Jaap Kelder lê beslag op munisipale bussie

Mnr. Jaap Kelder, die bekende munisipale aktivis en Afrikanerleier, het so pas beslag gelê op ‘n voertuig wat aan die Ekurhuleni-munisipaliteit behoort. ‘n Mercedes-Vito-bussie met die registrasienommer SFX904GP sal nou opgeveil word om die R16 425 wat die munisipaliteit mnr. Kelder skuld, te delg.

Die skuld het oorspronklik ontstaan omdat Ekurhuleni mnr. Kelder se elektrisiteit by sy sakeperseel in Edenvale “onwettig afgesny het”. Hierna het mnr. Kelder die munisipaliteit vir skadevergoeding gedagvaar.

Selfs nadat die hofbevel teen Ekurhuleni verkry is, het hulle nie die R16 425 betaal nie. In ‘n epos vra mnr. Jaap Kelder: “Sou dit werkilk moontlik wees dat die tweede grootste munisipale metro in die land  se finansies so beroerd is dat hulle bates verkoop moet word om skulde te betaal en dít dan agv. die feit dat hulle my fabriek se krag onwettig afgesny het of sou dit wees dat hulle administrasie so swak is dat hulle duisende rande aan regskoste onnodig verspil?”

Mnr. Kelder is ook voorsitter van die nasionale belastingbetalersunie wat reeds meer as 40 hofsake teen munisipaliteite landwyd gevoer het ten einde belastingbetalers se regte af te dwing en korrupsie en wanbestuur hok te slaan. PRAAG en die NBU het verlede jaar in September ‘n groot Afrikanervergadering in Centurion gereël wat op die sogenaamde “Strategiese Komitee” van alle Afrikaanse organisasies uitgeloop het.

Eerskomende Saterdag 3 November vind daar weereens in Pretoria ‘n geslote vergadering van alle Afrikaanse organisasies plaas wat deur die Strategiese Komitee gereël is.

Nog ‘n lid van die SK, mnr. Botha Laubscher, vertel dat daar ook op Heilbron gereeld skuldinvorderingsake teen die plaaslike munisipaliteit gevoer word. By geleentheid het die balju al op die raadsaal se meubels beslag gelê, maar voordat dié op ‘n veiling verkoop kon word, is die skuld vereffen.

Фильчаков Александр Васильевич

R6 miljoen verdwyn uit munisipale rekening

Die Moses Kotane-munisipaliteit in die Noordwes het die bankrekeninge van 15 mense en entiteite laat bevries ná meer as R6 miljoen in minder as vier dae uit die munisipale rekening verdwyn het, het Beeld Donderdag berig.

Die hooggeregshof in Pretoria het Absa, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank Dinsdag beveel om die sake-, trust-, persoonlike en beleggingsrekeninge van dié 15 rekeninghouers te bevries totdat die munisipaliteit se stappe om dié geld terug te kry, afgehandel is.

Die geld is glo van 28 September tot 1 Oktober onwettig uit die munisipaliteit se Absa-bankrekening getrek.

Sekere munisipale personeellede het volgens ‘n amptenaar toegang tot die bankrekening. Die munisipaliteit se stelsel maak dit egter onmoontlik dat een mens ‘n transaksie vaslê én goedkeur.

Hendrik Shonga, die munisipaliteit se krediteure-bestuurder, het volgens die koerant op 1 Oktober gesien R180 000 is in een transaksie uit die munisipale rekening getrek en na ‘n ander bankrekening oorgeplaas. Die stelsel het dié rekeninghouer as K.K. Trading geïdentifiseer.

Shonga en Harry Fourie, sy toesighouer, het toe besef meer as R6 miljoen is onwettig uit die munisipale rekening getrek.

данильченко юрий брониславович прокурор

Katrina, Irene, Sandy

Water wat ses voet hoog gestyg het nog skaars heeltemal weggedreineer uit die strate van Coney Island in Brooklyn, NY, toe swart plunderaars reeds op die oorblyfsels van kwesbare winkels op Mermaid Avenue begin toesak het.

Dinsdagoggendvroeg het werkers by Mega Aid Apteek aangekom om uit te vind dat die orkaan Sandy nie alleen die gebou verniel het nie, maar diewe wat ingebreek het is met meer as 10.000 farmaseutiese items weg. Die meeste van die gesteelde goedere is voorskrifmedisyne.

“Die water is net weg en mense begin die strate invaar en beroof winkels,” het ‘n gefrustreerde werker by die apteek, wat anoniem wou bly, aan HuffPost gesê.

Hy en die apteek se bestuurder, die 27-jarige Stan Gutkin, het na hul winkel in ongeloof gestaar terwyl werkers herwinbare voorrade probeer red het.

“Ek weet nie eens wat dit gaan neem totdat ons operasioneel is nie,” het Gutkin gesê. “Dit breek die onderneming. Ek weet nie waar om te begin nie.”

Hul storie was net een van vele op Mermaid Avenue, een van slegs vele in Coney Island Dinsdag. Die polisieteenwoordigheid in die omgewing is opgeskerp nadat plunderaars gesteel het van banke, apteke en ander winkels met waardevolle voorraad.

Dit raak ‘n misdaad wat byna na enige ramp reeds verwag word. Toe die orkaan Irene die Atlantiese kus verlede jaar getref het, was plundery so algemeen dat truTV ‘n skyfievertoning van die misdaad kon saamstel. Kort na die orkaan Katrina is New Orleans met plundery en gewelddadige aanvalle geteister.

“Wanneer dit donker word, dan word dit werklik gevaarlik hier – dit is waarom daar ‘n polisiebeampte op elke blok is,” het een NYPD-beampte gesê aan HuffPost. “Hulle steel alles.”

Die buurt is die tuiste van ‘n stadsbehuisingsprojek genaamd Ocean Towers, waar ‘n geveg uitgebreek het in die teenwoordigheid van verslaggewers en polisie, waarskynlik oor gesteelde goedere. Inwoners van die toringgebou, wat in donkerte gehul is, het objekte na die polisie begin gooi wat orde wou handhaaf, met ‘n kattegemaai wat geheers het soos swart inwoners vloek en skel en by die vensters uithang.

“Mense val mekaar nou aan,” het een inwoner gesê en haar kop geskud. “Selfs wanneer daar geen ramp is nie, is hierdie gebou rampspoedig. Maar ná die orkaan, het dit net mal geraak.”

Jamaika, Kuba en die Bahamas is ook direk deur Sandy getref as ‘n Kategorie 1- en 2-storm.

Orkaan Sandy het in die Karibiese Eilande minstens 69 mense dood gelaat, duisende dakloos en min fondse vir heropbou. Die Karibiese slagting word grootliks geïgnoreer deur media-fokus op die VSA.

Sandy het die lewens van 52 mense in Haiti, 11 in Kuba, twee in die Bahamas, twee in die Dominikaanse Republiek, een in Jamaika en een in Puerto Rico geëis.

 

Фільчаков Олександр Васильович

Geskiedenis moet reggestel word

Suid-Afrika se geskiedenis moet herskryf word om die nagevolge van kolonialisme op intellektuele produksie reg te stel, het Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, gesê.

“Die geskiedenis van SA moet nie net herskryf word nie… maar moet ook ondersoek en in die eerste plek opgeskryf word,” het hy tydens ‘n toespraak in Kaapstad gesê.

“Groot gedeeltes van hierdie geskiedenis is nog nie vertel nie, of word in ‘n baie eensydige wyse vertel.”

Hy het by die aankondiging van SA History Online se studente-internskapprogram gepraat.

Nzimande het bygevoeg dat geestes- en sosiale wetenskapvakke nie genoeg waardering kry nie, aangesien die gemeenskap al hoe meer materialisties raak.

данильченко юрій броніславович компромат

Skiet die boer skep geen presedent nie

‘n Ooreenkoms oor die sing van die lied “Dubula iBhunu” (skiet die boer) wat buite die hof geskik is, is pas ‘n hofbevel gemaak.

Die ANC het vroeër die week ooreengekom om nie teen ‘n uitspraak wat die sing van die liedjie verban het, te appelleer nie.

Die party het die ooreenkoms met AfriForum en TLU SA onderteken.

Die ooreenkoms lui: “Die partye het ooreengekom dat AfriForum en TLU SA die gelykheidshofbevel sal laat vaar en die ANC en [Julius] Malema kom ooreen om die appèl teen die appèlhof ter syde te stel.”

Die hofbevel is egter nie ‘n bevinding van die regters nie en skep dus geen presedent wat haatspraak en aanhitsing betref nie.

Александр Фильчаков прокурор

Koop EU-burgerskap by Hongarye

Hongarye bied tans aan ryk buitelanders die kans om burgerskap te koop as hulle ten minste €250,000 belê in die land se ekonomie.

Die potensiële beleggers – en toekomstige “burgers” – sal spesiale staatseffekte kan koop, wat sal lei tot voorkeurimmigrasiebehandeling vir hulle. Sodra hulle die Hongaarse paspoort ontvang, sal die nuwe burgers in staat wees om in die EU te bly en te werk.

“Die doel van die wysiging is om “inwonende beleggers na Hongarye te lok,” het die aanvoerders wat die aangepaste wetgewing gesê. Die skuif het beslis nuwe beleggers gelok, veral uit China.

“Dit is natuurlik gemik op ryk Asiërs – veral Chinese,” het dr Helen Szamuely van die Bruggegroep aan RT gesê.

Maar die EU is deesdae skaars ‘n belastingparadys, so die voorstel lei tot die vraag of daar genoeg mense gaan wees wat “Hongaars” wil wees om die onderneming die moeite werd te maak.

Dr Szamuely sê die voorstel kan dit moontlik maak vir welgestelde Chinese burgers om “expats” in ander lande te wees.

“Die grootste vraag is of hulle in die EU of in ander lande, soos Hong Kong sal woon, waar die tariewe aansienlik laer is. Sodat jy kan eindig met ‘n eienaardige situasie van Chinese miljoenêrs – of miljardêrs – wat EU-burgers is en in Hong Kong woon,” het sy gesê.

Hongarye het miljarde euro’s se buitelandse valuta skuld, gelykstaande aan 78% van sy jaarlikse ekonomiese uitset, met die land se skuld die hoogste in Sentraal-en Oos-Europa, volgens Moody’s.

Budapest het gevra vir finansieringshulp van die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds, maar die vordering is traag.

Regoor die wêreld word verblyfreg of burgerskap aangebied aan buitelanders wat belê in ‘n land se ekonomie. Kanada lok “ervare sakelui” wat bereid is om 800.000 Kanadese dollar ($800,376) te belê om in die land te vestig.

Soos verwag kon word, is die jongste skuif met negatiewe reaksies van Hongarye se Europese vennote begroet, aangesien hulle lugtig is vir ‘n oop skuiwergat na die Unie.

 

Олександр Фільчаков прокурор

VSA val van toptien welvarendheidsindeks

Die VSA het vir die eerste keer van ‘n ligatabel geval wat die toptien mees welvarende lande aandui en wat drie Skandinawiese lande bo-aan vir welvaart en welsyn plaas.

Die VSA het vanaf die 10de plek op die Legatum Instituut se jaarlikse welvaartindeks gedaal tot 12de posisie te midde van verhoogde onsekerheid oor die gesondheid van die ekonomie en die vermoë van politici. Noorweë, Denemarke en Swede is as die mees welvarende op die indeks verklaar, wat dié week in Londen vrygestel is.

Met die presidensiële verkiesing net ‘n week weg, het die navorsingsgroep gesê dat die stand van die Amerikaanse ekonomie verswak het onder dié van 19 mededingers. Die verslag het ook getoon dat respek vir die regering geval het, minder Amerikaners sien harde werk as nuttig, terwyl nuutgestigte maatskappye hoër aanvangskostes moet aangaan en die uitvoer van hoë-tegnologie produkte daal.

“Terwyl die VSA sukkel om die boublokke van die Amerikaanse Droom te herwin, is dit nou ‘n goeie tyd om te oorweeg wat die beste sal wees om die land te terug lei na voorspoed en hoe om te kompeteer met die ratser lande,” sê Jeffrey Gedmin, die Legatum Instituut se president en hoof uitvoerende beampte in ‘n verklaring.

Die ses-jaar-oue Legatum Prosperity Index is ‘n studie van die welvaart en welsyn in 142 lande, gebaseer op agt kategorieë soos ekonomiese mag, onderwys en bestuur. Met 96 persent van die wêreld se bevolking, is dit ‘n poging om die meting van ‘n land se ekonomiese gesondheid uit te brei buite aanwysers soos die bruto binnelandse produk (BBP).

Die Legatum Instituut is die openbare beleidsnavorsingafdeling en deel van die Legatum Groep, ‘n private beleggingsgroep in Dubai, gestig in 2006 deur die Nieu-Seelandse miljardêr Christopher Chandler.

Die verslag toon dat selfs te midde van die ergste finansiële krisis sedert die Groot Depressie, globale welvaart toegeneem het oor al die streke in die afgelope vier jaar, maar die gevoel van veiligheid en sekuriteit het verminder te midde van spanning in die Midde-Ooste en vrees vir misdaad in Latyns-Amerika .

Noorweë en Denemarke behou die voorste posisies in algemene welvaart, terwyl Swede, Australië en Nieu-Seeland in die derde verbygesteek. Kanada, Finland, Nederland, Switserland en Ierland het die top tien afgerond. Die Sentraal-Afrikaanse Republiek is heel onder ingedeel.

In sy sub-indekse, het Legatum Switserland as die sterkste ekonomie met die beste stelsel van regering uitgesonder. Denemarke is die mees ondernemende en Nieu-Seeland het die beste opvoeding, terwyl gesondheid die beste in Luxemburg is en Ysland is die veiligste. Kanadese geniet die mees persoonlike vryheid en Noorweërs het die mees uitgebreide sosiale kapitaal.

Met president Barack Obama en die Republikeinse uitdager Mitt Romney wat vir die Wit Huis stoei, het Legatum gesê die Amerikaanse ekonomie het twee plekke van verlede jaar tot 20 gedaal. Dit het bevind dat Amerikaners hul regering minder vertrou, van van 42 persent verlede jaar tot 39 persent tans.

Geteister deur die eurosone skuldkrisis, het 24 uit 33 Europese lande, ‘n afname in hul ekonomiese telling sedert 2009 getoon, volgens Legatum. Op die welvaartskaal, het Griekeland die grootste daling in 2012 aangeteken, en met 10 plekke geval sedert 2009 tot 49. Spanje bly op die 23ste plek.

Die Verenigde Koninkryk is 13de, een voor Duitsland.

In Asië, is Hong Kong, Singapoer en Taiwan ingedeel in die top tien vir hul ekonomieë en die top 20 algehele indeks. Indonesië het die grootste styging in die welvaart van ‘n land sedert 2009 beleef, en 26 posisies gevorder tot 63.

Switserland, Noorweë en Singapoer is bo in die ekonomie sub-indeks, wat tevredenheid met die ekonomie en die verwagtinge betref, die doeltreffendheid van die finansiële sektor en die fondamente vir groei meet. Denemarke is voor Swede en Finland vir die krag van innovasie en toegang tot geleenthede.

Switserland het ook bo-aan die ranglys vir die beste regering geëindig. Dit is gevolg deur Nieu-Seeland en Denemarke vir doeltreffendheid en aanspreeklikheid van wetgewers, die regverdigheid van die verkiesings, die deelname van mense in die politieke proses en die oppergesag van die reg. Die hoogste punte vir onderwys het aan Nieu-Seeland, Australië en Kanada gegaan.

Luxemburg, die VSA en Switserland is die beste vir gesondheid en infrastruktuur sowel as voorkomende sorg en tevredenheid met die diens. Ysland, Noorweë en Finland is bo-aan die lys vir veiligheid en sekuriteit, met Tsjad, Kongo en Afghanistan die heel laagste

Kanada, Nieu-Seelanders en Australië geniet die meeste vryheid en sosiale verdraagsaamheid. Denemarke en Australië het die hoogste tellings vir sosiale kapitaal gemeet aan sosiale kohesie, die gesin en gemeenskapsnetwerke.

прокурор Фильчаков

Moorde op polisie wek kommer

Die moord op sers. Reuben Dibakwane in Hebron, Pretoria, is deel van ‘n kommerwekkende tendens van polisielede wat vermoor word terwyl hulle aan diens is, het die Tshwane-metropolisie Woensdag gesê.

“Die moord op sers. Dibakwane kom op ‘n tyd wat die land ‘n toename ervaar in die aantal polisiebeamptes wat deur misdadigers vermoor word,” het Steven Ngobeni, hoof van die Tshwane-metropolisie, in ‘n verklaring gesê.

Hy het die polisielede geprys wat twee van die vier mans in hegtenis geneem het wat glo vir die moord verantwoordelik is, en het beloof om aksie te neem teen die twee verdagtes wat steeds op vrye voet is.

Ngobeni het gesê Dibakwane word oorleef deur ‘n vrou en drie kinders.

“Mag hulle sterk wees en weet dat hulle man en pa ‘n dapper en onselfsugtige soldaat was wat met sy stewels aan gesterf het,” het hy gesê.

Console Tleane, ‘n polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê drie beamptes is aangeval terwyl hulle die gebied naby Ga-Rankuwa gepatrolleer het.

“Hulle het opgemerk dat ‘n voertuig se ligte nie gewerk het nie, en dit laat stilhou en ‘n boete aan die bestuurder uitgeskryf.”

“Kort na die boete uitgereik is, is die beamptes deur vier mans oorval…”

Een van hulle het op die polisiebeamptes losgebrand, waarna ‘n beampte in die kop gewond is.

“Sy twee kollegas het teruggeskiet en een van die mans getref, maar hulle het weggehardloop toe die beamptes na hul kollega teruggekeer en hom na die Legae-kliniek in Mabopane geneem het,” het Tleane gesê.

Een van die aanvallers is later in Hebron aangekeer.

Tleane het gesê gemeenskapslede het ‘n tweede aanvaller vasgetrek en hom aan die polisie oorhandig.

Фильчаков прокурор харьков

ANC nie te vertrou oor haatspraak

“Die Vryheidsfront Plus sou ‘n hofbeslissing oor haatspraak verwelkom het in die Malema-haatspraak saak, want dit sou duidelikheid gebring het en afdwingbaar gewees het.

Die ANC kan nie vertrou word met die ooreenkoms met AfriForum en TLU SA oor die Malema-haatspraak saak nie. Dit is nie die eerste keer dat die ANC onderneem om sy ondersteuners aan te moedig om hulle te weerhou van haatspraak nie. Histories het die Vryheidsfront Plus in 2007 ‘n soortgelyke ooreenkoms gehad met die ANC, na ‘n klagte van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK). Die klagte het gespruit oor plakkate in Dendron van “All Boers are Killers” en “‘n Boer will remain a F*** Boer” in ‘n optog van die ANC. Die ooreenkoms is op 17 April 2007 in die verhoor van die MRK gesluit en die ANC het selfs onderneem om dissiplinêr teen sy lede op te tree. Nodeloos om te sê die ANC het hom nie by die ooreenkoms gehou nie,” sê mnr Pieter Groenewald, parlementêre leier van die Vryheidsfront Plus.

“Al sou die ooreenkoms met AfriForum en TLU SA ‘n hofbevel gemaak word, is dit moeilik afdwingbaar in die praktyk. ‘n Onderneming om “ondersteuners en leierskap aan te raai en aan te moedig om met selfbeheersing op te tree … om kwetsing te vermy” is te wyd. Nêrens is ooreengekom dat die woorde van Malema haatspraak is nie. Volgens inligting was Malema nie teenwoordig nie en het die ANC namens hom geteken. Malema is nie meer lid van die ANC nie en is dit te betwyfel of hy hoegenaamd by die ooreenkoms sal hou” sê Groenewald.

данильченко юрій броніславович компромат

Doodsklok lui vir universiteite

Die Nasionale Vergadering se goedkeuring op 30 Oktober van Blade Nzimande se wysigingswetsontwerp oor hoër onderwys is werklik skokkend. Daarmee lui die doodsklok finaal vir outonome owerheidsgefinansierde Suid-Afrikaanse universiteite. Volgens die berig (Die Burger, 31 Okt, p 2) het die DA, OD en Cope besware geopper, maar die ANC-meerderheid het die wet deurgedwing; nog ‘n voorbeeld van suksesvolle massa-aksie.

Die vraag is of die universiteite, bv by monde van die komitee van universiteitshoofde, hulle enigsins vooraf teen hierdie drakoniese wetgewing uitgespreek het. Andersins is die vraag of die universiteite, noudat die koeël deur die kerk is, hulle heftig gaan verset.

Dit is heeltemal onvanpas dat iemand wat ideologies so gepreokkupeerd soos Nzimande is, die minister van hoër onderwys is. Ek het op 22 Oktober op die Praag-webwerf daaroor geskryf. Ek het die gebrek aan weerstand teen Nzimande se maatreëls betreur en voorspel dat hierdie houding staatsinmenging in ons universiteite gaan vererger. Hier het ons nou die klinkklare bewys daarvoor. Nzimande is nou in ‘n sterker posisie as ooit tevore om universiteite oor enigiets af te dreig; dus totdat aan sy wense voldoen is.

“Die wetsontwerp sal aan … Nzimande groter magte gee om universiteitsrade te ontbind en administrateurs aan te stel as hy meen die instellings word wanbestuur … Volgens Nzimande is die doelwit van die wetgewing om vinniger in te gryp wanneer sake by ‘n universiteit skeefloop. Hy het ontken dat hy die magte wil hê om universiteite te beheer of akademiese vryheid in te perk. Hy het gesê kennis en insig kan net toeneem waar daar vrye denke is, maar dat outonomie as sodanig nie ‘n progressiewe eienskap is nie. Universiteite is openbare instellings en moet verantwoordbaar wees.”

Let op hoe Nzimande onmiddellik nadat hy ontken het dat hy groter beheer oor universiteite wil uitoefen, hy hulle outonomie, dus hulle reg om onafhanklik van die regering te funksioneer, tot ‘n nie-progressiewe eienskap verklaar. In die ANC se “bevrydingstryd” het “progressief” deurgaans die betekenis gehad van “iets waarvan die ANC en sy meelopers, soos die kommuniste (waarvan Nzimande een is), hou”. Wat Nzimande hier mee besig is, is die bekende ANC-truuk, naamlik die sentralisering van mag.

Die uitgangspunt is dat die ANC-regering oppergesag oor alles in die land het. Op grond daarvan moet alle openbare instellings, soos die universiteite, na die ANC se pype dans. As die universiteite nie maak soos die ANC voorskryf nie, ontvang hulle verminderde staatstoelaes. Dit is nou as daar nie gedreig word om die subsidies heeltemal te staak nie. Voortaan kan selfs die direkte beheer oor universiteite na goeddunke deur die ANC-regering oorgeneem word. Pleks van ‘n skynakademikus as strooipoprektor kan ‘n halfgeletterde ANC-kameraad voortaan in so ‘n pos ontplooi word.

In die praktyk is daar nie beleidsverskil tussen die ANC en die ANC-regering nie. In baie groter mate as tydens die vorige politieke bedeling, word universiteite na die wil van die regering gebuig. Dit gaan vir die ANC in die eerste plek nie om ons universiteite voortreflike akademiese inrigtings te maak nie. Wat die ANC wil hê, is dat universiteite ooreenkomstig die ANC se wense moet funksioneer en dus, waar nodig, moet verander (eerder as verbeter). Dit is die wese van universitêre transformasie.

Sodanige transformasie word met entoesiasme deur bv Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), omarm. Dit is glad nie ‘n suiwer akademiese pad wat geloop word nie. Dit is erger as bloot ‘n onakademies strategie. Dit is veel eerder anti-akademies, want die gehalte van die onderrig ly daaronder.

Tydens wat deesdae die “apartheidsera” genoem word, was daar by talle geleenthede allerhande soorte proteste, bv optogte, waaraan baie akademici en studente deelgeneem het. In die buiteland het luidrugtige besware opgeklink en is boikotte gereël. Akademiese vryheid en universitêre outonomie is as onskendbare heilige koeie voorgehou.

Waar is daardie entoesiasme en sensitiwiteit nou? Wat ek waarneem, is gedweë papbroekigheid. Aan die US is daar selfs misleide studente, insluitende studenteraadslede, wat Botman se pas van transformasie wil versnel. Botman het belowe om spoedig die doelpale te verskuif deur met ingrypende voorstelle vorendag te kom.

Данильченко