiers, Portugese, Afrikaners en liberale Engelse tot een Suid-Afrikaanse nasie snoer.

Die oliekrisis van 1973 het verdere dryfkrag verleen aan samewerking tussen die olieryke Angola en energiehonger Suid-Afrika met sy diep myne en reuse smelters, paaie en spoorweë.

Uit die bloute het ‘n bloedlose militêre staatsgreep in 1974 vir Portugal teen 1975 totaal uit Suider-Afrika geboul. Onmiddellik het Portugal die armste staat in Europa geword, terwyl stygende oliepryse weens OPUL-politiek die geweldige groot magsvakuum in Angola verder vergoot het.

Henry Kissinger van die VSA, Fidel Castro van Kuba, sowel as Sjina en Rusland se Politburo’s het almal die uiters strategiese magsvakuum in Angola geopolities-korrek as van kardinale globale belang beskou.

In ‘n Koue-Oorlog-vennotevergadering gedurende 1975 tussen Kissinger van die VSA en Sjina, soos gefasiliteer deur die latere CIA-hoof en VSA-president George Herbert Bush, het beide kante hulle bekommernisse oor, en belange in die Angolese magsvakuum teenoor mekaar gestel.

Ononderhandelbaar vir die VSA: die Sowjet-Unie en sy bondgenoot Kuba mag nie die magsvakuum in Luanda deur middel van die MPLA ten volle vul nie.

Ononderhandelbaar vir Sjina: Suid-Afrika mag nie die magsvakuum in Luanda met ‘n klein militêre besettingsmag ten volle vul nie, want dan sal Pretoria pleks van Beijing vir die hele Suider-Afrika en sy hulpbronne tot by die Kongo beheer, en sal Suider-Afrika pleks van Sjina ‘n globale ekonomiese supermoondheid word.

Sjina se insig was wetenskaplik korrek: Die Sowjet-Unie was nie die grootste gevaar in Angola nie, maar Suid-Afrika, omdat Suid-Afrika deur middel van Suid-Wes-Afrika aan Angola grens en dus logisties goedkoop die geopolitieke magsvakuum in Luanda vir ewig kon bly vul, terwyl die Sowjet-Unie weens duur logistieke kostes nie vir ‘n onbepaalde tydsduur in Angola teen ‘n VSA-gesteunde Suid-Afrika sou kon veg nie.

Sjina is dadelik reg bewys: die Sowjet-Unie het nie met grootskaalse materiaal en manskappe op die magsvakuum in die verre Luanda voor Onafhanklikheidsdag gereageer nie. Terselfdertyd het Suid-Afrika as nabye buurland onmiddellik op die magsvakuum gereageer en voorberei vir die besetting van Luanda, voordat die domino’s val.

Die VSA het Sjina – sy nuwe strategiese Koue-Oorlog vennoot – se nugtere Angolese ontleding egter ter harte geneem, en daarvolgens soos volg aanvaarbaar gehandel. Die VSA se nabye klein aartsvyand Kuba, is sonder verset en vertragings toegelaat om ver oor Amerikaans-beheerde oseane te vlieg en te vaar, om Luanda met duisende manskappe te beset, en alle suidelike brûe na Luanda met spesiale magte ongehinderd op te blaas, om daardeur Pretoria se dolle jaagtog na Luanda voor Onafhanklikheidsdag te kelder.

Globale supermag, en daardeur politieke oorlewing, was op die spel vir beide Sjina sowel as Suid-Afrika, maar slegs vir een. Sjina benodig Suider-Afrikaanse hulpbronne vir supermoondheidstatus, maar as ‘n soewereine Suid-Afrika dit alles sou beheer, sou Sjina nie ‘n volhoubare supermoondheid kon wees nie.

Kommunistiese Sjina was alreeds openlik die VSA se strategiese Koue-Oorlog-vennoot na Nixon se openbare besoek aldaar. PW Botha, Pik Botha en John Vorster had geen rede om Kissinger te glo, dat Suid-Afrika se belange in Afrika voorkeur bo die van kommunistiese Sjina by die VSA sou geniet nie. Die Amerikaanse Kongres kon Kubaanse magte in Angola boonop nog vergewe, Suid-Afrikaanse magte nooit nie. Sou Pretoria besluit om die magsvakuum in Angola te vul om sy eie oorlewing en groei deur middel van die cordon sanitaire te verseker, sou hy die VSA as “vriend” verloor.

Sonder VSA as vriend, sonder Sjina, sonder Europa en die Sowjet-Unie, sou die Republiek van Suid-Afrika genoop wees nie alleen om sy eie kernwapens te bou nie, maar ook om sy eie imperium en ekonomiese handelstreek te vorm: die cordon sanitaire as integrale deel van een Suid-Afrikaanse en Suid-Westerse jurisduksie en geldeenheid, onder beheer van Pretoria.

Botswana sou ingeboks wees, en selfs Zambië deel van die Rhodesies-beheerde gebied. Ook Kabinda en die Kongo sou nie van Suid-Afrikaanse invloed kon ontkom nie.

Of imperiale supermoondheid of niks, met die einde van die cordon sanitaire wat vinnig, en die einde van die Republiek wat stadig, nader. Die Suid-Afrikaanse kabinet moes kies, terwyl Suid-Afrikaanse kiesers soos die Amerikaanse Kongres en kiesers van niks weet nie.

Planne is inderhaas beraam om die moeilike ondemokratiese besluit te probeer ontduik.

топкарго отзывы

Romney wen benoemingstryd

Mitt Romney het Dinsdag se voorverkiesing in Texas gewen en 98 afgevaardigdes ingesamel om sy totaal op 1163 te staan te bring wat beteken dat hy vroeg in Augustus aangewys sal word as die Republikeinse party se kandidaat in die komende presidentsverkiesing.

Dit wil egter voorkom of daar steeds nie algemene eenstemmigheid onder Republikeine oor hom is nie want in die voorverkiesing het Ron Paul 10, Rick Santorum 8 en Newt Gingrich 4 stemme gekry al het hulle weke gelede al aangekondig dat hulle uit die stryd tree. Die stemme moet gesien word as mense wat nie gelukkig is met Romney se kandidatuur nie – hoofsaaklik omdat hy ‘n Mormoon is.

Die verwagting is egter dat Republikeine hulle agter hom sal skaar by die groot konvensie in Augustus want hulle teenstand teen Obama is beslis die oorheersende faktor.

Peilings dui ondertussen daarop dat die verkiesing aan die begin van November ‘n baie gelykopstryd kan wees. Volgens Rasmussen-peilings se jongste opname Maandag sal Obama 46% en Romney 45% van die stemme kry as die verkiesing nou gehou sou word. In die vorige peiling het Romney met 45 teen 44 persent voorgeloop. Dit is duidelik dat daar ‘n aansienlike wisselvalligheid is onder onseker kiesers.

Romney het egter ‘n beter kans om meer steun onder Republikeine te bekom as gekyk word na die algemene sentiment. Volgens ‘n aparte opname geniet die Republikeine kongreskandidate aansienlik meer steun as die Demokrate en sal hulle ‘n hele aantal setels verower in die verkiesings vir ‘n deel van die kongres wat terselfdertyd gehou word. Dit kan selfs meebring dat hulle ook die meerderheid in die Senaat bekom.

Die storie oor presies waar Obama gebore is wil ook net nie gaan lê nie. Die eiendomsbiljoener Donald Trump het die week weer gekom met vrae oor presies wat hier aangaan nadat ‘n nuwe boek gevind het dat Obama se geboorteplek as Kenia aangegee is in dokumente wat hy in sy jong dae aan die universiteit van Columbia ingevul het. In ‘n boek wat pas verskyn het, word ook beweer dat sy Keniaanse ouma glo gesê het dat hy in ‘n hospitaal in Mombassa gebore is en sy wit Amerikaanse ma kort na sy geboorte na Hawaii gevlieg het om sy geboorte daar te laat aanteken!

Die stories hieroor word egter totaal geïgnoreer deur die linkse media in die VSA en selfs die regsgesindes is maar lugtig om dit nie te sterk te steun solank daar nie voldoende bewyse vir die bewerings is nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Dood uit die lug

President Barack Obama se administrasie gaan die Amerikaanse Kongres in kennis stel van planne om die MQ-9 Reaper, ‘n onbemande tuig, te bewapen vir Italië.

Dié tuie wat dood en verwoesting saai, selfs in lande waarteen die VSA nie amptelik oorlog verklaar het nie, sal die tegnologie help versprei aan NAVO-lande.

Die administrasie kan binne twee weke die voorstel dat Italië soos Brittanje toegelaat word om onbemande tuie met wapens soos lasergeleide bomme en Hellfire-missiele toe te rus, deurvoer, het Amerikaanse amptenare gesê.

Italië het ‘n vloot van ses tuie. Die verkoop van tegnologie om hulle te bewapen, kos $17 miljoen, en sal die Verenigde State glo help met die las van sy globale militêre bedrywighede omdat die Pentagon se begroting deur die tekort-verminderingsvereistes gestriem word.

Italië se aankope sal dit moeiliker vir die Verenigde State maak om dié tegnologie te ontken as dit deur die ander 28 lede van NAVO of Amerikaanse vennote soos Suid-Korea, Japan en Australië, aangekoop word, het ontleders gesê.

“Dis beteken heel waarskynlik dat enige lid van NAVO wat dit wil hê dit ook sal kan kry,” sê ‘n voormalige kongrespersoneellid wat die saak gevolg het.

Sommige ontleders vrees dat ‘n besluit om die Italiaanse tuie te bewapen oorsese verkope van verwante tegnologie deur Israel, Rusland en China kan aanspoor.

Die Verenigde State jag reeds met MQ-9’s in Afghanistan, Irak, Jemen, Somalië en Pakistani-stamgebiede.

Brittanje, die eerste land wat Amerikaanse tegnologie gekry het, word beskou as ‘n spesiale geval. Baie Amerikaanse amptenare en lede van die Kongres sien hulle as Washington se mees betroubare bondgenoot.

Senator Dianne Feinstein, voorsitter van die Senaat se Intelligensiekomitee, het in die openbaar teen die oordrag van gewapende tuie uitgekom. “Daar is militêre tegnologie wat ek glo nie gedeel moet word met ander lande nie, ongeag van hoe naby ons vennootskap is,” het Feinstein, ‘n Demokraat, verlede jaar gesê.

Turkye is een van die lande wat reeds op soek is na die VSA onbemande vliegtuie Die MQ-9 Reaper is groter en beter as die vorige MQ-1, beide gebou deur General Atomics.

Turkse president Abdullah Gul het op die kantlyn van ‘n NAVO-beraad in Chicago, verlede week gesê dat Obama die tuie aan Turkye sal verkoop, om teen die separatiste Koerdiese rebelle te gebruik. Turkye sukkel al vir dekades in ‘n konflik waarin 40 000 mense omgekom het.

Die Obama-administrasie sê dat al die uitvoer van sensitiewe militêre tegnologie oorweeg word op ‘n geval-tot-geval grondslag onder ‘n algemene beleid van “selfbeheersing,” met inagneming van nasionale veiligheid en buitelandse beleid sowel as Amerikaanse multilaterale verpligtinge.

Kopers van die VS-militêre stelsels moet instem tot voorwaardes wat ontwerp is om die stelsel te beperk tot goedgekeurde gebruike soos selfverdediging en die Verenigde Nasies se sending. Hulle moet ook instem tot Amerikaanse monitering.

Teal Group, ‘n Amerikaanse konsultant, het in April geskat dat dié besteding wêreldwyd byna kan verdubbel oor die volgende dekade, in totaal meer as $89 miljard in die volgende 10 jaar.

Фильчаков прокурор харьков

Roelf Meyer sal glo SANW regruk

Roelf Meyer, die gestorwe NNP se onderhandelaar, sal die hervorming van die SANW oorsien. Dit is nie duidelik waarom Meyer as opgewasse vir die taak beskou word nie.

Die voorsitter van die hersieningskomitee en voormalige minister van verdediging, Meyer, sê hulle is landwyd besig om met belanghebbendes in gesprek te tree, om te probeer vasstel wat mense se verwagtinge van die weermag is.

RSG berig die verdedigingshersieningskomitee is verlede jaar deur Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aangestel met die doel om aandag te gee aan die behoeftes van ‘n toekomstige verdedigingsbeleid en om ‘n behoorlike strategie daarvoor te ontwikkel.

Die komitee sê die huidige beleid en strategieë van die land se nasionale weermag is verouderd en moet aangepas word. Dié stelling is tydens ‘n openbare raadgewende vergadering in Bloemfontein gemaak.

Sisulu het vroeër ook gesê soldate sal ‘n salarisverhoging kry om die moraal in die weermag te verbeter.

Фильчаков

Pole histeries oor Obama se vergissing

Die Withuis het gesê president Barack Obama se flater Dinsdag toe hy verwys het na ‘n “Poolse doodskamp”, was ‘n vergissing. Hy het by die verering van ‘n Poolse oorlogsheld die term gebruik.

Die president se opmerking het onmiddellike klagtes van Pole veroorsaak wat gesê het Obama moes dit ‘n “Duitse doodskamp in Nazi-besette Pole” genoem het om die oortreders te onderskei van die plek. Poolse minister van buitelandse sake, Radek Sikorski noem dit ‘n kwessie van “onkunde en onbevoegdheid.”

Obama het die opmerking gemaak met die toekenning van die Medalje van Vryheid aan Jan Karski, ‘n weerstandsvegter teen die Nazibesetting van Pole tydens die Tweede Wêreldoorlog. Karski is in 2000 oorlede.

Tydens ‘n medaljeseremonie ter ere van 13 Vryheidsvegters het Obama gesê dat Karski “as ‘n koerier vir die Poolse weerstand tydens die donkerste dae van die Tweede Wêreldoorlog gedien het. […] Hy het ‘n Poolse doodskamp self gesien. Jan het die inligting daarna aan President Franklin Roosevelt oorgedra, wat een van die eerste getuies van die Holocaust was en die wêreld gesmeek het om op te tree.”

Sikorski het uit die Withuis getwiet: “Dit is ‘n jammerte dat so ‘n waardige seremonie oorskadu is deur onkunde en onbevoegdheid.”

Nasionale Veiligheidsraadwoordvoerder Tommy Vietor het gesê: “Die president het homself vergis. Hy het verwys na die Nazi-doodskampe in Pole. Ons is jammer oor hierdie wanvoorstelling, wat nie afbreuk doen aan die duidelike bedoeling om mnr. Karski en die dapper burgers te vereer wat menslike waardigheid in die aangesig van tirannie behou het nie.”

topcargo отзывы сотрудников

Bob benoem vir toerisme-ambassadeur

De Zimbabwaanse dictator Robert Mugabe is door de World Tourism Organization (WTO) van de VN benoemd tot ambassadeur voor toerisme, samen met zijn Zambiaanse ambtgenoot Michael Sata. Zambia en Zimbabwe organiseren volgend jaar immers samen de algemene vergadering van de WTO. Een Zimbabwaanse krant citeerde de bevoegde minister, die had gezegd dat de twee presidenten aantonen dat toerisme essentieel is voor de ontwikkeling van Afrika. Dat meldt de Canadese krant National Post.

Die benoeming is op zijn minst opmerkelijk te noemen, al was het maar omdat Mugabe tijdens verkiezingen geen VN-waarnemers toelaat. Hij wordt ook verantwoordelijk geacht voor het economische verval waarin zijn land, dat ooit de graanschuur van Afrika werd genoemd, zich bevindt.

De Europese Unie heeft Mugabe een reisverbod opgelegd wegens mensenrechtenschendingen. Dat heeft hem echter niet belet om in tussentijd verschillende keren naar Rome te reizen.

De Amerikaanse en Canadese regeringen hebben landgenoten gewaarschuwd voor de gevaren van reizen in het land.

Лобановский