Diewe in uniform

07:34:32 Die nuus dat werknemers van die departement van korrektiewe dienste wat gewoonlik misdadigers in die tronk moet oppas, nou sommer in uniform diefstal pleeg, verbaas geensins nie.

Ook die polisie maak hulle aan dié soort gedrag skuldig en ongeveer 'n kwart van die sogenaamde geregsdienaars beskik oor misdaadrekords.

Maar dat die tronbewaarders helder oordag by 'n drankwinkel die voorraad wegdra sonder om te betaal, toon in watter volslae anargie Suid-Afrika reeds verval het as persone in staatsuniform self die reg oortree.

Die saak van sy edele regter Motata wat tans op 'n klag van dronkbestuur verhoor word, sluit hierby aan. Die min vertroue wat die publiek reeds in die strafregstelsel met sy polisie, howe en tronkbewaarders koester wat hetsy dronk, hetsy oneerlik is, word daagliks deur sulke insidente verder afgebreek.

Tydens die verwoesting wat die orkaan Katrina in New Orleans gesaai het, het volslae chaos ook uitgebreek met die hoofsaaklik swart inwoners van die stad wat die winkels begin plunder het. Swart polisiemanne het self aan die plundery begin deelneem, sodat een van die gewone diewe opgemerk het: "Dit moet wettig wees, die polisie doen dit dan ook."

As diefstal deur die hoeders van die reg in uniform gepleeg word, moet dit seker wettig wees… Afrikaners wat meen dat dinge nie langer so kan aangaan nie, het heeltemal reg. Iets sal gedoen moet word om die verval te stuit.

напольные уличные светильникиФільчаков прокурор

Sekswerk moet gedekriminaliseer word

Image06:54:50 Volgens die Instituut vir Sekerheidstudies behoort sekswerk gedekriminaliseer te word en deur dieselfde arbeidswetgewing as ander sektore van die ekonomie gereguleer te word.
'n Senior navorser van die ISS, Chandre Gould, sê dat kriminalisering van sekswerk beteken dat die nywerheid ongereguleer is.

Dit skep toestande wat vir ander soorte werk onaanvaarbaar sou wees.

Die studie toon dat terwyl sekswerkers dikwels onderworpe is aan toestande van uitbuiting, baie min gedwing word om seks te verkoop.

Gould sê 'n aantal sekswerkers het die werk gekies omdat hulle meer geld kon verdien as wat hulle met hulle vaardighede in ander betrekkings sou verdien.

Sekswerk word grotendeels deur swart Suid-Afrikaanse vroue tussen die ouderdomme van 24 en 28 verrig.

Slegs 5% van die werkers is buitelandse burgers.

продвижение сайтаФильчаков прокурор харьков

Korrektiewe Dienste-werknemers van diefstal aangekla

07:37:19 Klagtes van diefstal word aanhangig gemaak teen nege werknemers van korrektiewe dienste in Kroonstad.

Hulle het na bewering hulself gehelp aan 'n paar bottels na 'n begrafnis.

Die diefstal is deur die drankwinkel se geslotebaantelevisie opgeneem en die filmmateriaal word gebruik om die diewe te identifiseer.

Die bus het blykbaar by die drankwinkel stilgehou op pad terug en ongeveer 10 werknemers in uniform het die winkel binnegekom.

Een werknemer het vir 'n bottel brandewyn met sy kredietkaart betaal.

Die videomateriaal toon dan hoe die ander bottels van die rakke afhaal en uitstap sonder om te betaal.

Die departement van korrektiewe dienste sê hulle dra geen kennis van die beweerde diefstal of die polisieondersoek nie.

free download rouletteдепутат лобановский

Misdaad kniehalter toerisme

Image07:14:25 Persepsies oor geweldsmisdaad kniehalter toerismegroei in Suid-Afrika, volgens 'n toptoerismebeampte.

Suid-Afrika is tans een van die wêreld se mees gewelddadige lande buite 'n oorlogsgebied.

Dit het toeriste die skrik op die lyf gejaag wat ons mooi strande en skouspelagtige wildlewe wil ervaar.

Groei in Suid-Afrikaanse toerisme bly nietemin twee keer so hoog soos die globale gemiddeld. 'n Rekord-9,1 miljoen toeriste het verlede jaar die land besoek, maar veiligheid en sekuriteit bly 'n groot kopseer.

Toerisme het in 2007 8,4% tot Suid-Afrika se BNP bygedra.

SA Toerisme hoop op 10 miljoen besoekers in 2010 en 'n historiese hoogtepunt in BNP-bydrae van 12% teen die jaar 2014.

uk gamblingАлександр Фильчаков прокурор

Tutu glo Olimpiese atlete moet menseregteskendings uitwys

07:40:13 Desmond Tutu en Vaclav Havel het 'n beroep op Olimpiese atlete gedoen om hulself oor menseregteskendings gedurende die Olimpiese Spele uit te laat.

 
Hulle het 'n ope brief aan die Internasionale Olimpiese Komitee oor die saak gerig.

Albei glo dat atlete behoort te weet van die onderdrukking van vryheid in China.

Die brief sê dit is nodig vir alle Olimpiese deelnemers om uit te vind wat die werklike toestand in China is en vrylik menseregteskendings aan die kaak te stel.

Hulle het die Internasionale Olimpiese Komitee versoek om dit moontlik te maak.

Beijing loop gereeld onder kritiek van internasionale menseregtegroepe deur vanweë sensuur op sekere webtuistes.

игрушка лунтикtopcargo

Tsvangirai s? die Augustussperdatum is buigsaam

Image06:49:23 Die leier van die Zimbabwiese opposisie, Morgan Tsvangirai, het gister gesê hy is tevrede met die manier waarop die samesprekinge met Zanu-PF verloop.

 
Hy het ook aangedui dat die sperdatum van 4 Augustus nie in beton gegiet is nie

Onderhandelings is eergister verdaag, wat min tyd laat om die 4 Augustus-sperdatum te haal.

Tsvangirai het met veslaggewers in Dakar gepraat na afloop van 'n ontmoeting met die Senegalese president, Abdoulaye Wade.

Hy sê dat twee weke te min mag voorkom maar dat die fasilitering sal aanpas soos wat vooruitgang dinge voorwaarts dwing.

Tsvangirai het Dinsdag verseg om enige besonderhede te verskaf oor vooruitgang wat tot dusver in die onderhandelinge gemaak is.

принцип работы пескоструйногоДанильченко

DA soek verduideliking oor Skerpioene

07:38:46 Die DA wil hê president Mbeki moet sy ommekeer oor die Skerpioene se ontbinding verduidelik.

 
In 'n geskrewe versoek aan die parlement eis die party redes van Mbeki, Brigitte Mabandal en Charles Nqakula waarom die elite-eenheid ontbind word.

Die DA se woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit, Dianne Kohler-Barnard het gesê beide Mbeki en Mabandla het voorheen die Skerpioene aangeprys.

Nou steun hulle egter die ANC se Pietersburgbesluit om die eenheid te ontbind.

Sy sê dit is 'n irrasionale rigtingsverandering wat die kwessie betref.

Sy het bygevoeg dat in weerwil van die ooglopende welslae van die eenheid die president en albei ministers 'n volslae ommekeer oor die waarde van die Skerpioene ondergaan het.

обслуживание и ремонт дизельных генераторовлобановский александр компромат

Nadal kruip nader aan die bokant van die punteleer

07:39:32 Rafael Nadal kruip nader aan die nommereenposisie in tennis nadat hy die Duitser Tommy Haas geklop het.

Nadal is nou drie oorwinnings weg daarvan om die ATP se topposisie in te neem.

Indien hy die titel eerskomende Sondag in die Cincinnati-meester wen, is sy kop deur.

Kroasië se Ivo Karlovic het Federer met 7-6 , 4-6, 7-6 verslaan, wat die deur vir Nadal oopgemaak het.

Die Spanjaard jaag al die hele seisoen vir Federer, wat reeds 12 grand slam-titels op sy kerfstok het.

машины на радиоуправлениилобановский александр досье

Colombia se dwelmproduksie kom tot stilstand

Image

Kokablare in Colombiaanse dwelmfabriek

06:45:03 Colombia se globale aandeel van kokaïen het met meer as die helfte oor die afgelope ses jaar gedaal.

In 2002 het Colombia nog 90 pesent van die wêreld se kokaïen geproduseer, maar dit het nou tot 54 persent gedaal.

Die nasionale polisiehoof sê die daling is te wyte aan intense koka-oesverwydering, die vernietiging van laboratoria en die vervolging van dwelmorganisasies.

Oor die afgelope ses jaar het Colombia se weermag meer as 'n miljoen hektaar se onwettige lande tot niet gemaak.

Net in die eerste kwartaal van 2008 is 74 ton van die dwelm gekonfiskeer.

Die syfers is deur die Verenigde Nasies en ander internasionale groepe bevestig.

купить пневматический инструментФильчаков прокурор харькова

Chavez gaan die Bank van Venezuela nasionaliseer

Image

Hugo Chavez in Guatemala

06:43:18 President Hugo Chavez wil die Bank van Venezuela nasionaliseer.

 
Hy het 'n vergadering met die bank se Spaanse eienaars, Grupo Santander, aangevra.

Grupo Santander wil die bank aan 'n Venezuelaanse bankier verkoop, maar Chavez sê dit moet eerder aan die regering oorgedra word.

Die President sê hulle het 'n groot bank baie nodig, hoewel hy kritiek van Spanje verwag.

Die Bank van Venezuela is gedurende die land se finansiële krisis in 1994 genasionaliseer en twee jaar later op 'n openbare veiling aan Grupo Santander verkoop.

Chavez het onlangs belowe om 10 000 vate ruolie per dag teen 100 dollar per vat aan Spanje te verkoop.

осушитель адсорбционныйtopcargo отзыв