‘Geen ander keuse as oorlog’

“Dit wil voorkom asof boere geen ander keuse het nie as om hulleself te moet voorberei vir oorlog.”

So sê TLU SA se Adjunk-President en Voorsitter van die Veiligheidskomitee, mnr. Henry Geldenhuys. Mnr. Geldenhuys het gereageer op die moord op die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg van die Baltimore-omgewing. “Hierdie moord kom skaars ‘n dag nadat die ANC Jeugliga se adjunk-president, Ronald Lamola, in Durban gesê het dat Suid-Afrikaners in ‘n illusie leef dat hulle hul grond vreedsaam sal terugkry. ‘Ons het ‘n gebeure so kragdadig as ‘n oorlog nodig om die land weer in besit van Afrikane te kry’, het Lamola volgens berigte gesê.”

Mnr. Geldenhuys het die moord op mnr. Van Rensburg in verband gebring met Lamola se uitsprake, nadat dit blyk dat hoofsaaklik wapens vermis is. “Waarvoor word wapens gesteel anders as om daarmee nog meer moorde te pleeg? Lamola skep die ideale atmosfeer vir radikale en roekelose jeugdiges om sy uitlatings letterlik op te neem. Boere kan hierdie uitsprake nie langer ignoreer nie en sal ter wille van oorlewing en behoud van hulle grond, insgelyks moet voorberei en organiseer vir die ergste moontlike scenario,” sê mnr. Geldenhuys.

Wyle mnr. Van Rensburg was lid van TLU SA en jare lank by die organisasie betrokke. Sy vrou, Gloudina, is drie keer in die bors raakgeskiet en sy is tans in ‘n stabiele toestand in ‘n hospitaal in Pietersburg. Hulle is vanoggend omstreeks 04:00 in hulle huis oorval. Dit is nie seker hoeveel terroriste betrokke is nie maar vier spore word tans opgevolg deur lede van die gemeenskap en die polisie, terwyl ‘n polisie helikopter asook ‘n private helikopter ingespan word om moontlike verdagtes aan te keer.

Mnr. Geldenhuys het namens TLU SA sy meegevoel met mnr. Van Rensburg se familie uitgespreek en mev. Van Rensburg spoedige herstel toegewens. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor die gemeenskap en die polisie wat flink op die spoor van die moordenaars is. “Indien hulle gevang word moet daar geen genade met hulle betoon word nie, met inagneming van die wetlike voorskrifte,” sê mnr. Geldenhuys.

Фильчаков прокурор

Ondersoek teen Comrades-wenner is rassisme

Die Comrades-wenner Ludwick Mamabolo wat word ondersoek vir moontlike verbode middels, is ‘n slagoffer van rassisme, sê sy familie.

“Hy het tweede gekom in sy eerste wedren in 2010 en niks is ondersoek nie. Dat hy sy werk opgeoffer het en afgerig is om die wedloop te wen, nou is daar skielik probleme. Is dit oor die feit dat hy swart is?” vra Mamabolo se pa soos aangehaal deur die Sowetan.

Mamabolo het die 89km ultra-marathon tussen Pietermaritzburg en Durban op 3 Junie, gewen maar het sedertdien positief getoets vir metielheksaneamien.

Hy sal na verwagting versoek dat sy B-monster getoets word.

Jeremia Mamabolo het gesê sy seun is vir baie jare al aan die gang en as hy opkikkers gebruik, sou dit reeds ontdek gewees het.

“Ludwick werk baie hard om die Comrades te wen,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat sy seun ‘n toegewyde lid van die Zion Christian Church is. Die atleet het na bewering ook ontken dat hy enige stimulante gebruik.

Олександр Фільчаков прокурор

Afrika, die volgende front

Amerika se generaals is besig met die voorbereiding van die volgende front in die sogenaamde Oorlog teen Terreur: Afrika. Die Washington Post het dit verlede week op die voorblad aangekondig.

Moenie bekommerd wees nie, Afrika, Amerika sal die vasteland red, berig Donderdag se uitgawe van die Washington Post. “Amerika brei geheime intelligensie-operasies in Afrika uit,” met anti-terreuroperasies in Mali, Nigerië, Oeganda en Somalië.

Amerikaanse amptenare sê die Afrika-operasies is nodig om terroristegroepe in mislukte state op die vasteland op te spoor wat dreig om naburige lande te destabiliseer, skryf Craig Whitlock, Pulitzerpryswenner, skrywer van bekroonde stories en Withuis-persvrystellings.

In besonder handel die aankondiging oor die skepping van ‘n dosyn klein aanloopbane versprei regoor Afrika, wat klein, ongewapende vliegtuie op verkenningsmissies sal stuur om foto’s en video, infrarooipatrone op te neem asook radio- en selfoonseine.

Dit verskil in benadering van Amerika se gewone taktiek in plekke soos Afghanistan, Pakistan en Jemen, waar onbemande tuie wat wapens dra, gebruik word vir dieselfde funksie.

“Die meeste van die spioenasievlugte in Afrika egter, sal op die outydse manier – met vlieëniers in die kajuit – gedoen word,” skryf Whitlock. “Die konvensionele vliegtuig hou twee groot voordele oor onbemande tuie in: Hulle is goedkoper om te bedryf en veel minder geneig om aandag te trek, want hulle is so soortgelyk aan die vliegtuie wat gebruik word oor die hele Afrika.”

Die Washington Post se aankondiging is effektief ‘n verklaring dat die oorlog na die swart vasteland uitgebrei word. Nie dat dit kom as ‘n verrassing vir diegene van ons eintlik in Afrika woon nie, wat onder die indruk is van die teenwoordigheid van China en die VSA op die vasteland.

Simon Allison skryf in die Daily Maverick in Oktober verlede jaar: “Die Amerikaanse weermag, deur sy Africa-Command, het Al-Shabaab, al-Kaida in die Islamitiese Magreb en Boko Haram in Nigerië, aaneengeskakel om ‘n prentjie van ‘n soort super-Afrika terroristegroep op te tower.” Allison sê dis bloot ‘n verskoning om ‘n vastrapplek in Afrika te vestig, aangesien skakels tussen die groepe nie werklik bestaan om die bedreiging te internasionaliseer nie.

Dit is ‘n gevaarlike spel wat die VSA speel. Die retoriek oor ‘n bedreiging in Afrika wat eintlik maar ‘n reeks plaaslike probleme is, skep die risiko dat sulke probleme weliswaar in iets groter, en selfs meer ernstig omskep kan word en kan oorspoel in ‘n onverkwiklikheid vir lande waar daar geen konflik is nie.

Boko Haram, byvoorbeeld, is meer begaan oor plaaslike Nigeriese kwessies: ‘n Korrupte regering en maatskaplike probleme soos armoede en werkloosheid.

Al-Shabaab is soortgelyk. Die wedywering vir toegang tot hulpbronne is die onderliggende kwessie en nie soseer ‘n ideologiese stryd nie.

Dan is daar die Islamitiese Magreb met Aqim. Aqim het ook soos die bogenoemde twee bewegings ‘n vreesaanjaende internasionale reputasie probeer skep met hul gewaande “bande met al-Kaida” wat grootliks onverdienstelik is, aangesien hulle nie in staat is tot veel nie.

Al drie groepe hou dalk ‘n bedreiging in vir die lande en streke waarin hulle werksaam is, maar Amerikaanse betrokkenheid, egter, sal hul aansien verhoog eerder as om dit te verminder. Na meer as ‘n dekade van direkte Amerikaanse betrokkenheid in Afghanistan is die Taliban grootliks ongeskonde, en al-Kaida ‘n funksionerende bedryf. Skaars ‘n prestasie.

Die gevaar in Afrika is soortgelyk, veral gegewe die kontinent se arbitrêre grense en vlakke van armoede – dikwels die werklike oorsaak van militante optrede – en plaaslike konflikte kan vinnig buite beheer raak, met rampspoedige gevolge vir sigbare minderhede.

“Sommige staatsamptenare van die departement het voorbehoude oor die militarisering van die Amerikaanse buitelandse beleid op die vasteland uitgespreek,” verduidelik Whitlock in sy artikel. “Hulle het aangevoer dat die meeste terroristeselle in Afrika besig is met plaaslike doelwitte, nie globales nie, en nie ‘n direkte bedreiging vir die Verenigde State inhou nie.”

Die potensiaal vir ‘n gewilde teenreaksie wat simpatie genereer vir die VSA se vyande is beslis daar, ook verder suid.

прокурор харьковской области

Gas aan Afrika se ooskus verdwerg Saoedi-Arabië s’n

“Die gasontdekkings in Mosambiek en in Tanzanië is aansienlik en van wêreldgehalte, met die potensiaal vir bykomende ontdekkings, want daar is ook vooruitsigte vir olie,” het Duncan Clarke, die uitvoerende hoof van die olie-konsultasiemaatskappy, Global Pacific, gesê.

Grootskaalse ontdekkings van gas in Oos-Afrika is besig om die streek in ‘n reuse-rolspeler in die wêreldwye energiemark te verander, met beleggings van miljarde wat ekonomieë kan beïnvloed.

Beplande beleggings van miljarde rande kan die BBP (bruto binnelandse produk) van sommige lande, wat strek van Kenia tot Mosambiek, oorskry.

Oos-Afrika se kusstreek, wat tot by die Seychelles strek, beskik oor 12,5 biljoen kubieke meter natuurlike gas, het die Amerikaanse Geologiese Opname getoon.

Dit is sowat 50% meer as in Saoedi-Arabië.

 

Данильченко Харьков

Midvaal-beampte in die moeilikheid oor ‘kaffer’

‘n Senior beampte van die Midvaal-munisipaliteit gaan dissiplinêr verhoor word nadat hy na bewering na betogers as “kaffers” verwys het, het die munisipaliteit Woensdag gesê.

Volgens die munisipaliteit het dit verlede jaar tydens ‘n staking gebeur.

‘n Klag is teen Hendrik Brits aanhangig gemaak en hy is ook onmiddellik geskors, hangende ‘n dissiplinêre verhoor, het die munisipale bestuurder van Midvaal, Albert de Klerk, gesê

Die dissiplinêre verhoor sal Donderdag voortgaan.

De Klerk het gesê enige munisipale beampte van Midvaal wat skuldig bevind word aan rassisme, sal onmiddellik afgedank word.

Die SA Munisipale Werkersunie in Midvaal het gesê sy lede sal betoog buite die munisipale kantoor ter ondersteuning van die lede wat sal getuig.

Die unie het in Augustus verlede jaar die klag aanhangig gemaak, toe Brits na bewering die woord gebruik het.

лобановский александр игоревич

Interne selfbeskikking vir Afrikaners – Oplossing of selfmoord?

Daar word deesdae meer klem geplaas op interne selfbeskikking en pogings om Afrikaners se regte binne verband van die Grondwet op te eis of om moontlike leemtes in die Grondwet te gebruik om interne selfbeskikking te eis. In die lig hiervan is dit nodig om bietjie meer agtergrond te verskaf oor minderheidsvolke in ʼn nasiestaat en interne selfbeskikking.

Minderheidsgroepe is realiteite van die wêreld waarin ons leef en nasionale en internasionale doktrines en beginsels ontneem die volke, of maak dit ten minste moeilik, om hul selfbeskikkingsreg op te eis. (Seton 1999:2).

Minderheidsvolke is ʼn nie-dominante gedeelte van die samelewing wat poog om hul voormalige territoriale gebiede te herwin en etniese identiteit te onderhou en te ontwikkel om hul voortbestaan as volk te verseker binne die raamwerk van hul kultuur, sosiale instellings en geregtelike stelsels. In hierdie verband kan argumenteer word dat die Afrikaners, ten minste vir die periode van 1948 tot 1994, wel as ʼn volk in ʼn soewereine onafhanklike staat bewoon het en oor hulself regeer het. In die periode was Suid Afrika onder blanke beheer en ook erken as ʼn de jure soewereine staat in die internasionale arena.

Menige wêreld volke is vasgevang in nasiestate. Volgens Seton poog state in die algemeen om die geskiedenis en geografie van volke uit te wis wat hulself binne ʼn nasiestaat bevind. Dit vind plaas deur sogenaamde nasiebou programme gebaseer op politieke, kulturele, territoriale integrasie, ontwikkeling en opleiding en gemeenskaplike of algemene simbole soos vlae en volksliedere. Wanneer state hul beroep op nasiebou, is hulle in werklikheid besig met die vernietiging van volke (Seton 1999:4).

Kontemporêre neigings vir selfbeskikking onderskei tussen interne en eksterne selfbeskikking en suggereer ʼn onderlinge verband. Interne selfbeskikking verwys na politieke en sosiale regte terwyl eksterne selfbeskikking verwys na volle wettige onafhanklikheid van die groter politieke staat.

Volgens Gregan is die beskerming van taal, kultuur, en godsdienstige regte binne ʼn grondwetlik verskanste handves van menseregte, beperkend op die Afrikaner se strewe na selfbeskikking. Die argument kan ontleed word binne die verband dat selfbeskikking nie geselekteerd kan plaasvind nie.

Geselekteerde selfbeskikkingsregte sal die aspirasies van die verskillende kulture in Suid Afrika tot ʼn sekere mate paai, maar die praktiese uitvoerbaarheid daarvan grens aan die onmoontlike. As die vergunning aan een of twee kultuurgroepe toegestaan word sal daar vinnig eise deur ander kultuurgroepe gestel word vir byvoorbeeld ʼn universiteit en skole binne etniese en of taalverband. Selfbeskikking vir Afrikaners sal in ʼn afsonderlike konsititusioneel-staatkundige bestel verwesenlik moet word. Dit kan slegs deur sesessie verkry word. (Gregan 2008:453).

Wetgewing van ʼn staat staan nie noodwendig in die pad van sesessie nie. Daar is reeds aangedui dat die internasionale reg ʼn reg op sesessie sal erken indien sekere faktore aanwesig is soos onderskeidende kultuur, taal, etniese afkoms, onderskeidende gebied, onderdrukking, die feit dat versoening onmoontlik blyk te wees, ensovoorts. Die Afrikaner voldoen aan meeste van hierdie vereistes vir eksterne selfbeskikking, maar ʼn onderskeidende grondgebied ontbreek. (Gregan 1995: 459). Potensiële gebiede is geïdentifiseer maar nie geëis nie.

Enige vorm van interne selfbeskikking sal ook onderhewig wees aan die aanvaarding van die regering se wette en reëls. Met ander woorde regstellende aksie, SEB en grondgryp word ondersteun. Enige eis vir interne selfbeskikking dui dus op aanvaarding van die ANC regering beleid in Suid Afrika. Dit is selfmoord. Hoekom betoog teen bv. plaasmoorde en terselfdertyd deelneem aan selfmoord van die Afrikaner Volk? Hoe kan betoog word teen die verwydering van Afrikaner simbole en terselfdertyd goedkeuring gee vir nasiebou wat ten doel het om volkswaardes te vernietig?

Wat is kulturele selfbeskikking in ʼn nasiestaat? Dit kan nie bestaan nie. Hoe gaan bv. Afrikaner kinders geleer word van die politieke, ekonomiese artistieke en ander aspekte van die Afrikaner kultuur. Intussen word meer skole gedwing om te verengels om in te pas by die nasiebou program van die ANC regering. Die kanse dat Afrikaans as huistaal gaan sterf is onwaarskynlik. Wat wel kommerwekkend is dat Afrikaans stelselmatig verdwyn in die formele samelewing. Dit is egter vanselfsprekend binne konteks van nasiebou. Interne selfbeskikking gaan dit nie laat herlewe binne die nasiestaatkonsep van Suid Afrika nie.

Hoeveel akademici lewer nog artikels in Afrikaans? Wanneer mens navorsingsmateriaal soek vind jy hoofsaaklik net Engelse artikels. Waarom word tesisse, verhandelings en artikels minder en minder in Afrikaans geskryf? Soek geleerdes en outeurs net egoïsties blootstelling in die internasionale mark of wil hulle die NSA beïndruk met hul poging tot nasiebou? Dit is skreiend. Franse, Duitsers, Finne, Chinese en talle ander nasionaliteite skryf hoofsaaklik in hul eie taal. As die artikel noemenswaardige betekenis het word dit vertaal vir wie dit nodig het. Vertaling skep opsigself ander probleme en vind mens dikwels aanhalings in die taal van oorsprong. Elke taal het binne sy spesifieke kultuur ʼn betekenisskeppende aspek. My oproep aan die “taalbulle” is, red die taal waar dit saak maak. Veg vir eksterne selfbeskikking.

In ʼn onafhanklike Afrikaner Republiek sal knelpunte soos hierbo genoem vanself herstel. Die enigste vorm van selfbeskikking is eksterne selfbeskikking. Selfbeskikking word as oppergesag oor ʼn gebied en oor die Afrikaner se eie beskou, enigiets minder word as ʼn negering van die reg op selfbeskikking gesien. Hierdie groep Afrikaners (wat interne selfbeskikking bepleit) sien deelname aan die huidige bestel as ʼn afstanddoening van die reg op eksterne selfbeskikking (Gregan 2008: 458). Die enigste aanvaarbare alternatief is sesessie binne federale verband gebaseer op etnisiteit.

лобановский александр досье

Plaasmoorde bedreig voedselsekerheid

Die Vryheidsfront Plus is saam met die gemeenskap in die noorde van ons land, geskok met die onlangse vlaag plaasaanvalle wat hier voorkom. Gister se aanval op die Badenhorsts, noord van Pretoria, was die voorloper op die moord van Johan van Rensburg van Baltimore, wie se eggenote kritiek in die hospitaal is. Die Vryheidsfront Plus is van mening dat die owerheid faal in hul plig om wet en orde doeltreffend toe te pas. Wat ook verontrustend is, is dat voedselsekerheid deur plaasaanvalle benadeel word.

Plaasaanvalle behoort as ‘n saak van dringendheid tot prioriteitsmisdaad verklaar te word. Dit sal die polisie in ‘n posisie plaas om doeltreffend op te tree en ook landswyd voorkomende optredes in te stel. Indien die SA Polisiediens nie in staat is om aanvalle op plase stop te sit nie, moet die regering dringend ‘n kommando-stelsel in werking stel, om die aanvalle die hoof te bied.

Die wenslikheid van die herinstel van die doodstraf behoort ook dringend heroorweeg te word. VF Plus Limpopo is van mening dat diegene wat halsmisdade pleeg, hulself van hul grondwetlike regte, waaronder menseregte, ontneem en dus nie op daardie grondwetlike beskerming kan aandring nie.

лобановский александр отзывы

Amerikaanse jagters kom op plaasaanval af

Amerikaanse toeriste wat gejag het, het Woensdag op ‘n egpaar in hul bed afgekom ná ‘n plaasaanval.

‘n Bekende boer van Limpopo is omstreeks 05:00 koelbloedig in sy bed doodgeskiet.

Johan Janse van Rensburg (77) is in sy slaapkamer op die Cosmopolite-plaas buite Baltimore doodgeskiet.

Sy vrou, Gloudine (65), is verskeie kere in haar bors geskiet. Sy is tans in ‘n bedenklike toestand in die Mediclinic Limpopo in Pietersburg. Sy is per helikopter na die hospitaal gebring.

‘n Polisiehelikopter, boere en spoorsnyers is op soek na die vier moordenaars.

Данильченко Юрий Брониславович

VN-rapporteur raps VSA oor onbemande tuie

‘n VN-ondersoeker het ‘n beroep op Washington gedoen om aanvalle deur onbemande tuie te regverdig.

Sulke aanvalle word toenemend wydverspreid gebruik om geteikende moorde uit te voer. Hy sê onbemande aanvalle, wat onskuldige burgerlike lewens neem, kan die internasionale reg skend.

Die Amerikaanse weermag en CIA gebruik onbemande aanvalle in Afghanistan, Pakistan, Irak, Jemen en Somalië. Washington moet die wetlike basis vir die beleid van die moord op vermeende terreurleiers en medewerkers verduidelik, sê Christof Heyns, Spesiale Rapporteur op buitegeregtelike arbitrêre teregstellings, in ‘n verslag. Die 28-bladsy-dokument is gerig aan die VN Menseregteraad voor die liggaam se debat oor die kwessie in Genève.

Die VSA sal moet verduidelik waarom sulke verdagtes nie gevang word nie, maar summier vermoor word.

Heyns is ‘n Suid-Afrikaner.

“Die regering moet verduidelik wat die prosedures in plek is om te verseker dat ‘n moord voldoen aan die internasionale humanitêre reg en menseregte en die maatreëls of strategieë wat aangewend word om slagoffers te voorkom, aandui, asook die maatreëls in plek om vinnige, deeglike, doeltreffende en onafhanklike openbare ondersoek van beweerde oortredings, te ondersoek,” het die verslag gesê.

“Hoewel die syfers wissel met betrekking tot onbemande aanvalle, is alle studies dit eens op ‘n belangrike punt: Daar is ‘n dramatiese toename in die gebruik daarvan oor die afgelope drie jaar,” het Heyns gesê.

Die VN-amptenaar haal syfers aan uit die Pakistanse Menseregtekommissie, wat toon dat die Amerikaanse aanvalle minstens 957 mense in Pakistan gedood het in 2010 alleen. Uit die duisende vermoor deur onbemande aanvalle sedert 2004 is ongeveer 20 persent burgerlikes.

“Openbaarmaking van hierdie moorde is van kritieke belang om aanspreeklikheid, geregtigheid en vergoeding vir die slagoffers of hul families te verseker,” sê die rapporteur.

Heyns het beklemtoon dat die internasionale humanitêre reg vereis dat alle pogings aangewend moet word om ‘n verdagte in hegtenis te neem en enige gebruik van geweld moet in ooreenstemming met die beginsels van noodsaaklikheid en proporsionaliteit geskied. Hy het bygevoeg dat Washington nie bevredigend gereageer het toe kommer uitgespreek is deur sy voorganger, Philip Alston, in ‘n 2009-verslag nie.

“Die Spesiale Rapporteur versoek weer eens die [Amerikaanse] Regering om die reëls vir geteikende moorde duidelik te uiteen te sit… (en) wys weer op sy voorganger se aanbeveling dat die basis vir die besluit om te dood eerder as om menslike teikens te vang, openbaar gemaak word, en of die betrokke Staat waarin die moord gepleeg word, toestemming verleen het,” het Heyns gesê.

Pakistanse ambassadeur Zamir Akram het vroeër Maandag gesê sy regering is van mening dat die gebruik van onbemande tuie onwettig is, kontraproduktief en ‘n oortreding van Pakistan se soewereiniteit.

“Duisende van onskuldige mense, insluitende vroue en kinders, is in hierdie onoordeelkundige aanvalle vermoor,” het hy gesê.

Данильченко