Motorbedryf staak

Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa, Numsa, het Woensdag begin staak.

Volgens Harry Gazendam, woordvoerder van die motorvervaardigers se werkgewersorganisasie, Ameo, gaan sowat 18 000 werkers in die motorbedryf deur dié staking geraak word.

Dié staking gaan motorvervaardigers soos Nissan, Toyota, Ford, Volkswagen, BMW, Daimler en General Motors raak.

Dit kom nadat die betrokke partye nog nie tot ‘n vergelyk kon kom nie.

Die vakbond eis ‘n 15%-loonverhoging. Numsa dring ook aan op betaalde kraamverlof vir ses maande en ‘n verbod op die gebruik van arbeidsmakelaars.

Numsa was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

хрустальные люстрыОлександр Фільчаков прокурор

Opvoedkundige instellings of oorlogsone?

Belastingbetalers, ouers en beursinstansies dok baie op om studente by instansies van hoër onderwys vir die toekoms voor te berei. Tog is universiteite dikwels ook die broeiplek van allerlei vorme van gesagsuitdaging.

Baie lande, soos Spanje en Frankryk, het al met studente-onluste te kampe gehad. Suid-Afrika het ook reeds sy kwota gehad, en al te dikwels is dit ook wanneer die eksamenspook begin loop dat ook ander sake te kort en te lank raak, en die fokus weg van die akademie verskuif. Daar is al selfs na sogenaamde onlusteseisoene verwys.

Onder die mees drastiese uitrafelvorme was die Tupomaros wat revolusie in Uruguay gestook het, en veral kampusse as hul basisse ingerig het. Die Tupomaros was so sterk dat hulle as ‘n volwaardige lid van die destydse internasionale terrorismebeweging met karakters soos Carlos die Jakals en instansies soos die Japannese Rooi Leër en die Swart September gereken is.

Sosioloë verskaf talle redes, soos dat die jong mense vir die eerste keer buite die direkte omgewing van ouerlike gesag beweeg, en hul grense toets, en boonop aan nuwe denkrigtings blootgestel word, terwyl groepsdruk ook ‘n rol speel.

Die apartheidsbeleid van die vorige bedeling was destyds vir baie ‘n handige kapstok om legitimiteit vir wanorde te vind.

Tog dui die verwikkelinge by Kovsies daarop dat die probleem nie deur die verwydering van ‘n bestel, en selfs die gedwonge verplasing daarvan met iets anders, opgedroog het nie. Pas het Sasco op die bedanking van die rektor, prof. Jonathan Jansen, aangedring. Jansen word in geen onduidelike taal nie as ‘n pion van die ou bestel uitgeskel.

Dat Jansen die studente wat geskors is, kort voor hulle die intervarsity teen die Pukke begin ontwrig het self gewaarsku het, maak geen indruk op Sasco nie.

Tog sou dit ook belangrik wees dat Sasco begin kennis neem van hoe die saakmakende wêreld die situasie beoordeel. Enkele maande gelede het die Nederlandse koerant, Trouw, Jansen nog as die nuwe ikon van versoening in Suid-Afrika voorgehou. Sy hantering van die Reitz-4, ‘n situasie wat hy goed opgemors geërf het, het ‘n belangrike onderdeel uitgemaak.

Dat Jansen ‘n baie, baie moeilike taak het, is nie te betwis nie, en dat hy ook nie al die antwoorde op sy rekenaar kan opslaan nie, is ook so. Hy, soos enige ander mens, leer deur ondervinding.

Die kampussituasie staan ook nie in isolasie nie. Op die oorhoofse vlak is daar planne om die media – en dus die bevolking – se uitdrukkingsvryheid en reg om ingelig te wees in te kort. Dit is ‘n aanslag teen demokrasie. Die ANC se jeugleier, Julius Malema, het dit toegeskryf daaraan dat die media nie die saak van die volgehoue rewolusie steun nie. Ander ANC-woordvoerders speel openlik die rassekaart.

Dit is wanneer transformasiedoelwitte en ‘n voortgesette rewolusie gekruisde lyne begin opdoen, dat die situasie bykans onhoudbaar word. Dan is eise bloot rookskerms, en beteken toegewings gewoon dat die doelpale geskuif word. Dan is die einddoel in wese dat die universiteit ‘n fabriek moet word om produkte te lewer wat ooreenkomstig ‘n spesifieke politieke model toegerus is.

Dit druis in teen die mees basiese filosofie van hoër onderrig, waar opgeleide, denkende mense afgerond is, nie politieke rubberstempels nie.

Die opskorting van politieke bedrywighede onder studente is reeds ‘n duur prys, omdat politieke mondigheid ‘n onderbou van demokrasie is. Dit is duidelik dat van die oorkookgeweld op marionetoptrede dui, en daarom kortgevat moet word. Of dit reg was om ook die onskuldige politieke affiliasies onder dieselfde kam te skeer is ‘n ander vraag. So ook of die marionettemeesters sal toelaat dat Jansen hul toutjies knip, is nog ‘n vraag.

справка от физкультурыДанильченко Юрий Брониславович

Nigerië koop 3 stralers, bedel vir elektrisiteit

Nigerië se regering sal drie nuwe straalvliegtuie vir die president van dié land koop, het amptenare Woensdag gesê.

Die aankondiging is gemaak terwyl dié olieryke land skenkings vra om elektrisiteit aan sy inwoners te kan verskaf.

Die maatskappy Dassault Aviation van Frankryk sal twee Falcon 7x vliegtuie verskaf terwyl Gulfstream Aerospace Corporation van die VSA ‘n Gulfstream G550 aan die regering sal verkoop.

Dora Akunyili, minister van inligting, sê die kabinet het die aankoop Woensdag goedgekeur.

Pres. Goodluck Jonathan het Dinsdag beloof om R25 miljard te werf om voldoende elektrisiteit te verskaf, maar het nie baie besonderhede gegee oor waar die geld vandaan sal kom nie.

“Dit moet in die vorm van internasionale fondse asook deur buitelandse beleggers geskenk word,” het Jonathan gesê.

липецк опцииалександр лобановский харьков

Malema se gewildheid taan

Die president van die ANC-Jeugliga, Julius Malema, se gewildheid het oor die afgelope ses tot sewe maande aansienlik afgeneem, het ‘n meningsopname getoon.

Die TNS-meningsopname het sowat 2000 volwassenes in sewe groot stede genader en bevind dat Malema se gewildheid met ‘n derde afgeneem het.

 Die meeste was van mening dat dié omstrede jeugleier nie naastenby genoeg gestraf is vir sy talle oortredings die afgelope tyd nie.

“Selfs onder die jeug het Malema se gewildheid ietwat gedaal,” het TNS in ‘n verklaring bekend gemaak.

Sowat 21% van volwassenes in stede deel Malema se sienings. Hierdie persentasie het verlede jaar November op 27% gestaan.

Op daardie stadium was 59% van mening dat dissiplinêre stappe teen Malema geneem moet word.

Die nuutste opname, wat kort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi gedoen is, het aangedui dat slegs 26% voel dat hy genoeg gestraf is.

Sowat 53% het gevoel dat Malema verder gedissiplineer behoort te word en 21% het geantwoord “ek weet nie”.

“Daar was ook ‘n groot verskil tussen verskillende rassegroepe. Onder die swart mense het slegs 30% (voorheen 38%) hom ondersteun, 61% (voorheen 46%) het hom nie ondersteun nie en 8% wou nie antwoord nie.”

Wat ander rassegroepe betref, het syfers ook heelwat gedaal. Onder wit mense het ondersteuning vir Malema vanaf 8% na 5% gedaal. Bruin mense se ondersteuning vir die jeugleier het vanaf 11% na 4% afgeneem.

Malema se grootste ondersteuning kom van swart mans (33%) en swart vroue (27%) maar beide het effens afgeneem sedert die vorige meningsopname.

недорогая школьная одежда для девочекпрокурор Фильчаков

Sport in politiek of handskoenkamerade?

Nadat oud-Polisiekommissaris Jackie Selebi 15 jaar gevangenisstraf opgelê is, is in sommige kringe sinies opgemerk sy grootste oordeelsfout was om gesien te word as iemand wat hom in die Mbeki-kamp bevind.

Toe die land nie meer Mbeki se oordeel vertrou nie, het Selebi se doppie geklink.

Nou word berig dat ANC-parlementslede woedend is omdat SASKOK oorweeg om die vorige atletiekbaas, Leonard Chuene, en sy meelopers, strafregtelik en sivielregtelik te vervolg oor hoe hulle Suid-Afrikaanse atletiek bestuur het.

Voor in die koor is heel voorspelbaar die voorsitter van die parlementêre sportkomitee, Buthana Komphela.

Komphela se argument is dat Chuene, soos hy dit stel, nog nooit kans gehad het om sy kant van die saak te stel nie. Die teenargument is uiteraard dat toe Chuene wél die vloer gehad het, is so met die waarheid omgegaan dat die media en die meeste mense sy weergawe met ‘n stywe knippie sout sal neem.

Getuienis dat dokumentasie en elektroniese data inderhaas vernietig is en ‘n ondersoek genoodsaak het, weeg skynbaar nie swaar genoeg op dat ‘n gevalle comrade nie te hulp gesnel moet word nie.

Komphela se argument kry wel bietjie stukrag deurdat dit amptelik voorkom asof die Caster Semenya-sage dadels opgelewer het.

Die tweede kwessie wat aan die bod kom, is politieke inmenging in sport. Bykans alle internasionale sportliggame, soos die Internasionale Olimpiese Komitee, verbied politieke inmenging is sport en rassisme. Veral Fifa het ten opsigte van politieke inmenging ‘n streng beleid, en lande soos Iran, Griekeland en Kenia is al oor hierdie rede geskors. Selfs Brasilië is al by geleentheid op terme geplaas. Toe Nigerië so swak vaar in die afgelope Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, en die Nigeriese regering sy eie span ‘n tyd lank internasionale deelname as straf ontsê, is dié land ‘n tweede keer op terme geplaas.

Tot dusver het die internasionale sportliggame egter ook dubbele standaarde toegepas, en Suid-Afrika is een van die lande wat telkemale ‘n lang lootjie getrek het. Komphela is nie al politikus wat oor hierdie kwessie op Avbob se stoep speel nie, en ook nie skroom om by herhaling die noodlot te tart nie.

Hoe lank Suid-Afrika se politici nog op sentimente van die verlede sal kan teer om straffeloos uitsprake te maak wat internasionale sportkodes oortree, sal die tyd leer. Komphlea se lawwe dreigement oor die terugtrek van die Springbokke se paspoorte wat hulle deelname aan die vorige Rugby-wêreldbeker sou ontsê, is immers nie minder politieke inmenging as wat Nigerië nou gedoen het nie, en Komphela het boonop die rassewa ingespan.

Wat Chuene betref: Die deursnee Suid-Afrikaner het veel meer vertroue in die Suid-Afrikaanse regstelsel as wat hulle in Chuene se onkreukbare integriteit het.

Is dit dan te veel gevra dat die gereg sy verloop moet neem? Of meen Komphela en meelopers dat Chuene hom, soos Selebi se broer dit uitgedruk het, uitgelewer kan bevind aan ‘n apartheidsregter en -regstelsel?

Of is Chuene, soos sommige ander Comrades, gewoon bo die reg verhewe?

стоимость зубовпрокурор Фильчаков

Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande

Drie krisisse tref Rusland tans gelyktydig: die hoogste temperature ooit aangeteken in 130 jaar van rekordhouding, die mees wydverspreide droogte in meer as drie dekades, en massiewe wegholbrande wat oor sewe streke, insluitend Moskou uitgebreek het.

Dié krisisse dreig om die koringoes in Rusland, wat een van die wêreld se grootste koringuitvoerders is, te vernietig. Rusland worstel soms met droogtes wat graanproduksie beïnvloed, ‘n kommoditeit van kritieke belang vir Moskou se binnelandse en buitelandse beleid. Ten spyte van die erns van die hitte, droogte en veldbrande, sal die koringoes in Rusland se binnelandse aanvraag voorsien. Rusland sal ook gebruik maak van die situasie om sy bure saam te voeg in ‘n graankartel.

Rook van die brande het Moskou byna vir ‘n week reeds tot stilstand gedwing. Die grootste kommer is die uitwerking van die brande – en die aanhoudende hitte en droogte, wat ‘n noodtoestand in 27 streke veroorsaak het – op Rusland se gewoonlik massiewe graanoes en uitvoere.

Rusland is een van die grootste graanprodusente en uitvoerders in die wêreld, wat gewoonlik sowat 100 miljoen ton koring per jaar produseer, of 10 persent van die totale wêrelduitvoer. Die land voer 20 persent van die totale oes na markte in Europa, die Midde-Ooste en Noord-Afrika uit.

Sikliese droogtes (en wegholbrande) beteken Russiese graanproduksievlakke wissel tussen 75 en 100 miljoen ton van jaar tot jaar. Die omvang van die droogte en veldbrande hierdie jaar het Russiese amptenare genoop om in 2010 die geskatte graanproduksie te hersien tot 65 miljoen ton. Maar Rusland het 24 000 000 ton se koring geberg – wat beteken dit is genoeg om gemaklik in hulle binnelandse vraag te voorsien (wat 75 miljoen ton), selfs as die droogte erger raak.

Rusland se graangebied lê in die Suid-Europese deel van die land, vanaf die Swart See in die noordelike Kaukasus tot Wes-Kazakhstan, en in die noorde tot teenaan Moskou. Dit is Rusland se mees vrugbare gebied, wat deur die Volgarivier ondersteun word.

компрессор поршневой ценаОлександр Васильович Фільчаков

Vakbonde dink regering lieg

Volgens verskeie vakbonde is die regering nie eerlik as hulle sê dat hul nie die 8.6% loonverhoging kan bekostig nie.

“Hulle het die Wêreldbeker-sokkertoernooi gehou. Hulle het geld en dan verwag hulle van ons om vir dadels te werk,” het Merlyn Mjoni, ‘n stakende onderwyseres van Garankuwa, tydens Dinsdag se stakings in Pretoria se middestad gesê.

Mjoni was deel van ‘n groep lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) wat Dinsdag aan die staatsdiens-staking deelgeneem het.

Volgens Boitumelo Ramahlaha, polisiebeampte, was die regering se aanbod van ‘n R10 verhoging in behuisingstoelae eenvoudig nie genoeg nie.

“Die regering moet by hulle beloftes hou. Hulle het nou die geld na afloop van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. R10 gaan my nie gelukkig maak nie,” het Ramahlaha gesê.

Vakbonde eis ‘n 8.6%-loonverhoging terugwerkend tot 1 April en behuisingstoelae van R1000.

Die regering bied ‘n 7% verhoging aan en R630 behuisingstoelaag.

‘n Memorandum is aan die minister vir die staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, oorhandig.

Cosatu verteenwoordig sowat 1,3 miljoen werkers in die staatsdiens.

школьная одежда для девочек фотоФильчаков прокуратура харьков

Konsentrasiekamp brand

‘n Gedeelte van ‘n voormalige Nazi-konsentrasiekamp in Majdanek in Pole is deur ‘n brand verwoes.

Volgens amptenare het meer as helfte van die terrein afgebrand en is die skoene van sowat 10 000 slagoffers van die Joodse volksmoord ook vernietig.

Die direkteur van die Yad Vashem-museum in Israel, Avner Shalev, het sy spyt oor die brand uitgespreek.

“Die items en gebou wat vernietig is, was so ‘n belangrike deel van Europa, Pole en die Joodse gemeenskap se geskiedenis,” het hy gesê.

игрыдла дэвочэкФильчаков прокурор харькова

ANC gaan gedrukte media transformeer

Die ANC het Dinsdag die gedrukte media in Suid-Afrika se toewyding aan transformasie bevraagteken. 

Die regerende party wil die media dwing om hul aandeelhouding aan te pas deur wetlike regulering.

“Drukmedia beskik nie oor ‘n handves vir transformasie nie, ten spyte van die verandering wat reeds in die land plaasgevind het,” het Jackson Mthembu, die ANC se nasionale woordvoerder, aan joernaliste in Johannesburg gesê.

Volgens Mthembu behoort slegs 15% van Media24 se eiendomsreg aan voorheen benadeelde individue. In Avusa se geval is dit glo 25.5%.

“In Caxton en Independent Newspapers is daar 0%,” het Mthembu gesê.

Hy het ook probeer verduidelik waarom die ANC die mediatribunaal wil implimenteer om die media reguleer.

Volgens hom sal dit soortgelyk wees aan die wetgewing wat die uitsaai-media reguleer.

“Die ANC wil nie persvryheid beperk nie. Hierdie is niks nuut nie. Dit is iets wat reeds in gebruik is in die uitsaai-media.

“Ons glo die tribunaal sal redakteurs met hul werk bystaan,” het hy gesê.

сухая штукатурка для наружных работлобановский класс харьков