71-jarige vrou van Brits is doodgesteek

Die een-en-sewentigjarige mev. Lien Gronum is in haar huis op die plaas Geluk net buite Brits doodgesteek, blykbaar met ‘n broodmes en ‘n briewemes.

Haar man Willem het haar bebloede lyk in hul bloedbesmeerde huis gevind nadat hy werkers by ‘n nabygeleë winkel gaan aflaai het. Volgens hom was dit ‘n sinlose moord aangesien die moordenaars net sy rewolwer geneem het.

Toe hy sy vrou agtergelaat het, was sy besig om ‘n Soduko-probleem by die kombuistafel in te vul. ‘n huishulp en ‘n plaaswerker word sedert die moord vermis.

брюки для девочкиФільчаков Олександр Васильович

Sjina het selfvertroue

Sjina het skynbaar genoeg selfvertroue om die Weste te opponeer ter wille van Suidelike Afrika se bodemrykdomme.

Zimbabwe is net 'n strategiese afspringplek om totale beheer oor hierdie gebied te verkry. Die Swart Broederskap sal Sjina se kant kies tensy die Weste hulle kan omkoop. So n vendusie kan 'n kraak in die Swart Broederskap laat ontstaan sodat n Westerse/Afrika-aliansie te staan gaan kom teen 'n Sjinese/Afrika-alliansie.

Die Weste sal nie so maklik afsien van hierdie minerale skatkis nie en grootskaalse militêre konflik in die streek is 'n sterk moontlikheid. Dit kan elkeen van ons se lewens ingrypend beïnvloed om dit sagkens te stel.

купить липецк маски сварщикапрокурор Фильчаков

Sjinese wapens teen blanke Afrikaners

Net vyande of gekke kan die rassehaat teen blanke Afrikaners om ons uit ons land te verdryf of uit te wis, steeds ontken.

Behalwe sulke uitdruklike verklarings, word letterlik enigiets aanhoudend heeltemal buite verband uiters negatief deur die media, vyande, ens. gebruik met  'n stigmatiserende effek.

Waarom nie Sjinese (of enige denkbare) magte nie?

En op talle laakbare wyses, byvoorbeeld ook deur wetlik verpligte militêre diens saam of teen sulke magte – so eenvoudig. 

Die omvang, aard, felheid, dringendheid, konstantheid, ens. van die aanslag spreek natuurlik boekdele van ons gedugtheid en roemryke prestasies.    

Gelukkig dat die wiel draai.

купить трансформералобановский александр харьков

Zim, ANC wil blankes uitjaag

Wat nou gebeur oorkant ons grense in Zimbabwe,ons ANC regering en alles rondom die situasie lyk vir my na 'n wel vooruit beplande strategie om die val van die blanke teenwoordigheid hier te beëindig.

Die blaam moet darem nie op ons demokratiese gekose regering geplaas word nie.Hulle moet darem 'n positiewe beeld uitdra na die wereld wat nog veronderstel is om vry te wees.Die manier hoe die saak hanteer word is dit baie duidelik dat daar op 'n bloudruk gewerk word.Dit is nie per toeval hoe dinge gebeur nie.Zimbabwe sal hulle help om daardie doel te bereik en die soort van situasie wat daar geskep is is om die swarters te dwing om ons land te beset onder die dekmantel van dat daar iets verkeerd gegaan het in Zimbabwe met die stemmery.Wie agter hierdie dinge sit gebruik die masses om hulle taak uit te voer.Of hoe is my logika?Dit Sjinese broers sal miskien vir ons meer lig kan werp wat die rede van hul belangstelling in Afrika is en dit aan ons kan openbaar.Miskien is ek verregaande met my ontledings.

As iemand Mnr. Gorbachev kan kontak en vir hom vra wat hulle beoog dan sal ons weet wat aangaan want Mr.Mbeki konsulteer gereeld met hom.

игрушки купить киевлобановский александр фото

Orania is ons enigste hoop

"Enige poging tot suksesvolle Afrikanerpolitiek wat nie ons demografiese verspreiding aanspreek nie, sal onsuksesvol wees. Hoe lank voordat die onafwendbare sigbaar raak? As al daardie vermoorde Afrikaners vandag 'n keuse kon maak wetende wat kom, wat sou hulle kies? Wanneer jou vrou in die aangesig van haar kinders verkrag word, is die BMW, die nuwe sitkamerstel en al die geld in die wêreld dit werd?"

Ek het die afgelope Vrydagaand by my oom en sy gesin gaan aandete eet. So wie gee 'n hel om? Wel die kos gaan jou nie interesseer nie maar my opmerkings dalk wel want hy verteenwoordig die gemiddelde welgestelde Afrikanersakeman.

Hy het 'n pragtige huis, luukse bakkie en sy eie besigheid wat van niks af opgebou is, een waarop enige sakeman kan trots wees, maar is dit volhoubaar? Die antwoord is nee! Die huidige bestel is nie volhoubaar nie om 'n verskeidenheid van redes waarvan ek slegs een hier wil toelig, nl. lewensruimte.

Daar bestaan buite Orania geen Afrikanerlewensruimte nie, alhoewel sekere woonbuurtes en dalk 'n paar klein dorpies nog as Afrikaans beskryf kan word, is die vinnig veranderende demografie besig om hulle snel in te haal. Die demografiese werklikhede waarmee my oom dus sy opgang vanaf nederige begin in 'n Sunnysidewoonstel boontoe gemaak het sonder universiteitsopleiding of enige geldelike steun is dus nie vir sy kind beskore nie. Indien ek enige Afrikanersakeman moet vertel dat hy sy kinders en kleinkinders selfsugtiglik te na kom sal die argument sterk na vore tree dat hy hulle alles bied wat hy nooit gehad het nie, die beste universiteit en geld. Geld: die Afrikaner se grootste obsessie; nie eers sy liefde vir sy taal ewenaar dit nie. Enige volk wat 20% van sy mense so vinnig verloor aan ander lande moet sy bestaanskrisis raaksien. Die bestaanskrissis waarmee Afrikaners sit, is dat onerkende klassisme 'n baie groter rol in sy vernietiging speel as wat hy besef. Rassisme het darem voordele ingehou. Eerstens het dit sy etniese voortbestaan geregverdig en verseker a.g.v. sy eie demografiese verspreiding en tweedens die regverdiging van sy magsbehoud ter verkryging van goedkoop arbeid.

Lewensruimte – en daarmee impliseer ek direk om 'n etniese meerderheid in 'n gebied te wees – kan nie polities afgedwing word nie; bestaande Afrikaanse woonbuurtes word bedien deur ten minste drie keer soveel swart arbeiders as die Afrikaners wat daar woon en daarmee sluit ek besigheid en industrie uit. Selfs indien die uitsondering van 'n besigheid met slegs Afrikaanse werknemers bestaan, word die sekondêre dienste deur ander volke verrig. Afgesien van die Oraniabeweging het geen ander regse leiers of organisasie enige geloofwaardigheid wat die beroep op lewensruimte doen nie aangesien hulle nie self bereid is om sonder daardie goedkoop arbeid te lewe nie.

En soos Mnr. Vaughn dit so mooi opgesom het, is enige aanspraak op n afsonderlike… wel basies enigiets, 'n magsvergryp i.t.v. ons getalle.   

Die uiteinde van die saak is dat wanneer my oom se kinders hulle universiteitsopleiding voltooi het, hulle nog vir 'n paar jaar in hul gekose beroepsrigting ondervinding sal opdoen en heel moontlik trou. Maar as die kleinkinders hul opwagting maak, kom daar in sy kinders 'n langertermynuitkyk en die besluit word dan gemaak. Kanada/Nieu-Seeland/Australië/Engeland/Amerika en sy kleinkinders sal hom kultureel nie verstaan nie en hul kinders sal ons Engelse noem.

Die huidige emigrasietendens gaan onverpoos voortgaan totdat daardie selfgesentreerde verbruikerskultuur, die fokus van “ek” weer na 'n fokus van “ons” toe verskuif. Die emigrasie sal voortduur solank daar geen alternatief bestaan nie en uiteindelik daar onder 'n miljoen oorbly wat te arm of ongeletterd is om enige poging aan te wend daartoe. Enige politieke poging om 'n bestaande Afrikaanse buurt of dorp in 'n etniese gebied te omskep sal deur Afrikaners self verwerp word nog voordat enige ander volk protes kan aanteken. Die Afrikanerdrang na vryheid is nie oorskat nie maar sy absolute afhanklikheid van ander volke se arbeid is totaal onderskat (en dis die ware rede vir sy rassisme – afhanklikheid).
Die huidige suksesvolle Afrikanersakemanne het geen belang in Orania nie. Die rede is voor die hand liggend: dit sou n finansiële inkorting en 'n verlaging van hul lewenstandaard wees, of so dink hulle in elk geval.
Maar kom ons veronderstel vir een denkbeeldige oomblik dat die sprong van “ek” na “ons” wel plaasvind en n 100 000 Afrikanersakemanne ondersteun Orania en maak n bydrae van 'n R1000 per maand (wat vir baie kleingeld is). Dit kom neer op n astronomiese R100 miljoen per maand wat aangewend word vir infrastruktuur en ekonomiese ontwikkeling (ekonomiese aansporings moet geskep word; dit bestaan nêrens vanself nie). Binne vier jaar het die Afrikaner iets wat hy nog nooit gehad het nie, 'n groot welvarende gebied waarbinne hy 'n volstrekte meerderheid vorm. Afrikanersakemanne word deur Oranialugdiens na hul sakebelange in die res van die land en selfs oorsee gevlieg, party verkies om eerder hul gesinne daar te laat woon en vlieg tweeweekliks na hul werk in Johannesburg. Die Oraniametropolisie is klein maar hoogs opgelei en goed toegerus. My oom se kinders het nou n keuse!
Visie en voorbeeld moet politieke mandaat voorafgaan. Enige poging tot suksesvolle Afrikanerpolitiek wat nie ons demografiese verspreiding aanspreek nie, sal onsuksesvol wees. Hoe lank voordat die onafwendbare sigbaar raak? As al daardie vermoorde Afrikaners vandag 'n keuse kon maak wetende wat kom, wat sou hulle kies? Wanneer jou vrou in die aangesig van haar kinders verkrag word, is die BMW, die nuwe sitkamerstel en al die geld in die wêreld dit werd?

 

 

дизайн отдыха в банелобановский александр фото

McBride se 18 dossiere in inbraak gesteel

Robert McBride, Ekurhuleni metropolisiehoof, word tans ondersoek deur die polisie vir 18 misdrywe wat verband hou met die arrestasie van vermeende bobaastransitorower Marco Singh in Desember 2006.

McBride het, na wat beweer word, Singh gemartel, in sy luukse BMW X5 rondgery, polisieregisterinskrywings verander en met vuurwapens wat as bewysstukke kon dien, gepeuter.
Die SAPD ondersoek ook beweringe dat McBride wapens oor die Oshoekgrens in Swaziland ingesmokkel het.

McBride het al die aantygings teen hom ontken. Hy het gesê dat hy wel wapens gesmokkel het tydens die gewapende stryd, maar dat hy nie meer betrokke is by sulke aktiwiteite nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat die18 dossiere van die McBride-saak wel deel was van die hofrekords wat Sondagaand by die Johannesburgse Hooggeregshof in ‘n militêre styl rooftog gebuit is.

пневмоинструмент этоАлександр Фильчаков Васильевич

Bullard kruip terug

David Bullard, voormalige rubriekskrywer van die Sunday Times, het sy opregte en diepe spyt bely aan diegene wat gekrenk voel oor sy skrywes.
 
In vandag se Business Day sê Bullard dat die sukses van die rubriek sy kop laat swel het.

Bullard is verlede week afgedank deur redakteur Mondli Makhanya omdat swart lesers gedink het dat sy siening van prekoloniale Afrika rassisties is.

Hy sê nou dat hy die grense te veel getoets het en dat hy enorme respek voel vir die redakteur wat hom afgedank het.

Hy meen verder dat hy die vriendskap van soveel stille vriende verraai het, en dit was onvergeeflik, self vir ‘n ikonoklas soos hy.

earringsлобановский харьков класс

Wat dink u van die Sjinese wapens op pad na Zimbabwe?

Gee vir ons u mening oor die Sjinese wapens wat na Zimbabwe op pad is. Word blankes en Afrikaners daardeur bedreig? Het ons niks om oor bekommerd te wees nie? Stuur u mening aan briewe@praag.org en ons plaas dit so gou doenlik. Stem ook in ons peiling hieroor (regs op die bladsy).

детские пазлы для девочекАлександр Фильчаков прокурор