
Skrywer: Dan Roodt
Israel lag KSV af
Met ‘n stem van 174-6 het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in ‘n nie-bindende oproep versoek dat Tel Aviv aansluit by die KSV “sonder verdere vertraging,” in ‘n poging om ‘n kernvrye Midde-Ooste tot stand te bring.
Washington, Israel se sterkste bondgenoot, het niemand verras deur teen die resolusie te stem nie, maar het twee paragrawe waaroor afsonderlik gestem is, goedgekeur. Dié twee paragrawe behels ondersteuning vir die universele nakoming van die KSV en ‘n oproep vir alle nie-ondertekenaars om aan te sluit.
Die VN-liggaam het “al sy geloofwaardigheid in Israel verloor met hierdie tipe van roetine-stemmery met ‘n outomatiese meerderheid wat altyd vir Israel uitsonder,” het ‘n woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake Yigal Palmor aan die Jerusalem Post gesê.
Die Algemene Vergadering se oproep aan Israel kom enkele dae nadat ‘n groot meerderheid gestem het vir ‘n onafhanklike Palestynse staats en net enkele weke na die ‘n eskalasie van geweld tussen Gasa en Israel se besettingstroepe.
Israel is nie ‘n ondertekenaar van die 1970-Kernsperverdrag nie. Die doelwit van die Verdrag is om te verhoed dat kernwapens en wapentegnologie versprei word. Ten spyte van byna universele erkenning dat Tel Aviv ‘n aansienlike kernarsenaal onderhou, handhaaf Israeliese amptenare ‘n posisie waar hulle verklaar dat hul regering “nie die eerste land sal wees om wapens in te voer in die Midde-Ooste nie”.
Israel beskik oor 400 kernplofkoppe. Dit is ook een van die vier lande wat nie erken dat hulle ‘n kernwapenstaat is nie. Die ander is Indië, Noord-Korea en Pakistan.
Israel volg ‘n beleid wat bekend staan as “kernondeursigtigheid”. Die oproep vir deursigtigheid kom minder as twee weke na Washington se onttrekking uit Desember se kernkonferensie, wat gehou sou word in Finland en geborg is deur Rusland, die Verenigde Koninkryk en die VSA.
Die State Department se amptenare het gesê die internasionale poging is uitgestel as gevolg van ‘n “voorslepende, diep konseptuele verskil in die streek oor benaderings tot plaaslike veiligheid en wapenbeheer,” en omdat “state in die streek nie ‘n ooreenkoms kon bereik oor aanvaarbare voorwaardes vir die vergadering nie”, luidens die IPS.
Maar baie blameer Israel se weiering om die terme te aanvaar as die ware rede vir die uitstel.
Die vergadering sal na verwagting vroeg volgende jaar gehou word.
Daar is tans vyf kernwapen-vrye gebiede in die wêreld, volgens die VN: Latyns-Amerika en die Karibiese Eilande, die Suid-Stille Oseaan, Suid-Oos Asië, Sentraal-Asië, en Afrika.
Aansoek om ANC-Jeugliga te likwideer
‘n Aansoek om die ANC-jeugliga te laat likwideer, is Woensdag by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien, berig Beeld. Die jeugliga skuld glo sowat R12,8 miljoen aan die beslote korporasie Z2 Presentations wat deur Willem Adendorff bedryf word.
Dit sluit R7,6 miljoen in om die Bloemfonteinse kongres in 2008 te reël, waar Julius Malema as leier verkies is. Die res van die skuld is rente wat opgeloop het.
Marius van Rensburg, Z2 Presentations se regsverteenwoordiger, sê: “Dit is nog nie op die jeugliga beteken nie, maar die balju is gevra om dit dringend te doen.”
Die jeugliga se waarnemende leier, Ronald Lamola, was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê die party is nie bewus van enige likwidasie-aansoek nie.
Khoza sê dis hoogs onwaarskynlik dat die jeugliga gelikwideer sal kan word. “Hulle het geen bates nie en die ANC leen die kantoor wat hulle gebruik aan hulle.”
Die jeugliga is reeds op 1 Julie 2008 in die Bloemfonteinse hooggeregshof gedagvaar en ‘n verstekvonnis is teen die organisasie verkry.
AWB-lede aangekeer onderweg na De Doorns
Die sewe mans, onder wie Johann Spies, die AWB se Wes-Kaapse kommandoleier, is na verneem word na verskeie polisiekantore gebring, vergesel deur die Valke, het ‘n bron aan die koerant gesê. Die bron is waarskynlik deel van die “ondersoek” na die AWB.
Die AWB-lede is volgens die “bron” omstreeks 09:00 by ‘n padversperring op die N1 aangekeer. Daar was ‘n .308-geweer in die voertuig.
Volgens lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is 60 patrone vir die geweer in die voertuig gevind. Die mans, tussen 33 en 66 jaar oud, sal glo binnekort aangekla word en in ‘n plaaslike hof verskyn.
Op die AWB se Facebook-blad skryf Spies dat die AWB die boere 100% met hul private kommando’s en veiligheidsmaatskappye ondersteun.
“Ons sal nie toelaat dat die stakers voortgaan om ons dorpe en plase te plunder nie. As die polisie en weermag nie die werk kan doen nie, sal ons dit vir hulle doen.”
Mynopstande ‘apartheid se skuld’
“Die geweld wat ons vanjaar in die mynsektor gesien het, het sy wortel in die nalatenskap van apartheid en die onderliggende sosiale probleme wat steeds met ons bly,” het sy by die Gordon-sakeinstituut in Johannesburg gesê.
“Die vloek van werkloosheid beteken dat mynwerkers baie keer baie ander mense het wat ekonomies afhanklik is van hulle.”
Carroll het gesê die geskiedenis van die trekarbeidstelsel het familiebande vernietig en gemeenskappe ontwrig.
“Die vernietiging van menslike verhuoudings wat plaasgevind het onder apartheid… al hierdie faktore kan gesien word in die konflik en tragedie wat ons hierdie jaar ervaar het.”
Carroll het ook gesê daar is geen toekoms vir die land as wet en orde nie gehandhaaf word nie.
“Openbare order is die fondasie waarsonder ‘n samelewing ineenstort. Ons het vanjaar geweld en onrus in die mynwese en verskeie ander sektore gesien.”
Bronne in die binnekringe van die maatskappy sê Carroll is afgedank vanweë die onrus by die myne onder haar bestuur en het nie uit vrye wil bedank nie.
Orania, Xhosas teken samewerkingsooreenkoms
Die media word uitgenooi om die ondertekeningseremonie in Upper Mnyameni, sowat 13 km noord-wes van Keiskammahoek in die Oos-Kaap by te woon. Tydens die ondertekening sal die inhoud van die ooreenkoms bekend gemaak word en sal die leierskap van Orania en Mnyameni die praktiese uitvoering en implikasies van hierdie belangrike ooreenkoms verduidelik.
Die doel van samewerking tussen Orania en Mnyameni is om as ‘n alternatief tot die afhanklike posisie waarin die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe vandag verkeer, ‘n selfstandigheidsmodel te ontwikkel waardeur verskillende gemeenskappe saamwerk om mekaar se ekonomië te help bevorder. Orania en Mnyameni beplan om in die toekoms op verskillende terreine waaronder landbou, onderwys en toerisme saam te werk.
Genève: Mosie oor minderheidsdiskriminasie in SA
Die mosie is voorgestel en gemotiveer deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier.
Die mosie het ook aanbeveel dat ‘n versoek aan die VN se sekretaris-generaal gerig word om ‘n feite-sending na Suid-Afrika te stuur ten einde die organisasie eerstehands te vergewis van omstandighede soos onder andere plaasmoorde in Suid-Afrika.
Dr. Mulder is tydens die kongres verkies tot lid van die presidensie (Uitvoerende Komitee) van UNPO. Die presidensie bestaan uit nege lede. As president van UNPO is mnr. Ngawang Choephel van Tibet verkies. Die nuwe vise-president is mnr. Mohamoud Daar van Somaliland. (Kyk http://www.unpo.org/article/15211)
In die UNPO-mosie is onder andere verwys na regstellende aksie wat gebruik word om op rasse gronde teen wit, bruin en Indiër individue te diskrimineer by die werksplek, toelatingsvereistes by universiteite, toekenning van tenders en diskriminasie selfs op welsynsterrein.
Hierdie aangeleenthede is ook tydens ‘n ontmoeting deur dr. Mulder met mnr. Antti Korkeakivi, hoof van die VN se kantoor vir Inheemse en Minderheidsgroepe (Indigenous People and Minorities) bespreek.
Dr. Mulder is na Genève vergesel deur mnr. André Fourie, VF Plus-raadslid in Kaapstad en voorsitter van die party se Buitelandse Verhoudinge en Internasionaliseringskomitee.
Mnr. Fourie het die VN Menseregte Kommissie se Forum oor Minderheids-aangeleenthede bygewoon en die aanwesiges daar oor Suid-Afrika toegespreek.
“Dit was uiters bemoedigend om saam met ander groepe van oor die hele wêreld deel te kon wees van ‘n passievolle gespreksforum waar begrippe soos selfbeskikking, diversiteit, identiteit, etnisiteit, groeps-, gemeenskaps- en minderheidsregte in diepte bespreek word en nie as polities nie-korrek afgemaak word soos in Suid Afrika deur beide die regerende ANC en die DA gedoen word nie,” was mnr. André Fourie se opsomming van die vergaderings.
“Die Vryheidsfront Plus glo dat alle geleenthede om die posisie van minderhede in Suid Afrika internasionaal te bespreek, benut moet word,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier gesê.
De Doorns kalm
Die situasie op De Doorns in die Hexriviervallei in die Boland is kalm. Duisende seisoenale werkers in die vallei het vanoggend weer begin staak nadat onderhandelinge rondom werkers se eis vir ‘n minimumloon van R150 nog niks opgelewer het nie.
Vragmotors wat gestuur is om werkers in die informele nedersetting op te laai het leeg na die plase teruggekeer.
Die werkers sê hulle het vakbonde en die regering gevra om onderhandelinge tot vandag ‘n kans te gee. Die polisie is in en om De Doorns ontplooi.
Die SABC berig dat Cosatu wil hê plaaswerkers moet landswyd aan die staking deelneem.
Die meeste seisoenale plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag. Die hoogste aanbod wat boere sedertdien gemaak het, is R80.
Volgens berigte is die werkers ontevrede, omdat die minister van arbeid, Mildred Oliphant, gesê het dat hoër lone eers volgende jaar hersien sal word.
Raaisel van die vermiste eiland
Shaun Higgins beweer ‘n walvisjagskip het die eiland in 1876 per abuis op ‘n kaart aangebring.
Die “eiland”, wat veronderstel is om in die Koraalsee tussen Australië en Nieu-Kaledonië te wees, staan as Sable-eiland bekend en verskyn op Google Earth en Google Maps.
Die Times Atlas of the World identifiseer ook die eiland as Sable-eiland.
Wetenskaplikes wat die eiland op die presiese koördinate gaan soek het, kon dit egter nie opspoor nie.
Higgins beweer nou dat die skip in 1876 die oorsponklike fout begaan het.
“My navorsing wys dat die skip Velocity die eiland aangeteken het,” het Higgins aan ABC radio gesê.
“My vermoede is dat hulle eenvoudig ‘n fout gemaak het. Hulle het dalk ‘n laagliggende koraalrif gesien of hulle kon op die verkeerde plek wees. Daar is talle moontlikhede.”
“Mense het maar net oor ‘n tydperk van dekades aangehou om ook die ‘eiland’ aan te teken.”
Griekse premiersmoeder rol in die geld
Volgens twee Griekse kranten zou Margaret Papandreou zijn genoemd door twee hoge ambtenaren van de Griekse financiële opsporingsdienst in een onderzoek naar mogelijke belasting ontduiking en het witwassen van geld door bijna 2000 Griekse rekeninghouders bij een kantoor van HSBC in Geneve.
De beschuldiging heeft voor een enorme golf aan woede en verontwaardiging onder de Griekse politieke en financiële elite, meldde zakenkrant Financial Times. De familie Papandreou heeft de beschuldigingen ontkend.
Margaret Papandreou is de weduwe van Andreas Papandreou, de overleden socialistische premier. Zelf was Margaret het gezicht van een linkse feministische beweging.
Het schandaal rond Papandreou is het zoveelste na aanleiding van de ‘Lagarde-lijst’, een document met daarop 2000 namen die de toenmalige minister van Financiën Christine Lagarde in 2010 aan de Griekse regering overhandigde, maar waar geen actie op werd ondernomen.
De Griekse journalist Kostas Vaxevanis publiceerde de lijst in november in zijn blad Hot Doc. Hij werd hiervoor opgepakt vanwege het schenden van privacy regels, maar werd door een rechter al gauw onschuldig bevonden.
