Leeus hap mis

Conrad SmithDie braaivleisvraag waaroor die afgelope maande getwis is, is of die Leeus se Curriebekersukses van verlede seisoen die werk van kampioene of ’n lukrake gelukskoot was. Die skeptici het volgens gisteraand se telbord genoeg ammunisie om oor te haal. Maar fyner ontleding van die wedstryd, wat die Leeus teen die Hurricanes met 28-30 verloor het, wys dat die dispuut nog lank nie opgeklaar is nie.

Gesoute Leeu-ondersteuners moet in die versoeking wees om in die ou bekende gelatenheid, beklemtoon met die ophaal van die argelose skouer vyftien sentimeters bo die gekweste hart, te verval. Hierdie neerlaag is ou bekende terrein. Dit is immers die vyfde keer in die laaste vyf kragmetings teen die Hurricanes wat die Leeus afgestof is. En tog is daar beduidende verskille met die verlede. Vroeër jare wanneer die Leeus verloor het, was dit omdat hulle eenvoudig nie goed genoeg was nie. Wanneer hulle nader aan ’n oorwinning gekom het, was dit weens moed wat groter as talent is en/of ’n dubbelskeut geluk.

Die Leeus van hierdie jaar ís goed genoeg om te wen. Die beste span het verloor, en ja, ons sal die “scoreboard checks” Oom Boy.

Dit was geensins ’n span in volle vaart wat verloor het nie. Die vroegseisoengriep is nog onder lede. Op die aanval is hulle nog nie so deurdringend as wat ’n mens van hulle kan verwag nie en hulle het ’n bepaalde swakheid ontwikkel om die bal in die botsing te verloor. Hulle primêre eerstefasewapen – ’n bulskrum – is na die eerste kwart van die wedstryd geneutraliseer toe plaasvervangerstut, CJ van der Linde afgehinkepink het met ’n bobeenbesering. Wedyweringslose skrums het nou gegeld en daarmee kon die Hurricanes se losvoorspelers vinniger onttrek om die aanvallende Leeus se ruimte in te kort.

Die punteinsameling het met ’n Bowden Barret-strafskop begin. Minute later het die Leeus die Hurricanes teen die doellyn vasgedruk en ’n ondreigende laterale aanvalle geloods. Die bal is eenvoudig aangewip van speler tot speler, met blykbaar elkeen van hulle wat geweier het om die lyn reguit te trek. Die laaste aangee was na Jaco Taute en hy het geen reg gehad om te dink hy gaan ’n drie uit dié situasie druk nie. Maar hy het. Hy het daardie twee-drie treë met die mees ongesofistikeerde krag gewen en toe gevind sy arm is lank genoeg om die doellyn te haal.

Die Leeus het die afskopbesit op die grond gemors en het onkant gedwaal. Barrett het getref en die telling was 6-5. ’n Minuut later het Jaco Taute, binne sy eie halfgebied, die drywer op die bal getrek vir ’n strafskop, en die telling was 8-6.

Nie lank daarna nie het die bal die Leeus weer ontglip, die Hurricanes kon aanval en die heelagter, André Taylor het ’n gespierde lak van Michael Killian vir ’n drie in die hoekie oorleef. Die Hurricanes, voor, 14-8 met halftyd.

Na die openingstrofe van die tweede helfte het albei spanne ’n strafskop behaal, maar ’n teenaanval van die Leeus het die Hurricanes se verdediging versplinter. In die gebruiklike harwar was dit Franco van der Merwe wat sý arm die keer lank gerek het vir ’n drie.

Wat volg was twee minute waarin die Leeus swaar gekwes is. Met ’n aanval in volle swang het Josh Strauss die bal in ’n lak verloor. Conrad Smith het die bal vorentoe geskop en agterna gesit, net-net betyds weer daar gekom en wéér van die grond af geskop, dié keer nie reguit nie, maar dwarsvoet soos die spaantjie van ’n spykertafel kant toe waar die haker Dane Coles dit met ’n oop doellyn bymekaar gemaak het. Pas na die heraanvang het die Leeus wéér die bal weggegee en Barret het oopveld toe geskop waar die bal ongure manewales aangevang het om ’n Hurricanes-speler eerder as ’n Leeu te vind. Corey Jane het ingestoom vir ’n maklike drie. Nie een van dié twee drieë is gekroon nie, maar skielik was die Leeus 27-18 agter.

Die antwoord op die sommetjie was dat ’n strafskop en ’n verdoelde drie die yster sou wees om die kastaiÏngs uit die kole te hark. Die strafskop het geredelik gekom en nou het dit gelyk asof die Leeus se drie-en-twintigste speler – Tannie Ellispark en haar hoë lugdruk – beslissend sou deelneem. Die Hurricanes was sat gehardloop en het verniet diep gesuig vir suurstof. Weereens het ’n vlaag aanvalle die Leeus tot teen die doellyn gebring en hierdie keer was dit Butch James, van die bank af as plaasvervanger, wat die verdediging teruggeklop het met sy eie lyf en toe die aarde getref het vir ’n drie. Met agt minute oor was die Leeus een punt voor en dit het gelyk asof daar vir hulle nog meer wag. Hulle was doelgerig, skerp, verbete…

Maar die Hurricanes het die bal gekry en behou en begin speel om ’n strafskop uit die Leeus te wurg. Die een vlak aanval na die ander, links-regs, links-regs, ’n tree, twee tree op ’n slag in die middel af, die een fase uit die ander gemaak, en uiteindelik was dit Butch James wat oor die onkantlyn gedryf het, vlak teen die pale. Die Hurricanes het oorgeskop en die Leeus se desperate doodsaanvalle oorleef om met twee punte te wen.

Patric Cilliers is as Man van die Wedstryd aangewys en daar is geen argumente van my af nie. Hy het soos ’n bees geskrum toe hulle nog mag geskrum het, was elke keer met die bal onder die arm ’n swaar slag om te verwerk, en het soos ’n tjopkerwer gelak. Maar as dit my stem was wat die M.v.d.W. aangewys het, was dit Alwyn Hollenbach. Hierdie binnesenter begin al meer lyk asof groen en goud die regte kleure vir hom is. Hy is groot, het massiewe teenwoordigheid in die middelveld, vind gapings of hamer eenvoudig een deur die verdediging. Sy verspreiding is goed en hy perk homself nie streng in sy kanaal in nie en is dikwels eerste by om soos ’n goeie losvoorspeler skons te bak met die krummels besit wat op die grond lê of om ’n gelakte makker te help om die bal te herwin. Daar is een ander agterspeler met dieselfde aura, veggees en finesse as hy en dit is Jaco Taute, ook in die Leeus se agterlinie, op heelagter.

Die Leeus het soos die Leeus van ouds verloor. Maar die ander spanne sal skrander wees om hulle nie met hulle voorgangers te vergelyk nie. Wanneer alles reg gaan loop en hulle net die bal beter in die botsing beskerm, gaan hierdie Leeus nog baie spanne seermaak voor die seisoen verby is.

Данильченко

Skalie kan groot ekonomiese inspuiting wees

Karoo se skaliegas sal die ekonomie stimuleer, sê ‘n verslag. Die verslag, geborg deur Shell, sê skaliegasreserwes sal tussen R35 miljard en R90 miljard kan bydra tot staatsinkomste, maar aktiviste gekant teen hidrobreking bevraagteken die onafhanklikheid van die studie.

Selfs ‘n fraksie van die beraamde skalie-gas reserwes in die Karoo kan tot 700 000 permanente poste oor twee en ‘n half dekades skep, volgens ‘n verslag van Econometrix, ‘n ekonomiese navorsingsgroep.

Die verslag is Vrydagoggend in Johannesburg bekend gemaak.

Dit meet die potensiële impak van die ontwikkeling van skaliegas op die Suid-Afrikaanse ekonomie, teen ‘n konstante prys van $8 per 1000 kubieke meter en ‘n rand/dollar-wisselkoers van R7,303.

Die US Energy Information Administration skat daar is sowat 485 triljoen kubieke voet van skalie-gas reserwes in die suidelike Karoo.

Tussen 4% (20 triljoen kubieke voet) en 10% (20 triljoen kubieke voet) van die beraamde skalie-gas hulpbronne sal ‘n ekonomiese impak van R80 miljard-R200 miljard ‘n jaar op Suid-Afrika se bruto binnelandse produk hê, het Econometrix gesê.

“Dit is ‘n klomp geld, en baie werksgeleenthede om van weg te loop, dus gaan hierdie ‘n moeilike besluit wees,” sê Tony Twine, ekonoom en besturende direkteur van Econometrix.

“Die saak vir skaliegas is werklik dwingend,” sê Bonang Mohale, voorsitter van die Shell Suid-Afrika.

Mnr Twine het ook gesê grootskaalse skalie-gas kan Suid-Afrika se energie-tekort verlig, en dit makliker maak vir die land om te groei.

Dit is die ekwivalent van 400 jaar se energie-verbruik in Suid-Afrika wat skaliegas kan bied.

Олександр Васильович Фільчаков

Phosa pleit vir ekonomiese bevryding

Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa het vir “ekonomiese vryheid” gepleit by die bekendstelling van die party se koffietafelboek “Eenheid in Diversiteit” in Durban Vrydag.

“Ons moet op ‘n manier lei sodat ons geslag oor ‘n eeu van vandag sal sê politieke bevryding is gevolg deur ekonomiese bevryding,” het Phosa gesê.

Die 12 leiers van die ANC het hul rol gespeel vir die land, sê hy. Hy beskryf hulle as die “12 wyse manne”.

“‘n Honderd jaar van nou af, sal daar nog ‘n boek soos hierdie wees; wat wil ons hê die lesers moet sê oor ons?”

Phosa het erken dat die land se grootste probleem dienslewering is.

“Ons moet implementering opskerp om seker te maak dat dienslewering by die armstes van die armes in ons land uitkom.”

Onderwys is noodsaaklik vir die groei van die ekonomie, sê hy.

“Ons moet die vaardigheid van ons mense verbeter, werk skep en vennootskappe in verskeie dele van die wêreld sluit,” het Phosa gesê.

KwaZulu-Natal se premier Zweli Mkhize het gesê die land moet die infrastruktuurplan wat aangekondig is deur president Jacob Zuma in sy landstoespraak omhels.

“Ons moet die plan vir ‘n sinryke en beter toekoms vir Suid-Afrika omhels. Die plan sal ons ekonomie stabiliseer.”

Hy het gesê dat welvaart nie beteken dat ‘n persoon ‘n miljardêr moet wees nie.

“Dit is om te verseker dat geen kind honger gaan slaap nie, en dat almal ‘n werk het.”

Фильчаков прокурор отзывы

Malema se skorsing ‘n tragedie sê minister

Die uitsetting van Julius Malema uit die ANC is ‘n “politieke tragedie”, het sportminister Fikile Mbalula Vrydag gesê

Hy het aan die SAUK se radionuus gesê: “Ek beskou dit as ‘n politieke tragedie vir almal van ons wat kom uit die geledere van die Jeugliga. Julius en sy generasie het werklik ‘n slag gely sonder dat ons tot die besef gekom het of dit getoets het.”

Mbalula het gesê hy was jammer vir die ANC oor die gebeure, maar het bygevoeg hy glo dat die Jeugliga sal oorleef.

“Natuurlik het ons ‘n groot voordeel gehad om polities gelei te word met al die foute wat ons begaan het, maar ons oudstes en die mense rondom ons was ‘n wonderlike span wat na ons omgesien het en ons gekoester het,” het hy gesê.

“Hulle was baie geduldig met ons. As hulle nie was nie, sou ons geskors gewees het.”

Mbalula is deur die ANCJL aangewys om die huidige ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe by die party se elektiewe konferensie in Bloemfontein in Desember te vervang.

Die ANC het gister aangekondig dat Malema uit die party geskors is nadat hy onder meer skuldig bevind is aan die saai van verdeeldheid in die party se geledere.

Фильчаков Харьков

‘Ongehoorde barbaarsheid en brutaliteit’

‘n Swart Kongolese egpaar is skuldig bevind in ‘n Britse hof Donderdag van die moord op ‘n 15-jarige seun wat hulle van heksery beskuldig het. Hulle het hom erg geslaan en daarna in die bad verdrink.

Eric Bikubi, 28, en Magalie Bamu, 29, albei oorspronklik van die Demokratiese Republiek van die Kongo, het die moord op Bamu se 15-jarige broer Kristy op 25 Desember 2010, by hul huis in die ooste van Londen ontken.

Kristy het 130 beserings gehad het toe hy gesterf het nadat hy gemartel is deur sy suster en haar kêrel tydens ‘n “uitdrywing”, het die Old Bailey in Londen gehoor.

Die tiener en vier van sy broers en susters het van hul huis in Parys kom kuier by die egpaar in Londen oor Kerstyd.

Bikubi het al die kinders beskuldig daarvan dat hulle kindoki – of voedoe – in sy huis ingebring het en hulle geslaan, maar hy het veral geweld teen Kristy gebruik, en hom drie dae lank met messe, metaalpype en ‘n hamer aangerand.

Die tiener se tande is uitgeslaan, keramiekvloerteëls en bottels is verpletter op sy kop en ‘n tang is gebruik om sy oor te draai.

Hy was in soveel pyn dat hy “gesmeek het om te sterf”, het die jurie gehoor. Toe hy in die bad gedruk is deur Bikubi, “was hy net te erg beseer en uitgeput om sy kop bo die water te hou”, het die aanklaer Brian Altman gesê.

Dit was ‘n “langdurige aanval van ongehoorde barbaarsheid en brutaliteit”, het Altman gesê: “Kristy is vermoor in die naam van heksery.

“Dit is moeilik om te glo in hierdie dae en tye dat enigiemand kan glo dat iemand heksery beoefen.”

Dr Richard Hoskins, ‘n deskundige getuie wat kindoki vir 25 jaar lank al bestudeer, het gesê dit is ‘n “uiters wydverspreide” geloof onder Kongolese mense, insluitend dié in Brittanje.

“Selfs hier in Londen en tussen opgevoede mense, het ek baie ontmoet en met baie swart mense gesels wat glo in kindoki en dink dit het mag,” het hy gesê.

Kristy se susters, tussen die ouderdomme van 20 en 11, is ook geslaan, maar is laat gaan nadat hulle ‘n ‘belydenis’ gemaak het. Die ander twee broers, 13 en 22 met outisme, is gedwing om deel te neem in die marteling.

topcargo отзыв

Sint Petersburg vat gays vas

Die plaaslike parlement in Rusland se tweede grootste stad Sint Petersburg het Woensdag ‘n omstrede wet wat “homoseksuele propaganda” verbied, in weerwil van protes deur gayregtegroepe, deurgedruk.

Die wet is in ‘n derde en finale lesing met 29 parlementariërs ten gunste en vyf daarteen, ingestem. Dit sal voortaan onwettig wees om “propaganda” onder minderjariges onder die ouderdom van 18 in die guns van homoseksualiteit en pedofilie te versprei.

Maar gayregtegroepe het gesê die wet is gevaarlik want dit word aan die willekeur van die owerhede oorgelaat om te besluit wat is ‘propaganda’. Dit kan beteken dat gays ook gestraf kan word vir hul lewenstyl as dit rugbaar raak.

“Hierdie wet is ‘n skande vir die Sint Petersburg-parlement,” sê-Olga Galkina van die Yabloko-liberale party, wat almal met een uitsondering na, teen die wet gestem het.

“Hoe sal burgers hul regte beskerm? Die owerhede is amper bevoeg om te bepaal of dit is propaganda of leefstyl sal wees,” het sy aan AFP gesê.

Maar die wet is sterk ondersteun deur Sint Petersburg se goewerneur, Georgi Poltawtsjenko en hy het ook belowe om ‘n soortgelyke inisiatief by die federale Doema-parlement vir goedkeuring landwyd te loods.

“Ek het nie ‘n enkele woord in hierdie wet gesien wat nie in lyn met Russiese wette is nie,” het een van die inisieerders van die nuwe wet, Witali Milonof van die regerende Verenigde Rusland-party, aan AFP gesê.

“Homofobie is ‘n term wat uitgedink is deur die mense van ‘n nie-tradisionele seksuele oriëntasie oor mense wat nie die manier waarop hulle leef, verstaan ​​nie,” het hy bygevoeg.

Oortreders sal gestraf word met ‘n boete van tot 50 000 roebel indien skuldig bevind word aan die bevordering van homoseksualiteit.

Die boetes vir die bevordering van pedofilie, ‘n integrale deel van homoseksualiteit in die wet, sal tot ‘n miljoen roebel gestel word.

Die wet verbied dit “om propaganda te maak deur middel van openbare handelinge vir homoseksualiteit, lesbianisme, biseksualiteit en trans-genderisme onder minderjariges.”

Volgens die wet beteken dit die verspreiding van inligting “skadelik vir die gesondheid en morele en geestelike ontwikkeling van minderjariges, insluitende die vorming van verwronge idees oor die sosiale balans tussen tradisionele en nie-tradisionele getroude verhoudings”.

данильченко юрій броніславович компромат

OUT bekommerd oor gay-moorde

Minstens agt gay mans is in hul huise vermoor sedert 2010 in Gauteng, het die OUT-Lesbiese, Gay, biseksuele, en transgendergroep Donderdag gesê.

Nie een van die gevalle is nog opgelos nie, sê OUT se direkteur, Dawie Nel in ‘n verklaring.

Die groep het ‘n beroep op die polisie vir dringende optrede gedoen na aanleiding van die mees onlangse moord van die 67-jaar-oue Johannesburgse teaterbestuurder Rulov Senekal, in sy Braamfonteinwoonstel, in Johannesburg Saterdag.

“Al agt vermoorde slagoffers was gay. Hulle is in hul eie huise vermoor, min of niks is gesteel nie, daar was geen teken van gedwonge toegang nie, en die meeste van hulle is verwurg.”

Hy het gesê die OUT-span gaan hierdie sake met die betrokke polisiekantore opvolg.

Die polisiewoordvoerder, sersant Jenny Pillay, het gesê geen arrestasies is gemaak in verband met die moord van Senekal nie.

Sy het geweier om ingetrek te word oor die ander gevalle van moord.

“Ek kan nie kommentaar lewer op die bewerings wat gemaak word nie,” het sy gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Manyi ondersoek vir buitebetaling

Die regeringswoordvoerder Jimmy Manyi word ondersoek vir die beweerde ontvangs van betaling vir werk buite sy regeringswerk, het die Staatsdienskommissie (SDK), Donderdag gesê.

“Die SDK ondersoek tans die saak na die ontvangs van ‘n klagte oor beweerde oortredings van artikel 30 van die Staatsdienswet deur mnr. J. Manyi,” het woordvoerder Ricardo Mahlakanya in ‘n verklaring gesê.

Hierdie afdeling van die Wet bepaal dat geen beampte of werknemer besoldigde werk buite die staatsdiens kan verrig sonder toestemming nie, tensy dit is in hul diensvoorwaardes aangedui word.

Die SDK het die minister in die Presidensie Collins Chabane van die uitslag van die ondersoek laat weet.

Manyi wou nie kommentaar lewer oor die saak nie en het vroeër gesê: “Ek het nie die Staatsdienskommissie se finale verslag gesien nie”.

Business Day het gister op die voorblad berig dat die Vryheidsfront Plus ‘n klag by die SDK in Maart 2011 gelê het. Die VF Plus het voorgestel dat Manyi vergeet het om die verdienste van sy posisie as ‘n Black Management Forum-direkteur te verklaar.

Volgens die koerant het die kommissie aanbeveel dat Chabane ‘n dissiplinêre verhoor moet hou oor Manyi se beweerde buitevergoeding.

лобановский александр

Oos-Kaap vra ‘politieke oplossing’ vir Malema

‘n “Politieke oplossing” moet gevind word vir die uitsetting van Julius Malema uit die ANC, het die Oos-Kaapse ANC-jeugliga Donderdag gesê

“Ons glo nie dat die ANC lede van die voorbereidende skool moet verdryf nie, maar eerder moet reageer met ‘n korrektiewe voorneme en nie deur uiterste strafmaatreëls nie,” het woordvoerder Nkosinathi Nomatiti in ‘n verklaring gesê.

Hy vergelyk die skorsing van die ANC-jeugliga leier Malema en die skorsing van twee ander liga-amptenare, met die verbod op die bevrydingsbeweging onder apartheid.

“Ons glo nie dat die ANC in enige stadium op enige ‘n wyse verskil van wat die onwettige apartheidsregering gedoen het toe hulle bevrydingsbewegings in Suid-Afrika in die verlede verbied het nie. Daarom hoop ons op ‘n politieke oplossing.”

Hy het gesê die besluit deur die ANC se dissiplinêre komitee is “politieke onverdraagsaamheid”, “uiterste intimidasie”, en ‘n poging om die “demokratiese ruimte” binne die beweging te beperk.

Nomatiti het bygevoeg dat die Oos-Kaap se ANC-jeugliga respek vir die ANC, sy strukture en besluite het en beskou besluite as bindend op ANC-lede.

Intussen het die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee gesê hulle sal oor die naweek ontmoet om Malema se skorsing te bespreek.

“[Die NUK] sal Sondag vergader om leiding van die leierskap te vra… oor die pad vorentoe,” het die liga woordvoerder Floyd Shivambu het gesê in ‘n verklaring Donderdag.

Shivambu sê die liga sal Maandag ‘n nuusinligtingsessie hou, en Malema sal ‘n onderhoud met die SABC se Metro FM in die aand hê.

“Lede van die media word aangeraai om hierdie benadering te respekteer.”

Shivambu het die ANC-jeugliga se dankbaarheid betuig teenoor almal wat boodskappe van ondersteuning gestuur het na aanleiding van gister se besluit deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee om Malema uit te stoot.

Hy die lede van die ANC en die liga wat Malema se huis in Seshego naby Polokwane in Limpopo “verdedig” het teen “moeilikheidmakers”, bedank.

Лобановский

Spraakvryheid, volksmoord en laster

Die Franse Konstitusionele Raad het individue se reg op vrye spraak bevestig en skerp kritiek uitgespreek teen die Franse parlement se wetsontwerp wat dit strafbaar maak om die Turkse volksmoord op Armeniërs tydens die Eerste Wêreldoorlog te ontken.

Kenners meen die Konstitusionele Raad se houding is nog ‘n bewys dat die VSA se toenemende pro-Moslemgesindheid deur die Franse regering uitgedra word.

Dié volksmoord het beslis plaasgevind en is volledig gedokumenteer. Die Turke het destyds sowat 1,5 miljoen Armeniërs vermoor.

Die VSA steun tans op Turkye om rebelle in Sirië te bewapen teen die bewind van Al-Assad.

In Turkye is dit strafbaar om na die gebeure as ‘n volksmoord te verwys, en in Duitsland is dit strafbaar om die Nazi’s se volksmoord op die Jode te ontken.

In Suider-Afrika weier die Britse regering al langer as ‘n honderd jaar om die volksmoord op Afrikanervroue en -kinders in die Boererepublieke te erken, asook die volksmoord op Keniane.

Intussen het die Sosialiste probeer om die anti-Semitismevlammetjie lewendig te hou en die opkomende regse party van Marine Le Pen vir die soveelste keer uitgesonder as die sondebokke.

Le Pen, leier van die regse Nasionale Front (FN) in Frankryk, beskuldig Sosialiste daarvan dat hulle anti-Semitiese jeugdiges as ‘n wapen teen haar presidensiële vooruitsigte ingespan het.

Le Pen, wat volgens peilings derde in die stembusse in die Mei-verkiesing sal eindig, het gesê sy veroordeel geweld teen twee joernaliste, maar het gesê daar was geen bewys dat die aanvallers van haar anti-immigrante party was nie. Sy sê hulle was sokkerondersteuners.

Die twee, Montebourg en Pulvar, wat verlede week met Le Pen oor haar beleid in ‘n ​​TV-onderhoud gesels het, het gesê sowat 15 jong mans het hulle omring en gedreunsing “Le Pen vir president”.

Hulle het geskree: “Frankryk vir die Franse” en “Juden, Juden, Juden” (wat beteken Jode in Duits) toe die egpaar by ‘n restaurant in die sjiek 16de distrik uitgekom het.

Montebourg, wat van gemengde Franse en Algerynse afkoms is, het gesê: “Dit wys dat daar ‘n klimaat binne mev. Le Pen se (Nasionale Front) party is waar rassistiese uitsprake… vrylik gemaak word.”

Marine Le Pen, het gesê Montebourg en Pulvar, wat van Frans-Karribiese oorsprong is, is op soek na verskonings om te gebruik om te “probeer om my (verkiesing) veldtog te ontluister”.

In ‘n verklaring, het Le Pen gesê sy sal ‘n lasterklag teen Montebourg indien, en sê hy “het absoluut geen bewyse vir sy beswaddering nie”.

Le Pen, wat die vrese van die groeiende Mosleminvloed in Frankryk begryp, het omstredenheid verlede week laat opvlam toe sy beweer het dat al die vleis wat in die omgewing van Parys te koop aangebied word, Islamitiese halaltradisies gehoorsaam, maar nie die meerderheid wit Franse inwoners in ag neem nie.

Volgens ‘n meningspeiling van Dinsdag deur IFOP sal Sosialis Hollande 28,5 persent van die stemme in die eerste ronde van die presidensiële verkiesing aan die einde van April inpalm, teen 27 persent vir president Nicolas Sarkozy.

Le Pen sal in die eerste ronde met 17 persent derde kom.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор