Die personeel wat verantwoordelik is vir die bestuur van restaurante in die Krugerwildtuin, het begin staak, het ‘n woordvoerder gesê.
“Al die kampe word daardeur geraak, behalwe Mopani en Punda Maria… in die noorde van die park,” het William Mabasa in ‘n verklaring gesê.
Die personeellede behoort aan Compass Group.
“… Ons is verseker dat gebeurlikheidsplanne in plek is en tydelike personeellede word tans aangestel om by te staan…”
Hul eise is nog onduidelik en die woordvoerder kon nie onmiddellik bereik word om uit te brei nie.
