praag.co.za

Ons verwelkom demokrasie in die Kongo, 100 dooies ‘n kleinigheid

Written by

in

Die VN-Veiligheidsraad het egter die totstandkoming van ’n nuwe regering in die land verwelkom en dit aangemoedig “om dringende kwessies soos veiligheid, nasionale versoening en heropbou aan te pak”.

Terselfdertyd het die Veiligheidsraad die onlangse gevegte in Laer Kongo verdoem “op dieselfde tydstip dat die land na konsolidasie van vrede en heropbou moet streef”. Die raad het ‘n beroep op alle politieke faksies gedoen om hul van geweld te weerhou en om die vreedsame oplossing van geskille voort te sit.

Die VN-sekretaris-generaal Ban Ki-moen het ook die nuwe regering verwelkom, maar kennis geneem van die gevegte in Laer Kongo wat meer as 100 mense gedood het.

Ban het ’n beroep gedoen om “die geweld onmiddellik te beëindig en ‘n ondersoek te gelas, sowel as humanitêre hulp vir die slagoffers en hul gesinne”. Hy het ook gevra dat die strydende faksies hul geskille vreedsaam sal oplos en dat die veiligheidsmagte nie onnodig geweld moet gebruik nie.

Image

Eerste min. Gizenga (81)

Joseph Kabila is twee maande gelede as staatshoof en president ingesweer, maar sy regering is eers Maandag 5 Februarie bekendgestel. Die nuwe regering bevat nie minder as 60 kabinetslede nie, waaronder 6 senior ministers, 34 ministers en 20 adjunk-ministers. Die grootte van die regering het die Potentiel, die vernaamste dagblad in die hoofstad, Kinshasa, laat opmerk: “die kenmerkende eienskap van hierdie regeringspan is dat hy olifantagtig is”. Die ander kenmerk is dat die weste van die land en die etniese groep waarvan Joseph Kabila afkomstig is, oorverteenwoordig is.

Die 81-jarige Antoine Gizenga is as eerste minister aangestel en die 18 belangrikste portefeuljes is almal aan persone wat lojaal aan Joseph Kabila is, uitgedeel. Een van die lojaliste is die minister van binnelandse sake, desentralisering en veiligheid wat in die hande van Denis Kalumé Numbi bly. Dis juis hy wat nie huiwer om geweld te gebruik nie en verantwoordelik is vir die gewelddadige onderdrukking van betogings deur ondersteuners van die vorige adjunk-president, Jean-Pierre Bemba.

play gladiatorданильченко юрій Харків

Comments

Leave a Reply