Boer kritiek, voorman sterf in plaasaanval

Die polisie is op soek na die aanvallers van ‘n mielieboer en sy plaasvoorman van Bapsfontein aan die Johannesburgse Oos-Rand, het RSG berig.

Die voorman, wie se naam nie bekendgemaak is nie, is koelbloedig doodgeskiet. Die boer, Gert van Wyk, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Volgens ‘n vrou wat op die buurplaas woon, het die rowers na bewering voorgegee dat hulle mielies wou koop.

Dit is nie bekend hoeveel rowers betrokke was, en of enigiets gesteel is nie.

Александр Фильчаков Васильевич

Swartes van ABO vereer

Die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het ‘n vier meter hoë brons standbeeld op sy terrein bekendgestel om die meer as 12-duisend swartmense te huldig wat die boerekommando’s tydens die Anglo Boere-oorlog bygestaan het.

Die direkteur van die museum, Tokkie Pretorius, sê dit is deel van ‘n program om hulde te bring diegene wat by die oorlog betrokke was.

Hy sê die beeld is gegrond op ‘n werklike foto van die oorlog van ‘n man, sy perd en bandolier.

Данильченко

Petrolprys weer op

Die petrolprys gaan na verwagting met meer as 40 sent per liter in Februarie styg.

Ekonome sê daar word verwag dat diesel sowat 17 sent meer per liter sal kos en paraffien met 24 sent per liter gaan styg.

Die rand het die afgelope tyd teen die Amerikaanse dollar gedaal weens negatiewe opvattings oor Suid-Afrika, terwyl die prys van Brent ru-olie tot sowat 115 dollar per vat gestyg het.

Volgens RSG se Ekonomiese redaksie sal die styging die besteebare inkomste van verbruikers verder onder druk plaas.

Die verwagte brandstofprysverhoging sal na verwagting effens druk op die inflasiekoers plaas. Die Departement van Energie sal die nuwe brandstofprys Vrydag amptelik aankondig.

лобановский класс харьков

NUM het wapens uitgedeel aan lede

Ian Farlam se kommissie van ondersoek het vroeër gehoor dat die vakbond National Union of Mineworkers (NUM) wapens aan lede in Marikana, Noordwes, vir selfverdediging gegee het.

Saziso Gegeleza, lid van die vakbond en werknemer van Lonmin, het getuig oor wat op 11 Augustus gebeur het, toe stakende werkers probeer het om die vakbond se kantoor by die platinum-myn aan te val.

Karl Tip, wat die vakbond verteenwoordig, het hom gevra of NUM gewoonlik wapens by die kantoor aanhou. Gegeleza het “nee” geantwoord.

Gegeleza sê NUM se vakbondverteenwoordigers het die wapens by stakende mynwerkers gekonfiskeer.

Hy sê een van die vakbond se tak-sekretarisse, Daluvuyo Bongo, het die wapens uitgedeel omdat hy gehoor het ‘n groep stakers was op pad om die kantoor af te brand.

“‘n Knopkierie en ‘n spies is aan my oorhandig.”

Gegeleza het verduidelik hoe ‘n groot groep stakers die kantoor genader het. Hulle het klippe gegooi en geskree: “Hier is hierdie honde.”

“Hulle was so aggressief…” het hy getuig.

Gegeleza het bygevoeg dat die stakers stokke, kopkieries, pangas en spiese by hul gehad het.

“Ek was bang, maar ek wou my lewe beskerm, asook NUM se kantore.”

Hy het vertel hoe geweerskote skielik afgevuur is. Hy het nie geweet wie die sneller getrek het nie.

“Ons het hulle gejaag, waarna hulle na die hostel gehardloop het.”

Gegeleza sê hulle het die stakers agternagesit om te keer dat hulle nog ‘n aanval beplan.

Hy het getuig het hy eers op 2 Oktober – tydens die kommissie se inspeksie – uitgevind dat twee stakers daardie dag gesterf het.

Volgens hom het hy nooit die oorledenes gesien nie.

Hy het getuig voor die kommissie wat 44 sterftes by die myn in Augustus verlede jaar ondersoek.

Александр Фильчаков прокурор

Demokrasie, wat Obama nie kan bekostig nie

Die VSA se president kan tans een ding nie bekostig nie, en dit is demokrasie, die gonswoord wat die nuwe millenium ingelui het.

Saoedi-Arabië is die wêreld se laaste absolute monargie. Soos Louis XIV, is koning Abdoellah ‘n monarg in die ware sin van die woord. Maar terwyl ‘n rewolusie in Saoedi-Arabië nog steeds nie waarskynlik is nie, het die Arabiese Lente moontlik vir die eerste keer ‘n opstand moontlik gemaak, en dit kan president Obama se tweede termyn in ‘n krisis dompel.

Egipte kan maar nie tot bedaring kom nie, en die ontevredenheid met die uitkoms van die opstand wat tot die val van Hosni Moebarak gelei het, smeul net onder die oppervlak.

Revolusionêre verandering in die koninkryk sal ‘n ramp vir Amerikaanse belange beteken. Saoedi-Arabië is Amerika se oudste bondgenoot in die Midde-Ooste, ‘n vennootskap wat dateer uit 1945. Die Verenigde State het geen ernstige opsie vir die koms van ‘n rewolusie nie, want hulle is reeds te diep en onherroeplik verbind aan die lot van die koninkryk.

Obama se enigste kans om gebeure te beïnvloed, is om die beste moontlike intelligensie beskikbaar in te samel om ‘n dreigende krisis akkuraat te voorspel en om dan te probeer om enige vloedgolf te oorleef.

Die koninkryk van Saoedi-Arabië beskik dalk oor ‘n sekere oorlewingskrag. Twee vroeëre Saoedi-koninkryke is verslaan deur die Ottomaanse Ryk en uitgeroei. Hulle het opgestaan.

Die land het ‘n golf van revolusies teen Arabiese monargieë oorleef in die 1950’s en 1960’s, asook ‘n staatsgreeppoging in 1979 om beslag te lê op die Groot Moskee in Mekka.

Osama bin Laden en Al-Kaida het ‘n vier-jaar-opstand gevoer om die Saudi’s omver te werp en misluk, minder as ‘n dekade gelede. Die kaders is steeds in die koninkryk en in die buurland Jemen.

Dieselfde demografiese uitdagings wat rewolusie in Egipte en Jemen ingedra het, naamlik ‘n baie jong bevolking en baie hoë werkloosheid, geld in Saoedi-Arabië. Die plofbare potensiaal is daar.

In erkenning van hulle kwesbaarheid, het die Saoedi-koningshuis meer as $130 miljard sedert die Arabiese Lente spandeer om verdeeldheid te besweer en allerlei kosmetiese hervormings ingebring soos ‘n magtelose raadgewende raad vir vroue.

Terwyl hulle opstande in Bahrein en Jemen onderdruk, het hulle Jordanië en Marokko genooi om by die koningsklub aan te sluit. Maar hulle steun terselftertyd rewolusies in Libië en Sirië, saam met hul Anglo-Amerikaanse vriende. Dit kan tot feller teenstand lei.

Vreedsame en gewelddadige optogte teister reeds die olie-ryke Oostelike Provinsie vir al meer as ‘n jaar. Dit is Sjia-protes en dus atipies van die res van die koninkryk. Sjia-andersdenkendes in Aramco, die Saoedi-olie-maatskappy, het ook kuberaanvalle gebruik om rekenaarstelsels aan te val, en meer as 30.000 werkstasies in Augustus gekraak. Hulle het moontlik hulp ontvang van Iran.

Veel meer ontstellend is die protes in Soennie-dele van die koninkryk. Sodra dit momentum kry en sneeubal, is die groot stede van die Hejaz, met inbegrip van Jeddah, Mekka, Taif, en Medina binne bereik. Die Saoedi-opposisie het ‘n lewendige inligtingstegnologiekomponent wat vinnige kommunikasie van die verdeeldheid binne die koninkryk na die buitewêreld kan stuur.

Die kritieke mag waarop die konings reken is die National Guard. Hulle is in die Verenigde State opgelei en toegerus met miljarde in helikopters en gepantserde voertuie.

Maar sal die Guard op broers en susters in die straat skiet?

Die opvolgkwessie voeg nog ‘n laag van komplikasies by. As die koning sterf sal onrus ‘n werklikheid word en die koninkryk selfs meer kwesbaar vir rewolusie. Net soos Mandela het hy ook nie meer lank oor nie. Die kroonprins ook nie, weens siekte.

Terwyl die VSA kan leef sonder Saoedi-olie, kan China, Indië, Japan, en Europa nie. Onrus sal ‘n groot impak op die globale ekonomie hê. Daarbenewens, is die CIA se oorlog teen al-Kaida baie afhanklik van die koninkryk. Die Amerikaanse militêre opleidingmissie daar, gestig in 1953, is die grootste van sy soort in die wêreld, ‘n teenwoordigheid wat Iran vir vier dekades al in toom hou.

Bahrain, Qatar, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate is nie in staat om hulself te verdedig teen ‘n revolusionêre regime nie. Jordanië sal waarskynlik wankel en slegs Oman is geïsoleer en sterk genoeg om staande te bly.

Amerika sal stilletjies moet begin beplan vir die ergste. ‘n Verrassing soos Iran in 1978 kan Obama tref voor sy termyn om is, en dit gaan ‘n demokratiese verrassing wees.

Александр Фильчаков Васильевич

Waar gaan die plastieksaktaks heen?

Tien jaar nadat die regering begin het met die regulering van die gebruik van plastieksakke, is daar geen sekerheid oor waar die miljoene rande vir sakke heen verdwyn het nie.

In ‘n poging om die aantal van plastieksakke wat die land besoedel te verminder, het die regering ‘n 3c heffing op herwinbare sakke in 2003 ingestel.

Verbruikers moes sedertdien sakke koop by supermarkkasregisters of hul eie gebruik.

Die regering het destyds gesê dat die Tesourie geld sal insamel van plastieksakvervaardigers en dit aan die skepping van “groen” werksgeleenthede en die bou van afvalverwerkingsaanlegte sal beskikbaar stel.

Die hantering van die fondse wat ingesamel is, is uitgekontrakteer aan ‘n artikel 21-maatskappy genaamd Buyisa-e-Bags, maar die Departement van Omgewingsake het ‘n jaar gelede te midde van bewerings van korrupsie en die misbruik van openbare fondse, die taak oorgeneem.

Die plastieksak heffing is sedertdien na 4c verhoog.

Albi Modise van die departement het gesê in 2009-2010 het Buyisa sowat R174 miljoen in heffings ingesamel.

Dit het 15 plastieksakterugkoopsentrums en 25 bestaande fasiliteite ondersteun.

Maar dit is nie moontlik om te sê hoeveel van die 1900 tot 3800 nuwe werksgeleenthede wat voorspel is, gestalte gekry het nie of hoeveel sakke herwin is nie, het hy gesê.

“Tans is daar geen verpligting op die herwinningindustrie om die getalle van sakke wat herwin word te gee nie. Dit sal reggestel word met die implementering van die Afvalwet en sy regulasies oor afval-inligting,” het Modise gesê.

Annabé Pretorius, van die SA Plastics Recycling Organisasie, het gesê die regering sê nie vir die bedryf waarvoor die heffing gebruik word nie: “In sy boeke is dit is ‘n omgewingsheffing en kan gebruik word as fiskale inkomste.”

Фільчаков Олександр Васильович

Muldersdrift: Nóg ‘n moord

Die polisie soek na verdagtes nadat nog ‘n moord in die Muldersdrift-omgewing plaasgevind het.

‘n 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis deur onbekende persone doodgeskiet toe hy na ‘n buurman wou stap om vas te stel waarom dié se honde aanhoudend blaf.

Geweldsmisdaad in die Muldersdrift-gebied het die afgeloop tyd skerp toegeneem.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder is die motief vir die jongste aanval nie bekend nie, aangesien niks gesteel is nie.

André Becker (29) is Donderdagaand in die Fourways-hospitaal dood nadat hy in dieselfde omgewing twee keer in die bors geskiet is voor sy dogter, seun en swanger vrou.

“Baby, ek gaan dood,” het hy aan Lizette, sy vrou en ma van hul kinders, Aiden (4) en Hayley (2), gesê.

Lizette, wat vier maande swanger is met die egpaar se derde kind, moes later verneem dat een van die twee borsskote regdeur haar man se hart is.

Олександр Фільчаков прокурор

Franse herower Timboektoe

Franse magte het Timboektoe Maandag omsingel en beheer oor die lughawe geneem.

Dié verwikkeling is die jongste deurbraak in die stryd teen Islamitiese rebelle wat uit sleutelvestings in die noorde verdryf word.

Franse valskermsoldate het Islamiete wat probeer vlug het, verhoed, terwyl troepe onder Franse beheer die lughawe ingeneem het.

Timboektoe was ‘n belangrike vesting vir die ekstremiste wat die noorde van die land die afgelope 10 maande beheer.

“Ons beheer die lughawe in Timboektoe,” het ‘n senior beampte van Mali se weermag aan AFP gesê.

“Ons het geen teenstand ervaar nie.”

Kol. Thierry Burkhard, woordvoerder van die Franse weermag, het aan AFP gesê die troepe het in minder as 48 uur beheer geneem oor die gebied langs die kromming van die Niger-rivier, wat tussen Timboektoe en Gao vloei.

Die ekstremiste, wat beheer oor die dorp geneem en vroue gedwing het om hoofbedekkings te dra, het dié wat nie sjariawette wou nakom nie, aangerand en selfs gestenig.

“Ons sal Timboektoe binnekort bevry,” het Laurent Fabius, Frankryk se minister van buitelandse sake, aan die France 2-televisiekanaal gesê.

“Mali word stukkie vir stukkie bevry.”

Фільчаков Олександр Васильович

Kaapse tiener in koma geslaan

‘n Kaapse tiener is in ‘n koma nadat hy en sy vriende aangeval is toe hulle op pad was na ‘n nagklub, is Maandag berig.

Jean Lambrechts (19) was Saterdagaand op pad na Stones in Edwardstraat, Bellville, toe hy en sy vriende deur ‘n groep van sowat 10 mans genader is, het die Cape Times berig.

Sy vriend, Juan Strydom (20), het gesê die onbekende mans het hulle geslaan, terwyl sekuriteitswagte by ‘n nabygeleë nagklub toegekyk het.

Henrieta Sauer, Lamprechts se ma, het gesê daar is aan haar gesê haar seun is op sy kakebeen geslaan, waarna hy op die sypaadjie geval en teen sy kop geskop is.

Lambrechts sou Maandag met ‘n IT-kursus begin.

André Traut, polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek.

Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

In November 2011 het Corné Hale, ‘n matriekleerder, in dieselfde straat gesterf nadat hy in ‘n geveg betrokke was.

Данильченко

Rykste vrou in Afrika

Isabel dos Santos, die oudste dogter van die Angolese president, Jose Eduardo Dos Santos, is Afrika se eerste vroue-miljardêr, het Forbes-tydskrif berig.

Die 40-jarige het haar eerste sakeonderneming in 1997 in die hoofstad Luanda begin – ‘n restaurant genaamd Miami Beach. Sy is nou op die rade van verskeie maatskappye in Angola en Portugal.

Sy het ‘n aandeel van 28% in ZON, Portugal se grootse TV-maatskappy.

Dos Santos besit ook 19,5% van Banco BPI, een van Portugal se grootste banke, berig Forbes.

Sy het verskeie maatskappye in Angola, insluitend ‘n aandeel van 25% in een van die land se twee telekommunikasiemaatskappye.

“Daardie aandeel alleen is minstens $1 miljard (R9 miljard) werd, volgens verskeie telekommunikasie-ontleders,” het Forbes gesê.

Angola se 27 jaar lange burgeroorlog het in 2002 geëindig en sedertdien het die land een van Afrika se petroleumuitvoerlande geword.

Данильченко