Chinese president prys Afrika se bydrae tot ewolusie

Image

Hu Jintao

Die Chinese president, Hu Jintao, het eergister ’n miljoen dollar geskenk aan UNESCO se Wêrelderfenisfonds. Dié bedrag sal aangewend word om die vasteland se erfenisgebiede te bewaar. Dit volg op Hu se besoek aan die Wieg van die Mensdom, by Maropeng buite Krugersdorp.

Volgens Hu is die fossiele wat hy hier gesien het “bewys dat Afrikane belangrike bydraes tot menslike ewolusie gemaak het.”

Prof Philip Tobias, bekende paleontoloog, het die skenking verwelkom en gesê dat die geld Afrika in staat sal stel om ’n droom te verwesenlik en sy erfenisgebiede behoorlik te bewaar.

Afrika het tans 63 gebiede op die Wêrelderfenislys, uit ’n totaal van 788.

Hu pak nou die laaste gedeelte van sy Afrikareis aan, wanneer hy in die Seychelles aankom. Hy het die afgelope paar dae Kameroen, Liberië, Soedan, Zambië, Namibië, Suid-Afrika en Mosambiek besoek.

In Suid-Afrika is Hu deur Thabo Mbeki ontvang en die twee staatshoofde het op 6 Februarie ’n handelsooreenkoms onderteken. Suid-Afrika voer jaarliks ongeveer 4.37 biljoen dollar se goedere van China in, terwyl produkte ter waarde van sowat 1.2 biljoen dollar van hier na China uitgevoer word.

Hu het ook ’n byeenkoms by die Universiteit van Pretoria toegespreek. Hier het hy na die “ryk tradisie van samewerking” tussen China en Afrika ten opsigte van internasionale aangeleenthede verwys. China en Afrika behoort standpunt in te neem teen die wêreld se “ryk boelies”, volgens die Chinese president. Aangesien China self “koloniale aggressie” ervaar het, sal die Chinese nooit aan Afrika voorskryf wat om te doen nie.

Gedurende sy Afrikareis het Hu miljoene dollar in aalmoese uitgedeel en skuld afgeskryf. In ruil sal China die grondstowwe bekom wat nodig is om die fenomenale ekonomiese groei in die land aan te help. China se handel met Afrika het verlede jaar 39.7 biljoen dollar beloop. Naas die VSA en Frankryk is China nou die vasteland se derde grootste handelsvennoot.

no deposit slotsданильченко юрий брониславович прокурор

Vryheidsparkseminaar: voorspelbare demonisering van blankes en vorige bestel

Die ANC het weereens hul ware kleure getoon tydens 8 Februarie 2007 se seminaar in Kemptonpark wat gehandel het oor die ANC se Vryheidspark.

Groepe en indiwidue soos Afriforum en Steve Hofmeyr het onlangs beswaar aangeteken teen die feit dat blanke Suid-Afrikaanse soldate se name nie op die gedenkmuur in die ANC se Vryheidspark sou verskyn nie, maar dié van Kubaanse soldate wel. Afriforum het heeltemal tereg uitgewys dat die uitsluiting van ‘n bepaalde groep niks bydra tot versoening en nasiebou nie, en eerder teenproduktief is.

Dit was grootliks as gevolg van druk wat deur organisasies soos Afriforum uitgeoefen is dat die seminaar belê is. ‘n Redelike persoon sou verwag dat, indien die regime te goeder trou wou optree, die onderwerp van die seminaar sou wees hoe om alle Suid-Afrikaners te akkommodeer. Ten spyte van die retoriek oor die inklusiewe reënboognasie, is redelikheid egter nie iets waarvan die ANC beskuldig kan word nie.

 

Die seminaar is bloot gereduseer tot ‘n voorspelbare demonisering van blankes en die vorige bedeling se veiligheidsmagte. Van die ANC se veelvuldige misdade en lafhartige moorde op onskuldige burgerlikes was daar geen sprake nie. Reeds met die intreerede het die voorsitter van die Vryheidsparkstigting, Dr Wally Serote, met sy binnensmondse en totaal oninspirerende spreekstyl die trant geskep: daar is volgens hom diegene wat steeds nie oor hul “sondes” van die verlede wil bieg nie.

 

Spreker na spreker uit lande soos Lesotho het hoog en laag opgegee oor watter misdade die voormalige SAW in hul lande sou gepleeg het. Daar is egter totaal geswyg oor die ANC se marteling en moord op sy eie lede in sy kampe soos die berugte Quattro, of hoe die buurlande willens en wetens basisse en steun aan terroriste verskaf het, baie soos wat die Taliban in Afghanistan gemaak het.

 

Uit die ganse program, wat ‘n hele dag geduur het, is Kallie Kriel van Afriforum een spreekbeurt gegun van ‘n volle twintig minute, terwyl daar minstens vyf spreekbeurte afgestaan is aan buitelanders wat hoegenaamd geen belang het by hedendaagse Suid-Afrikaanse aangeleenthede nie. Die SAUK het vanmiddag berig dat ‘n duidelik teleurgestelde en ontnugterde Kallie Kriel opgemerk het dat die seminaar allermins oor versoening gehandel het en dat die Vryheidspark niks anders as ‘n ANC-park is nie.

 

PRAAG het nie die volledige verrigtinge bygewoon nie, buiten om ‘n persverklaring aan ‘n verteenwoordiger van die Vryheidsparkstigting te oorhandig, waarin die ANC gestriem is oor sy skynheiligheid en waarin daar versoek is dat alle Afrikaners en Boere se name van die ANC se skandmuur verwyder moet word.

баки дляФильчаков прокуратура харьков

‘Hy het dooierus op my kind gevat’

Vanmôre was ek, Steve Hofmeyr en Joost van der Westhuizen by die Randfonteinse landdroshof om teen misdaad te betoog, veral na aanleiding van die grusame en koelbloedige moord op Danielle Esterhuizen. Op 20 Desember 2006 het twee swart mans verby haar geloop waar sy op haar ma se skoot langs ‘n dam gesit het. Haar pa en ‘n vriend was besig om vis te vang.

Hierna het een van hulle ‘n pistool uitgepluk en, soos Anel Esterhuizen dit teenoor my gestel het tydens ons gesprek na afloop van die betoging: “…voor ons kom sit en dooierus op my kind geneem. Die gat agter in haar kop waar die koeël uitgegaan het, was so groot…” Sy wys met albei hande omtrent ‘n gaping van 5 cm in deursnee.

Ek wil nog later breedvoerig oor die hele insident skryf as ek al die feite van dié koelbloedige kindermoord tot my beskikking het. Intussen enkele indrukke oor vandag.

As iemand wat self die vader van drie klein kinders is, kan ek my nie die smart en woede van Diederick en Anel Esterhuizen voorstel nie. Hoe reageer mens as jou kind voor jou oë deur ‘n maniak doodgeskiet word? Maar as ek die moordenaar ‘n maniak noem, seën ek hom eintlik met die onderskeiding van ‘n sielkundige afwyking. Die probleem is dat hierdie tipe bloedbeluste individu heeltemal normaal is. In die geweldskultuur wat onder die ANC-bewind posgevat word en gestimuleer word deur sy toeskietlike houding teenoor die moordbendes wat die land teister, het doodmaak ‘n soort tydverdryf geword vir ‘n groot deel van die bevolking.

Geen reënboognasie hier nie...
Geen reënboognasie hier nie…

Tydens die paar woorde wat ek met die skare mense buite die hof gepraat het, bewus van die intense pyn wat die Esterhuizen-gesin moet ervaar en die onmag van woorde om die tragedie van klein Danielle se dood te beskryf, het ek gesê dat dié soort wandaad geensins verskil van die gruweldade wat elders in Afrika in die Ituri-provinsie van die Kongo of die Darfoer-streek in die Soedan gepleeg word nie.

Eintlik sou mens meer betogers verwag het as die honderd of tweehonderd wat opgedaag het. Hulle was meesal Afrikaners, blankes dus. Mense wat omgee, vir die vermoorde dogtertjie en haar ouers, sekerlik, maar ook vir die stel reëls wat beskawing heet. Wet en orde. Die eenvoudige, landelike plesier om iewers langs ‘n dam te mag visvang sonder dat daar op jou kind geskiet sal word.

Tydens die vingerete wat ‘n vriend van die gesin vir ons by sy firma nie ver van die hof af nie gereël het, noem Diederick wat swaar dra aan ‘n skuldgevoel oor sy dogter se dood, dat hy nooit weer aan ‘n visstok wil raak nie.

Danielle
Danielle

Watter kranksinnige samelewing het die sogenaamde nuwe Suid-Afrika nie geword waar vaders bang is om aan visstokke te vat weens die aaklige herinnering wat dit oproep en waar moeders oor die koeëlgate in hul vyfjariges se koppe moet praat nie! Geruime tyd reeds spook die vraag by my: is ‘n politieke stelsel soos “demokrasie” wat by ons tot ‘n morele beginsel verhef is – moontlik ons enigste morele beginsel – die hoë prys werd wat ons tans betaal?

Een van die vrouebetogers voor die hof se plakkaat lui:

DANIELLE SE
WREDE DOOD
LÊ EK VOOR
DIE REGERING

En natuurlik is die sentiment wat sy verwoord honderd persent korrek. Die omstandighede, die klimaat, die verval in die strafregstelsel en veral die transformasie van die polisie, kan alles net so voor die deur van die ANC-bewind gelê word.

Nog ‘n lid van die publiek sê voor ‘n kamera: “Ons is kwaad. En ek is kwaad omdat ons so lou hierso is, met wat hier gebeur het. Ek dink dis tyd dat Mbeki ons nou ‘n antwoord gee: waarnatoe gaan ons nou met hierdie misdaad? Hy kan nie net apaties bly staan nie. Ons wil nou waaragtig weet wat hy nou gaan doen omtrent hierdie saak.”

En ek verstaan sy frustrasie. Want ek het ook die indruk gekry mense ís “lou”. ‘n Kind is gruwelik vermoor en ons praat amper daaroor soos ons span wat ‘n rugbywedstryd verloor het. Meer nog: die polities korrekte diskoers wat ons inhok en ontman en van nugtere denke ontneem verhoed ons om selfs na die mees basiese feite rondom ‘n moord soos dié te verwys. Totdat ek persoonlik met Anel Esterhuizen gepraat het, sou ek in geen koerant gelees het dat die moordenaar tot reg voor haar en Danielle geloop het en “dooierus op haar kind gevat het” nie. Die media dis ‘n afgewaterde weergawe aan ons op, juis sodat ons emosieloos en apaties en “lou” moet bly want die groot maatskappye, waaronder die mediagroepe, het vrede gemaak met die idee van ‘n eenpartystaat, selfs ‘n eenpartystaat waarin kinders uitgewis word.

Nietemin glo ek dat die golf van misnoeë en woede rondom geweldsmisdaad, wat in baie gevalle niks minder as etniese suiwering is nie, besig is om te styg en binnekort breekpunt gaan bereik. Maar soos ek ook vandag tydens my spreukbeurt geargumenteer het, moet ons beheer neem oor ons eie veiligheid.

Ons het geen ander keuse nie, want ons kan nie meer op die polisie of die staat vertrou om ons te beskerm nie. Hoeveel moorde, ook van onskuldige kinders, moet plaasvind alvorens ons gaan begin saamstaan?справкаФильчаков прокурор харькова

Sluipmoord op Franse EU-diplomaat in Ivoorkus

Konsternasie heers in Franse en Europese gemeenskappe in die Ivoorkus nadat ‘n Franse diplomaat Dinsdagnag tuis in ‘n sluipmoordaanval gesterf het.  Michel Niaucel (54) is binne sy swaarbewaakte huis deur ‘n enkele koeël in die bors gedood. Hy laat ‘n vrou en dogtertjie agter. Diefstal was skynbaar nie die motief nie.

‘n Span Franse deskundiges is op pad na die Ivoorkus om plaaslike ondersoekers by te staan. Die segspersoon vir die Europese Unie, Johannes Laitenberger, het voorts op ‘n perskonferensie sy hoop uitgespreek dat lig spoedig op die omstandighede van die raaiselagtige moord gewerp sal word.

Niaucel was, voordat hy vier jaar gelede ‘n loopbaan as diplomaat aanvaar het, ‘n polisieman verbonde aan die DST, oftewel die Franse teenspioenasiediens. Hy was gemoeid met veiligheidsaangeleenthede in die Ivoorkus namens die EU ten tye van sy dood.

In 2004 was dit Niaucel wat hoofsaaklik verantwoordelik was vir die ontruiming  van 8 000 Franse burgers uit die Ivoorkus mbv ‘n lugbrug nadat Franse skole en boekwinkels deur plaaslike inwoners in ‘n opwelling van anti-wit gevoel in puin gelê is.

Sy vrou het oomblikke voor sy dood gehoor hoe hy met ‘n vreemde persoon gesels. Daar was geen spore van inbraak opgemerk nie. ‘n Kussing is gebruik om die knal van die Magnum 357 te demp en ‘n leë patroondoppie is op die toneel gevind. ‘n Onbekende rooi sak is in die badkamerkas gevind.

sign upлобановский александр компромат

Dr. Dan Roodt, Joost van der Westhuizen en Steve Hofmeyr teen misdaad

Dr. Dan Roodt van Praag, die rugbyspeler Joost van der Westhuizen en sanger Steve Hofmeyr het vanmôre deelgeneem aan ‘n betoging teen die dood van Daniëlle Esterhuizen in Randfontein. Dié vyfjarige blondekopdogtertjie is op 20 Desember koelbloedig deur die kop geskiet deur ‘n moordenaar wat volgens haar ma "dooierus van baie naby op my dogtertjie gevat het".

 Klik hier vir Beeld se filmmateriaal met Roodt, Van der Westhuizen en Hofmeyr se toesprake vanoggend.

штукатурная смесьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Anglo se steenkoolbates nou in bemagtigde hande

Anglo American het ooreengekom om steenkoolbates ter waarde van sewe biljoen Rand aan ‘n nuwe swart ekonomiese bemagtigingsmaatskappy te verkoop.

Volgens Philip Baum, waarnemende besturende direkteur van Anglo American in Suid-Afrika, sal hierdie bates ontwikkel word om te wys dat Anglo transformasie in die land ondersteun. Inyosi sal oor 27% van Anglo Inyosi Coal se aandele beskik.

Ben Magara, uitvoerende bestuurder van Anglo Coal in Suid-Afrika, is van mening dat die nuwe vennootskap “ware opheffing” in Suid-Afrika tot gevolg sal hê.

Anglo se skuif volg kort op die hakke van soortgelyke aandeelverkope deur Lonmin, die wêreld se derde grootste platinumproduseerder, asook Gold Fields, die vyfde grootste produseerder van goud ter wêreld.

оборудованиеФильчаков прокурор отзывы

‘Klim uit,’ s? rassistiese busbestuurder

Agt blanke hoërskoolleerlinge van Parktown Boys’ High en Parktown Girls’ High is vroeër die week deur ‘n swart busbestuurder gevloek en summier beveel om uit sy bus te klim.

Die busbestuurder het laat in Mondeor opgedaag. Hy was boonop nie vertroud met die roete nie. Twee wit seuns het probeer om aan hom te beduie hoe om te ry, maar hy wou nie na hulle luister nie. Ander kinders het die bestuurder toe vertel dat hulle laat was en hulle toetse sou mis. Hierna het hy op hulle begin skreeu en onder andere die volgende kwytgeraak: “Hierdie is die nuwe Suid-Afrika en swartmense regeer nou die land.” Nadat hy eers gedreig het om stil te hou en die kinders te slaan, het hy die swart leerlinge beveel om op die bus te bly en die blanke kinders opdrag gegee om in Westcliff-rylaan uit te klim. Hy het aan hulle gesê dat hulle nooit weer op die bus mag ry nie.

Die Johannesburgse burgemeesterskomitee, Metrobus en verteenwoordigers van die twee skole het later vandag ’n ontmoeting om die kwessie te bespreek.

бурение артезианских скважин на водуФильчаков Александр Васильевич

Mbeki en verwagtinge vir m?re

Waarnemers is skepties of president Thabo Mbeki die moed aan die dag gaan lê om môre in sy toespraak tydens die parlementsopening daadwerklike planne teen misdaad aan te kondig.

Volgens statistiek was bykans 2.5 miljoen mense die afgelope drie jaar slagoffers van ernstige misdaad. ’n Onlangse studie het verder aangetoon dat meer as 90% Suid-Afrikaners waarskynlik nog slagoffers van misdaad gaan word.

Business Day het ’n rukkie gelede aangetoon dat misdaad oor die afgelope 12 jaar met 7% gestyg het. Inbrake het gedurende dieselfde tyd met ’n ongelooflike 89% toegeneem. Dit is egter ’n bekende feit dat alle voorvalle nie by die polisie aangemeld word nie, so die syfer is waarskynlik nog hoër.

Die Mail & Guardian se voorblad basuin hierdie week uit: “Thabo Mbeki’s new age of denial”. Soos vroeër die geval was met vigs, probeer Mbeki nou ook ander probleme onder die mat vee. Die wapenskandaal bestaan volgens hom nie, want die tenderproses was “heeltemal korrek.”  Die misdaad in die land is ’n  “persepsieprobleem.” Gedurende die kabinet se lekgotla in Januarie het hy sy ministers ingelig dat “reaksionêre magte” die misdaadprobleem gebruik om die ANC te ondermyn.

Die onlangse ENB-anti-misdaadveldtogdebakel, die moord op historikus David Rattray en kommer wat uitgespreek is deur openbare figure, het egter meer druk op Mbeki geplaas om sy volstruisbeleid oor misdaad te laat vaar.

Met amper 40% van die ekonomies aktiewe bevolking wat boonop tans sonder werk sit en die probleme ten opsigte van dienslewering, sal Mbeki ’n besonderse haas uit die hoed moet trek om die Suid-Afrikaanse publiek te beïndruk. In Desember word sy opvolger as partyleier – en waarskynlik ook as president – verkies. Hy het gevolglik min tyd oor om sy beeld te poets.

методы пломбирования корневых каналовФильчаков прокуратура харьков

Ons verwelkom demokrasie in die Kongo, 100 dooies ‘n kleinigheid

Image

Joseph Kabila verkies sy eie mense

Nadat die Europese Unie verlede jaar 400 miljoen euro daaraan bestee het om verkiesings in die Demokratiese Republiek van die Kongo te hou, het hernieude geweld enkele dae gelede uitgebreek met die bewindsaanvaarding van die nuwe regering.

Honderd mense is in die jongste geweldpleging dood en gister was televisiemateriaal te siene van lyke op straat in die Laer Kongo-provinsie.

Die VN-Veiligheidsraad het egter die totstandkoming van ’n nuwe regering in die land verwelkom en dit aangemoedig “om dringende kwessies soos veiligheid, nasionale versoening en heropbou aan te pak”.

Terselfdertyd het die Veiligheidsraad die onlangse gevegte in Laer Kongo verdoem “op dieselfde tydstip dat die land na konsolidasie van vrede en heropbou moet streef”. Die raad het ‘n beroep op alle politieke faksies gedoen om hul van geweld te weerhou en om die vreedsame oplossing van geskille voort te sit.

Die VN-sekretaris-generaal Ban Ki-moen het ook die nuwe regering verwelkom, maar kennis geneem van die gevegte in Laer Kongo wat meer as 100 mense gedood het.

Ban het ’n beroep gedoen om “die geweld onmiddellik te beëindig en ‘n ondersoek te gelas, sowel as humanitêre hulp vir die slagoffers en hul gesinne”. Hy het ook gevra dat die strydende faksies hul geskille vreedsaam sal oplos en dat die veiligheidsmagte nie onnodig geweld moet gebruik nie.

Image

Eerste min. Gizenga (81)

Joseph Kabila is twee maande gelede as staatshoof en president ingesweer, maar sy regering is eers Maandag 5 Februarie bekendgestel. Die nuwe regering bevat nie minder as 60 kabinetslede nie, waaronder 6 senior ministers, 34 ministers en 20 adjunk-ministers. Die grootte van die regering het die Potentiel, die vernaamste dagblad in die hoofstad, Kinshasa, laat opmerk: “die kenmerkende eienskap van hierdie regeringspan is dat hy olifantagtig is”. Die ander kenmerk is dat die weste van die land en die etniese groep waarvan Joseph Kabila afkomstig is, oorverteenwoordig is.

Die 81-jarige Antoine Gizenga is as eerste minister aangestel en die 18 belangrikste portefeuljes is almal aan persone wat lojaal aan Joseph Kabila is, uitgedeel. Een van die lojaliste is die minister van binnelandse sake, desentralisering en veiligheid wat in die hande van Denis Kalumé Numbi bly. Dis juis hy wat nie huiwer om geweld te gebruik nie en verantwoordelik is vir die gewelddadige onderdrukking van betogings deur ondersteuners van die vorige adjunk-president, Jean-Pierre Bemba.

play gladiatorданильченко юрій Харків

Sesjarige verkrag in Oos-Transvaal

‘n 14-jarige seun het ‘n sesjaaroue meisie wat by sy huis in Balfour, Oos-Transvaal, gespeel het, verkrag, het die polisie gister gesê.

Superintendent Abie Khoabane het verklaar dat die meisie haar ma vertel het wat Dinsdag gebeur het.

‘n Dokter het bevestig dat sy verkrag is.

Die tiener het intussen verdwyn.

нужна ли медицинскаяДанильченко Юрий Брониславович