EU stel nog sanksies teen Iran, Sirie in

Die Europese Unie se ministers van buitelandse sake het ingestem om sanksies teen Iran te verskerp, het Guido Westerwelle, Duitsland se minister van buitelandse sake, Maandag gesê.

Swede is ongelukkig nadat Israel gesê het die land sal nie sanksies teen Iran instel nie. Swede het Israel se ambassadeur Maandag ingeroep om te verduidelik waarom ‘n Israelse amptenaar gesê het Swede wil eerder ‘n saketransaksie beskerm.

Die Israeliese dagblad Haaretz het berig dat Swede sal probeer om die EU om te verhoed om verdere sanksies teen Teheran in te stel om ‘n ooreenkoms tussen Ericsson en selfoon-operateur Irancell te beskerm.

“Die Swede vrees dat ander lande met problematiese menseregterekords soos China sal hoor oor die kansellasie en sal bekommerd raak oor hul bande met Ericsson,” het die koerant ‘n naamlose amptenaar aangehaal.

Die Sweedse minister van buitelandse sake, Carl Bildt het die berig “moddergooiery” genoem in ‘n onderhoud met die nuusagentskap TT by Maandag se vergadering van die EU se ministers van buitelandse sake in Luxemburg. “Dit is anonieme laster,” het Bildt aan joernaliste in Luxemburg gesê.

“Dit is nie hoe ek dink volwasse lande moet in wisselwerking met mekaar tree nie en ek sal redelik skerp reageer teen Israel,” het hy gesê.

‘n Nuwe pakket van sanksies wat deur die EU se ministers van buitelandse sake ooreengekom is, sal na verwagting handel met Iran se banke, sowel as handels-en gas invoere teiken, het diplomatieke bronne gesê.

“Ons moet die beleid oor Iran in algemene terme verskerp. Dit is nie net sanksies nie. Ons sal alles bespreek.”

Die EU het ook nuwe sanksies teen president Bashar Assad se regime ingestel.

Die EU het besluit om die bates van 28 Siriese burgers en twee maatskappye te vries, asook om ‘n reisverbod teen hulle in te stel.

Altesaam 181 mense en 54 maatskappye is nou al deur die EU op ‘n swartlys geplaas sedert die konflik in Maart verlede jaar begin het.

Die sanksies teiken mense wat verbind word aan geweld teen die rebelle en wat help om toerusting te verskaf om die rebelle te onderdruk.

Meer as 33 000 mense is al tydens die opstand in Sirië dood.

Фільчаков Олександр Васильович

Man verdrink toe fratsgolf hom tref

‘n Man van Pretoria het Saterdag ten aanskoue van sy vrou verdrink nadat ‘n fratsgolf hom op ‘n strand in Amanzimtoti getref en die see ingetrek het.

Die man en sy vrou was op die Pipeline-strand aan die Suidkus.

Volgens kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het wyle Johannes le Roux (63) en vrou, Magdaline (57) Saterdag op die strand gesit toe die fratsgolf hulle getref het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare- 911 het gesê die man het glo aan sy vrou gesê “kruip net uit” voordat ‘n tweede golf hulle getref het.

Magdaline kon na veiligheid kruip maar Johannes het inmekaargesak.

“Lewensredders het die man uit die see gehaal maar hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag,” het Botha gesê.

Данильченко Юрий прокурор

Mans rand skoolseuns aan

Drie 14-jarige seuns is onlangs van die Moot in Pretoria deur twee onbekende mans in die Rietfontein-omgewing erg met gholfstokke aangerand.

Volgens Edward Webb, een van die tieners se pa, het die twee mans blykbaar uit hul motor in Naudéstraat gespring nadat hulle en een van die tieners ‘n woordewisseling gehad het.

Volgens Webb se seun, wat verkies om anoniem te bly, het hulle in die straat gestap waarop die mans verby hulle gery het en op hulle gegil het.

“Die bestuurder het glo stilgehou, uit die motor gespring en die seuns agternagesit. Die seuns het weggehardloop, maar die mans het hulle bly volg,” het Webb gesê.

Die mans het die drie tieners blykbaar vasgetrek en hulle met gholfstokke aangerand. Volgens Webb is al drie seuns nog erg getraumatiseerd en was vir ‘n paar dae te vreesbevange om terug skool toe te gaan.

“My kind het my dadelik gebel en vir my gesê dat hulle aangerand is. Toe ek uiteindelik by hulle kom, het ek net bloed van hul gesigte sien afstroom. Ek het myself boeglam geskrik.”

Volgens die seuns was ‘n onbekende bejaarde man ‘n ooggetuie en hy behoort meer inligting aan die polisie te kan verskaf rakende die mans.

“Ons hoop die man sal na vore kom met die inligting sodat geregtigheid kan geskied.”

Фильчаков прокурор отзывы

Fietsryers deur bye getakel

Die laaste van die nege fietsryers wat gister deur ‘n swerm bye aangeval is tydens die eerste been van die Bridge Cape Pioneer Fietswedren van Mosselbaai na Calitzdorp, is gisteraand uit die hospitaal ontslaan.

Die fietryers is per helikopter na ‘n hospitaal in Oudsthoorn in die Klein Karoo geneem.

Nog ‘n fietsryers is ook na die hospitaal vervoer, weens ‘n ongeluk tydens die wedren.

‘n Woordvoerder van Bridge, Zelna Oberholster, sê geen ander voorvalle is aangemeld nie. Die bye het op die fietsryers toegesak toe hulle vermoedelik ‘n byekorf op ‘n veldroete versteur het.

Данильченко Юрий Харьков

Krugerwildtuin-restaurante se personeel staak

Die personeel wat verantwoordelik is vir die bestuur van restaurante in die Krugerwildtuin, het begin staak, het ‘n woordvoerder gesê.

“Al die kampe word daardeur geraak, behalwe Mopani en Punda Maria… in die noorde van die park,” het William Mabasa in ‘n verklaring gesê.

Die personeellede behoort aan Compass Group.

“… Ons is verseker dat gebeurlikheidsplanne in plek is en tydelike personeellede word tans aangestel om by te staan…”

Hul eise is nog onduidelik en die woordvoerder kon nie onmiddellik bereik word om uit te brei nie.

данильченко юрій броніславович компромат

Muldersdrif-moorde: Saak uitgestel

Die saak teen twee mans wat van die moord op ‘n man van Muldersdrif verdink word, is in die Krugersdorp-landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.

Micky Thesner, aanklaer, het aan die hof gesê ‘n derde beskuldigde, Maniri Lubisi, is nog in die hospitaal.

“Die hospitaal het nog nie aangedui wanneer hy ontslaan sal word nie,” het sy gesê.

Die saak is tot 5 November uitgestel.

Alfred Zwane en Samson Madlaza, die twee beskuldigdes wat in die hof verskyn het, het in ‘n leë hof voor die landdros verskyn. Die landdros het beslis dat die mans in aanhouding sal bly.

Hulle is na bewering deel van ‘n groep wat André Jordaan by sy huis beroof en geskiet het.

Die polisie sê Jordaan (50) was saam met ander mense toe ‘n blaffende hond hul aandag op ‘n groep mans wat vuurwapens gedra het, gerig het.

Daarna het die rowers die huis binnegegaan en die man talle kere geskiet. Hy het in ‘n hospitaal gesterf.

Die polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen dié rooftog en die aanval op Alyssa Botha (13) en haar gesin.

Dié slagoffer, haar 17-jarige suster en hul pa is in September aangeval toe hulle na hul huis teruggekeer het.

Die mans het die gesin gedwing om uit hul motor te klim, waarna die rowers hul selfone gevat voordat hulle die gesin geskiet het.

Die pa en sy twee dogters is na ‘n hospitaal gehaas, waar die jongste tiener met haar aankoms gesterf het.

Фильчаков Александр Васильевич

Kontrak vir Amerikaanse bewaking was aan leek toegeken

Net vyf ongewapende, plaaslike Libiërs was aan diens by die Amerikaanse kompleks in Benghazi waar die Amerikaanse ambassadeur Chris Stevens vermoor is, is onthul. Hulle het agt-uur-skofte gewerk vir ‘n Britse kontrakhouer wat onder die State Department se wêreldwye sekuriteitskontrakstelsel aangestel is.

Blue Mountain het ‘n kontrak ter waarde van $387,000 vir een jaar van die US State Department bekom, met net een Britse werknemer – ‘n bekende in lyfwagkringe – om toesig te hou oor die kompleks en die ambassadeur se besoek.

Die plaaslike Libiërs is egter oorrompel deur ‘n bende Islamitiese ekstremiste op die oggend van 12 September in ‘n klaarblyklike beplande aanval wat gelei het tot die dood deur verstikking van Stevens.

Blue Mountain, wat bestuur word deur ‘n voormalige lid van die SAS, het verlede jaar die kontrak bekom om na die veiligheid van Amerikaanse hooggeplaastes in Libië om te sien. Voorheen het die oud-lid korttermyn kontakte gehad om behuising en ‘n vyfster-hotel in Tripoli te bewaak, en het die gesogte Amerikaanse kontrak bekom sonder die nodige ervaring.

Ander maatskappye in die sekuriteitsindustrie het hulle verbasing uitgespreek dat Blue Mountain gekies is vir ‘n groot, hoë profiel-kontrak van die Amerikaanse regering. Een kenner het gesê die vlak van diens wat Blue Mountain bied is nie voldoende om die risiko’s wat in ‘n wettelose stad heers, te beheer nie.

“Ons het die konsulaat in Benghazi ‘n paar keer besoek en het ‘n uitstekende verhouding met die Amerikaners. Ons beoordeling was dat die ongewapende Libiese wagte van ‘n uiters swak kaliber was,” sê een bron. “Die Libiese Ministerie van Binnelandse Sake is oor die algemeen nie tevrede met Blue Mountain nie en het hulle geswartlys.”

Die New York Times het verlede week berig dat groot sekuriteitsmaatskappye met ‘n bewese rekord van bewaking van Amerikaners elders vir die werk in Libië aansoek gedoen het, maar dat hulle afgekeur is.

Darryl Davies, die bestuurder van die die Benghazi-kontrak vir Blue Mountain, was glo reeds nie op goeie voet met sy Libiese werknemers nie.

Abdul Aziz Majbiri, ‘n Blue Mountain-wag by die kompleks, het aan die Daily Telegraph gesê: “Ons was in uniform, en ongewapen, behalwe vir taser-gewere en boeie.”

Amerikaanse diplomate glo dat twee ontevrede werknemers van Blue Mountain reeds vroeër ‘n klein pypbomaanval teen hulle geloods het. Geen aksie is egter geneem deur die polisie of maatskappy oor die voorval nie.

Nigel Thomas, die direkteur van Blue Mountain, het geweier om enige vrae te beantwoord.

Фильчаков

Vlaamse nasionaliste behaal groot oorwinning in Antwerpen

De Vlaams-nationalistische partij NV-A van Bart De Wever heeft zondag flinke winst behaald in de gemeente- en provincieraadsverkiezingen. In Antwerpen ging De Wever zelf met 38 procent aan de leiding, vergeleken met 28 procent voor de zittende burgemeester Patrick Janssens.

Janssens heeft rond 18.30 uur zijn verlies toegegeven. Hij deed dit tijdens een live uitgezonden persconferentie.

Janssens feliciteerde de winnaars, met name de Vlaams-nationalistische partij N-VA. ‘Het is nu aan Bart De Wever om het initiatief te nemen.’ Hij zei te hopen dat De Wever het belang van de stad voorop zou zetten. ‘We wachten af en kijken wat hij in petto heeft. Er rust een zware verantwoordelijkheid op zijn schouders.’

‘We gaan proberen onze kiezers de komende jaren niet in de steek te laten, maar het zal een moeilijke tijd voor ons zijn. Daar moeten we niet flauw over doen’, aldus Janssens.

Janssens zei naar eigen zeggen niet verwacht te hebben, zo fors te verliezen. ‘We zijn ruitelijk genoeg om te erkennen dat De Wever een fantastische overwinning heeft behaald.’ ‘Er was iemand beter’, antwoordde Janssens op de vraag wat er verkeerd was gegaan.

In de verkiezingen konden zondag zo’n 7,8 miljoen Belgen hun stem uitbrengen. De verkiezingen werden beschouwd als een graadmeter voor de mate waarin Vlaanderen autonomie zal proberen te bewerkstelligen.

De Wever zelf heeft er geen geheim van gemaakt dat hij de landelijke uitstraling van de verkiezingen belangrijk vindt. Hij heeft kritiek op de Belgische premier Elio Di Rupo, een Waalse socialist, wiens beleid de Vlaamse belastingbetaler te veel geld zou kosten.

Zes jaar geleden was de NV-A bij de gemeentelijke verkiezingen een partij in opkomst, maar bij de landelijke verkiezingen in 2010 was zij al uitgegroeid tot de grootste in Vlaanderen. De opstelling van De Wever in de formatiebesprekingen was de voornaamste reden dat België 541 dagen zonder regering zat, omdat hij vergaande concessies verlangde voor Vlaamse autonomie.

De winst van de NV-A ging zondag vooral ten koste van het Vlaams Belang. ‘Wij zagen onze kiezers naar de NV-A vluchten’, zei VB-parlementariër Gerolf Annemans.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Plaasmoorde heeltemal onderskat

‘n Onderonsie tussen Frans Cronjé, adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) en James Myburgh van www.politics­web.co.za het aan die lig gebring dat die TLU SA sowel as die SAIRV die werklike getal aanvalle op boere onderskat.

Myburgh meen die syfer vir plaasaanvalle moet sowat sewe keer meer wees as wat TLU SA voorsien. Cronjë het in antwoord op die kritiek gesê wit boere is 13 meer blootgestel aan plaasaanvalle as stads- of plotbewoners.

Die SAIRV het vroeër beweer hul studies toon dat boere nie kwesbaarder as die algemene bevolking is wat gewapende aanvalle betref nie.

Bennie van Zyl, uitvoerende hoof van TLU SA, het in reaksie daarop aan Beeld gesê syfers kan op enige manier voorgestel word, maar “al is net een boer vermoor, is dit een te veel”.

Die werklike aantal plaasmoorde is glo nie beskikbaar om die presiese omvang van die probleem van plaasmoorde en -aanvalle te bepaal nie.

Geskatte syfers is deur tendense, mediaberigte en aangemelde voorvalle saamgestel.

Die oorsprong van die probleem is glo dat die polisie sedert 2007 nie meer statistiek oor plaasaanvalle en -moorde byhou nie.

“Omdat die polisie nie self die statistieke op datum hou en publiseer nie, word die deur oopgelaat vir skattings,” het Cronjé gesê.

Volgens Cronjé is plaasaanvalle “moeilik definieerbaar” omdat dit gewone gewapende rooftogte en plaasmoorde insluit. Daar kan ook onderskei word tussen aanvalle op die plaasboer, sy familie en sy werknemers. Hy het die regstelling verwelkom en gesê die oplossing is dat plaasaanvalle verbind word met die hoë misdaadsyfer in Suid-Afrika.

Hy het bygevoeg dat die verskriklike getal aanvalle ‘n unieke geleentheid is om ander misdaad ook te berde te bring.

Volgens Cronjé het hulle hul navorsing op die TLU SA se syfers gegrond omdat daar nie ander syfers beskikbaar was nie, maar die TLU SA erken self hul statistieke is nie 100% akkuraat nie,

Myburgh het polisiedata tot 2007 geneem, en dit met TLU SA sowel as met KwaNalu, die KwaZulu Natalse landbou-unie, se syfers vergelyk, waar plaasaanvalle meer akkuraat aangemeld word.

 

Александр Фильчаков

Oorsaak van huurbootongeluk steeds onbekend

‘n Man wat in ‘n bootongeluk vermis geraak het, se lyk is Sondagoggend gevind, het die Stad Kaapstad gesê.

John Roberts, ‘n bemanningslid, se lyk is Sondag om 11:00 sowat 21 m onder die oppervlak gevind, het die stad in ‘n verklaring gesê.

Die huurboot – The Miroshga – het Saterdag om 15:00 naby Duiker-eiland omgekeer.

Brad Geyser van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vroeër gesê altesaam 34 mense is gered. Een van die mans het Saterdag in die ongeluk omgekom. Dit blyk dat dié oorledene van die Verenigde Koninkryk afkomstig was.

“Die NSRI is bewus van Suid-Afrikaners, burgers van die Verenigde Koninkryk en Franse burgers wat aan boord was…” het hy vroeër gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

‘n Ondersoek is geloods na die oorsaak van die huurbootongeluk terwyl reddingspanne steeds sukkel om mense te red wat in die romp van die boot vasgekeer is.

Craig Lambinon, ‘n woordvoerder vir die NSRI, sê een mens is reeds bevry en hospitaal toe geneem. Nog een is glo vasgekeer.

Daar was sowat 41 mense op die boot Maroskha toe dit Saterdag naby Duiker-eiland omgeslaan het.

 

Фильчаков