Oorsaak van huurbootongeluk steeds onbekend

‘n Man wat in ‘n bootongeluk vermis geraak het, se lyk is Sondagoggend gevind, het die Stad Kaapstad gesê.

John Roberts, ‘n bemanningslid, se lyk is Sondag om 11:00 sowat 21 m onder die oppervlak gevind, het die stad in ‘n verklaring gesê.

Die huurboot – The Miroshga – het Saterdag om 15:00 naby Duiker-eiland omgekeer.

Brad Geyser van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vroeër gesê altesaam 34 mense is gered. Een van die mans het Saterdag in die ongeluk omgekom. Dit blyk dat dié oorledene van die Verenigde Koninkryk afkomstig was.

“Die NSRI is bewus van Suid-Afrikaners, burgers van die Verenigde Koninkryk en Franse burgers wat aan boord was…” het hy vroeër gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

‘n Ondersoek is geloods na die oorsaak van die huurbootongeluk terwyl reddingspanne steeds sukkel om mense te red wat in die romp van die boot vasgekeer is.

Craig Lambinon, ‘n woordvoerder vir die NSRI, sê een mens is reeds bevry en hospitaal toe geneem. Nog een is glo vasgekeer.

Daar was sowat 41 mense op die boot Maroskha toe dit Saterdag naby Duiker-eiland omgeslaan het.

 

Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae